Maria salf die voete van Jesus.
1 EN Jesus het ses dae voor die pasga na Betánië gekom waar Lasarus was, wat dood gewees het en wat Hy uit die dode opgewek het.
2 Hulle het toe vir Hom daar 'n maaltyd berei, en Martha het bedien; en Lasarus was een van die wat saam met Hom aan tafel was.
3 En Maria het 'n pond egte, baie kosbare nardussalf geneem en die voete van Jesus gesalf en sy voete afgedroog met haar hare. En die huis is vervul met die reuk van die salf.
4 Toe sê een van sy dissipels, Judas Iskáriot, die seun van Simon, wat Hom sou verraai:
5 Waarom is hierdie salf nie vir driehonderd pennings verkoop en die geld aan die armes gegee nie?
6 En dit het hy gesê, nie omdat hy oor die armes besorg was nie, maar omdat hy 'n dief was en die beurs gehad het en die bydraes geneem het.
7 Toe sê Jesus: Laat haar staan; sy het dit bewaar vir die dag van my begrafnis.
8 Want die armes het julle altyd by julle, maar My het julle nie altyd nie.
9 En 'n groot menigte uit die Jode het verneem dat Hy daar was, en het gekom, nie alleen ter wille van Jesus nie, maar ook om Lasarus te sien, wat Hy uit die dode opgewek het.
10 En die owerpriesters het besluit om Lasarus ook om die lewe te bring,
11 omdat baie van die Jode deur hom weggegaan en in Jesus geglo het.
Intog van Jesus in Jerusalem.
12 DIE volgende dag het 'n groot menigte feesgangers, toe hulle hoor dat Jesus na Jerusalem kom,
13 palmtakke geneem en uitgegaan Hom tegemoet en geroep: Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here, die Koning van Israel.
14 En Jesus het 'n jong esel gevind en daarop gaan sit, soos geskrywe is:
15 Moenie vrees nie, dogter van Sion! Kyk, jou Koning kom en Hy sit op die vul van 'n esel.
16 Dit het sy dissipels egter eers nie verstaan nie; maar nadat Jesus verheerlik is, toe het dit hulle bygeval dat hierdie dinge van Hom geskrywe was en dat hulle dit aan Hom gedoen het.
17 En die skare wat by Hom was toe Hy Lasarus uit die graf geroep en hom uit die dode opgewek het, het daarvan getuig.
18 Daarom het die skare Hom ook tegemoetgegaan, omdat hulle gehoor het dat Hy hierdie teken gedoen het.
19 En die Fariseërs het vir mekaar gesê: Sien julle dat julle niks vorder nie? Kyk, die hele wêreld loop agter Hom aan.
Sommige Grieke wil Jesus sien. Hy spreek van sy verhoging. 'n Stem uit die hemel. Jesus die lig van die wêreld.
20 EN daar was sommige Grieke onder die wat opgekom het om op die fees te aanbid;
21 hulle het na Filippus gegaan wat van Betsáida in Galiléa was, en hom gevra en gesê: My heer, ons wil Jesus graag sien.
22 Filippus kom en sê dit vir Andréas, en Andréas en Filippus vertel dit weer aan Jesus.
23 Maar Jesus antwoord hulle en sê: Die uur het gekom dat die Seun van die mens verheerlik moet word.
24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.
25 Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe.
26 As iemand My dien, laat hom My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer.
27 Nou is my siel ontsteld, en wat sal Ek sê? Vader, red My uit hierdie uur? Maar hierom het Ek in hierdie uur gekom.
28 Vader, verheerlik u Naam! Daar het toe 'n stem uit die hemel gekom: Ek hét dit verheerlik, en Ek sal dit weer verheerlik.
29 En die skare wat daar gestaan en dit gehoor het, het gesê dat daar 'n donderslag gewees het. Ander het gesê: 'n Engel het met Hom gespreek.
30 Jesus antwoord en sê: Hierdie stem het nie om My ontwil gekom nie, maar om julle ontwil.
31 Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word.
32 En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek.
33 En dit het Hy gesê om aan te dui hoedanige dood Hy sou sterwe.
34 Die skare antwoord Hom: Ons het uit die wet gehoor dat die Christus tot in ewigheid bly; en hoe sê U dat die Seun van die mens verhoog moet word? Wie is hierdie Seun van die mens?
35 En Jesus sê vir hulle: Nog 'n klein tydjie is die lig by julle. Wandel so lank as julle die lig het, sodat die duisternis julle nie oorval nie. En wie in die duisternis wandel, weet nie waar hy gaan nie.
36 So lank as julle die lig het, glo in die lig, sodat julle kinders van die lig kan word. Dit het Jesus gespreek, en Hy het weggegaan en Hom vir hulle verberg.
37 En alhoewel Hy so baie tekens voor hulle gedoen het, het hulle nie in Hom geglo nie;
38 sodat die woord van die profeet Jesaja vervul sou word wat hy gesê het: Here, wie het ons prediking geglo, en aan wie is die arm van die Here geopenbaar?
39 Daarom kon hulle nie glo nie, omdat Jesaja óók gesê het:
40 Hy het hulle oë verblind en hulle hart verhard, sodat hulle nie met die oë sou sien en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.
41 Dit het Jesaja gesê toe hy sy heerlikheid gesien en van Hom gespreek het.
42 Maar tog het selfs baie van die owerstes in Hom geglo; maar ter wille van die Fariseërs het hulle dit nie bely nie, om nie uit die sinagoge geban te word nie.
43 Want hulle het die eer van die mense meer liefgehad as die eer van God.
44 En Jesus het uitgeroep en gesê: Wie in My glo, glo nie in My nie, maar in Hom wat My gestuur het.
45 En wie My aanskou, aanskou Hom wat My gestuur het.
46 Ek het as 'n lig in die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie.
47 En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red.
48 Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.
49 Want Ek het nie uit Myself gespreek nie; maar die Vader wat My gestuur het, Hy het My 'n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek.
50 En Ek weet dat sy gebod die ewige lewe is. Wat Ek dan spreek — net soos die Vader vir My gesê het, so spreek Ek.
Jesus ungido em Betânia por Maria
1 Seis dias antes da Jo 11.55; cp.Jo 12.12,20Páscoa, Jo 12.1-8; cp.Mt 26.6-13;Mc 14.3-9;Lc 7.37-39foi Jesus a Mt 21.17; cp.Jo 11.43s.Betânia, onde estava Lázaro, a quem ele ressuscitou dentre os mortos. 2 Deram-lhe aí uma ceia, e nela Lc 10.38Marta servia, e Lázaro era um dos que estavam à mesa com ele. 3 Jo 11.2Então, Maria, tomando uma libra de perfume de Mc 14.3nardo puro, mui precioso, ungiu os pés de Jesus e enxugou-os com os seus cabelos; e a casa encheu-se do cheiro do perfume. 4 cp.Jo 6.71Judas Iscariotes, um de seus discípulos, aquele que o havia de trair, perguntou: 5 Por que não se vendeu este perfume por trezentos denáriosUm denário valia 315 réis, moeda brasileira. e não se deu aos pobres? 6 Isso disse ele, não porque cuidasse dos pobres, mas porque era ladrão e, Jo 13.29tendo a bolsa, subtraía cp.Lc 8.3o que nela se deitava. 7 Respondeu Jesus: Deixai-a, a fim de que guarde isso para Jo 19.40o dia da minha sepultura; 8 Mt 26.11;Mc 14.7;Dt 15.11porque os pobres, sempre os tendes convosco, mas a mim nem sempre me tendes.
O plano para tirar a vida a Lázaro
9 Soube uma cp.Mc 12.37;Jo 12.12grande multidão dos judeus que Jesus estava ali, e foram lá não somente por causa dele, mas também para verem a Lázaro, Jo 11.43s.;Jo 12.1,17s.a quem ele ressuscitara dentre os mortos. 10 Mas os principais sacerdotes resolveram também tirar a vida a Lázaro, 11 pois Jo 7.31; cp.11.42muitos judeus, Jo 12.18; cp.Jo 11.45s.por causa dele, se retiravam e criam em Jesus.
A entrada triunfal de Jesus em Jerusalém
12 No dia seguinte, Jo 12.12-15;Mt 21.4-9;Mc 11.7-10;Lc 19.35-38uma grande multidão que tinha vindo Jo 12.1à festa, sabendo que Jesus vinha a Jerusalém, 13 tomaram ramos de palmeiras e saíram ao seu encontro, clamando: cp.Sl 118.25s.Hosana! Bendito o que vem em nome do Senhor! Bendito Jo 1.49o Rei de Israel! 14 Jesus, tendo achado um jumentinho, montou nele, Zc 9.9segundo está escrito: 15 Não temas, filha de Sião, eis que vem o teu Rei, montado em um filho de jumenta. 16 cp.Jo 2.22;Jo 14.26;Mc 9.32Seus discípulos, a princípio, não compreenderam tudo isso; mas, quando Jesus Jo 7.39;Jo 12.23foi glorificado, então, se lembraram de que isso estava escrito a respeito dele e de que assim lhe fizeram. 17 Jo 11.42A multidão que estava com ele, quando chamara a Lázaro do túmulo e o levantara dentre os mortos, dava testemunho. 18 cp.Lc 19.37;Jo 12.12Por isso, também a multidão lhe saiu ao encontro, Jo 12.11porque souberam que ele tinha feito esse milagre. 19 De sorte que os fariseus disseram entre si: Vedes que nada conseguis; eis aí após ele foi todo o mundo.
Alguns gregos desejam ver a Jesus
20 Entre os que tinham ido para adorar na Jo 12.1festa, havia alguns Jo 7.35gregos; 21 estes, pois, foram ter com Jo 1.44Filipe, que era de Jo 1.44; cp.Mt 11.21Betsaida da Galileia, e lhe fizeram este pedido: Senhor, queremos ver a Jesus. 22 Filipe foi dizê-lo a André, e André e Filipe foram-no dizer a Jesus. 23 Disse-lhes Jesus: cp.Jo 13.1,32;17.1;Mt 26.45;Mc 14.35,41É chegada a hora de Jo 7.39;Jo 12.16ser glorificado o Filho do Homem. 24 Em verdade, em verdade vos digo: 1Co 15.36; cp.Rm 14.9se o grão de trigo, caindo na terra, não morrer, fica só; mas, se morrer, dá muito fruto. 25 Mt 10.39Quem ama a sua vida perdê-la-á; mas quem Lc 14.26aborrece a sua vida neste mundo conservá-la-á para a vida eterna. 26 Se alguém me servir, siga-me, Jo 14.3;17.24; cp.2Co 5.8;Fp 1.23;1Ts 4.17e, onde eu estou, estará aquele que me serve; se alguém me servir, o Pai 1Sm 2.30;Sl 91.15; cp.Lc 12.37o honrará. 27 Mt 26.38;Mc 14.34;Jo 11.33Agora, está perturbada a minha alma, e que direi? Mt 11.25Pai, livra-me Jo 12.23desta hora. Mas para isso foi que vim a esta hora. 28 Pai, glorifica o teu nome. Veio, então, do céu cp.Mt 3.17;17.5;Mc 1.11;9.7;Lc 3.22;9.35esta voz: Eu já o glorifiquei e outra vez o glorificarei. 29 A multidão, pois, que ali estava e a ouvira, dizia ter havido um trovão; outros diziam que At 23.9um anjo lhe falara. 30 Disse Jesus: Jo 11.42Não foi por minha causa, mas sim por vossa causa que veio esta voz. 31 Jo 16.11; cp.Jo 3.19;9.39Agora, é o juízo deste mundo; agora, será expulso Jo 14.30;16.11;2Co 4.4;Ef 2.2; cp.6.12;1Jo 4.4;5.19o príncipe deste mundo; 32 e eu, quando Jo 3.14;8.28;Jo 12.34for levantado da terra, cp.Jo 6.44atrairei todos a mim. 33 Isso dizia, cp.Jo 18.32;21.19dando a entender o modo por que havia de morrer. 34 Replicou o povo: Nós ouvimos Jo 10.34da Lei que Sl 110.4;Is 9.7;Ez 37.25;Dn 7.14o Cristo permanece para sempre, e como dizes tu ser necessário que Mt 8.20o Filho do Homem seja levantado? Quem é esse Filho do Homem? 35 Respondeu-lhes Jesus: Jo 7.33; cp.9.4;1Jo 2.10Ainda por um pouco, Jo 12.46a luz está entre vós. Ef 5.8; cp.Gl 6.10Andai enquanto tendes a luz, para que as trevas não vos apanhem; e quem 1Jo 1.6;2.11anda nas trevas não sabe para onde vai. 36 Enquanto tendes a luz, Jo 12.46crede na luz, para que vos torneis Lc 16.8; cp.Jo 8.12filhos da luz.
A explicação da incredulidade dos judeus
Assim falou Jesus e, tendo-se retirado, cp.Jo 8.59escondeu-se deles. 37 Embora tivesse feito tantos Jo 2.11milagres na presença deles, não criam nele, 38 para que se cumprisse a palavra proferida pelo profeta Isaías:
Rm 10.16;Is 53.1Senhor, quem creu a nossa pregação?
E a quem foi revelado o braço do Senhor?
39 Não podiam crer, porque, como diz ainda Isaías:
40 Mt 13.14s.;Is 6.10Cegou-lhes os olhos e cp.Mc 6.52endureceu-lhes o coração,
para que não vejam com os seus olhos, e entendam no coração,
e se convertam,
e eu os sare.
41 Isso disse Isaías, porque Is 6.1ss.viu a glória dele e cp.Lc 24.27dele falou. 42 Contudo, muitos das próprias Lc 23.13autoridades cp.Jo 7.48;Jo 12.11creram nele, mas, Jo 7.13por causa dos fariseus, não o confessavam, para não serem Jo 9.22expulsos da sinagoga; 43 porque Jo 5.41,44prezaram mais a glória que vem dos homens do que a glória que vem de Deus.
O resumo do ensino de Jesus
44 Clamou Jesus, dizendo: cp.Mt 10.40;Jo 5.24Quem crê em mim não crê em mim, mas naquele que me enviou; 45 Jo 14.9e quem me vê vê aquele que me enviou. 46 Jo 1.4;3.19;8.12;9.5;Jo 12.35s.Eu, que sou a luz, vim ao mundo, a fim de que todo o que crê em mim não permaneça nas trevas. 47 Se alguém ouvir as minhas palavras e não as guardar, eu não o julgo; porque Jo 3.17; cp.8.15s.não vim a julgar o mundo, mas a salvar o mundo. 48 cp.Lc 10.16Quem me despreza e não recebe as minhas palavras tem quem o julgue; cp.Dt 18.18s.;Jo 5.45ss.;8.47a palavra que falei, esta o julgará no cp.Mt 10.15último dia. 49 Jo 3.11Pois eu por mim mesmo não falei, mas o Pai, que me enviou, Jo 14.31; cp.17.8este mesmo me tem prescrito o que devo dizer e o que devo falar. 50 Eu sei que cp.Jo 6.68o seu mandamento é vida eterna. Aquilo, pois, que eu falo, falo-o Jo 8.28como o Pai mo tem dito.