Ongeloof van Jesus se broers.
1 EN daarna het Jesus in Galiléa rondgegaan, want Hy wou nie in Judéa rondgaan nie, omdat die Jode probeer het om Hom dood te maak.
2 En die fees van die Jode, die huttefees, was naby.
3 Sy broers het toe vir Hom gesê: Vertrek hiervandaan en gaan na Judéa, sodat u dissipels ook u werke kan sien wat U doen.
4 Want niemand doen iets in die geheim en soek tegelykertyd om in iedereen se mond te wees nie. As U hierdie dinge doen, vertoon Uself aan die wêreld.
5 Want ook sy broers het nie in Hom geglo nie.
6 Toe sê Jesus vir hulle: My tyd is nog nie daar nie. Maar julle tyd is altyd daar.
7 Die wêreld kan julle nie haat nie; maar My haat hy, omdat Ek van hom getuig dat sy werke boos is.
8 Gaan julle op na hierdie fees. Ek gaan nog nie op na hierdie fees nie, omdat my tyd nog nie daar is nie.
9 En nadat Hy dit aan hulle gesê het, het Hy in Galiléa gebly.
Jesus leer in die tempel op die huttefees. Die Jode is oor Hom verdeeld. Hulle probeer om Hom gevange te neem.
10 MAAR nadat sy broers opgegaan het, toe het Hy ook opgegaan na die fees, nie openlik nie, maar in die geheim.
11 En die Jode het Hom op die fees gesoek en gesê: Waar is Hy?
12 En daar is baie oor Hom gemompel onder die skare. Sommige het gesê: Hy is goed. Ander weer het gesê: Nee, maar Hy mislei die skare.
13 Tog het niemand openlik oor Hom gepraat nie, uit vrees vir die Jode.
14 En toe dit al in die middel van die fees was, het Jesus opgegaan na die tempel en geleer.
15 En die Jode het hulle verwonder en gesê: Hoe kom Hy aan die geleerdheid terwyl Hy geen onderwys ontvang het nie?
16 Jesus antwoord hulle en sê: My leer is nie myne nie, maar van Hom wat My gestuur het.
17 As iemand gewillig is om sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit God is, en of Ek uit Myself spreek.
18 Hy wat uit homself spreek, soek sy eie eer; maar Hy wat die eer soek van dié Een wat Hom gestuur het, Hy is waaragtig en daar is geen ongeregtigheid in Hom nie.
19 Het Moses julle nie die wet gegee nie? En niemand van julle hou die wet nie. Waarom wil julle My om die lewe bring?
20 Die skare antwoord en sê: U is van die duiwel besete; wie wil U om die lewe bring?
21 Jesus antwoord en sê vir hulle: Een werk het Ek gedoen, en julle verwonder julle almal.
22 Daarom het Moses julle die besnydenis gegee — nie dat dit van Moses is nie, maar van die vaders — en op die sabbat besny julle 'n mens.
23 As 'n mens die besnydenis op die sabbat ontvang, sodat die wet van Moses nie verbreek mag word nie, is julle kwaad vir My, omdat Ek 'n mens op die sabbat heeltemal gesond gemaak het?
24 Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar oordeel 'n regverdige oordeel.
25 Daarop sê sommige van die inwoners van Jerusalem: Is dit nie Hy wat hulle soek om dood te maak nie?
26 En kyk, Hy spreek openlik en hulle sê vir Hom niks nie! Sou die owerstes dan waarlik weet dat Hy werklik die Christus is?
27 En hierdie man — ons weet van waar Hy is; maar die Christus, wanneer Hy kom, weet niemand van waar Hy is nie.
28 Jesus roep toe uit, terwyl Hy in die tempel leer, en sê: Julle ken My en julle weet ook van waar Ek is; tog het Ek nie uit Myself gekom nie; maar Hy wat My gestuur het, is waaragtig, vir wie julle nie ken nie.
29 Maar Ek ken Hom, omdat Ek van Hom kom en Hy My gestuur het.
30 Toe probeer hulle om Hom gevange te neem; en niemand het die hand aan Hom geslaan nie, omdat sy uur nog nie gekom het nie.
31 Maar baie van die skare het in Hom geglo en gesê: Wanneer die Christus kom, sal Hy meer tekens doen as wat hierdie man gedoen het?
32 Die Fariseërs het gehoor dat die skare dit van Hom mompel, en die Fariseërs en die owerpriesters het dienaars gestuur om Hom gevange te neem.
33 Toe sê Jesus vir hulle: Nog 'n klein tydjie is Ek by julle, en Ek gaan na Hom wat My gestuur het.
34 Julle sal My soek en nie vind nie; en waar Ek is, kan julle nie kom nie.
35 En die Jode sê onder mekaar: Waar wil Hy heengaan, dat ons Hom nie sal vind nie? Hy wil tog nie na die verstrooides onder die Grieke gaan en die Grieke leer nie?
36 Wat beteken hierdie woord wat Hy gesê het: Julle sal My soek en nie vind nie; en waar Ek is, kan julle nie kom nie?
37 En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!
38 Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.
39 En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.
40 Baie van die skare het, toe hulle die woord hoor, gesê: Hy is waarlik die profeet.
41 Ander het gesê: Hy is die Christus. En ander het gesê: Kom die Christus dan uit Galiléa?
42 Het die Skrif nie gesê dat die Christus uit die geslag van Dawid kom en uit Betlehem, die dorp waar Dawid was nie?
43 Daar het toe verdeeldheid onder die skare gekom oor Hom.
44 En sommige van hulle wou Hom gevange neem, maar niemand het die hand aan Hom geslaan nie.
45 Die dienaars kom toe by die owerpriesters en die Fariseërs, en dié sê vir hulle: Waarom het julle Hom nie gebring nie?
46 Die dienaars antwoord: Nooit het 'n mens so gespreek soos hierdie mens nie.
47 En die Fariseërs antwoord hulle: Julle is tog nie ook mislei nie?
48 Het iemand uit die owerstes in Hom geglo, of uit die Fariseërs?
49 Maar hierdie skare wat die wet nie ken nie, is vervloek!
50 Nikodémus — hy wat in die nag na Hom gegaan het, wat een van hulle was — sê vir hulle:
51 Oordeel ons wet die mens sonder om hom eers te hoor en te weet wat hy doen?
52 Hulle antwoord en sê vir hom: Jy is tog nie ook uit Galiléa nie? Ondersoek en sien dat daar geen profeet uit Galiléa opgestaan het nie.
53 En elkeen het huis toe gegaan.
A incredulidade dos irmãos de Jesus
1 Depois disso, Jo 4.3;6.1;11.54andava Jesus pela Galileia, porque não queria andar pela Judeia, visto que Jo 1.19;Jo 7.11,13,15,35os judeus Jo 7.19;Jo 5.18; cp.8.37,40;11.53procuravam tirar-lhe a vida. 2 Ora, a Festa dos judeus, que é a Lv 23.34;Zc 14.16-19; cp.Dt 16.16dos Tabernáculos, estava próxima. 3 Disseram-lhe, então, Mt 12.46;Jo 7.5,10; cp.Mc 3.21seus irmãos: Sai daqui e vai para a Judeia, a fim de que também Jo 6.60teus discípulos vejam as obras que fazes; 4 porque ninguém faz coisa alguma em oculto, quando procura ser conhecido. Já que fazes essas coisas, manifesta-te ao mundo. 5 Pois nem seus Mt 12.46;Jo 7.3,10; cp.Mc 3.21irmãos criam nele. 6 Disse-lhes Jesus: cp.Mt 26.18;Jo 7.8,30;Jo 2.4O meu tempo ainda não é chegado, mas o vosso tempo está sempre presente. 7 Jo 15.18s.O mundo não vos pode odiar; mas a mim odeia, porque eu dou dele testemunho, que Jo 3.19s.as suas obras são más. 8 Subi vós à festa; eu não subo ainda a essa festa, porque cp.Jo 7.6o meu tempo não está ainda cumprido. 9 Tendo-lhes dito isso, ficou na Galileia.
Jesus na Festa dos Tabernáculos
10 Mas, quando seus irmãos já tinham ido à festa, então, foi ele também, não publicamente, mas como em secreto. 11 Jo 11.56Procurando-o, então, os Jo 1.19;Jo 7.1,13,15,35judeus na festa, perguntavam: Onde está ele? 12 Era grande a murmuração que dele se fazia entre as multidões. Jo 7.40-43Uns diziam: Ele é bom; outros: Não é; antes, desencaminha o povo. 13 Entretanto, ninguém falava dele abertamente, Jo 19.38;20.19; cp.9.22;12.42por medo dos judeus.
A controvérsia entre Jesus e os judeus
14 Estando a festa já em meio, subiu Jesus ao templo e pôs-se a Jo 7.28;Mt 26.55ensinar. 15 Maravilharam-se, então, os judeus, dizendo: Como sabe este cp.At 26.24(Gr.)letras, sem ter estudado? 16 Jesus respondeu-lhes: Jo 3.11O meu ensino não é meu, mas daquele que me enviou. 17 cp.Jo 3.21;8.43s.;Sl 25.9,14;Pv 3.32;Dn 12.10Se alguém quiser fazer a vontade de Deus, há de saber se o ensino é dele ou se eu falo por mim mesmo. 18 Quem fala por si mesmo cp.Jo 5.41;8.50,54;12.43busca a sua própria glória; mas quem busca a glória daquele que o enviou, este é verdadeiro, e não há nele injustiça. 19 Jo 1.17Não vos deu Moisés a Lei? No entanto, nenhum de vós a cumpre. Por que Jo 7.1;Mc 11.18procurais tirar-me a vida? 20 Respondeu o povo: Jo 8.48-49,52;10.20;Mt 11.18Estás endemoninhado; quem procura tirar-te a vida? 21 Replicou-lhes Jesus: Jo 7.23;Jo 5.2-9,16Uma só obra fiz, e todos vós vos maravilhais. 22 Lv 12.3Moisés vos deu a circuncisão (se bem que ela não venha de Moisés, mas dos Gn 17.10ss.;21.4;At 7.8patriarcas), e no sábado circuncidais um homem. 23 Pois bem: cp.Mt 12.2;Jo 5.10se um homem recebe a circuncisão no sábado, para não violar a Lei de Moisés, como ficais indignados comigo, porque eu, no sábado, tornei um homem inteiramente são? 24 cp.Lv 19.15;Is 11.3;Zc 7.9;Jo 8.15Não julgueis pela aparência, mas julgai segundo a reta justiça.
Oficiais de justiça mandados para prender a Jesus
25 Diziam alguns de Jerusalém: Não é este aquele a quem procuram tirar a vida? 26 Eis que ele fala abertamente, e nada lhe dizem. cp.Jo 7.31;Jo 4.29Será possível que Lc 23.13; cp.Jo 3.1as autoridades tenham realmente reconhecido que este homem é o Cristo? 27 Nós, todavia, Jo 6.42;Jo 7.41s.; cp.9.29sabemos donde este é; mas, quando vier o Cristo, ninguém saberá donde ele é. 28 Então, Jesus levantou a voz no templo, Jo 7.14ensinando e dizendo: Vós não somente me conheceis, mas também sabeis donde eu sou; Jo 8.42e eu não vim de mim mesmo, mas é verdadeiro aquele que me enviou, a quem vós não conheceis. 29 Jo 8.55;17.25;Mt 11.27Eu o conheço, porque Jo 6.46venho dele, e ele Jo 3.17me enviou. 30 Jo 7.32,44;10.39; cp.Mt 21.46Procuravam, então, prendê-lo; mas ninguém pôs as mãos nele, porque ainda Jo 8.20; cp.Jo 7.6não era chegada a sua hora. 31 Mas Jo 8.30;10.42;11.45;12.11,42; cp.2.23muitos do povo creram nele e diziam: Jo 7.26Quando o Cristo vier, fará mais Jo 2.11milagres do que este homem tem feito? 32 Os fariseus ouviram murmurar a multidão essas coisas a respeito dele, e os principais sacerdotes e os fariseus mandaram Jo 7.45s.;Mt 26.58os oficiais de justiça cp.Mt 12.14para o prender. 33 Mas disse Jesus: Jo 12.35;13.33;14.19;16.16-19Ainda por um pouco de tempo estou convosco; depois, Jo 16.5,10,17,28; cp.Jo 14.12,28;20.17vou para aquele que me enviou. 34 Jo 7.36;Jo 8.21;13.33Procurar-me-eis e não me achareis; e, onde eu estiver, vós não podeis ir. 35 Perguntaram, pois, Jo 7.1os judeus entre si: Jo 8.22Onde irá este que não o acharemos? Acaso, irá à Tg 1.1;1Pe 1.1; cp.Sl 147.2(Gr.);Is 11.12;56.8;Sf 3.10DispersãoChama-se a Dispersão os judeus que moravam no estrangeiro. entre Jo 12.20;At 14.1;17.4;18.4;Rm 1.16, etc.os gregos e ensinará os gregos? 36 Que palavras são estas que ele disse: Procurar-me-eis e não me achareis; e onde eu estiver, vós não podeis ir?
Jesus declara que ele é a fonte da água viva
37 Lv 23.36;Nm 29.35;Ne 8.18No último, no grande dia da festa, levantou-se Jesus e exclamou: cp.Jo 4.10,14;6.35Se alguém tiver sede, venha a mim e beba. 38 Quem crê em mim, cp.Is 44.3;55.1;58.11como disse a Escritura, do seu interior manarão rios de Jo 4.10água viva. 39 Disse isso cp.Jl 2.28;Jo 1.33a respeito do Espírito que iam receber os que nele criam; At 1.4s.; cp.2.4,33;19.2;Jo 20.22pois o Espírito Jo 12.16,23;13.31s.;16.14;17.1ainda não fora dado, porque Jesus não havia sido ainda glorificado. 40 Então, alguns dentre o povo que tinham ouvido estas palavras diziam: Este homem é realmente Mt 21.11; cp.Jo 1.21o profeta; 41 outros: Este é o Cristo; outros, porém, perguntavam: Pois da Galileia é que vem o Cristo? 42 Jo 7.52; cp.Jo 1.46(?)Não declarou a Escritura que o Cristo vem da 2Sm 7.12ss.;Mq 5.2;Mt 1.1;2.5s.;Lc 2.4ss.descendência de Davi e da aldeia de Belém, donde era Davi? 43 Assim, Jo 10.19; cp.9.16houve uma dissensão entre o povo por causa dele; 44 Jo 7.30alguns queriam prendê-lo, mas ninguém lhe pôs as mãos.
Os oficiais voltam sem Jesus
45 Voltaram, então, Jo 7.32os oficiais de justiça aos principais sacerdotes e fariseus, e estes lhes perguntaram: Por que não o trouxestes? 46 Responderam os oficiais: Mt 7.28Nunca homem algum falou como esse homem. 47 Replicaram-lhes os fariseus: Estais vós também Jo 7.12iludidos? 48 cp.Jo 12.42Porventura, creu nele alguma Lc 23.13;Jo 7.26das autoridades ou alguns dos fariseus? 49 Mas este povo que não entende a Lei é amaldiçoado. 50 Jo 3.1;19.39Nicodemos, um deles, que antes fora ter com Jesus, perguntou-lhes: 51 Êx 23.1;Dt 17.6;19.15;Pv 18.13; cp.At 23.3Porventura, julga a nossa lei a alguém, sem primeiro ouvi-lo e saber o que ele faz? 52 Eles lhe responderam: És tu também cp.2Rs 14.25da Galileia? Examina e vê que da Galileia não se levanta profeta.
A mulher adúltera
53 [A maior parte dos manuscritos omitem os capítulos 7.53 e 8.1-11.Cada um foi para sua casa;