Pular para o conteúdo
Publicidade

1 Reis 6

TB

Die bou van die tempel.

1 EN in die vierhonderd-en-tagtigste jaar die uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, in die vierde jaar van Salomo se regering oor Israel, in die maand Sif dit is die tweede maand het hy die huis vir die Here gebou.

2 En die huis wat koning Salomo vir die Here gebou het, was sestig el in sy lengte en twintig in sy breedte en dertig el in sy hoogte.

3 En die voorportaal, aan die voorkant van die hoofvertrek van die huis, was twintig el in sy lengte, oor die breedte van die huis; tien el in sy breedte aan die voorkant van die huis.

4 En hy het aan die huis vensters gemaak met smal latwerk.

5 En teen die muur van die huis het hy rondom 'n aanbousel opgetrek, aan die mure van die huis rondom die hoofvertrek en die binneste vertrek, en hy het dit rondom in verdiepings gemaak.

6 Die onderste verdieping was vyf el in sy breedte en die middelste ses el in sy breedte en die derde sewe el in sy breedte; want hy het vir die huis rondom buitekant inkortings gemaak, om nie in die mure van die huis in te las nie.

7 En toe die huis gebou is, is dit opgetrek van klippe, kant en klaar uit die breekplek: hamers en koubeitels, enige ystergereedskap, is nie gehoor by die huis toe dit gebou is nie.

8 Die ingang van die onderste verdieping was aan die suidelike sykant van die huis, en wenteltrappe het opgegaan na die middelste, en van die middelste na die derde.

9 En toe hy die huis klaar gebou het, het hy die huis oordek, by wyse van vakke en rye, met sederhout.

10 En hy het die aanbousel teen die hele huis gebou; vyf el was elke verdieping hoog; en hy het dit aan die huis bevestig met sederbalke.

11 En die woord van die Here het tot Salomo gekom en gesê:

12 Wat hierdie huis betref, wat jy besig is om te bou as jy wandel in my insettinge en my verordeninge uitvoer en al my gebooie onderhou om daarin te wandel, dan sal Ek my woord wat Ek tot jou vader Dawid gespreek het, aan jou vervul;

13 dan sal Ek onder die kinders van Israel woon en my volk Israel nie verlaat nie.

14 Toe Salomo die huis klaar gebou het,

15 het hy die mure van die huis van binne bedek met sederplanke; van die vloer van die huis af tot by die balke van die plafon het hy dit van binne met hout belê, en die vloer van die huis het hy met sipresplanke belê.

16 Verder het hy die twintig el van die agterkant van die huis met sederplanke bedek, van die vloer af tot by die balke, en dit aan die binnekant as 'n binneste vertrek, as 'n Allerheiligste, gebou.

17 En vooraan was die huis, dit is die hoofvertrek, veertig el.

18 En sederhout was aan die huis binnekant: snywerk van kolokwinte en oop blomknoppe, dit alles van sederhout; geen klip was daar te sien nie.

19 So het hy dan 'n binneste vertrek binnekant in die middel van die huis ingerig om die verbondsark van die Here daar neer te sit.

20 En die binneste vertrek was twintig el in lengte en twintig el in breedte en twintig el in sy hoogte, en hy het dit oorgetrek met fyn goud; en die altaar het hy met sederhout bedek.

21 Verder het Salomo die huis van binne met fyn goud oorgetrek, en hy het 'n afsluiting met goue kettings gemaak voor die binneste vertrek, wat hy met goud oorgetrek het.

22 En die hele huis het hy met goud oorgetrek, totdat die hele huis daarmee bedek was; en die hele altaar wat by die binneste vertrek behoort, het hy met goud oorgetrek.

23 Verder het hy in die binneste vertrek twee gérubs gemaak van oliewenhout, tien el hoog.

24 En vyf el was die een vlerk van die gérub, en vyf el was die ander vlerk van die gérub: tien el van die een punt van sy vlerke tot by die ander punt daarvan.

25 En tien el die tweede gérub: altwee die gérubs het een maat en een gestalte gehad.

26 Die hoogte van die een gérub was tien el, en net so die ander gérub.

27 Toe het hy die gérubs in die middel van die binneste vertrek gesit, en die vlerke van die gérubs was uitgesprei, sodat die vlerk van die een aan die een muur en die vlerk van die ander gérub aan die ander muur raak, terwyl hulle vlerke, na die middel van die vertrek toe, vlerk teen vlerk raak.

28 Verder het hy die gérubs met goud oorgetrek.

29 En aan al die mure van die huis rondom, van die binneste en die buitenste vertrek, het hy figure van gérubs en palmbome en oop blomknoppe laat uitsny.

30 En die vloer van die huis, van die binneste en die buitenste vertrek, het hy met goud oorgetrek.

31 En as ingang van die binneste vertrek het hy deure van oliewenhout gemaak; die uitspringende raamwerk van die deurposte het die vorm van 'n vyfhoek gehad.

32 En die twee deurvleuels was van oliewenhout, en daarop het hy figure van gérubs en palmbome en oop blomknoppe laat uitsny en dit met goud oorgetrek, en die goud op die gérubs en op die palmbome ingeslaan.

33 En net so het hy vir die ingang van die hoofvertrek gemaak: deurposte van oliewenhout, vierkantig;

34 en twee deurvleuels van sipreshout: die een vleuel van twee draaibare helftes en die ander vleuel van twee draaibare helftes.

35 En hy het daarop gérubs en palmbome en oop blomknoppe uitgesny, en met goud, dun oor die snywerk uitgeslaan, oorgetrek.

36 Verder het hy die binneste voorhof gebou van drie lae gekapte klip en een laag sederbalke.

37 In die vierde jaar is die fondament van die huis van die Here gelê, in die maand Sif,

38 en in die elfde jaar, in die maand Bul dit is die agtste maand was die huis voltooi in al sy dele en volgens al sy vereistes, sodat hy sewe jaar daaraan gebou het.

Salomão edifica o templo

1 2Cr 3.1-2No ano quatrocentos e oitenta, depois que saíram da terra do Egito os filhos de Israel, no quarto ano do reinado de Salomão sobre Israel, no mês de zive, que é o segundo mês, começou-se a edificar a Casa de Jeová. 2 A casa que Salomão edificou para Jeová tinha sessenta cúbitos de comprido, vinte de largo e trinta de alto. 3 O pórtico diante do templo da casa estendia-se por vinte cúbitos no sentido da largura da casa e projetava-se por dez cúbitos à frente da mesma. 4 Para a casa Ez 40.16;41.16fez janelas de gelosias fixas. 5 Ez 41.6Contra a parede da casa, tanto do templo 1Rs 6.16,19-20como do oráculo, edificou andares ao redor e fez Ez 41.5-6câmaras laterais ao redor; 6 o andar de baixo tinha cinco cúbitos de largo; o do meio, seis; e o terceiro, sete, porque, pelo lado de fora, na parede da casa fez encostas, para que as vigas não estribassem nas paredes da casa. 7 Ao Êx 20.25;Dt 27.5-6edificar-se a casa, empregavam-se pedras preparadas na pedreira; não se ouviu na casa martelo, nem machado, nem instrumento algum de ferro, enquanto ela se edificava. 8 A porta para as câmaras laterais do meio estava à banda direita da casa; subiam por uma escada para o andar do meio e do andar do meio, para o terceiro. 9 1Rs 6.14,38Assim, edificou a casa e a acabou, cobrindo-a com traves e pranchas de cedro. 10 Os andares que edificou contra a casa toda eram de cinco cúbitos de altura, e os ligou à casa com madeira de cedro.

O pacto de Jeová com Salomão

11 Então, veio a palavra de Jeová a Salomão, dizendo: 12 Quanto a esta casa que tu estás edificando, 1Rs 9.4;2Sm 7.5-16se andares nos meus estatutos, e executares os meus juízos, e guardares todos os meus mandamentos, andando neles, estabelecerei contigo a minha palavra que falei a Davi, teu pai. 13 Êx 25.8Habitarei no meio dos filhos de Israel Dt 31.6;Js 1.5e não abandonarei o meu povo de Israel.

14 1Rs 6.9,38Salomão edificou a casa e acabou-a. 15 Guarneceu as paredes da casa por dentro com tábuas de cedro, cobrindo-as por dentro com madeiras desde o soalho da casa até as traves do teto. 1Rs 7.7Também cobriu o soalho com tábuas de cipreste. 16 2Cr 3.8Do fundo da casa, a vinte cúbitos, fez com tábuas de cedro uma divisão desde o soalho até as traves; e preparou-a por dentro para o oráculo, para o 1Rs 8.6;Êx 26.33-34Santo dos Santos. 17 A casa, isto é, o templo fronteiro ao oráculo, tinha quarenta cúbitos de comprido. 18 A casa por dentro estava forrada de cedro lavrado 1Rs 7.24de botões e de flores abertas; tudo era cedro; não se via pedra. 19 No meio da casa, na parte mais interior, preparou um oráculo, para pôr nele a arca da Aliança de Jeová. 20 Dentro do oráculo, havia um espaço de vinte cúbitos de comprimento, vinte de largura e vinte de altura, que cobriu de ouro puro. Cobriu de cedro o altar. 21 Salomão cobriu também de ouro puro a casa por dentro e fez passar cadeias de ouro por dentro do oráculo, que cobriu de ouro. 22 Cobriu inteiramente de ouro a casa toda; também cobriu de ouro Êx 30.1,3,6o altar todo que pertencia ao oráculo.

Os querubins do oráculo

23 2Cr 3.10-12No oráculo, Êx 37.7-9fez dois querubins de pau de oliveira, cada um tendo dez cúbitos de alto. 24 Uma asa do querubim tinha cinco cúbitos, e a outra tinha cinco; desde a extremidade duma asa até a extremidade da outra havia dez cúbitos. 25 O outro querubim também tinha dez cúbitos; ambos os querubins eram da mesma medida e da mesma forma. 26 Um querubim tinha dez cúbitos de alto, assim também o outro. 27 Pôs os querubins dentro da casa interior; 1Rs 8.7;Êx 25.20;37.9as asas dos querubins estendiam-se, de sorte que a dum tocava numa parede, e a do outro tocava noutra parede; e as suas asas tocavam uma a outra no meio da casa. 28 Cobriu de ouro os querubins.

Ornamentação das paredes e das portas

29 Em volta de todas as paredes da casa, tanto na divisão mais interior como na mais exterior, fez de entalhe querubins, palmeiras e flores abertas. 30 Também cobriu de ouro o soalho da casa, tanto na divisão mais interior como na mais exterior. 31 Para a entrada do oráculo, fez de pau de oliveira portas; a verga da porta e as ombreiras constituíam a quinta parte da parede. 32 Assim, fabricou de pau de oliveira duas portas; e nelas fez de entalhe querubins, palmeiras e flores abertas, que cobriu de ouro. Também estendeu o ouro sobre os querubins e sobre as palmeiras. 33 Assim, para a entrada do templo, fez também de pau de oliveira ombreiras que constituíam a quarta parte da parede; 34 e, de madeira de cipreste, Ez 41.23-25fez duas portas. As duas folhas de cada porta fechavam-se uma sobre outra. 35 Nelas, esculpiu querubins, palmeiras e flores abertas; e cobriu-as de ouro ajustado às figuras entalhadas. 36 1Rs 7.12;Jr 36.10Edificou o átrio interior de três ordens de pedras lavradas e duma ordem de vigas de cedro.

37 1Rs 6.1Lançou-se o fundamento da Casa de Jeová no quarto ano, no mês de zive. 38 No undécimo ano, no mês de bul, que é o oitavo mês, foi acabada a casa em todas as suas partes e tal como devia ser. Levou Salomão sete anos para edificá-la.

Veja também