Pular para o conteúdo
Publicidade

1 Reis 8

TB

Inwyding van die tempel.

1 DAARNA het Salomo die oudstes van Israel en al die stamhoofde, die familie-owerstes van die kinders van Israel, by koning Salomo in Jerusalem byeen laat kom om die verbondsark van die Here uit die stad van Dawid, dit is Sion, op te bring.

2 En al die manne van Israel het by koning Salomo op die fees vergader in die maand Étanim, dit is die sewende maand.

3 Toe al die oudstes van Israel daar kom, het die priesters die ark opgeneem

4 en die ark van die Here en die tent van samekoms gebring saam met al die heilige voorwerpe wat in die tent was; naamlik die priesters en die Leviete het dit gebring.

5 En terwyl koning Salomo en die hele by hom vergaderde gemeente van Israel saam met hom voor die ark staan, het hulle kleinvee en beeste geoffer wat vanweë die menigte nie getel of bereken kon word nie.

6 Verder het die priesters die verbondsark van die Here na sy plek gebring, in die binneste vertrek van die huis, in die Allerheiligste, onder die vlerke van die gérubs in.

7 Want die gérubs het die vlerke uitgesprei oor die plek van die ark, sodat die gérubs die ark en sy draaghoute van bo af beskut het.

8 En die draaghoute was so lank, dat die punte van die draaghoute uit die Heilige, vlak voor die binneste vertrek, gesien kon word, maar verder buitentoe was hulle nie sigbaar nie; en hulle is daar tot vandag toe.

9 Daar was niks in die ark nie as net die twee kliptafels wat Moses by Horeb daarin neergelê het, toe die Here 'n verbond met die kinders van Israel gesluit het by hulle uittog uit Egipteland.

10 En toe die priesters uit die heiligdom uitgaan, het die wolk die huis van die Here vervul.

11 En die priesters kon vanweë die wolk nie staan om diens te doen nie, want die heerlikheid van die Here het die huis van die Here vervul.

Rede en gebed van Salomo by die inwyding van die tempel.

12 TOE het Salomo gesê: Die Here het gesê dat Hy in donkerheid wil woon.

13 Verseker het ek vir U 'n woonhuis gebou, 'n vaste plek vir U om ewig in te woon.

14 Daarop draai die koning sy aangesig om en seën die hele vergadering van Israel, terwyl die hele vergadering van Israel staan.

15 En hy : Geloofd sy die Here, die God van Israel, wie se hand volbring het wat sy mond met my vader Dawid gespreek en gesê het:

16 Van die dag af dat Ek my volk Israel uit Egipte uitgelei het, het Ek geen stad verkies uit al die stamme van Israel om 'n huis te bou, dat my Naam daar sou wees nie; maar Ek het Dawid verkies om oor my volk Israel te wees.

17 Toe dit dan in die hart van my vader Dawid was om 'n huis te bou vir die Naam van die Here, die God van Israel,

18 het die Here aan my vader Dawid gesê: Dat dit in jou hart was om vir my Naam 'n huis te bou daarin het jy goed gehandel, dat dit in jou hart was.

19 Net maar, sal die huis nie bou nie, maar jou seun wat uit jou lendene sal voortkom, dié sal vir my Naam die huis bou.

20 En die Here het sy woord vervul wat Hy gespreek het, sodat ek opgestaan het in die plek van my vader Dawid, en ek sit op die troon van Israel soos die Here gespreek het; en ek het die huis gebou vir die Naam van die Here, die God van Israel,

21 en daar 'n plek ingerig vir die ark, waarin die verbond van die Here is, met ons vaders gesluit toe Hy hulle uit Egipteland uitgelei het.

22 Toe het Salomo voor die altaar van die Here gaan staan, teenoor die hele vergadering van Israel, en sy hande uitgebrei na die hemel

23 en gesê: Here, God van Israel, daar is bo in die hemel of onder op die aarde geen God soos U nie, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir u knegte wat voor u aangesig wandel met hulle hele hart,

24 wat vir u kneg, my vader Dawid, u belofte aan hom gehou het; ja, met u mond het U dit gespreek en met u hand volbring soos dit vandag is.

25 Hou nou ook, Here, God van Israel, die belofte wat U aan u kneg, my vader Dawid, gedoen het, naamlik: Daar sal vir jou nooit 'n man voor my aangesig ontbreek wat op die troon van Israel sal sit nie as jou seuns net hulle weg in ag neem deur te wandel voor my aangesig soos jy voor my aangesig gewandel het.

26 Laat dan nou, o God van Israel, u woord tog waar gemaak word wat U gespreek het tot u kneg, my vader Dawid.

27 Maar sou God werklik op die aarde woon? Kyk, die hemel, ja, die hoogste hemel kan U nie bevat nie, hoeveel minder hierdie huis wat ek gebou het.

28 Wend U dan tot die gebed van u kneg en tot sy smeking, Here my God, deur te luister na die geroep en die gebed wat u kneg vandag voor u aangesig bid;

29 sodat u oop mag wees nag en dag oor hierdie huis, oor die plek waarvan U gesê het: My Naam sal daar wees! sodat U mag luister na die gebed wat u kneg na hierdie plek toe sal bid.

30 Luister dan na die smeking van u kneg en van u volk Israel wat hulle na hierdie plek toe sal bid; ja, mag U hoor elke gebed na u woonplek, na die hemel toe, en as U dit hoor, vergewe dan.

31 As iemand teen sy naaste sondig en hulle hom 'n eed oplê om hom tot selfvervloeking te bring en hy voor u altaar in hierdie huis kom sweer,

32 wil U dan hoor in die hemel en handel en u knegte reg verskaf deur die skuldige skuldig te verklaar en sy wandel op sy hoof te en die regverdige regverdig te verklaar deur hom te gee na sy geregtigheid.

33 As u volk Israel verslaan word voor 'n vyand, omdat hulle teen U gesondig het, en hulle hul tot U bekeer en u Naam bely en tot U bid en smeek in hierdie huis,

34 wil U dan hoor in die hemel en die sonde van u volk Israel vergewe en hulle terugbring na die land wat U aan hulle vaders gegee het.

35 As die hemel toegesluit bly, dat daar geen reën is nie, omdat hulle teen U gesondig het, maar hulle na hierdie plek toe bid en u Naam bely en van hulle sonde hul bekeer, omdat U hulle verootmoedig,

36 wil U dan hoor in die hemel en die sonde van u knegte en van u volk Israel vergewe want U leer hulle die goeie weg waar hulle in moet wandel en gee reën op u land wat U aan u volk as 'n erfenis gegee het.

37 As daar hongersnood is in die land, as daar pes is, as daar brandkoring, heuningdou, sprinkane, kaalvreters is, as sy vyand hom in die land, in sy poorte dit benoud maak, watter plaag, watter siekte ook al,

38 enige gebed, enige smeking wat enigeen van u hele volk Israel sal doen, as elkeen die plaag van sy hart ken, sodat hy sy hande na hierdie huis toe uitbrei

39 wil U dan hoor in die hemel, u vaste woonplek, en vergewe en handel en aan elkeen gee volgens sy weë, U wat sy hart ken want U alleen ken die hart van al die mensekinders

40 sodat hulle U kan vrees al die dae wat hulle leef in die land wat U aan ons vaders gegee het.

41 Ja, ook na die uitlander wat nie van u volk Israel is nie, en uit 'n ver land ter wille van u Naam kom

42 want hulle sal hoor van u grote Naam en u sterke hand en u uitgestrekte arm as hy kom en bid na hierdie huis toe,

43 wil U dan hoor uit die hemel, u vaste woonplek, en doen volgens alles waaroor die uitlander U sal aanroep, sodat al die volke van die aarde u Naam mag ken, om U te vrees soos u volk Israel, en mag gewaar word dat u Naam uitgeroep is oor hierdie huis wat ek gebou het.

44 As u volk uittrek in die oorlog teen sy vyand op die pad waarop U hulle stuur, en hulle bid tot die Here in die rigting van die stad wat U verkies het, en van die huis wat ek vir u Naam gebou het,

45 wil dan in die hemel hulle gebed en hulle smeking hoor en aan hulle hul reg verskaf.

46 As hulle teen U sondig want daar is geen mens wat nie sondig nie en U op hulle toornig is en hulle aan 'n vyand oorgee en hulle veroweraars hulle as gevangenes wegvoer na die land van die vyand, ver of naby,

47 en hulle dit ter harte neem in die land waarheen hulle as gevangenes weggevoer is, en hulle hul bekeer en U smeek in die land van die wat hulle weggevoer het, en : Ons het gesondig en verkeerd gehandel, ons was goddeloos

48 en hulle hul tot U bekeer met hul hele hart en met hul hele siel, in die land van hul vyande wat hulle weggevoer het, en hulle bid tot U in die rigting van hulle land wat U aan hulle vaders gegee het, van die stad wat U verkies het, en die huis wat ek vir u Naam gebou het,

49 wil dan in die hemel, u vaste woonplek, hulle gebed en hulle smeking hoor en aan hulle hul reg verskaf,

50 en vergeef u volk wat hulle teen U gesondig het, ja, al hulle oortredinge wat hulle teen U begaan het; en laat hulle barmhartigheid vind voor die wat hulle weggevoer het, dat dié hulle barmhartig kan wees.

51 Want hulle is u volk en u erfdeel wat U uit Egipte uitgelei het uit die ystersmeltoond.

52 Mag u dan oop wees vir die smeking van u kneg en vir die smeking van u volk Israel, om na hulle te luister so dikwels as hulle U aanroep.

53 Want U het hulle vir U as erfdeel afgesonder uit al die volke van die aarde, soos U deur die diens van u kneg Moses gespreek het toe U, Here Here, ons vaders uit Egipte uitgelei het.

54 Net toe Salomo gereed was om hierdie hele gebed en smeking tot die Here te bid, het hy voor die altaar van die Here opgestaan uit sy knielende houding, met sy hande na die hemel uitgebrei;

55 en hy het gaan staan en die hele vergadering van Israel hardop geseën en gesê:

56 Geloofd sy die Here wat aan sy volk Israel rus gegee het net soos Hy gespreek het: geen enkele woord het onvervuld gebly van al die goeie woorde wat Hy deur die diens van sy kneg Moses gespreek het nie.

57 Mag die Here onse God met ons wees soos Hy met ons vaders gewees het; mag Hy ons nie verlaat en ons nie verwerp nie

58 deur ons hart tot Hom te neig om in al sy weë te wandel en om sy gebooie en sy insettinge en sy verordeninge wat Hy ons vaders beveel het, te onderhou.

59 En mag hierdie woorde van my, waarmee ek voor die aangesig van die Here gesmeek het, dag en nag naby die Here onse God wees, sodat Hy reg kan verskaf aan sy kneg en aan sy volk Israel na die eis van elke dag;

60 sodat al die volke van die aarde kan weet dat die Here God is, niemand meer nie.

61 Laat julle hart dan volkome met die Here onse God wees om te wandel in sy insettinge en sy gebooie te onderhou, soos vandag.

62 En die koning, en die hele Israel saam met hom, was besig om slagoffers voor die aangesig van die Here te slag.

63 Salomo het naamlik as die dankoffer wat hy aan die Here gebring het, twee-en-twintigduisend beeste en honderd-en-twintigduisend stuks kleinvee geslag; so het hulle dan die huis van die Here ingewy, die koning en al die kinders van Israel.

64 Op dié dag het die koning die middel van die voorhof geheilig wat voor die huis van die Here was; want daar het hy die brandoffer en die spysoffer en die vetstukke van die dankoffers berei, omdat die koperaltaar voor die aangesig van die Here te klein was om die brandoffer en die spysoffer en die vetstukke van die dankoffers te bevat.

65 So het Salomo dan in dié tyd die fees gehou en die hele Israel saam met hom, 'n groot vergadering van die ingang na Hamat af tot by die spruit van Egipte, voor die aangesig van die Here onse God, sewe dae en sewe dae, veertien dae lank.

66 Op die agtste dag het hy die volk laat gaan, en hulle het die koning geseën en na hul tente gegaan, verheug en opgeruimd oor al die goeie dinge wat die Here aan sy kneg Dawid en sy volk Israel gedoen het.

A arca é trazida para o templo

1 2Cr 5.2-10Então, o rei Salomão congregou junto a si, em Jerusalém, os anciãos de Israel e Nm 1.4;7.2todos os cabeças das tribos, príncipes das casas paternas dos filhos de Israel, para 2Sm 6.17fazerem subir da 2Sm 5.7Cidade de Davi, que é Sião, a arca da Aliança de Jeová. 2 Todos os homens de Israel se congregaram junto ao rei Salomão na ocasião 1Rs 8.65;Lv 23.34;2Cr 7.8-10da festa, no mês de etanim, que é o sétimo mês. 3 Chegaram todos os anciãos de Israel, e Nm 7.9os sacerdotes tomaram a arca. 4 Fizeram subir a arca de Jeová, e a 1Rs 3.4;2Cr 1.3tenda da revelação, e todos os santos vasos que havia na tenda; foram os sacerdotes e os levitas que os fizeram subir. 5 O rei Salomão, com toda a congregação de Israel que tinha concorrido a ele, 2Sm 6.13;2Cr 1.6estava diante da arca, sacrificando ovelhas e bois, que, de tão numerosos, se não podiam contar, nem numerar. 6 1Rs 8.3Puseram os sacerdotes a arca 1Rs 6.19no seu lugar, no oráculo da casa, no Santo dos Santos, 1Rs 6.27debaixo das asas dos querubins. 7 Pois os querubins estendiam as suas asas sobre o lugar da arca e cobriam de cima a arca e os seus varais. 8 Êx 25.13-15;37.4-5Os varais sobressaíam tanto, que do santuário, diante do oráculo, eram vistas as suas pontas; porém de fora não se viam. Ali estão até o dia de hoje. 9 Êx 25.16,21;Dt 10.2-5;Hb 9.4Na arca não havia senão as duas tábuas de pedra que Moisés nela metera em Horebe, Êx 24.7-8;Dt 4.13quando Jeová fez aliança com os filhos de Israel, ao saírem da terra do Egito. 10 Tendo os sacerdotes saído do santuário, Êx 40.34-35;2Cr 7.1-2uma nuvem encheu a Casa de Jeová, 11 de modo tal que os sacerdotes não podiam ter-se em para ministrarem por causa da nuvem. Pois a glória de Jeová encheu a Casa de Jeová.

Salomão fala ao povo

12 2Cr 6.1Então, falou Salomão: Jeová disse Sl 97.2que habitaria na escuridão. 13 2Sm 7.13Na verdade, edifiquei uma casa para a tua morada, Êx 15.17lugar de tua habitação para sempre. 14 O rei voltou o rosto e 1Rs 8.55;2Sm 6.18abençoou toda a congregação de Israel, que estava de . 15 Salomão disse: 1Cr 29.10,20;Ne 9.5Bendito seja Jeová, Deus de Israel, 2Sm 7.12-13;1Cr 22.10que falou pela sua boca a Davi, meu pai, e pela sua mão cumpriu o que disse: 16 2Sm 7.4-5Desde o dia em que tirei do Egito o meu povo de Israel, não escolhi cidade alguma de todas as tribos de Israel para edificar uma casa, a fim de que Dt 12.5,11estivesse ali o meu nome; 1Sm 16.1;2Sm 7.8mas escolhi a Davi para ser o chefe sobre o meu povo de Israel. 17 2Sm 7.2-3;1Cr 17.1-2Ora, meu pai Davi desejava edificar uma casa ao nome de Jeová, Deus de Israel. 18 Mas Jeová disse a Davi, meu pai: que desejaste edificar uma casa ao meu nome, fizeste bem em o desejar; 19 1Rs 5.3,5;2Sm 7.5,12-13;1Cr 22.8-10todavia, tu não edificarás a casa ao meu nome, porém teu filho, que de sair de teus lombos, esse edificará a casa a meu nome. 20 Jeová cumpriu a palavra que falou, pois eu 1Cr 28.5-6fui suscitado em lugar de Davi, meu pai, me assento no trono de Israel como Jeová prometeu, e edifiquei a casa ao nome de Jeová, Deus de Israel. 21 Ali, constituí um lugar para a arca, 1Rs 8.9em que está a Aliança de Jeová, que ele fez com nossos pais quando os tirou da terra do Egito.

Oração de dedicação do templo a Deus

22 1Rs 8.54Pôs-se Salomão diante do altar de Jeová, na presença de toda a congregação de Israel, Êx 9.33;Ed 9.5estendeu as mãos para o céu 23 e disse: Jeová, Deus de Israel, 1Sm 2.2;2Sm 7.22não Deus como tu em cima no céu nem embaixo na terra. Dt 7.9;Ne 1.5;9.32Tu guardas a aliança e a misericórdia para com os teus servos que andam diante de ti de todo o seu coração. 24 Tu guardaste ao teu servo Davi, meu pai, o que lhe prometeste; pela tua boca o disseste e pela tua mão o cumpriste, assim como hoje se . 25 Agora, Jeová, Deus de Israel, guarda ao teu servo Davi, meu pai, o que lhe prometeste, dizendo: 1Rs 2.4Não te faltará diante de mim um sucessor, que se assente no trono de Israel, contanto que seus filhos tomem cuidado com os seus caminhos, para andarem diante de mim como tu o fizeste. 26 Agora, Jeová, Deus de Israel, cumpra-se a tua palavra 2Sm 7.25que disseste ao teu servo Davi, meu pai.

27 Porém habitará verdadeiramente Deus sobre a terra? Eis que Sl 139.7-16;Is 66.1;Jr 23.24;At 7.49o céu e o céu dos céus não te podem conter; quanto menos esta casa que edifiquei! 28 Contudo, atende, Jeová, meu Deus, a oração do teu servo e à sua súplica, para ouvires o clamor e a oração que o teu servo faz hoje diante de ti, 29 2Cr 7.15;Ne 1.6a fim de que os teus olhos estejam abertos de noite e de dia sobre esta casa, sobre este lugar, do qual disseste: O meu nome estará ali; para ouvires a oração que o teu servo fará, voltado para este lugar. 30 Ouve a súplica do teu servo e do teu povo de Israel, Dn 6.10quando orarem voltados para este lugar. Ouve no céu, lugar da tua habitação; e, quando ouvires, perdoa.

31 Êx 22.8-11Se alguém pecar contra o seu próximo, e lhe for exigido que jure, e ele vier a jurar diante do teu altar nesta casa, 32 ouve no céu, move-te e julga os teus servos, Dt 25.1condenando ao ímpio, para fazeres recair o seu proceder sobre a sua cabeça e justificando ao justo, para lhe retribuíres conforme a sua justiça.

33 Lv 26.17,25;Dt 28.25,48Quando o teu povo de Israel tiver sido derrotado diante do inimigo, por ter pecado contra ti, Lv 26.40-42se se voltarem a ti, e confessarem o teu nome, e orarem, e fizerem súplicas a ti, voltados para esta casa; 34 então, ouve no céu, perdoa o pecado do teu povo de Israel e torna a levá-los à terra que deste a seus pais.

35 Lv 26.19;Dt 11.16-17;2Sm 24.10-13Quando o céu se tiver fechado, e não houver chuva, por terem pecado contra ti, se orarem voltados para este lugar, confessarem o teu nome e se converterem dos seus pecados, quando os afligires, 36 então, ouve no céu e perdoa os pecados dos teus servos, do teu povo de Israel, 1Sm 12.23;Sl 27.11quando lhes ensinares o bom caminho em que andem; 1Rs 18.1,41-45;Jr 14.22envia chuva sobre a tua terra que deste ao teu povo em herança.

37 Lv 26.16,25-26;Dt 28.21-23,38-42Se houver na terra fome ou peste, se houver crestamento ou mangra, gafanhotos ou lagarta; se o seu inimigo os sitiar na terra das suas cidades, seja qual for a praga que houver, seja qual for a enfermidade que houver, 38 toda oração e súplica que qualquer homem ou todo o povo de Israel fizer, conhecendo cada um a chaga do seu coração e estendendo as mãos para esta casa, 39 ouve no céu, lugar da tua habitação, perdoa, move-te e retribui a cada um conforme os seus caminhos e 1Sm 2.3;16.7segundo vires o seu coração 1Cr 28.9;Jr 17.10;Jo 2.24-25(pois tu, tu, conheces os corações de todos os filhos dos homens.), 40 para que se temam todos os dias em que viverem na terra que deste a nossos pais.

41 Também, quanto ao estrangeiro, que não é do teu povo de Israel, quando vier dum país longínquo por causa do teu nome 42 (porque hão de ouvir do teu grande nome, Êx 13.3;Dt 3.24e da tua mão poderosa, e do teu braço estendido.); quando vier e orar voltado para este lugar, 43 então, ouve no céu, lugar da tua habitação, e faze tudo o que o estrangeiro te pedir, Js 4.23;1Sm 17.46para que todos os povos da terra conheçam o teu nome, temendo-te, como faz o teu povo de Israel, e para que saibam que o teu nome foi invocado sobre esta casa que edifiquei.

44 Se o teu povo sair à guerra contra os seus inimigos, seja qual for o caminho por que o enviares, 2Cr 14.11-12e orarem a Jeová voltados para a cidade que escolheste e para a casa que edifiquei ao teu nome, 45 ouve, no céu, a sua oração e a sua súplica e defende a sua causa.

46 Se pecarem contra ti Sl 130.3-4;Pv 20.9;1Jo 1.8-10(pois não homem que não peque.), e estiveres irado contra eles e os entregares nas mãos dos seus inimigos, de sorte que os levem cativos Lv 26.34-39;2Rs 17.6,18;25.21para a terra do inimigo, quer longe quer perto; 47 todavia, Lv 26.40-42;Ne 9.2se, na terra para onde forem levados cativos, caírem em si, e se converterem, e orarem a ti na terra dos que os levaram cativos, dizendo: Ed 9.6-7;Ne 1.6Pecamos, obramos perversamente, procedemos iniquamente; 48 Dt 4.29;1Sm 7.3-4;Ne 1.9se voltarem a ti de todo o seu coração e de toda a sua alma, na terra dos seus inimigos, que os levaram cativos, e orarem a ti Dn 6.10;Jn 2.4voltados para a sua terra, que deste a seus pais, para a cidade que escolheste e para a casa que edifiquei ao teu nome, 49 ouve, no céu, lugar da tua habitação, a sua oração e a sua súplica, defende a sua causa, 50 perdoa ao teu povo que houver pecado contra ti e bem assim todas as transgressões que tiverem cometido contra ti 2Cr 30.9;At 7.10e dá-lhes mover a compaixão aos que os levarem cativos, para que estes se compadeçam deles 51 (Êx 32.11-12;Dt 9.26-29pois são o teu povo e a tua herança que tiraste do Egito, Dt 4.20;Jr 11.4do meio da fornalha de ferro.) 52 1Rs 8.29para que os teus olhos estejam abertos à súplica do teu povo de Israel, a fim de os ouvires sempre que a ti clamarem. 53 Porque tu, ó Senhor Jeová, os separaste dentre todos os povos da terra, para tua herança, Êx 19.5-6;Dt 9.26-29como falaste por intermédio do teu servo Moisés, quando tiraste do Egito a nossos pais.

Salomão abençoa ao povo

54 2Cr 7.1Tendo Salomão acabado de fazer a Jeová toda esta oração e súplica, 2Cr 6.13levantou-se de diante do altar de Jeová, onde estava ajoelhado com as mãos estendidas para o céu. 55 Pôs-se em e 1Rs 8.14;Nm 6.23-26abençoou a toda a congregação de Israel em alta voz, dizendo: 56 Bendito seja Jeová, que deu descanso ao seu povo de Israel, segundo tudo o que prometeu! Js 21.45;23.14-15Não falhou nem sequer uma palavra de toda a boa promessa que fez por intermédio do seu servo Moisés. 57 Seja conosco Jeová, nosso Deus, assim como foi com nossos pais; Js 1.5;1Sm 12.22;Rm 8.31;Hb 13.5não nos deixe, nem nos abandone, 58 para Sl 119.36;Jr 31.33que incline a si os nossos corações, a fim de que andemos nos seus caminhos e guardemos os seus mandamentos, os seus estatutos e os seus juízos, que ordenou a nossos pais. 59 Que estas minhas palavras, com que supliquei diante de Jeová, estejam presentes de dia e de noite a Jeová, nosso Deus, para que defenda ele a causa do seu servo e a causa do seu povo de Israel, como cada dia o exigir; 60 1Rs 8.43a fim de que todos os povos da terra saibam que 1Rs 18.39;Jr 10.10-12Jeová é Deus; não outro. 61 Dt 18.13;2Rs 20.3Seja perfeito o vosso coração com Jeová, nosso Deus, para andardes nos seus estatutos e guardardes os seus mandamentos, como hoje o fazeis.

62 2Cr 7.4-10O rei e todo o Israel com ele 2Sm 6.17-19;Ed 6.16-17ofereceram sacrifícios diante de Jeová. 63 Para o sacrifício de ofertas pacíficas, que fez a Jeová, ofereceu Salomão vinte e dois mil bois e cento e vinte mil ovelhas. Ed 6.15-18;Ne 12.27Assim, o rei e todos os filhos de Israel dedicaram a Casa de Jeová. 64 No mesmo dia, consagrou o rei o meio do átrio que estava diante da Casa de Jeová, pois ali ofereceu o holocausto, a oferta de cereais e a gordura das ofertas pacíficas, porque 2Cr 4.1o altar de bronze que estava diante de Jeová era pequeno demais para nele caberem o holocausto, a oferta de cereais e a gordura das ofertas pacíficas. 65 Nesse tempo, 1Rs 8.2;Lv 23.34-42celebrou a festa Salomão, e, com ele, todo o Israel, congregado em grande número Nm 34.8;Js 13.5desde a entrada de Hamate Gn 15.18;Êx 23.31;Js 13.3até a torrente do Egito, diante de Jeová, nosso Deus, por sete dias e mais sete dias, a saber, quatorze dias. 66 Ao oitavo dia, despediu ele o povo, que abençoou ao rei e se foi para as suas tendas alegre e de coração contente por toda a bondade que Jeová manifestara a Davi, seu servo, e a Israel, seu povo.

Veja também