Pular para o conteúdo
Publicidade

1 Coríntios 9

TB

Vryheid en regte van die apostel.

1 IS ek nie 'n apostel nie? Is ek nie vry nie? Het ek nie Jesus Christus, onse Here, gesien nie? Is julle nie my werk in die Here nie?

2 As ek vir ander geen apostel is nie, is ek dit tog seker vir julle, want julle is die seël op my apostelskap in die Here.

3 My verantwoording aan die wat my beskuldig, is dít:

4 Het ons dan geen vryheid om te eet en te drink nie?

5 Het ons dan geen reg om 'n suster as vrou met ons rond te neem net soos die ander apostels en die broers van die Here en Céfas nie?

6 Of het net ek en Bárnabas geen reg om die hande-arbeid na te laat nie?

7 Wie dien ooit as soldaat op eie koste? Wie plant 'n wingerd en eet nie van sy vrug nie? Of wie pas 'n kudde op en geniet nie van die melk van die kudde nie?

8 ek dit miskien menslikerwys, of die wet dit nie ook nie?

9 Want in die wet van Moses is geskrywe: 'n Os wat graan dors, mag jy nie muilband nie. Is dit miskien oor die osse dat God Hom bekommer?

10 Of spreek Hy inderdaad om ons ontwil? Ja, want om ons ontwil is dit geskrywe, omdat hy wat ploeg, op hoop moet ploeg; en hy wat dors, op hoop om wat hy hoop, deelagtig te word.

11 As ons vir julle die geestelike gesaai het, is dit 'n groot saak as ons julle stoflike goed maai?

12 As ander deel het aan die reg op julle diens, het ons nie nog meer nie? Ons het ewenwel nie gebruik gemaak van hierdie reg nie, maar ons verdra alles om geen hindernis vir die evangelie van Christus te veroorsaak nie.

13 Weet julle nie dat die wat met die heilige dinge werk, uit die heiligdom eet nie; en dat die wat by die altaar besig is, met die altaar deel nie?

14 So het die Here ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe.

Belangeloosheid en toewyding van die apostel. Die Christelike wedloper.

15 MAAR ék het van geeneen van hierdie dinge gebruik gemaak nie. En ek skryf dít nie met die bedoeling dat dit so met my moet wees nie, want dit sou vir my beter wees om te sterwe as dat iemand my roem sou verydel.

16 Want as ek die evangelie verkondig, is dit vir my geen roem nie; want die dwang is my opgelê, en wee my as ek die evangelie nie verkondig nie!

17 Want as ek dit vrywillig doen, het ek loon; maar as ek dit onwillig doen, is 'n rentmeesterskap aan my toevertrou.

18 Watter loon het ek dan? Dat as ek die evangelie verkondig, ek die evangelie van Christus kosteloos bring, om nie van my reg in die evangelie ten volle gebruik te maak nie.

19 Want alhoewel ek van almal vry was, het ek my aan almal diensbaar gemaak om soveel van hulle as moontlik te win.

20 Vir die Jode het ek soos 'n Jood geword om die Jode te win; vir die wat onder die wet is, soos een wat onder die wet is, om die wat onder die wet is, te win.

21 Vir die wat sonder die wet is, soos een sonder wet al is ek nie sonder die wet van God nie, maar onder die wet van Christus om die wat sonder die wet is, te win;

22 vir die swakkes het ek soos 'n swakke geword om die swakke te win; vir almal het ek alles geword om in alle geval sommige te red.

23 En ek doen dit ter wille van die evangelie, dat ek 'n deelgenoot daarvan kan word.

24 Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop dat julle dit sekerlik kan behaal.

25 En elkeen wat aan 'n wedstryd deelneem, onthou hom in alles húlle nogal om 'n verwelklike krans te ontvang, maar ons 'n onverwelklike.

26 Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug slaan nie.

27 Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie.

A liberdade e os direitos apostólicos

1 Não sou eu 1Co 9.19; cp.10.29livre? Não sou At 14.14;2Cr 12.12;1Ts 2.6;1Tm 2.7;2Tm 1.11;Rm 1.1apóstolo? Não tenho At 9.3,17;18.9;22.14,18;23.11;1Co 15.8visto a Jesus, nosso Senhor? Não sois vós 1Co 3.6;4.15obra minha no Senhor? 2 Se para outros não sou apóstolo, contudo, ao menos para vós o sou; pois Jo 3.33; cp.2Co 3.2s.o selo do meu cp.At 1.25apostolado sois vós no Senhor. 3 Esta é a minha defesa contra os que me julgam. 4 1Co 9.14;1Ts 2.6,9;2Ts 3.8s.Será que nós não temos o direito de comer e de beber? 5 Porventura, cp.1Co 7.7s.não temos o direito de levar conosco uma crente como esposa, como também os outros apóstolos, e os Mt 12.46irmãos do Senhor, e Mt 8.14;Jo 1.42Cefas? 6 Acaso, eu e At 4.36Barnabé não temos direito de deixar de trabalhar? 7 Quem jamais cp.2Cr 10.4;1Tm 1.18;2Tm 2.3s.vai à guerra à sua própria custa? Quem 1Co 3.6,8;Dt 20.6;Pv 27.18planta uma vinha e não come do seu fruto? Ou quem pastoreia um rebanho e não come do leite do rebanho? 8 Porventura, digo eu isso Rm 3.5como homem ou não o diz também a Lei? 9 Pois na Lei de Moisés está escrito: 1Tm 5.18;Dt 25.4Não atarás a boca do boi quando debulha. Acaso, cuida Deus Dt 22.1-4;Pv 12.10, etc.dos bois? 10 Ou é seguramente por nós que ele diz isso? De certo, Rm 4.23s.por amor de nós foi escrito; pois cp.2Tm 2.6quem lavra deve lavrar com esperança; e quem debulha deve debulhar com esperança de participar dos frutos. 11 cp.Rm 15.27;1Co 9.14Se nós vos semeamos as coisas espirituais, é, porventura, grande coisa se colhermos as vossas coisas materiais? 12 Se outros participam desse direito sobre vós, por que não ainda mais nós? Não obstante, 1Co 9.15,18;At 18.3; cp.20.33nunca usamos desse direito; ao contrário, suportamos tudo, cp.2Co 6.3;11.12para não pôr obstáculo algum 1Co 4.15;1Co 9.14,16,18,23;2Co 2.12ao evangelho de Cristo. 13 Rm 6.16Não sabeis que aqueles que Lv 6.16,26;7.6,31ss.;Nm 5.9s.;18.8-20,31;Dt 18.1trabalham nas coisas sagradas comem das coisas do templo; e que os que servem ao altar são participantes do altar? 14 Assim também Mt 10.10;Lc 10.7;1Tm 5.18ordenou o Senhor aos que proclamam 1Co 9.4;Lc 10.8o evangelho que vivam do evangelho; 15 mas nenhuma dessas coisas tenho eu usado. Nem escrevo isso para que se faça assim comigo; pois melhor me fora morrer do que alguém fazer 2Co 11.10a minha glória. 16 Se eu pregar o evangelho, não tenho de que me gloriar, pois Rm 1.14; cp.At 9.15me é imposta essa obrigação: ai de mim se não anunciar o evangelho! 17 Se faço isso de vontade própria, tenho 1Co 9.18;Jo 4.36(Gr.);1Co 3.8galardão; mas, se não é de vontade própria, apenas se me tem confiado 1Co 4.1; cp.Gl 2.7;Ef 3.2;Fp 1.16;Cl 1.25o ofício de despenseiro. 18 Qual é, pois, o meu galardão? É que, anunciando o evangelho, eu o faça 2Cr 11.7;12.13; cp.At 18.3sem preço, para 1Co 7.31; vd.1Co 9.12não usar em absoluto do meu direito no evangelho. 19 Pois, sendo eu 1Co 9.1livre de todos, fiz-me 2Co 4.5; cp.Gl 5.13escravo de todos, para Mt 18.15;1Pe 3.1ganhar maior número. 20 Para cp.At 16.8;21.23-26;Rm 11.14os judeus, tornei-me como judeu, a fim de ganhar os judeus; para os que estão debaixo da Lei, como se eu estivesse debaixo da Lei Gl 2.19(não me achando eu debaixo da Lei), a fim de ganhar os que estão debaixo da Lei; 21 para os que estão Rm 2.12,14sem lei, cp.Gl 2.3;3.2como se eu estivesse sem lei (não me achando eu sem a lei de Deus, mas cp.Gl 6.2;1Co 7.22sob a lei de Cristo), a fim de ganhar os que estão sem lei; 22 para os 2Co 11.29;Rm 14.1;15.1fracos, tornei-me como fraco, a fim de ganhar os fracos; tornei-me 1Co 10.33tudo para todos, Rm 11.14para de todo e qualquer modo Rm 11.14salvar alguns. 23 Tudo faço por causa do evangelho, para dele tornar-me coparticipante. 24 1Co 9.13Não sabeis que os que correm no estádio correm, na verdade, todos, mas um é que recebe o Fp 3.14;Cl 2.18prêmio? Assim Hb 12.1; cp.2Tm 4.7;Gl 2.2correi, de modo que o alcanceis. 25 Todos os 1Tm 6.12;2Tm 2.5;4.7; cp.Ef 6.12atletas, em tudo, se moderam; aqueles, com efeito, para receber uma 2Tm 4.8;Tg 1.12;1Pe 5.4;Ap 2.10;3.11coroa corruptível, mas nós, uma incorruptível. 26 Eu, por minha parte, assim 1Co 9.24corro, não como na incerteza; de tal modo combato, não como cp.1Co 14.9açoitando o ar; 27 pelo contrário, esbofeteio cp.Rm 8.13o meu corpo e o reduzo à escravidão, para que, havendo pregado a outros, não venha eu mesmo a ser rejeitado.

Veja também