Pular para o conteúdo
Publicidade

Êxodo 24

TB

Moses en die oudstes klim op die berg.

1 DAARNA het Hy vir Moses gesê: Klim na die Here toe op, jy en Aäron, Nadab en Abíhu en sewentig van die oudstes van Israel, en buig julle neer van ver af.

2 En laat Moses alleen nader kom na die Here toe, maar hulle moet nie nader kom nie; en die volk mag nie saam met hom opklim nie.

3 Toe Moses kom en aan die volk al die woorde van die Here en al die verordeninge vertel, antwoord die hele volk met een stem en : Al die woorde wat die Here gespreek het, sal ons doen.

4 En Moses het al die woorde van die Here opgeskrywe en die môre vroeg hom klaargemaak en onder die berg 'n altaar gebou, en twaalf gedenkstene volgens die twaalf stamme van Israel.

5 En hy het jongmanne van die kinders van Israel gestuur; dié het brandoffers geoffer en as dankoffers bulle vir die Here geslag.

6 En Moses het die helfte van die bloed geneem en dit in komme gegooi en die helfte van die bloed teen die altaar uitgegooi.

7 En hy het die boek van die verbond geneem en dit voor die ore van die volk gelees. En hulle het gesê: Alles wat die Here gespreek het, sal ons doen en daarna luister.

8 Toe neem Moses die bloed en gooi dit uit op die volk en : Dit is die bloed van die verbond wat die Here met julle gesluit het op grond van al hierdie woorde.

9 Daarop het Moses opgeklim met Aäron, Nadab en Abíhu en sewentig van die oudstes van Israel.

10 En hulle het die God van Israel gesien, en onder sy voete net soos 'n vloerwerk van saffierstene en so helder soos die hemel self.

11 Maar Hy het sy hand nie na die uitgesoektes van die kinders van Israel uitgestrek nie, en hulle het God aanskou; daarop het hulle geëet en gedrink.

12 Toe die Here vir Moses: Klim op die berg na My toe en vertoef daar, dat Ek jou die kliptafels kan gee en die wet en gebooie wat Ek geskryf het om hulle te onderrig.

13 Hierop het Moses klaargemaak en Josua, sy dienaar. En Moses het op die berg van God geklim

14 en aan die oudstes gesê: Wag hier vir ons tot ons na julle terugkom. En kyk, Aäron en Hur is by julle; wie regsake het, kan na hulle gaan.

15 Toe Moses die berg opklim, het 'n wolk die berg oordek.

16 En die heerlikheid van die Here het op die berg Sinai gebly, en die wolk het dit ses dae lank oordek. En op die sewende dag het Hy na Moses geroep uit die wolk.

17 En die verskyning van die Here se heerlikheid was in die van die kinders van Israel soos 'n verterende vuur op die top van die berg.

18 En Moses het binne-in die wolk ingegaan en die berg opgeklim. En Moses was op die berg veertig dae en veertig nagte.

A aliança de Jeová com Israel

1 Disse também Deus a Moisés: Êx 19.24Sobe a Jeová, tu, e Arão, e Êx 6.23;Lv 10.1-2Nadabe, e Abiú, e setenta anciãos de Israel; e adorai de longe. 2 Moisés se chegará a Jeová; mas os outros não se chegarão, nem o povo subirá com ele. 3 Veio Moisés e referiu ao povo todas as palavras de Jeová e todas as ordenações; todo o povo respondeu a uma voz: Êx 19.8;24.7Faremos tudo o que Jeová tem dito. 4 Êx 17.14;34.27Moisés escreveu todas as palavras de Jeová e, tendo se levantado de manhã cedo, erigiu um Êx 17.15altar ao do monte e doze colunas segundo as doze tribos de Israel. 5 Enviou mancebos dentre os filhos de Israel, Êx 18.12os quais ofereceram holocaustos e sacrificaram a Jeová sacrifícios pacíficos de bois. 6 Sl 99.6Moisés tomou uma metade do sangue e pô-lo em bacias; e a outra metade aspergiu sobre o altar. 7 Tomou Êx 24.4o livro da aliança e leu, ouvindo-o o povo, o qual disse: Êx 24.3Faremos tudo o que Jeová tem dito e seremos obedientes. 8 Então, Hb 9.19-20tomando Moisés o sangue, o aspergiu sobre o povo e disse: Eis Mt 26.28;Lc 22.20;1Co 11.25;Zc 9.11o sangue da aliança que Jeová fez convosco sob todas estas condições.

9 Subiram Moisés e Arão, e Êx 24.1Nadabe, e Abiú, e setenta dos anciãos de Israel; 10 Êx 24.11;Nm 12.8;Is 6.5;Jo 1.18;6.46viram ao Deus de Israel, e Ez 1.26debaixo dos seus pés havia como uma obra de safira lúcida e como o próprio céu na sua claridade. 11 Sobre os nobres dos filhos de Israel Deus não estendeu a mão; eles Êx 24.10viram a Deus, comeram e beberam.

Moisés e os anciãos sobem novamente o monte

12 Disse Jeová a Moisés: Sobe a mim ao monte e deixa-te estar ali; Êx 31.18dar-te-ei as tábuas de pedra e a lei e os mandamentos que tenho escrito, para que os ensines. 13 Levantou-se Moisés com Êx 17.9-14;33.11Josué, seu servidor; e, subindo Moisés ao Êx 3.1monte de Deus, 14 disse aos anciãos: Gn 22.5Esperai-nos aqui, até que nos tornemos para vós. Eis que Êx 17.10,12Arão e Hur ficam convosco; todo o que tiver uma questão chegue-se a eles. 15 Moisés subiu o monte, e Êx 19.9uma nuvem cobriu o monte. 16 A glória de Jeová descansou sobre o monte de Sinai, e a nuvem o cobriu por seis dias; ao sétimo dia, Sl 99.7do meio da nuvem, chamou a Moisés. 17 Sl 99.2-6Era a aparência da glória de Jeová como um Dt 4.24;9.3;Hb 12.29fogo consumidor sobre o cume do monte aos olhos dos filhos de Israel. 18 Tendo entrado Moisés pelo meio da nuvem, subiu o monte e ficou Êx 34.28;Dt 9.9;10.10quarenta dias e quarenta noites.

Veja também