Pular para o conteúdo
Publicidade

1 Reis 12

TB

Tien stamme word opstandig en maak Jeróbeam koning.

1 EN Rehábeam het na Sigem gegaan, want die hele Israel het na Sigem gekom om hom koning te maak.

2 En net toe Jeróbeam, die seun van Nebat, dit hoor hy was nog in Egipte, waarheen hy vir koning Salomo weggevlug het, en Jeróbeam was in Egipte woonagtig,

3 en hulle het hom laat roep kom Jeróbeam en die hele vergadering van Israel, en hulle het Rehábeam toegespreek en gesê:

4 U vader het ons juk hard gemaak, maak u dan nou die harde diens van u vader en sy swaar juk wat hy ons opgelê het, ligter; dan sal ons u dien.

5 En hy vir hulle: Gaan weg tot oor drie dae, kom dan terug na my toe. En die volk het gegaan.

6 Daarop hou koning Rehábeam raad met die oudstes wat voor sy vader Salomo gedurende sy lewe gestaan het, en hy vra: Wat raai u aan om hierdie volk te antwoord?

7 En hulle spreek met hom en : As u vandag 'n dienaar van hierdie volk word en hulle dien en hulle antwoord en met vriendelike woorde hulle toespreek, sal hulle altyd u dienaars wees.

8 Maar hy het die raad van die oudstes wat hulle hom gegee het, in die wind geslaan en raad gehou met die jongmanne wat saam met hom grootgeword en voor hom gestaan het.

9 En hy vra hulle: Wat raai julle aan dat ons hierdie volk sal antwoord wat my toegespreek en gesê het: Maak die juk wat u vader ons opgelê het, ligter?

10 En die jongmanne wat saam met hom grootgeword het, antwoord hom en : moet u hierdie volk antwoord wat met u gespreek en gesê het: U vader het ons juk swaar gemaak, maar maak u dit ligter oor ons moet u hulle antwoord: My pinkie is dikker as my vader se lendene.

11 Het my vader dan nou 'n swaar juk op julle gelaai ék sal by julle juk nog byvoeg; het my vader julle met die sweep getugtig ék sal julle met gésels tugtig.

12 Toe Jeróbeam en die hele volk dan by Rehábeam kom op die derde dag soos die koning gespreek en gesê het: Kom na my terug op die derde dag

13 het die koning die volk 'n harde antwoord gegee: hy het die raad wat hom deur die oudstes gegee is, in die wind geslaan

14 en met hulle gespreek volgens die raad van die jongmanne en gesê: Het my vader julle juk swaar gemaak ék sal by julle juk nog byvoeg; het my vader julle met die sweep getugtig ék sal julle met gésels tugtig.

15 So het die koning dan nie na die volk geluister nie, want dit was 'n beskikking van die Here, sodat Hy sy woord sou vervul wat die Here gespreek het deur die diens van Ahía, die Siloniet, tot Jeróbeam, die seun van Nebat.

16 Toe die hele Israel sien dat die koning nie na hulle luister nie, het die volk die koning geantwoord en gesê: Watter aandeel het ons aan Dawid? en daar is geen erfdeel aan die seun van Ísai nie! Na julle tente toe, Israel! Kyk nou na jou eie huis, Dawid! Daarop het Israel na sy tente gegaan.

17 Maar oor die kinders van Israel wat in die stede van Juda gewoon het, oor hulle was Rehábeam koning.

18 Toe stuur koning Rehábeam Adóram wat oor die dwangarbeid was, maar die hele Israel het hom gestenig, sodat hy gesterf het; en koning Rehábeam het hom tot die uiterste toe geweer om op 'n wa te klim, om na Jerusalem te vlug.

19 So het die Israeliete dan van die huis van Dawid afvallig geword tot vandag toe.

20 Sodra die hele Israel gehoor het dat Jeróbeam terug was, het hulle hom na die vergadering laat roep en hom oor die hele Israel koning gemaak; niemand het die huis van Dawid gevolg nie, behalwe die stam van Juda alleen.

21 En toe Rehábeam in Jerusalem kom, het hy die hele huis van Juda en die stam van Benjamin, honderd-en-tagtigduisend strydbare jong manskappe, vergader om oorlog te voer teen die huis van Israel, om die koningskap vir Rehábeam, die seun van Salomo, terug te win.

22 Maar die woord van God het tot Semája, die man van God, gekom en gesê:

23 Spreek met Rehábeam, die seun van Salomo, die koning van Juda, en met die hele huis van Juda en Benjamin en die orige deel van die volk en :

24 So spreek die Here: Julle mag nie optrek en teen julle broers, die kinders van Israel, oorlog voer nie; julle moet omdraai, elkeen na sy huis; want van My het hierdie saak gekom. Hulle het toe geluister na die woord van die Here en weer teruggetrek volgens die woord van die Here.

25 En Jeróbeam het Sigem op die gebergte van Efraim gebou en daarin gewoon, en daarvandaan uitgetrek en Pnuel gebou.

Jeróbeam voer die afgodery in.

26 EN Jeróbeam het in sy hart gesê: Nou sal die koningskap na die huis van Dawid terugkeer:

27 as hierdie volk opgaan om offers te bring in die huis van die Here in Jerusalem, dan sal die hart van hierdie volk terugkeer na hulle heer, na Rehábeam, die koning van Juda, en hulle sal my om die lewe bring en teruggaan na Rehábeam, die koning van Juda.

28 Daarom het die koning raad gehou en twee goue kalwers gemaak en aan hulle gesê: Julle het lank genoeg opgegaan na Jerusalem hier is, o Israel, jou gode wat jou uit Egipteland laat optrek het!

29 En die een het hy in Bet-el opgerig en die ander in Dan opgestel.

30 En hierdie saak het tot sonde geword; ja, die volk het voor die een gaan aanbid tot by Dan.

31 Hy het ook tempels van die hoogtes gebou en priesters aangestel uit al die dele van die volk wat nie uit die seuns van Levi was nie.

32 En Jeróbeam het 'n fees gehou in die agtste maand, op die vyftiende dag van die maand, soos die fees wat in Juda was, en op die altaar geklim. So het hy in Bet-el gedoen en geoffer aan die kalwers wat hy gemaak het, en ook in Bet-el priesters aangestel vir die hoogtes wat hy gemaak het.

33 En hy het geklim op die altaar wat hy in Bet-el gemaak het, op die vyftiende dag in die agtste maand, in die maand wat hy uit sy eie hart versin het, en vir die kinders van Israel 'n fees ingestel en op die altaar geklim om offerrook te laat opgaan.

Roboão segue maus conselhos

1 2Cr 10.1Foi Roboão a Siquém, Jz 9.6pois todo o Israel se congregara para o fazer rei. 2 1Rs 11.26,40Tendo Jeroboão, filho de Nebate, ouvido isso (pois estava ainda no Egito, para onde tinha fugido da presença do rei Salomão, onde habitava, 3 e donde mandaram chamá-lo.), veio com toda a congregação de Israel, e falaram a Roboão, dizendo: 4 1Rs 4.7,22-25;9.15;1Sm 8.11-18Teu pai fez pesado o nosso jugo; agora, alivia a dura servidão de teu pai e o pesado jugo que nos impôs, e nós te serviremos. 5 Ele lhes respondeu: 1Rs 12.12Ide-vos e, depois de três dias, voltai a mim. Retirou-se o povo.

6 1Rs 4.1-6Teve o rei Roboão conselho com os velhos que tinham assistido diante de seu pai Salomão, quando este ainda vivia, dizendo: Que me aconselhais vós que eu responda a este povo? 7 Eles lhe disseram: Se te tornares hoje servo deste povo, e o servires, e lhe atenderes, e lhe falares boas palavras, eles se farão teus servos para sempre. 8 Ele, porém, abandonou o conselho que os velhos lhe tinham dado e teve conselho com os mancebos que haviam crescido com ele e lhe assistiam. 9 Perguntou-lhes: Que aconselhais vós que respondamos a este povo, que me disse: Alivia o jugo que teu pai nos impôs? 10 Responderam-lhe os mancebos que haviam crescido com ele: Assim dirás a este povo que te falou: Teu pai fez pesado o nosso jugo, porém alivia-o de sobre nós; assim lhe falarás: Meu dedo mínimo é mais grosso do que os lombos de meu pai. 11 Assim que, se meu pai vos carregou de um jugo pesado, eu hei de acrescentar ainda sobre o vosso jugo; meu pai vos castigou com açoites, porém eu hei de vos castigar com escorpiões.

12 Veio Jeroboão com todo o povo a Roboão, no terceiro dia, como o rei lhes ordenou, dizendo: 1Rs 12.5Voltai a mim ao terceiro dia. 13 O rei respondeu asperamente ao povo e deixou o conselho que os velhos lhe tinham dado; 14 e falou-lhe segundo o conselho dos mancebos, dizendo: Êx 1.13-14;5.5-9,16-18Meu pai fez pesado o vosso jugo, porém eu hei de acrescentar sobre o vosso jugo; meu pai vos castigou com açoites, porém eu hei de vos castigar com escorpiões. 15 O rei não deu ouvidos ao povo, 1Rs 12.24;Dt 2.30;Jz 14.4porque isso veio da parte de Jeová, 1Rs 11.11,31para confirmar a palavra que Jeová falou a Jeroboão, filho de Nebate, por intermédio de Aías, silonita.

Dez tribos rebelam-se e aclamam Jeroboão como seu rei

16 Vendo o povo que o rei não lhe dava ouvidos, respondeu-lhe: Que parte temos nós em Davi? Nem temos herança no filho de Jessé. 2Sm 20.1Às vossas tendas, ó Israel! Agora, cuida da tua casa, ó Davi! Assim, Israel se foi para as suas tendas. 17 Mas, 1Rs 11.13,36quanto aos filhos de Israel que habitavam nas cidades de Judá, sobre eles reinou Roboão. 18 Então, o rei Roboão enviou 1Rs 4.6;5.14;2Sm 20.24Adorão, que estava sobre a leva dos trabalhadores forçados; e todo o Israel o apedrejou até que ele morreu. O rei Roboão, a toda a pressa, montou no seu carro, a fim de fugir para Jerusalém. 19 Assim, 2Rs 17.21Israel se rebelou contra a casa de Davi até o dia de hoje. 20 Tendo ouvido todo o Israel que Jeroboão tinha voltado, mandaram chamá-lo para a congregação e fizeram-no rei sobre todo o Israel; 1Rs 11.13,32,36não houve ninguém que seguisse a casa de Davi, senão somente a tribo de Judá.

21 2Cr 11.1Tendo Roboão chegado a Jerusalém, fez ajuntar toda a casa de Judá e a tribo de Benjamim, cento e oitenta mil homens escolhidos, que eram guerreiros, para pelejar contra a casa de Israel, a fim de restituir o reino a Roboão, filho de Salomão. 22 Veio, porém, a palavra de Deus a 2Cr 12.5-7Semaías, homem de Deus, dizendo: 23 Fala a Roboão, filho de Salomão, rei de Judá, e a toda a casa de Judá e de Benjamim, 1Rs 12.17e ao restante do povo: 24 Assim diz Jeová: Não subireis, nem pelejareis contra vossos irmãos, filhos de Israel; volte cada um para casa, 1Rs 12.15porque isso veio da minha parte. Ouviram a palavra de Jeová, voltaram e se foram em obediência a ela.

A idolatria de Jeroboão

25 Então, Jz 9.45-49edificou Jeroboão a Siquém, na região montanhosa de Efraim, e residiu ali; dali saiu e edificou a Gn 32.30-31;Jz 8.8,17Penuel. 26 Disse Jeroboão no seu coração: Agora, tornará o reino para a casa de Davi. 27 Dt 12.5-7,14Se este povo subir para oferecer sacrifícios na Casa de Jeová, em Jerusalém, o coração dele se tornará para o seu senhor Roboão, rei de Judá; a mim me matarão e voltarão para Roboão, rei de Judá. 28 Pelo que o rei, depois de conselhos tomados, 2Rs 10.29;17.16;Os 8.4-7fez de ouro dois bezerros e disse ao povo: Basta de subirdes a Jerusalém; Êx 32.4,8eis os teus deuses, ó Israel, que te tiraram da terra do Egito. 29 Pôs um Gn 28.19em Betel e o outro colocou ele em Jz 18.26-31. 30 1Rs 13.34;2Rs 17.21Isso se tornou em pecado, pois o povo ia até a adorar o bezerro. 31 1Rs 13.32Nos altos, fez casas e, dentre todo o povo, 1Rs 13.33;2Rs 17.32;2Cr 13.9constituiu sacerdotes que não eram dos filhos de Levi. 32 Jeroboão ordenou uma festa no oitavo mês, aos quinze dias do mês, Lv 23.33-34;Nm 29.12como a festa que se celebrava em Judá, e subiu ao altar. Assim fez em Betel, oferecendo sacrifícios aos bezerros que tinha fabricado; e estabeleceu em Betel Am 7.10-13os sacerdotes dos altos que fizera. 33 Subiu ao altar que ele fizera em Betel, ao décimo quinto dia do oitavo mês, isto é, do mês que ele tinha escolhido a seu bel prazer; e ordenou uma festa para os filhos de Israel e subiu ao altar 1Rs 13.1para queimar incenso.

Veja também