1 EN Dawid het die manskappe gemonster wat by hom was, en owerstes oor duisend en owerstes oor honderd oor hulle aangestel.
2 En Dawid het die manskappe uitgestuur: 'n derde deel onder bevel van Joab, en 'n derde onder Abísai, die seun van Serúja, die broer van Joab, en 'n derde onder Íttai, die Gittiet; en die koning het aan die manskappe gesê: Ek sal ook seker saam met julle uittrek.
3 Maar die manskappe het gesê: U mag nie uittrek nie, want as ons miskien vlug, sal hulle nie op ons ag gee nie; ja, al sterwe die helfte van ons, hulle sal nie op ons ag gee nie, want u is soos tienduisend van ons. Dit is dan nou beter dat u ons van die stad uit te hulp kom.
4 Toe sê die koning vir hulle: Wat goed is in julle oë, sal ek doen. En die koning het langs die poort gaan staan, terwyl al die manskappe by honderde en by duisende uittrek.
5 En die koning het Joab en Abísai en Íttai bevel gegee en gesê: Saggies met die jongman, met Absalom. En al die manskappe het gehoor toe die koning aan al die owerstes bevel gee omtrent Absalom.
6 Daarop trek die manskappe uit, die veld in om Israel te ontmoet; en die geveg het plaasgevind in die bos van Efraim.
7 En die manskappe van Israel is daar voor die dienaars van Dawid verslaan, en die neerlaag was dié dag daar groot, twintigduisend.
8 Maar die geveg is daar uitgebrei oor die oppervlakte van die hele land, en die bos het daardie dag onder die mense meer verteer as wat die swaard verteer het.
9 En die dienaars van Dawid het Absalom onverwags aangetref terwyl Absalom op 'n muil ry; en toe die muil onder die digte takke van 'n groot terpentynboom ingaan, het sy hoof in die terpentynboom vasgehaak, sodat hy tussen hemel en aarde bly hang het, terwyl die muil onder hom wegloop.
10 Toe die man dit sien, het hy aan Joab berig gebring en gesê: Kyk, ek het Absalom aan 'n terpentynboom sien hang.
11 En Joab sê vir die man wat hom die berig gebring het: En as jy dit gesien het, waarom het jy hom dan nie daar teen die grond neergeslaan nie? Dan moes ek jou tien silwerstukke en een gord gegee het.
12 Maar die man sê vir Joab: Al kon ek ook duisend silwerstukke op my hande weeg, ek sou my hand tog nie uitsteek teen die seun van die koning nie; want die koning het u en Abísai en Íttai voor ons ore bevel gegee en gesê: Julle, wie dan ook, moet vir die jongman Absalom sorg.
13 Of as ek vals teen sy lewe gehandel het — niks tog bly vir die koning verborge nie — dan sou u opsy gestaan het.
14 Toe sê Joab: Ek wil nie so by jou vertoef nie! En hy het drie spiese in sy hand geneem en dié in die hart van Absalom gesteek, terwyl hy nog lewendig was binne-in die terpentynboom.
15 En tien jongmanne, wapendraers van Joab, het nader gekom en Absalom doodgeslaan.
16 Daarop blaas Joab op die ramshoring, en al die manskappe het omgedraai en Israel nie meer agtervolg nie, want Joab het die manskappe teruggehou.
17 Toe het hulle Absalom geneem en hom in die bos in 'n groot kuil gegooi en 'n baie groot hoop klippe bo-op hom gestapel, onderwyl die hele Israel elkeen na sy tent vlug.
18 En Absalom het gedurende sy lewe die gedenksteen wat in die koningsdal staan, geneem en vir homself opgerig met die woorde: Ek het geen seun om my naam in gedagtenis te hou nie; en hy het die gedenksteen na sy naam genoem, en dit word tot vandag toe genoem die gedenkteken van Absalom.
Dawid rou oor Absalom.
19 DAAROP sê Ahímaäs, die seun van Sadok: Laat my tog hardloop en aan die koning die goeie boodskap bring dat die Here aan hom reg verskaf het teenoor sy vyande.
20 Maar Joab sê vir hom: Jy is nie vandag 'n man vir 'n boodskap nie, maar anderdag kan jy 'n boodskap bring — vandag mag jy nie die boodskap bring nie juis omdat die seun van die koning dood is.
21 Toe sê Joab vir die Kusiet: Gaan vertel die koning wat jy gesien het! En die Kusiet het voor Joab gebuig en gehardloop.
22 Maar Ahímaäs, die seun van Sadok, het nog 'n keer aan Joab gesê: Laat kom wat wil — laat my tog ook agter die Kusiet aan hardloop. En Joab vra: Waarom wil jy dan nou hardloop, my seun? Vir jou is daar tog geen boodskappersloon te kry nie.
23 Laat kom wat wil, sê hy, ek hardloop. En hy antwoord hom: Hardloop! En Ahímaäs het met die pad na die Jordaanstreek gehardloop en die Kusiet verbygegaan.
24 En terwyl Dawid tussen die twee poortingange sit, het die wag op die dak van die poort op die muur geklim; en toe hy sy oë opslaan, sien hy meteens 'n man alleen hardloop.
25 Toe het die wag uitgeroep en dit aan die koning meegedeel. En die koning sê: As hy alleen is, dan is daar 'n goeie boodskap in sy mond. Terwyl hy al nader en nader kom,
26 sien die wag 'n ander man hardloop; en die wag het die poortwagter toegeroep en gesê: Kyk, daar hardloop nog 'n man alleen. Daarop sê die koning: Hy bring ook 'n goeie boodskap.
27 Verder het die wag gesê: Ek sien die gang van die eerste is soos die gang van Ahímaäs, die seun van Sadok. Toe sê die koning: Hy is 'n goeie man, en hy kom met 'n goeie boodskap.
28 En Ahímaäs het uitgeroep en aan die koning gesê: Vrede! En hy het hom voor die koning gebuig met sy aangesig na die aarde en gesê: Geloofd sy die Here u God wat die manne oorgelewer het wat hulle hand teen my heer die koning opgetel het.
29 Toe vra die koning: Gaan dit goed met die jongman, met Absalom? En Ahímaäs antwoord: Ek het 'n groot gewoel gesien toe Joab die dienaar van die koning, naamlik u dienaar, gestuur het, maar ek het nie geweet wat dit was nie.
30 Daarop sê die koning: Gaan opsy en kom hier staan. Toe hy dan opsy gaan en daar bly staan,
31 kom die Kusiet juis aan; en die Kusiet sê: My heer die koning moet die blye boodskap ontvang dat die Here aan u vandag reg verskaf het teenoor almal wat teen u opgestaan het.
32 En die koning het die Kusiet gevra: Gaan dit goed met die jongman, met Absalom? En die Kusiet sê: Mag dit met die vyande van my heer die koning en met almal wat teen u opstaan om kwaad te doen, gaan soos met dié jongman!
33 Toe het die koning baie ontroerd geword en opgeklim na die bovertrek van die poort en geween; en hy het rondgeloop en só gesê: My seun Absalom, my seun, my seun Absalom! Ag, as ek self maar in jou plek gesterf het! Absalom, my seun, my seun!
1 Davi passou revista ao povo que tinha consigo e Êx 18.25;Nm 31.14;1Sm 22.7pôs sobre eles capitães de mil e capitães de cem. 2 Enviou Davi ao povo, Jz 7.16;1Sm 11.11um terço sob o mando de Joabe, outro terço sob o mando de Abisai, filho de Zeruia, irmão de Joabe, e o outro terço sob o mando de 2Sm 15.19-22Itai, geteu. O rei disse ao povo: Também eu hei de sair convosco. 3 Respondeu, porém, o povo: Não 2Sm 21.17sairás, pois se, na verdade, fugirmos, eles não se importarão conosco; nem se importarão conosco se morrer a metade de nós; pois tu és igual a dez mil de nós. É melhor que fiques na cidade para dali nos socorreres. 4 Tornou-lhes o rei: O que vos parece bem, isso farei. 2Sm 18.24O rei pôs-se ao lado da porta, e saiu todo o povo a centenas e milhares. 5 O rei deu ordem a Joabe, a Abisai e a Itai, dizendo: Por amor de mim, tratai com brandura ao mancebo, a Absalão. 2Sm 18.12Todo o povo ouviu quando o rei dava ordem a todos os capitães acerca de Absalão.
6 Assim, saiu o povo ao campo contra Israel; e deu-se a batalha 2Sm 17.26;Js 17.15,18no bosque de Efraim. 7 Ali, foi o povo de Israel derrotado diante dos servos de Davi, e, naquele dia, houve uma grande derrota, com a perda de vinte mil homens. 8 Pois ali se estendeu a batalha por toda a região; e o bosque consumiu, naquele dia, mais gente do que a espada consumiu.
Absalão fica suspenso de uma árvore, e Joabe mata-o
9 Absalão, indo montado na sua mula, encontrou-se com os servos de Davi; a mula entrou debaixo dos ramos espessos dum grande carvalho, e Absalão, preso 2Sm 14.26pela cabeça ao carvalho, ficou pendurado entre o céu e a terra; e a mula em que ia montado passou adiante. 10 Vendo isso um homem, avisou a Joabe e disse: Eis que vi Absalão pendurado num carvalho. 11 Respondeu Joabe ao homem que lhe dera a notícia: Pois que o viste, por que não o feriste ali, derrubando-o por terra? E eu te haveria dado dez siclos de prata e um cinto. 12 Tornou o homem a Joabe: Ainda quando eu pudesse pesar nas minhas mãos mil siclos de prata, não estenderia eu a mão contra o filho do rei; porque 2Sm 18.5nós ouvimos a ordem que o rei te deu a ti, a Abisai e a Itai, dizendo: Guardai-me o mancebo Absalão. 13 Se eu tivesse obrado falsamente contra a sua vida, 2Sm 14.19-20nada teria sido oculto ao rei, e tu mesmo te esquivarias de mim. 14 Disse Joabe: Não posso demorar-me contigo. 2Sm 14.30Tomou na mão três dardos e traspassou com eles o coração de Absalão, que ainda estava vivo no carvalho. 15 Cercaram-no dez mancebos que levavam as armas de Joabe, e feriram a Absalão, e mataram-no.
16 2Sm 2.28;20.22Joabe tocou a trombeta, e o povo voltou de perseguir a Israel, pois Joabe deteve ao povo. 17 Levaram a Absalão, e lançaram-no numa grande cova no bosque, Dt 21.20-21;Js 7.26;8.29e erigiram sobre ele um mui grande montão de pedras. 2Sm 19.8;20.1-22Todo o Israel fugiu, cada um para a sua tenda. 18 Ora, Absalão, quando ainda vivia, 1Sm 15.12tinha feito levantar para si a coluna, Gn 14.17que está no vale do Rei, porque disse: 2Sm 14.27Eu não tenho filho que conserve a memória do meu nome. Deu o seu nome à coluna; até o dia de hoje, ela se chama o Monumento de Absalão.
Davi, sabendo da morte de Absalão, chora amargamente
19 Disse 2Sm 15.36Aimaás, filho de Zadoque: Deixa-me correr e dar notícia ao rei 2Sm 18.31que Jeová o vingou dos seus inimigos. 20 E Joabe lhe disse: Tu não serás hoje o portador das novas, mas noutro dia as levarás; hoje, porém, não as levarás; porque é morto o filho do rei. 21 Disse Joabe ao cuxita: Vai dizer ao rei o que viste. O cuxita fez uma reverência a Joabe e partiu a correr. 22 Então, tornou Aimaás, filho de Zadoque, a dizer a Joabe: Seja o que for, deixa-me também correr após o cuxita. Joabe disse: Por que queres correr, meu filho? Visto que 2Sm 18.29não receberás recompensa pelas novas. 23 Aconteça, porém, o que acontecer, hei de correr, respondeu Aimaás. Então, disse Joabe: Corre. Aimaás correu pelo caminho de Quicar e passou ao cuxita.
24 Ora, 2Sm 19.8Davi estava assentado entre as duas portas; 2Sm 13.34;2Rs 9.17a sentinela subiu ao eirado da porta acima da muralha, e levantou os olhos, e viu vir um homem correndo só. 25 Clamou a sentinela e deu a nova ao rei. O rei disse: Se ele vem só, traz notícias. O mensageiro aproximava-se cada vez mais. 26 Viu a sentinela outro homem correndo, e clamou ao porteiro, e disse: Eis que vem outro homem correndo só. O rei disse: Este também traz notícias. 27 Acrescentou a sentinela: Parece-me que o correr do primeiro é 2Rs 9.20como o correr de Aimaás, filho de Zadoque. Disse o rei: 1Rs 1.42Ele é homem de bem e trará boas-novas.
28 Gritou Aimaás e disse ao rei: Paz! 2Sm 14.4;1Sm 25.23Prostrou-se com o rosto em terra perante o rei e disse: 1Sm 17.46Bendito seja Jeová, teu Deus, que entregou os homens que levantaram a mão contra o rei, meu senhor! 29 Perguntou o rei: 2Sm 20.9;2Rs 4.26Está bem o mancebo Absalão? Respondeu Aimaás: Quando Joabe enviou ao servo do rei, que sou eu, vi um grande alvoroço, 2Sm 18.22porém não sei o que era. 30 Disse o rei: Põe-te ao lado e espera aqui. Ele se pôs ao lado e esperou de pé.
31 Eis que chegou o cuxita e disse: Receba o rei, meu senhor, as novas. Hoje, 2Sm 18.19;Jz 5.31Jeová te vingou de todos os que se levantaram contra ti. 32 O rei perguntou ao cuxita: 2Sm 18.29Está bem o mancebo Absalão? Respondeu o cuxita: 1Sm 25.26Como aquele mancebo o é, assim sejam os inimigos do rei, meu senhor, e todos os que se levantam contra ti para te fazerem o mal. 33 O rei ficou muito comovido, e subiu à sala que estava por cima da porta, e pôs-se a chorar; e, andando, dizia assim: 2Sm 19.4Meu filho Absalão, meu filho, meu filho Absalão! Êx 32.32;Rm 9.3Quem me dera que eu morrera por ti, Absalão, filho meu, filho meu!