Pular para o conteúdo
Publicidade

Tito 1

TB

Opskrif en seëngroet.

1 PAULUS, 'n dienskneg van God en 'n apostel van Jesus Christus, volgens die geloof van die uitverkorenes van God en die kennis van die waarheid wat na die godsaligheid is,

2 in die hoop van die ewige lewe wat God, wat nie kan lieg nie, van ewigheid af beloof het,

3 en op die regte tyd sy woord bekend gemaak het deur die prediking wat aan my toevertrou is, ooreenkomstig die gebod van God, ons Verlosser aan Titus, my ware kind volgens die gemeenskaplike geloof:

4 Genade, barmhartigheid, vrede van God die Vader en die Here Jesus Christus, ons Verlosser!

Titus word belas met die bestuur van die gemeente van Kreta en met die bestryding van die valse leraars.

5 OM hierdie rede het ek jou in Kreta agtergelaat, dat jy nog verder sou regmaak wat oorgebly het, en van stad tot stad ouderlinge sou aanstel soos ek jou beveel het

6 as iemand onberispelik is, die man van een vrou, gelowige kinders het wat nie beskuldig word van losbandigheid of tugteloos is nie.

7 Want 'n opsiener moet as 'n rentmeester van God onberispelik wees, nie eiesinnig, nie oplopend, geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie;

8 maar gasvry, een wat die goeie liefhet, ingetoë, regverdig, heilig, een wat homself beheers;

9 een wat vashou aan die betroubare woord wat volgens die leer is, sodat hy in staat kan wees om met die gesonde leer te vermaan sowel as om die teësprekers te weerlê.

10 Want daar is baie wat tugteloos is, wat onsin praat en verleiers is, veral die wat uit die besnydenis is;

11 hulle mond moet gestop word. Hulle keer hele huise onderstebo deur te leer wat nie betaam nie, ter wille van vuil wins.

12 Een uit hulle, hul eie profeet, het gesê: Die Kretense is altyd leuenaars, ongediertes, lui buike.

13 Hierdie getuienis is waar. Daarom moet jy hulle skerp bestraf, sodat hulle gesond in die geloof kan wees,

14 en hulle nie besig hou met Joodse fabels en gebooie van mense wat van die waarheid afwyk nie.

15 Alle dinge is rein vir die reines; vir die besoedeldes en ongelowiges egter is niks rein nie, maar hulle verstand sowel as hulle gewete is besoedel.

16 Hulle bely dat hulle God ken, maar hulle verloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk.

Prefácio e saudação

1 Paulo, Tg 1.1;Ap 1.1; cp.Rm 1.1, etc.servo de Deus, vd.2Co 1.1apóstolo de Jesus Cristo segundo a dos vd.Lc 18.7escolhidos de Deus e vd.1Tm 2.4o pleno conhecimento da verdade que é 1Tm 6.3segundo a piedade, 2 na Tt 3.7; cp.2Tm 1.1esperança da vida eterna, que o Deus 2Tm 2.13que não pode mentir Rm 1.2prometeu antes dos vd.2Tm 1.9tempos eternos, 3 mas, vd.1Tm 2.6em seus tempos, manifestou a sua palavra pela 2Tm 4.17; cp.Rm 16.25pregação 1Tm 1.11que me foi confiada 1Tm 1.1segundo o preceito de 1Tm 1.1;Tt 2.10;3.4; vd.Lc 1.47Deus, nosso Salvador, 4 a vd.2Co 2.13Tito, vd.2Tm 1.2meu verdadeiro filho segundo 2Pe 1.1a que nos é comum: vd.Rm 1.7graças da parte de Deus Pai e da de vd.1Tm 1.12;2Tm 1.1, etc.Cristo Jesus, nosso Salvador.

As qualificações de um ministro

5 Por essa causa, te deixei em vd.At 27.7; cp.Tt 1.12Creta, a fim de que regulasses o que ainda faltava e que vd.At 14.23estabelecesses vd.At 11.30presbíteros em cada cidade, assim como eu te ordenei: 6 Tt 1.6-8; vd.1Tm 3.2-4se alguém é inculpável, vd.1Tm 3.2marido de uma mulher, tendo filhos crentes que não são acusados de vd.Ef 5.18dissolução, nem são Tt 1.10insubordinados. 7 Pois é necessário que 1Tm 3.2o bispo seja inculpável, como vd.1Co 4.1despenseiro de Deus, que não seja 2Pe 2.10obstinado, nem irascível, nem 1Tm 3.3dado ao vinho, nem espancador, vd.1Tm 3.3,8nem amigo de sórdidas ganâncias; 8 mas vd.1Tm 3.2que seja hospitaleiro, cp.2Tm 3.3amigo do bem, circunspecto, justo, que se governe a si mesmo, 9 1Tm 1.19;2Tm 1.13;2Ts 2.15sempre mantendo a palavra fiel, que é segundo a doutrina, a fim de poder exortar na vd.1Tm 1.10;Tt 2.1doutrina e convencer aos que contradizem.

Os perturbadores da igreja

10 cp.2Co 11.13Pois muitos Tt 1.6insubordinados, cp.1Tm 1.6loquazes e impostores, principalmente entre vd.At 11.2os que são da circuncisão, 11 aos quais é preciso tapar-lhes a boca; porque pervertem 1Tm 5.4(Gr.); cp.2Tm 3.6famílias inteiras, ensinando 1Tm 5.13o que não convém, cp.1Tm 6.5por torpe ganho. 12 cp.At 17.28Um dentre eles, próprio profeta seu, disse:

At 2.11; cp.27.7Cretenses são sempre mentirosos, más bestas, glutões preguiçosos.

13 Esse testemunho é verdadeiro. Por essa razão, 1Tm 5.20; cp.2Tm 4.2;Tt 2.15repreende-os 2Co 13.10asperamente, para que sejam Tt 2.2sãos na 14 e não deem ouvidos a vd.1Tm 1.4fábulas judaicas, nem a vd.Cl 2.22mandamentos de homens que vd.2Tm 4.4se desviam da verdade. 15 cp.Lc 11.41;Rm 14.20Tudo é puro para os que são puros; mas, para cp.Rm 14.14,23os corrompidos e incrédulos, não nada puro; pelo contrário, tanto a sua vd.1Tm 6.5mente como a sua consciência são contaminadas. 16 cp.1Jo 2.4Confessam que conhecem a Deus, mas, pelas suas obras, vd.1Tm 5.8o negam, sendo Ap 21.8abomináveis, Tt 3.3desobedientes e 2Tm 3.8réprobos para 2Tm 3.17;Tt 3.1toda boa obra.

Veja também

Tito
Ver todos os capítulos de Tito