Aankoms by Sinai.
1 IN die derde maand ná die uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, op dieselfde dag, het hulle in die woestyn Sinai gekom —
2 hulle het van Ráfidim af opgebreek en in die woestyn Sinai gekom en in die woestyn laer opgeslaan. En Israel het daar teenoor die berg laer opgeslaan.
3 Maar Moses het opgeklim na God toe, en die Here het hom van die berg af toegeroep en gesê: So moet jy aan die huis van Jakob sê en aan die kinders van Israel verkondig:
4 Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en dat Ek julle op arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring het.
5 As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.
6 En júlle sal vir My 'n koninkryk van priesters en 'n heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel.
7 En Moses het gekom en die oudstes van die volk laat roep en hulle al hierdie woorde voorgehou wat die Here hom beveel het.
8 Toe antwoord die hele volk eenparig en sê: Alles wat die Here gespreek het, sal ons doen. En Moses het die woorde van die volk aan die Here oorgebring.
9 En die Here het met Moses gespreek: Kyk, Ek sal in 'n dik wolk na jou toe kom, dat die volk kan hoor as Ek met jou spreek, en hulle ook vir altyd aan jóú kan glo. Want Moses het die woorde van die volk aan die Here meegedeel.
10 Verder het die Here aan Moses gesê: Gaan na die volk en heilig hulle vandag en môre, en laat hulle hul klere was
11 en hulle gereed hou teen die derde dag. Want op die derde dag sal die Here voor die oë van die hele volk op die berg Sinai afdaal.
12 Ook moet jy vir die volk 'n grens rondom aanwys en sê: Pas op dat julle nie op die berg klim of sy voet aanraak nie. Elkeen wat die berg aanraak, moet sekerlik gedood word.
13 Geen hand mag hom aanraak nie; maar hy moet sekerlik gestenig of sekerlik met 'n pyl geskiet word; of dit 'n dier of 'n mens is — hy mag nie lewe nie. As die ramshoring lang geluide blaas, mag hulle op die berg klim.
14 Toe het Moses van die berg af na die volk gegaan en die volk geheilig, en hulle het hul klere gewas.
15 En hy het aan die volk gesê: Hou julle klaar teen die derde dag; moenie naby die vrou kom nie.
16 En op die derde dag toe dit môre word, was daar donderslae en blitse en 'n swaar wolk op die berg en die geluid van 'n baie sterk basuin, sodat die hele volk wat in die laer was, gebeef het.
17 Daarop het Moses die volk uit die laer gelei om God te ontmoet, en hulle het gaan staan by die voet van die berg.
18 En die hele berg Sinai het gerook, omdat die Here in 'n vuur daarop neergedaal het. En sy rook het opgetrek soos die rook van 'n oond, en die hele berg het vreeslik gebewe.
19 Toe die geluid van die basuin sterker en sterker word, het Moses gespreek, en God het hom telkens hardop geantwoord.
20 Terwyl die Here op die berg Sinai neerdaal, op die top van die berg, het die Here Moses na die top van die berg geroep, en Moses het opgeklim.
21 En die Here het vir Moses gesê: Klim af, waarsku die volk, dat hulle nie na die Here toe deurbreek om te sien en baie van hulle dan val nie.
22 En ook die priesters wat naby die Here kom, moet hulleself heilig, sodat die Here nie teen hulle losbreek nie.
23 Toe het Moses die Here geantwoord: Die volk kan nie op die berg Sinai klim nie, want U het ons self gewaarsku en gesê: Baken die berg af en heilig dit.
24 Daarop sê die Here vir hom: Gaan heen, klim af. Dan moet jy, en Aäron saam met jou, opklim; maar die priesters en die volk mag nie deurbreek om na die Here toe op te klim nie, sodat Hy nie teen hulle losbreek nie.
25 En Moses het na die volk toe afgeklim en hulle dit aangesê.
Deus fala com Moisés no monte de Sinai
1 Êx 12.6,51;16.1No terceiro mês, depois que os filhos de Israel haviam saído da terra do Egito, no mesmo dia entraram no deserto de Dt 1.6;4.10,15;5.2Sinai. 2 Tendo, pois, partido de Êx 17.1Refidim, chegaram ao deserto de Sinai, em que se acamparam; ali, se acampou Israel em frente do Êx 18.5monte. 3 Subiu Moisés a Deus, e do monte Jeová o chamou, dizendo: Assim falarás à casa de Jacó e anunciarás aos filhos de Israel: 4 Tendes visto o que fiz aos egípcios, de que modo vos trouxe sobre Dt 32.11asas de águias e vos cheguei a mim. 5 Êx 15.26Agora, pois, se atentamente ouvirdes a minha voz e Sl 78.10guardardes a minha aliança, sereis a Dt 7.6;14.2minha possessão peculiar dentre todos os povos (pois Êx 9.29minha é toda a terra) 6 e vós me sereis 1Pe 2.5,9;Ap 1.6;5.10reino de sacerdotes e Dt 14.21;26.19nação santa. Estas são as palavras que falarás aos filhos de Israel.
7 Êx 4.29-30Veio Moisés e, convocados os anciãos do povo, expôs-lhes todas essas palavras que Jeová lhe ordenara. 8 Êx 4.31;24.3,7;Dt 5.27Todo o povo respondeu a uma voz: Tudo o que Jeová tem falado faremos. Referiu Moisés a Jeová as palavras do povo. 9 Então, disse Jeová a Moisés: Eis que venho ter contigo em Êx 19.16;24.15-16;Sl 99.7uma nuvem espessa, para que o povo ouça quando eu falar contigo e para que também te creia para sempre. Referiu Moisés a Jeová as palavras do povo. 10 Disse Jeová a Moisés: Vai ter com o povo e santifica-os hoje e amanhã. Gn 35.2;Nm 8.7;19.19;Ap 22.14Lavem os seus vestidos 11 e estejam prontos para o terceiro dia, porque, Êx 19.16no terceiro dia, descerá Jeová à vista de todo o povo sobre o monte Sinai. 12 Marcarás em roda limites ao povo, dizendo: Guardai-vos, não subais ao monte, nem toqueis o seu termo; todo o que tocar o monte certamente será morto. 13 Mão alguma tocará naquele que o fizer, mas Hb 12.20ele será apedrejado ou asseteado; quer seja animal, quer seja homem, não viverá. Quando se prolongar o som da buzina, subirão eles ao Êx 19.17monte. 14 Moisés, tendo descido do monte, foi ter com o povo e o santificou; e lavaram os seus vestidos. 15 Disse ao povo: Estai prontos para o terceiro dia e não vos chegueis a mulher.
16 Hb 12.18-19Ao terceiro dia, depois de raiar o dia, houve trovões e relâmpagos. Uma nuvem espessa cobriu o monte, e ouviu-se um sonido de buzina mui forte; estremeceu todo o povo que estava no arraial. 17 Moisés levou o povo fora do arraial ao encontro de Deus; e pararam ao pé do monte. 18 Sl 104.32;144.5O monte Sinai, todo ele, fumegava, porque Jeová tinha descido a ele Dt 5.4;Hb 12.18em fogo; do monte subiu o fumo, como o Gn 19.28fumo de uma fornalha, e Sl 68.7-8o monte tremia grandemente. 19 Quando o sonido da buzina se ia aumentando cada vez mais, falava Moisés, e respondia-lhe Deus por uma voz. 20 Ne 9.13Desceu Jeová sobre o monte Sinai, ao cume do monte, e chamou Moisés ao cume do monte. Moisés subiu, 21 e disse Jeová a Moisés: Desce, adverte ao povo, para que não suceda que Êx 3.5;1Sm 6.19passem além dos limites a Jeová, a fim de ver, e muitos deles pereçam. 22 Os Êx 19.24;24.5;Lv 10.3;21.6-8sacerdotes também que se chegam a Jeová, santifiquem-se a si mesmos, para que Jeová não os fira. 23 Respondeu Moisés a Jeová: O povo não poderá subir ao monte; pois tu nos ordenaste expressamente, dizendo: Êx 19.12Marca limites ao redor do monte e santifica-o. 24 Replicou-lhe Jeová: Vai, desce. Subirás Êx 24.1tu, e Arão, contigo; porém não passem além dos limites Êx 19.22os sacerdotes e o povo, para subir a Jeová, para que não suceda que os fira. 25 Desceu, pois, Moisés ao povo e disse-lhes isso.