Pular para o conteúdo
Publicidade

Malaquias 3

TB

1 KYK, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle 'n begeerte het. Kyk, Hy kom, die Here van die leërskare.

2 Maar wie kan die dag van sy koms verdra? En wie kan standhou as Hy verskyn? Want Hy sal wees soos die vuur van die smelter en soos die loog van die wassers.

3 En Hy sal sit: 'n smelter en reiniger van silwer, en Hy sal die seuns van Levi reinig en hulle louter soos goud en soos silwer, sodat hulle aan die Here in geregtigheid 'n offer sal bring.

4 Dan sal die offer van Juda en Jerusalem vir die Here aangenaam wees soos in die ou dae en soos in die jare van die voortyd.

5 En Ek sal tot julle nader om strafgerig te hou, en Ek sal 'n haastige getuie wees teen die towenaars en teen die egbrekers en teen die meinediges en teen die wat die dagloner in sy loon, die weduwee en die wees verdruk; en teen die wat die vreemdeling wegstoot en My nie vrees nie, die Here van die leërskare.

6 Want Ek, die Here, het nie verander nie; en julle, kinders van Jakob, is nie verteer nie.

7 Sedert die dae van julle vaders het julle van my insettinge afgewyk en dit nie onderhou nie. Keer terug na My, en Ek wil na julle terugkeer, die Here van die leërskare. Maar julle vra: Waarin moet ons terugkeer?

8 Mag 'n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle : Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe.

9 Met die vloek is julle belaai, en tog beroof julle My, julle, die hele nasie!

10 Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, die Here van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seën sal uitstort nie.

11 Ek sal ook die sprinkaan vir julle afweer, sodat hy die opbrings van julle grond nie sal verwoes nie; ook die wynstok op die land sal vir julle nie onvrugbaar wees nie, die Here van die leërskare.

12 En al die nasies sal julle gelukkig prys, omdat julle die land van welbehae sal wees, die Here van die leërskare.

13 Vermetel is julle woorde teen My, die Here. Maar julle vra: Wat het ons onder mekaar teen U gespreek?

14 Julle het gesê: Dit is tevergeefs om God te dien, en wat baat dit ons om sy verordening te onderhou en in rouklere voor die aangesig van die Here van die leërskare te wandel?

15 En nou prys ons die vermeteles gelukkig; nie alleen word die wat goddeloosheid bedrywe, gebou nie, maar hulle versoek God en raak vry!

16 Toe het die wat die Here vrees, met mekaar gespreek; en die Here het dit opgemerk en gehoor, en daar is 'n gedenkboek voor sy aangesig geskrywe vir die wat die Here vrees en sy Naam eer.

17 En hulle sal My tot 'n eiendom wees, die Here van die leërskare, op die dag wat Ek skep, en Ek sal met hulle medelyde soos 'n man medelyde het met sy seun wat hom dien.

18 Dan sal julle weer die onderskeid sien tussen die regverdige en die goddelose, tussen die wat God dien en die wat Hom nie dien nie.

O anúncio da vinda do mensageiro de Jeová

1 Mt 11.10,14;Mc 1.2;Lc 7.27Eis que envio eu o meu mensageiro, e ele de preparar o caminho diante de mim; de repente, virá ao seu templo o Senhor, a quem Ml 2.17vós buscais; Is 63.9e o Anjo da Aliança, no qual vós vos agradais, eis que ele vem, diz Jeová dos Exércitos. 2 Mas quem pode Is 33.14;Ez 22.14suportar o dia da sua vinda? Quem subsistirá quando ele aparecer? Porque ele é como o Zc 13.9;Mt 3.10-12;1Co 3.13-15fogo de fundidor e como o sabão de lavandeiros. 3 Sentar-se-á como fundidor e purificador de prata; Is 1.25;Dn 12.10purificará os filhos de Levi e os refinará como ouro e como prata. Sl 4.5;51.19Eles farão a Jeová ofertas em justiça. 4 Então, a oferta de Judá e de Jerusalém será Sl 51.17-19agradável a Jeová, como nos 2Cr 7.1-3,12dias antigos e como nos anos passados. 5 Chegar-me-ei a vós para juízo e serei uma testemunha veloz contra os Dt 18.10;Jr 27.9-10feiticeiros, e contra Ez 22.9-11os adúlteros, e contra Jr 5.2;7.9;Zc 5.4os perjuros; contra os que oprimem o Lv 19.13jornaleiro em seu salário, Êx 22.22-24a viúva e o órfão, e que desviam Dt 27.19o estrangeiro do seu direito, e não me temem, diz Jeová dos Exércitos. 6 Pois eu, Jeová, Nm 23.19;Tg 1.17não mudo; por isso, vós, filhos de Jacó, não sois consumidos.

Não devemos roubar o Senhor nem duvidar da sua providência e justiça

7 Desde os Jr 7.25-26;16.11-12dias de vossos pais, vos tendes desviado das minhas ordenanças e não as tendes guardado. Zc 1.3Tornai para mim, e eu me tornarei para vós, diz Jeová dos Exércitos. Mas vós dizeis: Em que nos tornaremos? 8 Acaso, roubará o homem a Deus? Contudo, vós me roubais. Mas vós dizeis: Em que te havemos roubado? Em Ne 13.11-12dízimos e ofertas. 9 Vós sois Ml 2.2amaldiçoados com a maldição; porque me roubais vós, sim, esta nação toda. 10 Trazei o dízimo todo à casa do Tesouro, para que haja mantimento na minha casa e provai-me nisto, diz Jeová dos Exércitos, se não Sl 78.23-29vos abrir eu as janelas do céu Ez 34.26e não derramar sobre vós uma bênção até que Lv 26.3-5não haja mais lugar para a recolherdes. 11 Por amor de vós, reprovarei o Jl 1.4;2.25devorador, e ele não destruirá os frutos da vossa terra; nem a vossa vide perderá no campo o seu fruto antes do tempo, diz Jeová dos Exércitos. 12 Is 61.9Todas as nações vos chamarão ditosos, porque vós sereis uma Is 62.4terra deleitosa, diz Jeová dos Exércitos.

13 As vossas palavras têm sido Ml 1.7,12-13;2.17audazes contra mim, diz Jeová. Contudo, dizeis: Em que temos falado contra ti? 14 Tendes dito: Jr 2.25;18.12Vão é servir a Deus; e que nos Is 58.3aproveita termos guardado o seu preceito e termos andado de luto perante Jeová dos Exércitos? 15 Assim, nós chamamos Ml 4.1ditosos aos soberbos; os que obram impiedade são edificados; os que tentam a Deus são Jr 7.10libertados.

16 Então, os que temeram a Jeová falaram uns aos outros. Jeová Sl 34.15;Jr 31.18-20escutou e ouviu, e um Is 4.3;Dn 12.1livro de memória foi escrito diante dele para os que temeram a Jeová e para os que pensaram no seu nome. 17 Eles serão Is 43.1meus, diz Jeová dos Exércitos, Is 4.2no dia que eu faço, Êx 19.5;Dt 7.6;Is 43.21;1Pe 2.9uma possessão particular; Ne 13.22;Sl 103.13;Is 26.20poupá-los-ei, como um homem poupa seu filho que o serve. 18 Então, voltarei e Gn 18.25;Am 5.15discernirei entre o justo e Ml 3.5,15o ímpio, entre o que serve a Deus e o que não o serve.

Veja também

Malaquias
Ver todos os capítulos de Malaquias