Laaste bevele van Dawid. Sy dood.
1 EN toe die dae van Dawid nader kom dat hy sou sterwe, het hy sy seun Salomo bevel gegee en gesê:
2 Ek gaan heen op die weg van die hele aarde: wees dan sterk en word 'n man;
3 en onderhou die ordening van die Here jou God deur te wandel in sy weë, deur sy insettinge, sy gebooie en sy verordeninge en sy getuienisse te onderhou, soos geskrywe is in die wet van Moses, sodat jy voorspoedig kan uitvoer alles wat jy doen, en alles waartoe jy jou begewe;
4 sodat die Here sy woord mag vervul wat Hy oor my gespreek het, naamlik: As jou seuns ag gee op hulle weg deur voor my aangesig getrou te wandel met hulle hele hart en met hulle hele siel, dan sal daar nie vir jou 'n man op die troon van Israel ontbreek nie.
5 En jy weet ook self wat Joab, die seun van Serúja, my aangedoen het; wat hy die twee leërowerstes van Israel, Abner, die seun van Ner, en Amása, die seun van Jeter, aangedoen het; hoe hy hulle vermoor en oorlogsbloed in vredestyd vergiet het, sodat hy die gord wat om sy heupe en die skoene wat aan sy voete was, met oorlogsbloed bevlek het.
6 Handel dan na jou wysheid, en sy grys hare moet jy nie met vrede in die doderyk laat neerdaal nie.
7 Maar aan die seuns van Barsíllai, die Gileadiet, moet jy guns bewys, en hulle moet wees onder die wat aan jou tafel eet; want só het hulle na my toe aangekom toe ek vir jou broer Absalom gevlug het.
8 Verder is daar by jou Símeï, die seun van Gera, die Benjaminiet, uit Bahúrim; hý naamlik het my gevloek met 'n hewige vloek die dag toe ek na Mahanáim gegaan het; en hý het afgekom om my te ontmoet by die Jordaan, sodat ek vir hom by die Here gesweer en gesê het: Ek sal jou nie met die swaard doodmaak nie.
9 Maar nou moet jy hom nie ongestraf laat bly nie, want jy is 'n wyse man; daarom sal jy weet wat jy hom moet aandoen, dat jy sy grys hare met bloed in die doderyk laat neerdaal.
10 Toe het Dawid ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe in die stad van Dawid.
11 En die dae wat Dawid oor Israel geregeer het, was veertig jaar; in Hebron het hy sewe jaar geregeer, en in Jerusalem het hy drie-en-dertig jaar geregeer.
Straf van Adónia, Ábjatar, Joab en Símeï.
12 DAARNA het Salomo op die troon van sy vader Dawid gaan sit, en sy koningskap is goed bevestig.
13 Toe kom Adónia, die seun van Haggit, na Bátseba, die moeder van Salomo, en sy vra: Is jou koms vrede? En hy antwoord: Vrede.
14 Verder sê hy: Ek het 'n woord vir u. En sy antwoord: Spreek.
15 En hy sê: Ú weet dat die koningskap myne was en die hele Israel sy aangesig op my gerig het, dat ek koning sou word; maar die koningskap het oorgegaan en my broer s’n geword, want deur die Here was dit vir hom bestem.
16 En nou doen ek een versoek aan u; wys my nie af nie. En sy antwoord hom: Spreek.
17 Toe sê hy: Spreek tog met koning Salomo, want hy sal u nie afwys nie, dat hy Abísag, die Sunamitiese, aan my as vrou moet gee.
18 En Bátseba sê: Goed, ék sal met die koning oor jou spreek.
19 Toe Bátseba dan ingaan na koning Salomo om met hom oor Adónia te spreek, het die koning opgestaan om haar te ontmoet en voor haar gebuig; daarna het hy op sy troon gaan sit en vir die moeder van die koning 'n stoel laat neersit, en sy het aan sy regterhand plaas geneem.
20 Toe sê sy: Een klein versoek doen ek aan u; wys my nie af nie. En die koning antwoord haar: Vra, my moeder, want ek sal u nie afwys nie.
21 En sy sê: Laat Abísag, die Sunamitiese, aan u broer Adónia as vrou gegee word.
22 Daarop antwoord koning Salomo en sê aan sy moeder: Maar waarom vra u Abísag, die Sunamitiese, vir Adónia? Vra ook die koningskap vir hom, want hy is my broer wat ouer is as ek, ja, vir hom en vir Ábjatar, die priester, en vir Joab, die seun van Serúja!
23 En koning Salomo het gesweer by die Here en gesê: Mag God so aan my doen en so daaraan toedoen — sekerlik, Adónia het hierdie woord ten koste van sy lewe gespreek.
24 En nou, so waar as die Here leef wat my bevestig het en my op die troon van my vader Dawid laat sit en vir my 'n huis gestig het volgens sy belofte — Adónia sal sekerlik vandag gedood word!
25 Daarop het koning Salomo gestuur deur die diens van Benája, die seun van Jójada; en dié het op hom aangeval, sodat hy gesterf het.
26 En vir Ábjatar, die priester, sê die koning: Gaan na Ánatot op jou grond, want jy verdien die dood; maar vandag sal ek jou nie doodmaak nie, omdat jy die ark van die Here Here voor my vader Dawid uit gedra het en omdat jy deelgenoot was van alles wat my vader gely het.
27 So het Salomo dan Ábjatar verdrywe, sodat hy nie meer priester van die Here was nie, om die woord van die Here te vervul wat Hy oor die huis van Eli in Silo gespreek het.
28 Toe die gerug by Joab kom — want Joab was aan die kant van Adónia, alhoewel hy nie aan die kant van Absalom was nie — het Joab gevlug na die tent van die Here en die horings van die altaar vasgehou.
29 En aan koning Salomo is meegedeel: Joab het gevlug na die tent van die Here, en kyk, daar is hy by die altaar! Toe laat Salomo aan Benája, die seun van Jójada, weet: Gaan heen, val op hom aan.
30 Daarop het Benája by die tent van die Here gekom en vir hom gesê: So spreek die koning: Kom uit. Maar hy sê: Nee, want hier wil ek sterf. En Benája het die koning 'n antwoord gebring en gesê: Só het Joab gespreek, en só het hy my geantwoord.
31 Toe beveel die koning hom: Doen soos hy gespreek het: val op hom aan, en begrawe hom, sodat jy die onskuldige bloed wat Joab vergiet het, van my en my vader se huis af verwyder;
32 en dat die Here sy bloed op sy eie hoof laat neerkom, omdat hy op twee manne, regverdiger en beter as hy, aangeval en hulle met die swaard vermoor het sonder medewete van my vader Dawid: Abner, die seun van Ner, die leërowerste van Israel, en Amása, die seun van Jeter, die leërowerste van Juda;
33 en dat hulle bloed op die hoof van Joab en op die hoof van sy nageslag vir ewig kan neerkom, maar Dawid en sy nageslag en sy huis en sy troon vrede kan hê van die Here tot in ewigheid.
34 Toe het Benája, die seun van Jójada, opgegaan en op hom aangeval en hom gedood; en hy is begrawe in sy huis in die woestyn.
35 Daarop het die koning Benája, die seun van Jójada, in sy plek oor die leër aangestel; en Sadok, die priester, het die koning aangestel in die plek van Ábjatar.
36 Verder het die koning Símeï laat roep en vir hom gesê: Bou vir jou 'n huis in Jerusalem, en jy moet daar woon en mag daarvandaan nie uitgaan, nêrens heen nie;
37 die dag dat jy uitgaan en oor die spruit Kidron trek, moet jy voorwaar weet dat jy sekerlik sal sterwe; jou bloed sal op jou hoof wees.
38 En Símeï sê vir die koning: Dit is goed; soos my heer die koning gespreek het, so sal u dienaar doen. En Símeï het baie dae in Jerusalem gebly.
39 Maar aan die einde van drie jaar het twee van Símeï se slawe weggeloop na Agis, die seun van Máäga, die koning van Gat; en aan Símeï is meegedeel en gesê: Jou slawe is daar in Gat.
40 Toe maak Símeï klaar en saal sy esel op en vertrek na Gat, na Agis toe, om sy slawe te soek; en Símeï het gegaan en sy slawe van Gat af gebring.
41 Maar aan Salomo is meegedeel dat Símeï uit Jerusalem na Gat weggegaan en teruggekom het.
42 Daarop laat die koning Símeï roep, en hy sê vir hom: Het ek jou nie by die Here besweer en jou gewaarsku nie en gesê: Die dag dat jy uitgaan en êrens heen trek, moet jy voorwaar weet dat jy sekerlik sal sterwe? En jy het aan my gesê: Dit is goed; ek het gehoor.
43 Waarom het jy dan die eed by die Here en die gebod wat ek jou opgelê het, nie gehou nie?
44 Verder sê die koning vir Símeï: Jy ken self al die boosheid waar jou hart van weet, wat jy my vader Dawid aangedoen het; daarom laat die Here jou boosheid op jou eie hoof neerkom.
45 Maar mag koning Salomo geseënd wees en die troon van Dawid bevestig word voor die aangesig van die Here tot in ewigheid!
46 Daarop gee die koning bevel aan Benája, die seun van Jójada: dié het uitgegaan en op hom aangeval, sodat hy gesterf het.
47 En die koningskap is bevestig in die hand van Salomo.
Davi dá conselhos a Salomão e morre
1 Gn 47.29;Dt 31.14Aproximaram-se os dias em que Davi havia de morrer, e deu ele ordem a seu filho Salomão, dizendo: 2 Js 23.14Eu vou indo pelo caminho de toda a terra. Dt 31.7,23;Js 1.6-7Esforça-te, porta-te varonilmente 3 e cumpre o serviço que é devido a Jeová, teu Deus, andando pelos seus caminhos, guardando os seus estatutos, os seus mandamentos, os seus juízos e os seus testemunhos, Dt 17.18-20conforme está escrito na lei de Moisés, 1Cr 22.12-13para que prosperes em tudo o que fizeres e por onde quer que fores, 4 2Sm 7.25a fim de que Jeová confirme a sua palavra que falou acerca de mim, dizendo: Sl 132.12Se teus filhos vigiarem sobre os seus caminhos, 2Rs 20.3andando diante de mim em verdade, de todo o seu coração e de toda a sua alma, 1Rs 8.25;9.5;2Sm 7.12-13não te faltará, disse ele, sucessor ao trono de Israel. 5 Tu sabes também o que me fez Joabe, 2Sm 2.13,18filho de Zeruia, a saber, o que fez aos dois generais do exército, a 1Rs 2.32;2Sm 3.27Abner, filho de Ner, e a 2Sm 20.10Amasa, filho de Jéter, aos quais ele matou e, em tempo de paz, derramou o sangue de guerra, tingindo o cinto que trazia sobre os rins e os sapatos que tinha nos pés. 6 1Rs 2.9Faze conforme a tua sabedoria e não permitas que as suas cãs desçam em paz à sepultura. 7 2Sm 19.31-38Porém usa de misericórdia com os filhos de Barzilai, gileadita, e 2Sm 9.7,10sejam eles do número dos que comem à tua mesa, 2Sm 17.27-29porque assim se houveram comigo, quando eu fugia de diante de Absalão, teu irmão. 8 2Sm 16.5-8Eis que também contigo está Simei, filho de Gera, homem benjamita, de Baurim, que me amaldiçoou com uma cruel maldição no dia em que eu ia a Maanaim. 2Sm 19.18-23Mas ele desceu a encontrar-se comigo junto ao Jordão, e eu lhe jurei por Jeová, dizendo: Não te matarei à espada. 9 Agora, não o tenhas por inocente, 1Rs 2.6porque és homem sábio; saberás o que lhe hás de fazer e farás que as suas cãs não desçam sem sangue à sepultura.
10 At 2.29;13.36Davi dormiu com seus pais e foi sepultado 1Rs 3.1;2Sm 5.7na Cidade de Davi. 11 2Sm 5.4-5;1Cr 29.26-27Os dias que Davi reinou sobre Israel foram quarenta anos: em Hebrom 2Sm 5.5reinou sete anos e em Jerusalém reinou trinta e três anos. 12 1Cr 29.23;2Cr 1.1Salomão sentou-se no trono de seu pai Davi, e o seu reino fortificou-se sobremaneira.
Adonias deseja casar com Abisague
13 Então, foi Adonias, filho de Hagite, ter com Bate-Seba, mãe de Salomão, que lhe perguntou: 1Sm 16.4É de paz a tua vinda? Respondeu ele: É de paz. 14 E acrescentou: Tenho alguma coisa que te dizer. Ela tornou: Dize-a. 15 Então, ele disse: Tu sabes que 1Rs 2.22;2Sm 3.3-4o reino era meu e 1Rs 1.5,25que todo o Israel me tinha escolhido com preferência para reinar; 1Rs 1.38-50contudo, o reino foi transferido e passou a ser de meu irmão, 1Cr 22.9-10;28.5-7porque Jeová lho deu. 16 Agora, uma só coisa te peço; não ma recuses. Ela lhe disse: Fala. 17 Ele disse: Fala ao rei Salomão (pois não to recusará.) 1Rs 1.3-4;2Sm 12.8que me dê por mulher a Abisague, sunamita. 18 Bate-Seba respondeu: Pois bem, eu falarei por ti ao rei.
Morte de Adonias
19 Portanto, Bate-Seba foi ter com o rei Salomão, para lhe falar por Adonias. O rei levantou-se para a receber, e fez-lhe uma reverência, e sentou-se no seu trono, e 1Rs 15.13mandou pôr um trono para a rainha-mãe, Sl 45.9que se assentou à sua direita. 20 Disse ela: É só uma pequena coisa que eu te peço; 1Rs 2.16não ma recuses. O rei respondeu-lhe: Pede, minha mãe, pois não ta recusarei. 21 Ela disse: 1Rs 1.3-4Dê-se Abisague, sunamita, por mulher a Adonias, teu irmão. 22 Respondeu o rei Salomão à sua mãe: Por que pedes tu a Abisague, sunamita, para Adonias? 2Sm 12.8Pede também para ele o reino 1Rs 1.6;2.15;1Cr 3.2,5(pois é meu irmão mais velho.); sim, para ele, e para o sacerdote 1Rs 1.7Abiatar, e para Joabe, filho de Zeruia. 23 Jurou o rei Salomão por Jeová, dizendo: Rt 1.17Assim me faça Deus e ainda mais, se Adonias não falou esta palavra contra a sua própria vida. 24 Agora, juro pela vida de Jeová, que me estabeleceu e me colocou no trono de Davi, meu pai, 2Sm 7.11,13;1Cr 22.10fazendo-me uma casa, como prometeu, que hoje será morto Adonias. 25 O rei Salomão 2Sm 8.18deu ordem a Benaia, filho de Joiada, o qual o agrediu de modo que morreu.
26 Disse também o rei ao sacerdote Abiatar: Js 21.18;Jr 1.1Vai-te para Anatote, para os teus campos, 1Sm 26.16porque és digno de morte. Eu te não tirarei a vida hoje, porque 1Sm 23.6;2Sm 15.24-29levaste a arca do Senhor Jeová diante de meu pai Davi, e porque 1Sm 22.20-23;23.8-9foste afligido em todas as aflições de meu pai. 27 Expulsou Salomão a Abiatar, para que não fosse sacerdote de Jeová, a fim de se cumprir 1Sm 2.27-36a palavra que Jeová tinha proferido em Siló acerca da casa de Eli.
Morte de Joabe
28 Chegando essa notícia a Joabe 1Rs 1.7(pois Joabe tinha seguido o partido de Adonias, 2Sm 17.25;18.2ainda que não seguiu o de Absalão.), fugiu ele para a tenda de Jeová e 1Rs 1.50abraçou-se com os chifres do altar. 29 Foi dito ao rei Salomão: Joabe fugiu para a tenda de Jeová e eis que está junto ao altar. Salomão 1Rs 2.25mandou a Benaia, filho de Joiada, dizendo: Vai, fere-o. 30 Foi Benaia à tenda de Jeová e disse-lhe: Assim diz o rei: Sai para fora. Respondeu Joabe: Não sairei, porém hei de morrer aqui. Benaia deu parte disso ao rei, dizendo: Assim falou Joabe e assim me respondeu. 31 Disse-lhe o rei: Êx 21.14Faze como ele te disse. Mata-o e sepulta-o, Nm 35.33;Dt 19.13para que tires de sobre mim e de sobre a casa de meu pai o sangue que Joabe sem causa derramou. 32 Gn 9.6;Jz 9.24,57Jeová fará recair o sangue dele sobre a sua cabeça, 2Cr 21.13-14porque deu sobre dois homens mais justos e melhores do que ele e, sem meu pai Davi o saber, matou à espada a 2Sm 3.27Abner, filho de Ner e general do exército de Israel, e a 2Sm 20.9-10Amasa, filho de Jéter e general do exército de Judá. 33 2Sm 3.29Assim, o sangue destes recairá para sempre sobre a cabeça de Joabe e sobre a cabeça da sua descendência; mas a Davi, e à sua descendência, e à sua casa, e ao seu trono dê Jeová paz para sempre. 34 Subiu 1Rs 2.25Benaia, filho de Joiada, agrediu a Joabe e matou-o. Joabe foi sepultado em sua casa, no deserto. 35 Em lugar dele, constituiu o rei por general do exército 1Rs 4.4a Benaia, filho de Joiada, e, 1Rs 2.27em lugar de Abiatar, constituiu o rei por sacerdote a 1Cr 29.22Zadoque.
Simei é proibido de sair de Jerusalém
36 Mandou o rei também chamar a 1Rs 2.8Simei e disse-lhe: Edifica-te uma casa em Jerusalém e habita aí; daí não saias nem para uma nem para outra parte. 37 Pois fica sabendo que, no dia em que saíres e 2Sm 15.23passares a torrente de Cedrom, sem falta hás de morrer. 2Sm 1.16O teu sangue recairá sobre a tua cabeça. 38 Respondeu Simei ao rei: Boa é essa palavra. Como disse o rei, meu senhor, assim fará o teu servo. Simei habitou em Jerusalém muitos dias.
39 Ao fim de três anos, fugiram dois dos servos de Simei para 1Sm 27.2Aquis, filho de Maaca, rei de Gate. Disseram a Simei: Eis que os teus servos estão em Gate. 40 Levantou-se Simei, albardou o seu jumento e foi a Gate ter com Aquis, em busca dos seus servos; assim foi Simei e trouxe de Gate os seus servos. 41 Avisou-se a Salomão que Simei tinha ido de Jerusalém a Gate e que tinha voltado. 42 Então, mandou o rei chamar a Simei e lhe disse: Não te fiz eu jurar por Jeová e não te protestei, dizendo: Fica sabendo que, no dia em que saíres e andares onde quer que seja, sem falta hás de morrer? E tu me respondeste: Boa é essa palavra que acabo de ouvir. 43 Por que não guardaste logo o juramento de Jeová, e a ordem que te dei? 44 Disse mais o rei a Simei: 2Sm 16.5-13Tu sabes, e o teu coração reconhece toda a maldade que fizeste a Davi, meu pai; por isso, 1Sm 25.39;2Rs 11.1,12-16Jeová te fará recair sobre a cabeça a tua maldade. 45 O rei Salomão será abençoado, 2Sm 7.13e o trono de Davi será estabelecido perante Jeová, para sempre. 46 1Rs 2.25,34O rei deu ordem a Benaia, filho de Joiada; este saiu e agrediu a Simei, de modo que morreu. 1Rs 2.12;2Cr 1.1Estabeleceu-se o reino na mão de Salomão.