Pular para o conteúdo
Publicidade

João 3

TB

Jesus onderrig Nikodémus aangaande die wedergeboorte.

1 EN daar was 'n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, 'n owerste van die Jode.

2 Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U 'n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie.

3 Jesus antwoord en vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.

4 Nikodémus vir Hom: Hoe kan 'n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie 'n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?

5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.

6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.

7 Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.

8 Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.

9 Nikodémus antwoord en vir Hom: Hoe kan hierdie dinge gebeur?

10 Jesus antwoord en vir hom: Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie?

11 Voorwaar, voorwaar Ek vir jou, ons spreek wat ons weet en ons getuig van wat ons gesien het, en julle neem ons getuienis nie aan nie.

12 As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?

13 En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.

14 En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word,

15 sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan .

16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan .

17 Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.

18 Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.

19 En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos.

20 Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie.

21 Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.

Nog 'n getuienis van Johannes die Doper.

22 HIERNA het Jesus en sy dissipels na die land van Judéa gegaan, en Hy het daar met hulle vertoef en gedoop.

23 En Johannes was ook besig om te doop in Enon naby Salim, omdat daar baie water was. En die mense het daar gekom en is gedoop.

24 Want Johannes was nog nie in die gevangenis gewerp nie.

25 Daar het toe van die kant van die dissipels van Johannes 'n redenasie met die Jode ontstaan oor die reiniging.

26 En hulle het na Johannes gekom en vir hom gesê: Rabbi, Hy wat saam met u oorkant die Jordaan was, van wie u getuig het, kyk, Hy doop, en almal gaan na Hom toe.

27 Johannes antwoord en : 'n Mens kan niks aanneem as dit hom nie uit die hemel gegee is nie.

28 Julle is self my getuies dat ek gesê het: Ek is nie die Christus nie; maar dat ek voor Hom uitgestuur is.

29 Hy wat die bruid het, is die bruidegom; maar die vriend van die bruidegom wat na hom staan en luister, verbly hom baie oor die stem van die bruidegom. So is dan hierdie blydskap van my volkome.

30 Hy moet meer word, maar ek minder.

31 Hy wat van bo kom, is bo almal; hy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal.

32 En wat Hy gesien en gehoor het, dit getuig Hy; en niemand neem sy getuienis aan nie.

33 Wie sy getuienis aangeneem het, het sy seël daarop gesit dat God waaragtig is.

34 Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God; want God gee Hom die Gees nie met mate nie.

35 Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee.

36 Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.

Nicodemos visita a Jesus

1 Havia um homem, dentre os fariseus, chamado Jo 7.50;19.39Nicodemos, Lc 23.13; cp.Jo 7.26,48principal entre os judeus. 2 Este foi ter com Jesus de noite e disse-lhe: Mt 23.7;Jo 3.26Rabi, sabemos que és mestre vindo da parte de Deus; pois ninguém pode fazer estes Jo 2.11,23milagres que tu fazes, se At 10.38; cp.Jo 9.33;10.39;14.10s.;At 2.22Deus não estiver com ele. 3 Jesus respondeu-lhe: Em verdade, em verdade te digo que, se alguém 1Pe 1.23; cp.2Co 5.17não nascer de novo, não pode ver Jo 3.5;Mt 19.24;21.31;Mc 9.47;10.14-15, etc.o reino de Deus. 4 Perguntou-lhe Nicodemos: Como pode um homem nascer, sendo velho? Pode, porventura, entrar novamente no ventre de sua mãe e nascer? 5 Respondeu Jesus: Em verdade, em verdade te digo que, se alguém não nascer Ez 36.25-27; cp.Ef 5.26;Tt 3.5da água e do Espírito, não pode entrar no reino de Deus. 6 Jo 1.13;1Co 15.50O que é nascido da carne é carne; e o que é nascido do Espírito é espírito. 7 Não te maravilhes de eu te dizer: É-vos necessário nascer de novo. 8 cp.Ec 11.5;Ez 37.9;Sl 135.7O vento sopra onde quer, e ouves a sua voz, mas não sabes donde vem, nem para onde vai; assim é todo aquele que é nascido do Espírito. 9 Como pode ser isso? perguntou-lhe Nicodemos. 10 Respondeu-lhe Jesus: Tu és Lc 2.46; cp.5.17;At 5.34mestre em Israel e não entendes essas coisas? 11 Em verdade, em verdade te digo que Jo 7.16s.;8.26,28;12.49;14.24; cp.Jo 1.18falamos o que sabemos Jo 3.32e testificamos o que temos visto, e não recebeis o nosso testemunho. 12 Se vos tenho falado das coisas terrenas, e não me credes, como crereis, se vos falar das celestiais? 13 Pv 30.4; cp.Dt 30.12;At 2.34;Rm 10.6;Ef 4.9Ninguém subiu ao céu, senão Jo 3.31;Jo 6.38,42aquele que desceu do céu, a saber, Mt 8.20o Filho do Homem. 14 Como Nm 21.9Moisés levantou a serpente no deserto, assim importa que o Filho do Homem Jo 8.22;12.34seja levantado, 15 para que todo o que Jo 20.31;1Jo 5.11-13nele crê tenha a vida eterna.

A missão do Filho

16 Pois assim Rm 5.8;Ef 2.4;2Ts 2.16;1Jo 4.10;Ap 1.5amou Deus ao mundo que Rm 8.32;1Jo 4.9deu seu Filho Jo 1.18;Jo 3.18;1Jo 4.9unigênito, para que todo o que Jo 3.36;Jo 6.40;11.25s.nele crê não pereça, mas tenha a vida eterna. 17 Pois Deus não Jo 3.34;Jo 5.36,38;6.29,38,57;7.29;8.42;10.36;11.42;17.3,8,18,21,23,25;20.21enviou o Filho ao mundo para Jo 8.15;12.47; cp.Lc 19.10;1Jo 4.14julgar o mundo, mas para que o mundo seja salvo por ele. 18 cp.Mc 16.16;Jo 5.24Quem nele crê não é julgado; o que não crê está julgado, porque não crê no nome do Jo 1.18;1Jo 4.9Filho unigênito de Deus. 19 O juízo é este: que cp.Jo 1.4;8.12;9.5;12.46a luz veio ao mundo, e os homens amaram mais as trevas do que a luz; Jo 7.7pois eram más as suas obras. 20 Jo 3.20-21; cp.Ef 5.11,13Porquanto todo aquele que pratica o mal aborrece a luz e não vem para a luz, a fim de que as suas obras não sejam arguidas; 21 mas aquele que 1Jo 1.6faz o bem chega-se para a luz, a fim de que sejam manifestas as suas obras, que têm sido feitas em Deus.

O último testemunho de João Batista

22 Depois disso, foi Jesus com seus Jo 2.2discípulos para a terra da Judeia; ali se demorava com eles Jo 4.1-2e batizava. 23 João também estava batizando em Enom, perto de Salim, porque havia ali muitas águas, e o povo ia e era batizado. 24 Pois Mt 4.12João não tinha sido ainda lançado no cárcere. 25 Ora, levantou-se uma discussão entre os discípulos de João e um judeu acerca da Jo 2.6purificação. 26 Eles foram ter com João e disseram-lhe: Jo 3.2;Mt 23.7Mestre, aquele que estava contigo Jo 1.28além do Jordão, de quem Jo 1.7tens dado testemunho, ei-lo está batizando, e todos vão a ele. 27 Respondeu João: 1Co 4.7; cp.Hb 5.4O homem não pode receber coisa alguma se do céu não lhe for dada. 28 Vós mesmos me sois testemunhas de que eu disse: Jo 1.20,23Eu não sou o Cristo, mas sou enviado adiante dele. 29 O que tem a esposa é cp.Mt 25.1;9.15o esposo; mas o amigo do esposo, que está presente e o ouve, muito se regozija por causa da voz do esposo. Pois este meu Jo 15.11;16.24;17.13;Fp 2.2;1Jo 1.4;2Jo 12gozo está completo. 30 É necessário que ele cresça e que eu diminua.

O Filho em relação ao mundo

31 Jo 3.13;Jo 8.23O que vem de cima é sobre todos; o que é da terra é da terra e cp.1Jo 4.5fala da terra. O que vem do céu é sobre todos; 32 o que ele tem visto e ouvido, isso Jo 3.11testifica; e ninguém recebe o seu testemunho. 33 O que recebeu o seu testemunho, este Jo 6.27;Rm 4.11;15.28;1Co 9.2;2Co 1.22;Ef 1.13;4.30;2Tm 2.19;Ap 7.3-8certificou que Deus é verdadeiro. 34 Pois aquele que Deus Jo 3.17enviou fala as palavras de Deus; Mt 12.18;Lc 4.18;At 1.2;10.38porque ele não o Espírito por medida. 35 Jo 5.20;17.2;Mt 28.18O Pai ama ao Filho e tudo tem posto nas suas mãos. 36 O que Jo 3.16crê no Filho tem a vida eterna; o que, porém, cp.At 14.2;Hb 3.18desobedece ao Filho não verá a vida, mas sobre ele permanece a ira de Deus.

Veja também