Harde slawerny van Israel in Egipte.
1 EN dit is die name van die seuns van Israel wat in Egipte gekom het; saam met Jakob het hulle gekom, elkeen met sy huisgesin:
2 Ruben, Símeon, Levi en Juda;
3 Íssaskar, Sébulon en Benjamin;
4 Dan en Náftali, Gad en Aser.
5 En al die siele wat uit Jakob se lende voortgekom het, was sewentig siele. Maar Josef was in Egipte.
6 En Josef het gesterwe, en al sy broers en daardie hele geslag.
7 Maar die kinders van Israel was vrugbaar en het baie geword, en hulle het vermeerder en buitengewoon magtig geword, sodat die land vol was van hulle.
8 Toe staan daar 'n nuwe koning oor Egipte op wat niks van Josef geweet het nie.
9 Dié het aan sy volk gesê: Kyk, die volk van die kinders van Israel is meer en magtiger as ons.
10 Kom, laat ons 'n slim plan teen hulle beraam, sodat hulle nie kan vermeerder nie, en as ons in oorlog geraak, hulle ook nie by ons vyande aansluit en teen ons veg en uit die land optrek nie.
11 Daar is toe opsigters van dwangarbeid oor hulle aangestel om hulle met harde arbeid te verdruk. En hulle het vir Farao die voorraadstede Pitom en Raämses gebou.
12 Maar hoe meer hulle verdruk is, hoe meer het hulle vermenigvuldig en hulle uitgebrei, sodat hulle bang geword het vir die kinders van Israel.
13 Daarom het die Egiptenaars die kinders van Israel met hardheid laat dien
14 en hulle lewe verbitter deur swaar werk met klei en bakstene en deur allerhande werk in die landerye — al dié werk wat hulle met hardheid deur hulle laat verrig het.
15 En die koning van Egipte het met die Hebreeuse vroedvroue — die een se naam was Sifra en die ander se naam Pua — gespreek
16 en gesê: As julle die Hebreeuse vroue by 'n geboorte help, moet julle na die geboortestoel kyk: as dit 'n seun is, maak hom dood; maar is dit 'n dogter, laat haar lewe.
17 Maar die vroedvroue het God gevrees en nie gedoen soos die koning van Egipte aan hulle gesê het nie, maar die seuntjies laat lewe.
18 Toe laat die koning van Egipte die vroedvroue roep, en hy sê vir hulle: Waarom het julle dit gedoen en die seuntjies laat lewe?
19 En die vroedvroue sê vir Farao: Die Hebreeuse vroue is nie soos die Egiptiese nie, want hulle is sterk — voordat die vroedvrou by hulle kom, het hulle al gebaar.
20 Maar God het aan die vroedvroue weldadigheid bewys. En die volk het vermenigvuldig en baie magtig geword.
21 En omdat die vroedvroue God gevrees het, het Hy huisgesinne aan hulle geskenk.
22 Toe gee Farao aan sy hele volk bevel en sê: Al die seuns wat gebore word, moet julle in die Nyl werp, maar al die dogters kan julle laat lewe.
Os descendentes de Jacó no Egito
1 Ora, estes são os nomes dos filhos de Israel que entraram no Egito; entraram com Jacó, cada um com a sua família: 2 Gn 46.8-27Rúben, Simeão, Levi e Judá, 3 Issacar, Zebulom e Benjamim, 4 Dã e Naftali, Gade e Aser. 5 Todas as almas que saíram da coxa de Jacó eram Gn 46.27setenta. José, porém, já estava no Egito. 6 Gn 50.26Morreu José, e todos os seus irmãos, e toda aquela geração. 7 Depois, os filhos de Israel Gn 28.3;35.11;46.3;47.27;48.4;At 7.17frutificaram, aumentaram muito, multiplicaram-se e fizeram-se fortes duma maneira extraordinária; e a terra ficou cheia deles.
Os seus sofrimentos
8 Entretanto, se levantou sobre o Egito At 7.18-19um novo rei que não conhecia a José. 9 Ele Sl 105.25disse ao seu povo: Eis que o povo dos filhos de Israel é mais numeroso e mais forte que nós. 10 Vinde, usemos de astúcia para com eles, para que não se multipliquem e para que não aconteça que, havendo guerra, se unam com os nossos inimigos, pelejem contra nós e se retirem da terra. 11 Portanto, puseram sobre eles Êx 3.7;5.6feitores para, com cargas, os afligirem. E os israelitas edificaram para Faraó as 1Rs 9.19;2Cr 8.4cidades-armazéns, Pitom e Ramessés. 12 Mas quanto mais os egípcios vexavam aos israelitas, Êx 1.7tanto mais estes se multiplicavam e se espalhavam. Os egípcios aborreciam aos filhos de Israel 13 e os faziam Gn 15.13;Dt 4.20;Êx 5.7-19servir com rigor; 14 amarguravam-lhes a vida com serviços penosos de barro e de tijolos e de toda sorte de trabalhos nos campos, com todas as suas tarefas, com que foram obrigados a servir com rigor.
As parteiras desobedecem ao rei
15 O rei do Egito falou às parteiras hebreias, das quais uma se chamava Sifrá, e a outra, Puá; 16 e disse: Quando servirdes de parteira às mulheres hebreias e as virdes sobre os assentos, At 7.19se for filho, matá-lo-eis; mas, se for filha, deixá-la-eis viver. 17 Mas as parteiras Êx 1.21temeram a Deus e não fizeram como lhes havia ordenado o rei do Egito; antes, deixaram os meninos viver. 18 Então, o rei do Egito mandou chamar as parteiras e lhes perguntou: Por que tendes feito isso e deixado os meninos viver? 19 Responderam as parteiras a Faraó: Porque as mulheres hebreias não são como as egípcias; pois são vigorosas e já dão à luz antes que a parteira chegue a elas. 20 Fez Deus bem às parteiras; e Êx 1.12o povo aumentou-se e tornou-se extraordinariamente forte. 21 Porque as parteiras Êx 1.17temeram a Deus, ele lhes estabeleceu as casas. 22 Ordenou Faraó a todo o seu povo, dizendo: At 7.19A todos os filhos que nascerem, lançá-los-eis Gn 41.1no rio; mas a todas as filhas, deixá-las-eis viver.