Pular para o conteúdo
Publicidade

Êxodo 20

TB

Die Wet van die Here.

1 TOE het God al hierdie woorde gespreek en gesê:

2 Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.

3 Jy mag geen ander gode voor my aangesig nie.

4 Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.

5 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die Here jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;

6 en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.

7 Jy mag die Naam van die Here jou God nie ydellik gebruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.

8 Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig.

9 Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;

10 maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God; dan mag jy géén werk doen nie jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.

11 Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die Here die sabbatdag geseën en dit geheilig.

12 Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die Here jou God aan jou gee.

13 Jy mag nie doodslaan nie.

14 Jy mag nie egbreek nie.

15 Jy mag nie steel nie.

16 Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.

17 Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.

18 En toe die hele volk die donderslae en die blitse en die geluid van die basuin en die rokende berg bemerk, het die volk dit gesien en gebewe en op 'n afstand bly staan.

19 En hulle het vir Moses gesê: Spreek u met ons, dat ons kan luister; maar laat God nie met ons spreek nie, anders sterwe ons.

20 Toe antwoord Moses die volk: Wees nie bevrees nie, want God het gekom om julle te beproef en dat sy vrees voor julle mag wees, sodat julle nie sondig nie.

21 So het die volk dan op 'n afstand bly staan. Maar Moses het nader gegaan na die wolkedonkerheid waar God was.

22 Toe die Here vir Moses: So moet jy met die kinders van Israel spreek: Julle het self gesien dat Ek met julle van die hemel af gespreek het.

23 Julle mag naas My geen silwergode maak en geen goue gode vir julle maak nie.

24 'n Altaar van grond moet jy vir My maak, en daarop moet jy jou brandoffers en dankoffers, jou kleinvee en beeste, offer. Op elke plek waar Ek my Naam sal laat gedenk, sal Ek na jou toe kom en jou seën.

25 Maar as jy vir My 'n klipaltaar maak, mag jy dit nie bou van gekapte klip nie; want as jy jou ystergereedskap daaroor swaai, dan ontheilig jy dit.

26 Jy mag ook nie met trappe na my altaar opklim nie, dat jou skaamte nie daarop ontbloot word nie.

Os dez mandamentos

1 Então, falou Deus todas estas palavras, dizendo:

2 Eu sou Jeová, teu Deus, Êx 15.13,16;Dt 5.6;7.8que te tirei da terra do Egito, da casa de servidão.

3 Não terás outros Êx 15.11;20.23deuses diante de mim.

4 Lv 26.1;Dt 4.15-19;27.15Não farás para ti imagem de escultura, nem figura alguma do que em cima no céu, nem embaixo na terra, nem nas águas debaixo da terra. 5 Êx 23.24Não as adorarás, nem lhes darás culto, porque eu, Jeová, teu Deus, sou Êx 34.14;Dt 4.24Deus zeloso, que Êx 34.6-7;Dt 5.9-10visito a iniquidade dos pais nos filhos, na terceira e na quarta geração daqueles que me aborrecem, 6 e uso misericórdia Dt 7.9até mil gerações daqueles que me amam e guardam os meus mandamentos.

7 Lv 19.12;Dt 6.13;10.20Não tomarás o nome de Jeová, teu Deus, em vão, porque Jeová não terá por inocente aquele que tomar o seu nome em vão.

8 Lembra-te do Êx 23.12;31.15dia de sábado, para o santificar. 9 Seis dias trabalharás e Êx 34.21;35.2-3farás toda a tua obra; 10 mas o sétimo dia é o sábado de Jeová, teu Deus. Nesse dia, não farás obra alguma, nem tu, nem teu filho, nem tua filha, nem teu servo, nem tua serva, nem teu animal, nem o teu estrangeiro que está das tuas portas para dentro; 11 Êx 31.17;Gn 2.2-3porque em seis dias fez Jeová o céu e a terra, o mar e tudo o que neles ; por isso, Jeová abençoou o dia sétimo e o santificou.

12 Lv 19.3;Mt 15.4;19.19;Ef 6.2Honrarás a teu pai e a tua mãe, para que Dt 5.16,33;6.2;11.9se prolonguem os teus dias na terra que Jeová, teu Deus, te .

13 Êx 21.12;Mt 19.18Não matarás.

14 Lv 20.10;Mt 19.18Não adulterarás.

15 Êx 21.16;Lv 19.11,13;Mt 19.18Não furtarás.

16 Êx 23.1,7;Mt 19.18Não dirás falso testemunho contra o teu Lv 19.18próximo.

17 Rm 7.7;13.9Não cobiçarás a casa do teu próximo, não cobiçarás a mulher do teu próximo, nem o seu servo, nem a sua serva, nem o seu boi, nem o seu jumento, nem coisa alguma que lhe pertença.

18 Êx 19.16,18Todo o povo testemunhava os trovões, e os relâmpagos, e o sonido da buzina, e o monte fumegando; o povo, ao ver isso, estremeceu e parou ao longe. 19 Dt 5.5,23-27;Hb 12.19Disseram a Moisés: Fala-nos tu, e ouviremos; porém não nos fale Deus, para que não morramos. 20 Respondeu Moisés ao povo: Êx 14.13 Não temais, porque Deus veio para Êx 15.25vos provar e para que o Dt 4.10;6.24seu temor esteja diante de vós, a fim de que não pequeis. 21 O povo parou ao longe, mas Moisés chegou-se Êx 19.16;Dt 5.22às trevas espessas onde Deus estava.

Leis acerca dos ídolos e dos altares

22 Então, disse Jeová a Moisés: Assim dirás aos filhos de Israel: Vós mesmos tendes visto que Dt 4.36;5.24,26;Ne 9.3do céu eu vos falei. 23 Êx 20.3Não fareis outros deuses ao lado de mim; Dt 29.17deuses de prata ou deuses de ouro, não os fareis para vós. 24 Êx 27.1-8Um altar de terra me farás e sobre ele sacrificarás os teus Êx 10.25;18.12holocaustos e as tuas Êx 24.5ofertas pacíficas, as tuas ovelhas e os teus bois. Em todo lugar Dt 12.5;26.2em que eu fizer recordar o meu nome, virei ter contigo e te abençoarei. 25 Se me edificares um altar de Dt 27.5-6pedras, não o edificarás de pedras lavradas; pois, se levantares sobre ele a tua ferramenta, tê-lo-ás profanado. 26 Nem subirás por degraus ao meu altar, para que a Êx 28.42-43tua nudez não seja ali exposta.

Veja também