Elía en die profete van Baäl.
1 EN geruime tyd daarna het die woord van die Here in die derde jaar tot Elía gekom en gesê: Gaan heen, vertoon jou aan Agab, dan wil Ek reën gee op die aarde.
2 En Elía het gegaan om hom aan Agab te vertoon. En die hongersnood was swaar in Samaría.
3 Toe laat Agab Obádja, wat oor die paleis was, roep. En Obádja het die Here baie gevrees.
4 Want toe Isébel die profete van die Here uitgeroei het, het Obádja honderd profete geneem en hulle vyftig by vyftig man in 'n spelonk weggesteek en hulle met brood en water onderhou.
5 En Agab het vir Obádja gesê: Trek deur die land na al die waterfonteine en na al die spruite; miskien sal ons gras kry, sodat ons die perde en muile in die lewe kan hou en van die vee nie hoef uit te roei nie.
6 En hulle het die land onder mekaar verdeel om dit deur te trek: Agab het afsonderlik met een pad getrek, en Obádja het afsonderlik met 'n ander pad getrek.
7 Terwyl Obádja op pad was, kom Elía hom meteens tegemoet; en toe hy hom herken, val hy op sy aangesig en vra: Is dit u, my heer Elía?
8 En hy sê: Dit is ek; gaan sê aan jou heer: Elía is daar.
9 Maar hy vra: Wat het ek gesondig, dat u u dienaar oorgee in die hand van Agab om my om die lewe te bring?
10 So waar as die Here u God leef, daar is geen nasie of koninkryk waar my heer nie heen gestuur het om u te soek nie; en as hulle sê: Hy is nie hier nie — dan laat hy die koninkryk en die nasie sweer dat hulle u nie kon vind nie.
11 En nou beveel u: Gaan sê aan jou heer: Elía is daar!
12 As ek nou van u af weggaan en die Gees van die Here u wegneem — ek weet nie waarheen nie — en ek kom om Agab berig te bring en hy vind u nie, dan sal hy my doodmaak; en u dienaar vrees die Here van sy jeug af.
13 Is dit nie aan my heer meegedeel wat ek gedoen het toe Isébel die profete van die Here gedood het nie: dat ek van die profete van die Here honderd man, vyftig by vyftig, in 'n spelonk weggesteek en hulle met brood en water onderhou het?
14 En nou beveel u: Gaan sê aan jou heer: Elía is daar! dat hy my kan doodmaak!
15 Maar Elía sê: So waar as die Here van die leërskare leef, voor wie se aangesig ek staan, ek sal my verseker vandag aan hom vertoon!
16 En Obádja het Agab tegemoetgegaan en hom dit meegedeel; en Agab het Elía tegemoetgegaan.
17 En net toe Agab Elía sien, vra Agab vir hom: Is dit jy, jou beroerder van Israel?
18 Toe sê hy: Ek het Israel nie in beroering gebring nie, maar u en u familie, deurdat u die gebooie van die Here verlaat het en agter die Baäls aan geloop het.
19 Stuur dan nou, laat die hele Israel by my bymekaarkom op die berg Karmel, ook die vierhonderd-en-vyftig profete van Baäl en die vierhonderd profete van Asjéra wat aan die tafel van Isébel eet.
20 En Agab het gestuur onder al die kinders van Israel en die profete op die berg Karmel bymekaar laat kom.
21 En Elía het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die Here God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na! Maar die volk het hom niks geantwoord nie.
22 Toe sê Elía vir die volk: Ek het alleen oorgebly as profeet van die Here, terwyl die profete van Baäl vierhonderd-en-vyftig is.
23 Maar laat hulle vir ons twee bulle gee; dan kan hulle vir hul een bul uitkies en dit in stukke verdeel en op die hout sit, maar sonder om vuur te maak; en ék sal die ander bul gereedmaak en op die hout sit, maar ek sal geen vuur maak nie.
24 Roep julle dan die naam van julle god aan, en ék sal die Naam van die Here aanroep; en die God wat met vuur antwoord, Hy sal God wees. En die hele volk het geantwoord en gesê: Die woord is goed.
25 Verder het Elía aan die profete van Baäl gesê: Kies vir julle een bul uit en maak dit eerste gereed, want julle is die meeste; en roep die naam van julle god aan, maar julle mag geen vuur maak nie.
26 En hulle het die bul wat hy hulle gegee het, geneem en dit gereedgemaak en die naam van Baäl van die môre tot die middag aangeroep en gesê: o Baäl, gee ons antwoord! Maar daar was geen stem en niemand wat antwoord nie. En hulle het rondgespring by die altaar wat hulle gemaak het.
27 En toe dit middag was, het Elía met hulle gespot en gesê: Roep hard; hy is mos 'n god! Hy is seker in gepeins, of hy het hom seker afgesonder, of hy is seker op reis; miskien slaap hy en moet wakker word.
28 En hulle het hard geroep en hulleself volgens hul gebruik met swaarde en spiese stukkend gekerwe tot die bloed op hulle uitgespuit het.
29 En toe die middag verby was, het hulle begin raas tot op die tyd dat die spysoffer gebring word; maar daar was geen stem en niemand wat antwoord nie, en geen opmerksaamheid nie.
30 Toe sê Elía vir die hele volk: Kom nader na my. En die hele volk het nader gekom na hom; en hy het die altaar van die Here herstel wat afgebreek was.
31 Daarop neem Elía twaalf klippe volgens die getal van die stamme van Jakob se kinders — tot wie die woord van die Here gekom het om te sê: Israel sal jou naam wees —
32 en hy bou met die klippe 'n altaar in die Naam van die Here. Daarna het hy 'n sloot gemaak rondom die altaar, 'n ruimte vir omtrent twee mate saad,
33 en die hout gerangskik en die bul in stukke verdeel en bo-op die hout gelê.
34 Toe sê hy: Maak vier kruike vol water en giet dit op die brandoffer en op die hout. En hy sê: Doen dit vir die tweede maal. En hulle het dit vir die tweede maal gedoen. En hy sê: Doen dit vir die derde maal. En hulle het dit vir die derde maal gedoen,
35 sodat die water rondom die altaar geloop het; en ook die sloot het hy vol water gemaak.
36 En op die tyd dat hulle die spysoffer bring, het die profeet Elía nader gekom en gesê: Here, God van Abraham, Isak en Israel, laat dit vandag bekend word dat U God in Israel is, en ek u kneg, en dat ek al hierdie dinge op u woord gedoen het.
37 Antwoord my, Here, antwoord my, sodat hierdie volk kan erken dat U, Here, God is, en dat Ú hulle hart tot U laat terugkeer.
38 Daarop het die vuur van die Here neergeval en die brandoffer en die hout en die klippe en die stof verteer, ja, die water wat in die sloot was, opgelek.
39 En toe die hele volk dit sien, het hulle op hul aangesig geval en gesê: Die Here, Hy is God, die Here, Hy is God!
40 Maar Elía sê vir hulle: Gryp die profete van Baäl! Laat niemand van hulle vryraak nie! En hulle het hul gegryp; en Elía het hulle afgebring na die spruit Kison en hulle daar geslag.
41 Toe sê Elía vir Agab: Trek op, eet en drink, want hoor, die gedruis van die reën!
42 En Agab het opgetrek om te eet en te drink; maar Elía het op die top van die Karmel geklim en hom op die grond neergebuig en sy aangesig tussen sy knieë gesteek.
43 Daarop sê hy vir sy dienaar: Klim tog op, kyk uit na die see. En hy het opgeklim en uitgekyk en geroep: Daar is niks nie. Toe sê hy: Gaan weer — sewe maal.
44 En die sewende maal roep hy: Daar gaan 'n wolkie soos 'n man se hand op uit die see. Toe sê hy: Gaan op, sê vir Agab: Span in en trek af, dat die reën jou nie terughou nie.
45 En in 'n oogwink was die hemel swart van wolke en wind, en 'n groot reën het gekom; en Agab het op die wa geklim en weggetrek na Jísreël;
46 maar die hand van die Here was oor Elía, sodat hy sy heupe omgord en voor Agab uit geloop het in die rigting na Jísreël.
Elias encontra-se com Obadias
1 1Rs 17.1Passados muitos dias, veio a palavra de Jeová a Elias, no terceiro ano, dizendo: Vai mostrar-te a Acabe; e farei cair chuva sobre a terra. 2 Partiu Elias a se mostrar a Acabe. A fome era extrema em Samaria. 3 Acabe chamou a Obadias, 1Rs 16.9que estava sobre a sua casa (Ora, Obadias temia muito a Jeová, 4 porque, 1Rs 18.13quando Jezabel exterminava os profetas de Jeová, tomou Obadias cem profetas, e os escondeu cinquenta numa caverna e cinquenta na outra, e os sustentou de pão e água.). 5 Disse Acabe a Obadias: Vai, pela terra, a todas as fontes de água e a todas as torrentes; talvez possamos achar erva e salvar a vida aos cavalos e machos, de maneira que não percamos todos os animais. 6 Repartiram entre si a terra, para a percorrerem; Acabe foi sozinho por um caminho, e Obadias foi sozinho por outro caminho.
7 Quando Obadias estava em caminho, eis que Elias se encontrou com ele. Obadias, 2Rs 1.6-8reconhecendo-o, prostrou-se com o rosto em terra e disse: És tu, meu senhor Elias? 8 Ele respondeu: Sou eu; vai e dize ao teu senhor: Eis aqui está Elias. 9 Ele disse: Em que pequei, para que tu entregues o teu servo nas mãos de Acabe, para ele me matar? 10 1Rs 17.1Pela vida de Jeová, teu Deus, que não há nação nem reino, aonde o meu senhor não tenha enviado em busca de ti, e, dizendo eles: Não está aqui, fazia ele jurar a nação e o reino que não te haviam achado. 11 Agora, tu dizes: Vai e dize ao teu senhor: Eis aqui está Elias. 12 Logo que eu me apartar de ti, levar-te-á 2Rs 2.16;Ez 3.12,14;At 8.39o Espírito de Jeová para um lugar que ignoro; quando eu vier e o disser a Acabe, e ele não te puder achar, tirar-me-á a vida. Porém eu, teu servo, temo a Jeová desde a minha mocidade. 13 1Rs 18.4Acaso, não se te disse o que fiz quando Jezabel matava os profetas de Jeová, a saber, como escondi cem dos profetas de Jeová, cinquenta numa caverna e cinquenta na outra, e os sustentei de pão e água? 14 Agora, dizes tu: Vai e dize ao teu senhor: Eis aqui está Elias. Ele me matará. 15 Elias disse: 1Rs 17.1Pela vida de Jeová, em cuja presença estou, hoje mesmo, me hei de mostrar a ele.
Acabe encontra-se com Elias
16 Foi Obadias encontrar-se com Acabe e avisou-o; e foi Acabe ter com Elias. 17 Vendo-o, 1Rs 21.20;Js 7.25disse-lhe: És tu, ó perturbador de Israel? 18 Respondeu Elias: Eu não tenho perturbado a Israel; mas tu e a casa de teu pai, por 1Rs 9.9;2Cr 15.2terdes deixado os mandamentos de Jeová e 1Rs 16.31;21.25-26por teres tu seguido os Baalins. 19 Agora, envia e ajunta a mim todo o Israel no Js 19.26;2Rs 2.25monte Carmelo e os quatrocentos e cinquenta 1Rs 18.22profetas de Baal, e os quatrocentos profetas da 1Rs 16.33Aserá, que comem da mesa de Jezabel.
Elias e os profetas de Baal
20 Acabe enviou a todos os filhos de Israel e ajuntou os profetas no monte Carmelo. 21 Elias, chegando-se a todo o povo, disse: Até Dt 4.35;2Rs 17.41quando claudicareis para duas partes? Js 24.15Se Jeová é Deus, segui-o; se, porém, Baal o é, segui-o. O povo não lhe respondeu palavra. 22 Então, disse Elias ao povo: 1Rs 19.10,14Eu sou o único que fiquei dos profetas de Jeová, mas os profetas de Baal são 1Rs 18.19quatrocentos e cinquenta homens. 23 Deem-se-nos, portanto, dois novilhos; escolham eles para si um novilho e, dividindo-o em pedaços, o ponham sobre a lenha, porém não metam fogo por baixo; eu prepararei o outro novilho e pô-lo-ei sobre a lenha, porém não meterei fogo por baixo. 24 Invocai vós o nome do vosso deus, e eu invocarei o nome de Jeová; o 1Rs 18.38Deus que responder por meio do fogo, seja esse o Deus. Todo o povo, respondendo, disse: É boa a proposta.
25 Disse Elias aos profetas de Baal: Escolhei para vós um novilho, e preparai-o primeiro, porque sois muitos, e invocai o nome do vosso deus, e não metais fogo por baixo. 26 Tendo eles tomado o novilho que lhes fora dado, prepararam-no e invocaram o nome de Baal desde a manhã até o meio dia, dizendo: Baal, responde-nos. Porém não havia voz, nem havia quem respondesse. Rodeavam, manquejando, o altar que se tinha feito. 27 Ao meio-dia, Elias zombava deles e dizia: Gritai em altas vozes, pois ele é um deus; ou está meditando, ou está em retiro, ou está em viagem, ou, porventura, está dormindo e necessita que o acordem. 28 Clamavam em altas vozes e, segundo o seu costume, Lv 19.28;Dt 14.1;Mq 6.7se retalhavam com facas e lancetas, até sair-lhes sangue. 29 Passado o meio-dia, profetizavam Êx 29.39,41até o tempo de se oferecer a oblação da tarde; porém não havia voz, nem havia quem respondesse, nem atendesse.
30 Então, disse Elias a todo o povo: Chegai-vos a mim. Chegou-se a ele todo o povo. Elias 1Rs 19.10,14;2Cr 33.16consertou o altar de Jeová, que tinha sido derrubado. 31 Tomou doze pedras, conforme o número das tribos dos filhos de Jacó, a quem viera a palavra de Jeová, dizendo: Gn 32.28;35.10;2Rs 17.34Israel será o teu nome. 32 Com as pedras, edificou um altar ao nome de Jeová e fez um sulco capaz de conter duas medidas de semente ao redor do altar. 33 Gn 22.9;Lv 1.7-8Dispôs a lenha, dividiu o novilho em pedaços e pô-lo sobre a lenha. Ele disse: Enchei de água quatro talhas e entornai-a sobre o holocausto e sobre a lenha. 34 Disse ainda: Fazei-o segunda vez; e fizeram-no segunda vez. De novo, disse: Fazei-o terceira vez; e fizeram-no terceira vez. 35 A água corria ao redor do altar; ele encheu também de água o sulco. 36 1Rs 18.29Sendo já o tempo de se oferecer a oblação da tarde, chegou-se Elias e disse: Êx 3.6;4.5Ó Jeová, Deus de Abraão, de Isaque e de Israel, seja manifestado, hoje, que tu és Deus em Israel, e que eu sou teu servo, e Nm 16.28-32que por tua ordem tenho feito todas essas coisas. 37 Responde-me, Jeová! Responde-me para que este povo conheça que tu, Jeová, és Deus, porque fizeste voltar para trás o seu coração! 38 Gn 15.17;Lv 10.1-2;2Rs 1.12;Jó 1.16Caiu o fogo de Jeová, e consumiu o holocausto, e a lenha, e as pedras, e o pó, e sorveu a água que estava no sulco. 39 O que tendo visto todo o povo, prostraram-se com o rosto em terra e disseram: 1Rs 18.21,24Jeová é o Deus; Jeová é o Deus. 40 Disse-lhes Elias: Agarrai os profetas de Baal; que nenhum deles escape. Agarraram-nos. Elias fê-los descer Jz 4.7;5.21à torrente de Quisom e Dt 13.5;18.20;2Rs 10.24-25ali os matou.
Fim da seca
41 Disse Elias a Acabe: Sobe, come e bebe, porque se ouve o ruído duma grande chuva. 42 Subiu Acabe a comer e a beber. Elias subiu ao cume do 1Rs 18.19-20Carmelo e, inclinado por terra, meteu o rosto entre os joelhos. 43 Disse ao seu criado: Sobe agora e olha para a banda do mar. Subiu, olhou e disse: Não há nada. Elias disse-lhe: Torna a ir sete vezes. 44 À sétima vez, disse: Eis Lc 12.54que se levanta do mar uma nuvem, ao tamanho da mão dum homem. Disse-lhe Elias: Sobe e dize a Acabe: Manda aprontar o teu carro e desce, para que a chuva não te impeça de o fazer. 45 Em pouco tempo, o céu enegreceu de nuvens e de vento, e caiu uma grande chuva. Acabe subiu ao carro e foi para Js 17.16;Jz 6.33Jezreel. 46 2Rs 3.15;Is 8.11A mão de Jeová foi sobre Elias, que 2Rs 4.29;Jr 1.17;1Pe 1.13cingiu os lombos e correu adiante de Acabe até a entrada de Jezreel.