Pular para o conteúdo
Publicidade

João 10

TB

Die gelykenis van die goeie herder.

1 VOORWAAR, voorwaar Ek vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van 'n ander kant af inklim, hy is 'n dief en 'n rower.

2 Maar hy wat by die deur ingaan, is 'n herder van die skape.

3 Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit.

4 En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken.

5 Hulle sal 'n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie.

6 Hierdie gelykenis het Jesus aan hulle vertel; maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy tot hulle gespreek het nie.

7 Jesus het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek vir julle, Ek is die deur van die skape.

8 Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie.

9 Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.

10 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan .

11 Ek is die goeie herder. Die goeie herder sy lewe af vir die skape.

12 Maar die huurling en hy wat nie 'n herder is nie, van wie die skape nie die eiendom is nie, sien die wolf kom en laat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en jaag die skape uitmekaar.

13 En die huurling vlug, omdat hy 'n huurling is en niks vir die skape omgee nie.

14 Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken.

15 Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en Ek my lewe af vir die skape.

16 Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder.

17 Daarom het die Vader My lief, omdat Ek my lewe aflê om dit weer te neem.

18 Niemand neem dit van My af nie, maar Ek dit uit Myself af. Ek het mag om dit af te en Ek het mag om dit weer te neem. Hierdie gebod het Ek van my Vader ontvang.

19 Daar het toe weer verdeeldheid onder die Jode gekom oor hierdie woorde.

20 En baie van hulle het gesê: Hy is van die duiwel besete en is kranksinnig; wat luister julle na Hom?

21 Ander het gesê: Hierdie woorde is nie van 'n besetene nie; 'n duiwel kan tog nie die van blindes open nie.

Op die fees van die tempelwyding verklaar Jesus op 'n vraag van die Jode dat Hy die Messías, die Seun van God, is. Hulle wil Hom stenig. Hy gaan oor die Jordaan.

22 EN dit was die fees van die tempelwyding in Jerusalem, en dit was winter.

23 En Jesus het in die tempel gewandel in die pilaargang van Salomo.

24 En die Jode het Hom omring en vir Hom gesê: Hoe lank hou U ons in onsekerheid? As U die Christus is, dit vir ons ronduit.

25 Jesus antwoord hulle: Ek het dit vir julle gesê, en julle glo nie. Die werke wat Ek doen in die Naam van my Vader, dié getuig van My.

26 Maar julle glo nie, want julle is nie van my skape nie, soos Ek vir julle gesê het.

27 My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.

28 En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.

29 My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.

30 Ek en die Vader is een.

31 Die Jode het toe weer klippe opgetel om Hom te stenig.

32 Jesus antwoord hulle: Baie goeie werke het Ek julle getoon van my Vader. Oor watter een van dié werke stenig julle My?

33 Die Jode antwoord Hom en : Dit is nie oor 'n goeie werk dat ons U stenig nie, maar oor godslastering, en omdat U wat 'n mens is, Uself God maak.

34 Jesus antwoord hulle: Is daar nie in julle wet geskrywe: Ek het gesê, julle is gode nie?

35 As dit húlle gode noem tot wie die woord van God gekom het, en die Skrif nie gebreek kan word nie,

36 julle vir Hom wat die Vader geheilig en in die wêreld gestuur het: U spreek godslasterlik omdat Ek gesê het: Ek is die Seun van God?

37 As Ek nie die werke van my Vader doen nie, moet julle My nie glo nie;

38 maar as Ek dit doen, al glo julle My nie, glo die werke, dat julle kan erken en glo dat die Vader in My is, en Ek in Hom.

39 Toe het hulle weer probeer om Hom gevange te neem, en Hy het uit hulle hand ontkom.

40 En Hy het weer oor die Jordaan gegaan na die plek waar Johannes eers gedoop het; en Hy het daar gebly.

41 En baie het na Hom gekom en gesê: Johannes het wel geen teken gedoen nie, maar alles wat Johannes van Hom gesê het, was waar.

42 En baie het daar in Hom geglo.

Jesus, o bom pastor

1 Em verdade, em verdade vos digo: o que não entra pela porta no aprisco das ovelhas, mas sobe por outra parte, este é Jo 10.8ladrão e salteador; 2 mas o que entra pela porta, este é o Jo 10.11s.pastor das ovelhas. 3 A este abre o porteiro, e as ovelhas ouvem a Jo 10.4-5,16,27sua voz; e ele chama pelo nome as suas ovelhas e cp.Jo 10.9as conduz para fora. 4 Depois de fazer sair todas as que lhe pertencem, vai adiante delas, e elas o seguem, porque conhecem a Jo 10.3,5,16,27sua voz; 5 mas de modo algum seguirão o estranho; antes, fugirão dele, porque não conhecem a voz dos estranhos. 6 Jesus lhes fez essa cp.Jo 16.25,29;2Pe 2.22comparação, mas eles não compreenderam que era o que ele lhes falava.

7 Tornou, pois, Jesus a dizer: Em verdade, em verdade vos digo: eu sou a cp.Jo 10.1-2,9porta das ovelhas. 8 Todos os que vieram antes de mim são Jo 10.1; cp.Jr 23.1s.;Ez 34.2ss.ladrões e salteadores; mas as ovelhas não os ouviram. 9 Eu sou a porta. Se alguém entrar por mim, será salvo; e entrará, sairá e achará pastagem. 10 O ladrão não vem senão para furtar, matar e destruir; eu vim para que elas cp.Jo 5.40tenham vida e a tenham em abundância. 11 Jo 10.14; cp.Is 40.11;Ez 34.11-16,23;Hb 13.20;1Pe 5.4;Ap 7.17Eu sou o bom pastor. O bom pastor Jo 10.15,17-18;1Jo 3.16; cp.Jo 15.13a sua vida pelas ovelhas. 12 O que é mercenário e não Jo 10.2pastor, a quem não pertencem as ovelhas, vir o lobo, abandona as ovelhas e foge, e o lobo as arrebata e dispersa. 13 O mercenário foge, porque é mercenário e não se importa com as ovelhas. 14 Jo 10.11Eu sou o bom pastor, Jo 10.27conheço as minhas ovelhas, e as que são minhas me conhecem a mim, 15 assim como Mt 11.27o Pai me conhece, e eu conheço o Pai; Jo 10.11,17-18e dou a minha vida pelas ovelhas. 16 Tenho também cp.Is 56.8outras ovelhas que não são deste aprisco; estas também é necessário que eu as traga; elas ouvirão a minha voz, e haverá cp.Jo 11.52;17.20s.;Ef 2.13-18;1Pe 2.25um rebanho e cp.Ez 34.23;37.24um pastor. 17 Por isso, o Pai me ama, porque eu dou a minha vida para a reassumir. 18 cp.Mt 26.53;Jo 2.19;5.26Ninguém a tira de mim, mas eu de mim mesmo a dou. Tenho direito de a dar e tenho direito de a reassumir; cp.Jo 14.31;15.10;Fp 2.8;Hb 5.8esse mandamento recebi de meu Pai.

De novo houve uma dissensão entre os judeus

19 Jo 7.43; cp.9.16Por causa desses discursos, houve de novo dissensão entre os judeus. 20 Muitos deles diziam: Ele Jo 7.20tem demônio e cp.Mc 3.21perdeu o juízo; por que o escutais? 21 Outros diziam: Essas palavras não são de um Mt 4.24endemoninhado; cp.Jo 9.32s.;Êx 4.11pode, porventura, o demônio abrir os olhos aos cegos?

A Festa da Dedicação. Jesus é interrogado

22 Então, celebrava-se em Jerusalém a Festa da Dedicação. 23 Era o inverno. Jesus passeava no templo, no At 3.11;5.12Pórtico de Salomão. 24 Cercaram-no Jo 1.19;Jo 10.31,33os judeus e perguntaram-lhe: Até quando nos deixarás suspensos? Se tu és o Cristo, dize-no-lo cp.Jo 16.25;Lc 22.67francamente. 25 Respondeu-lhes Jesus: cp.Jo 8.56,58Eu vo-lo disse, e não credes; Jo 5.36;Jo 10.38as obras que eu faço em nome de meu Pai dão testemunho de mim; 26 mas vós não credes, porque cp.Jo 8.47não sois das minhas ovelhas. 27 As minhas ovelhas Jo 10.16;Jo 10.4ouvem a minha voz; Jo 10.14eu as conheço, e elas me seguem. 28 Eu lhes dou Jo 17.2s.;1Jo 2.25;5.11a vida eterna, e nunca jamais hão de perecer, cp.Jo 6.37,39e ninguém as arrebatará da minha mão. 29 Aquilo que meu Pai me tem dado é maior do que tudo; e ninguém pode arrebatá-lo da mão do Pai. 30 cp.Jo 17.21ss.Eu e meu Pai somos um. 31 Os judeus outra vez Jo 8.59pegaram em pedras para lhe atirar. 32 Disse-lhes Jesus: Mostrei-vos muitas obras boas da parte do Pai; por qual dessas obras ides apedrejar-me. 33 Responderam-lhe os judeus: Não te vamos apedrejar por uma boa obra, mas por Lv 24.16blasfêmia e porque, sendo tu homem, te Jo 5.18fazes Deus. 34 Replicou-lhes Jesus: Não está escrito na cp.Jo 8.17vossa Sl 82.6; cp.Jo 12.34;15.25;Rm 3.19;1Co 14.21Lei: Eu disse que vós sois deuses? 35 Se ele chamou deuses àqueles a quem foi dirigida a palavra de Deus, e a Escritura não pode falhar, 36 daquele a quem o Pai cp.Jo 6.69;Jr 1.5santificou e Jo 3.17enviou ao mundo dizeis vós: Tu blasfemas, porque eu disse: cp.Jo 10.30;Jo 5.17s.sou Filho de Deus? 37 cp.Jo 15.24;Jo 10.25Se não faço as obras de meu Pai, não me creiais; 38 mas, se as faço, embora não me creiais, crede Jo 10.25;Jo 14.11nas obras, para que conheçais e compreendais que Jo 14.10-11,20;17.21,23o Pai está em mim, e eu estou no Pai. 39 Jo 7.30De novo, procuravam prendê-lo; mas cp.Jo 8.59;Lc 4.30ele saiu das suas mãos.

40 Retirou-se, Jo 1.28outra vez, para além do Jordão, para o lugar onde João batizava no princípio; e ali ficou. 41 Muitos foram ter com ele e diziam: João, na verdade, não fez Jo 2.11milagre algum; mas Jo 1.27,30,34;3.27-30tudo quanto ele disse deste homem era verdade. 42 Jo 7.31Muitos ali creram nele.

Veja também