God laat Dawid nie toe om vir Hom 'n tempel te bou nie.
1 EN terwyl die koning in sy huis woon, nadat die Here hom rus gegee het van al sy vyande rondom,
2 sê die koning vir die profeet Natan: Kyk tog, ék woon in 'n huis van sederhout, maar die ark van God woon binnekant 'n tentdoek.
3 Toe sê Natan aan die koning: Gaan heen, doen alles wat in u hart is, want die Here is met u.
4 Maar in dieselfde nag kom die woord van die Here tot Natan en sê:
5 Gaan sê aan my kneg, aan Dawid: So spreek die Here: Sou jý vir My 'n huis bou om in te woon?
6 Ek het tog in geen huis gewoon van die dag af dat Ek die kinders van Israel uit Egipte laat optrek het tot vandag toe nie; maar Ek het rondgetrek in 'n tentwoning.
7 Oral waar Ek onder al die kinders van Israel rondgetrek het, het Ek ooit 'n woord gespreek met een van die stamme van Israel, wat Ek aangestel het om my volk Israel op te pas, en gesê: Waarom bou julle nie vir My 'n huis van sederhout nie?
8 So moet jy dan nou aan my kneg, aan Dawid, sê: So spreek die Here van die leërskare: Ek self het jou geneem uit die weiveld agter die skape weg, om 'n vors te wees oor my volk, oor Israel;
9 en Ek was met jou oral waar jy gegaan het, en het al jou vyande voor jou uitgeroei; en Ek sal vir jou 'n groot naam maak soos die naam van die grotes wat op die aarde is;
10 en Ek sal vir my volk Israel 'n plek bestel en hom plant, dat hy op sy eie plek kan woon en nie langer verontrus word nie. En kwaaddoeners sal hom nie meer verdruk soos vroeër nie,
11 naamlik van die dag af dat Ek rigters oor my volk Israel aangestel het. Maar Ek sal jou rus gee van al jou vyande; en die Here gee jou te kenne dat die Here vir jou 'n huis sal stig.
12 As jou dae vol is en jy met jou vaders ontslaap het, sal Ek jou nakomeling wat uit jou liggaam sal voortkom, laat optree en sy koningskap bevestig.
13 Hý sal vir my Naam 'n huis bou, en Ek sal sy koninklike troon bevestig tot in ewigheid.
14 Ek sal vir hom 'n vader wees, en hy sal vir My 'n seun wees; sodat as hy verkeerd handel, Ek hom sal straf met 'n menslike roede en met slae van mensekinders.
15 Maar my goedertierenheid sal van hom nie wyk nie, soos Ek dit onttrek het aan Saul wat Ek voor jou aangesig verwyder het.
16 En jou huis en jou koningskap sal bestendig wees tot in ewigheid voor jou; jou troon sal vasstaan tot in ewigheid.
17 Volgens al hierdie woorde en volgens hierdie hele gesig, so het Natan met Dawid gespreek.
18 Koning Dawid het toe ingegaan en voor die aangesig van die Here gebly en gesê: Wie is ek, Here Here, en wat is my huis, dat U my tot hiertoe gebring het?
19 En dit was nog te gering in u oë, Here Here, sodat U ook aangaande die huis van u kneg tot ver in die toekoms gespreek het; en dit is die wet vir mense, Here Here!
20 Maar wat sal Dawid nog verder met U spreek? want U ken u kneg, Here Here.
21 Ter wille van u woord en volgens u hart het U hierdie hele groot saak gedoen, om dit aan u kneg bekend te maak.
22 Daarom is U groot, Here God! Want daar is niemand soos U, en daar is geen God behalwe U nie, volgens alles wat ons met ons ore gehoor het.
23 En wie is soos u volk, soos Israel, 'n enige nasie op die aarde, wat God vir Hom as 'n volk gaan verlos het, en om vir Hom 'n naam te maak; en om groot dinge te doen vir hulle en vreeslike dinge aan u land voor u volk uit wat U verlos het vir U van Egipte, van die heidene en hulle gode?
24 En U het u volk Israel vir U bevestig as 'n volk vir U tot in ewigheid; en U, Here, het vir hulle 'n God geword.
25 Laat dan nou, Here God, die woord wat U oor u kneg en oor sy huis gespreek het, in vervulling gaan tot in ewigheid, en doen soos U gespreek het;
26 sodat u Naam groot kan wees tot in ewigheid deurdat hulle sê: Die Here van die leërskare is God oor Israel; en die huis van u kneg Dawid sal voor u aangesig bestendig wees.
27 Want U, Here van die leërskare, God van Israel, het die oor van u kneg geopen en gesê: Ek sal vir jou 'n huis bou; daarom het u kneg vrymoedigheid gevind om hierdie gebed tot U te bid.
28 En nou, Here Here, U is God en u woorde is waarheid; en U het u kneg hierdie goeie saak toegesê.
29 Laat dit U dan nou behaag en seën die huis van u kneg, sodat dit vir ewig voor u aangesig kan wees; want U, Here Here, het dit gespreek, en deur u seën sal die huis van u kneg vir ewig geseënd wees.
Davi deseja edificar um templo ao Senhor
1 1Cr 17.1-27Estando já o rei de assento na sua casa, e tendo-lhe Jeová dado descanso de todos os seus inimigos ao redor, 2 disse ele ao profeta 2Sm 7.17;12.1;1Rs 1.22;1Cr 29.29;2Cr 9.29Natã: Eis que eu estou morando numa 2Sm 5.11casa de cedro, e Êx 26.1a arca de Deus, dentro de cortinas. 3 Respondeu Natã ao rei: 1Rs 8.17-18Vai e faze tudo o que tens no teu coração, porque Jeová é contigo. 4 Mas, naquela mesma noite, veio a palavra de Jeová a Natã, dizendo: 5 Vai dizer ao meu servo Davi: Assim diz Jeová: 1Rs 5.3;8.19Edificar-me-ás tu uma casa em que eu habite? 6 Desde o dia em que eu fiz subir os filhos de Israel do Egito até hoje, Js 18.1;1Rs 8.16não tenho habitado em casa nenhuma, mas tenho peregrinado Êx 40.18,34em tenda e em tabernáculo. 7 Lv 26.11-12Em todos os lugares em que tenho peregrinado com todos os filhos de Israel, falei jamais palavra a alguma das suas tribos, 2Sm 5.2a que mandei que apascentasse o meu povo de Israel, dizendo: Por que me não tendes edificado uma casa de cedro? 8 Agora, assim dirás ao meu servo Davi: Assim diz Jeová dos Exércitos: 1Sm 16.11-12;Sl 78.70-71Eu te tirei da malhada, de detrás das ovelhas, 2Sm 6.21para que fosses príncipe sobre o meu povo, sobre Israel; 9 por onde quer que andaste, 2Sm 5.10tenho estado contigo Sl 18.37-42para exterminar os teus inimigos de diante de ti; e te farei um grande nome como o dos grandes que há na terra. 10 Designarei um lugar para o meu povo, para Israel, e Êx 15.17;Is 5.2,7o plantarei, e habitará no seu lugar; não mais será perturbado, Sl 89.22-23;Is 60.18nem os filhos da iniquidade tornarão a afligi-lo como dantes 11 e como Jz 2.14-16;1Sm 12.9-11desde o dia em que mandei que houvesse juízes sobre o meu povo de Israel. 2Sm 7.1Dar-te-ei descanso de todos os teus inimigos. Também Jeová te diz que 2Sm 7.27;1Sm 25.28ele mesmo te fará uma casa. 12 1Rs 2.1Completos que forem os teus dias, e vieres a dormir com teus pais, suscitarei depois de ti a tua semente, que procederá das tuas entranhas, e estabelecerei o seu reino. 13 1Rs 6.12;8.19Ele edificará uma casa para o meu nome, Is 9.7;49.8e eu estabelecerei para sempre o trono do seu reino. 14 Hb 1.5;Sl 89.26-27Eu lhe serei pai, e ele me será filho. 1Rs 11.34;Sl 89.30-33Se ele cometer iniquidade, castigá-lo-ei com varas de homens, e com açoites de filhos de homens; 15 porém a minha misericórdia não se retirará dele, 1Sm 15.23;16.14como a retirei de Saul, a quem tirei de diante de ti. 16 Será estável para sempre diante de mim a 2Sm 7.13;Sl 89.36-37tua casa e o teu reino; será estabelecido para sempre o teu trono. 17 Segundo todas estas palavras e segundo toda esta visão, assim falou Natã a Davi.
18 Entrou o rei Davi, e sentou-se diante de Jeová, e disse: Êx 3.11;1Sm 18.18Quem sou eu, Senhor Jeová, e que casa é a minha, para que me tenhas trazido até aqui? 19 Isso ainda foi pouco aos teus olhos, Senhor Jeová; 2Sm 7.11-16;1Cr 17.17mas falaste a respeito da casa do teu servo para tempos distantes. Is 55.8-9É esta a lei de homens, Senhor Jeová? 20 Que mais te poderá dizer Davi? Pois 1Sm 16.7;Jo 21.17tu, Senhor Jeová, conheces o teu servo. 21 1Cr 17.19Por causa da tua palavra e segundo o teu coração, fizeste toda essa grandeza, dando-a a conhecer ao teu servo. 22 Pelo que Dt 3.24;Sl 48.1;86.10tu és grande, Deus Jeová, Êx 15.11;1Sm 2.2pois ninguém há semelhante a ti, e não há outro Deus fora de ti, Êx 10.2;Sl 44.1segundo tudo o que temos ouvido com os nossos ouvidos. 23 Dt 4.32-38Quem há como o teu povo, como Israel, gente única na terra, a quem tu, ó Deus, foste resgatar para te ser povo, e fazer-te nome, e Dt 10.21obrar a seu favor grandes coisas e coisas terríveis para a tua terra, Dt 15.15diante do teu povo, Dt 9.26que remiste para ti do Egito dentre as nações e os seus deuses. 24 Dt 32.6Estabeleceste o teu povo de Israel para ser o teu povo para sempre, e Gn 17.7-8;Êx 6.7tu, Jeová, te fizeste o seu Deus. 25 Agora, Deus Jeová, quanto à palavra que falaste acerca do teu servo e acerca da sua casa, confirma-a para sempre e faze como tens falado. 26 Sl 72.18-19Seja o teu nome engrandecido para sempre, e se diga: Jeová dos Exércitos é Deus sobre Israel. A casa do teu servo Davi será estabelecida diante de ti. 27 Pois tu, Jeová dos Exércitos, Deus de Israel, deste uma revelação ao teu servo, dizendo: 2Sm 7.13Edificar-te-ei uma casa. Por isso, teu servo se animou para te fazer esta oração. 28 Agora, Senhor Jeová, tu és Deus, Êx 34.6;Jo 17.17e as tuas palavras são verdade, e tens prometido ao teu servo esse bem. 29 Sejas, agora, servido de abençoar a casa do teu servo, para que subsista para sempre diante de ti. Pois tu, Senhor Jeová, o falaste; e, Nm 6.24-26com a tua bênção, seja para sempre abençoada a casa do teu servo.