Die Ammoniete en Arameërs word verslaan en onderwerp.
1 EN daarna het die koning van die kinders van Ammon gesterwe, en sy seun Hanun het in sy plek koning geword.
2 Toe sê Dawid: Ek wil guns bewys aan Hanun, die seun van Nahas, soos sy vader aan my guns bewys het. Daarom het Dawid gestuur om hom deur sy dienaars oor sy vader te troos. Toe die dienaars van Dawid dan in die land van die kinders van Ammon kom,
3 het die vorste van die kinders van Ammon aan Hanun, hulle heer, gesê: Eer Dawid u vader in u oë, omdat hy vir u troosters gestuur het? Het Dawid nie sy dienaars na u gestuur om die stad te deursoek en dit te verken en dit om te keer nie?
4 Daarop neem Hanun die dienaars van Dawid en skeer die een helfte van hulle baard af en sny hulle klere in die helfte af, tot by hulle sitplekke; en hy het hulle laat gaan.
5 En toe hulle aan Dawid hiervan berig bring, stuur hy om hulle tegemoet te gaan, want die manne was baie skaam. En die koning het gesê: Bly in Jérigo totdat julle baard weer gegroei het; kom dan terug.
6 Toe die kinders van Ammon sien dat hulle hul gehaat gemaak het by Dawid, het die kinders van Ammon gestuur en die Arameërs van Bet-Rehob en die Arameërs van Soba gehuur, twintigduisend voetgangers, en van die koning van Máäga, duisend man, en die manne van Tob, twaalfduisend man.
7 En Dawid het dit gehoor en Joab met die hele leër, die helde, gestuur.
8 En die kinders van Ammon het uitgetrek en die slagorde opgestel by die ingang van die poort, terwyl die Arameërs van Soba en Rehob en die manne van Tob en Máäga afsonderlik in die veld was.
9 Toe Joab sien dat 'n aanval van voor sowel as van agter hom bedreig, het hy uit al die uitgesoektes in Israel 'n keuse gedoen en hulle opgestel teenoor die Arameërs.
10 Maar die ander manskappe het hy onder bevel van sy broer Abísai geplaas en dié het hulle opgestel teenoor die kinders van Ammon.
11 En hy het gesê: As die Arameërs vir my te sterk word, moet jy my te hulp kom, en as die kinders van Ammon vir jou te sterk word, sal ek kom om jou te help.
12 Wees sterk en laat ons ons sterk hou vir ons volk en vir die stede van onse God. Mag die Here dan doen wat goed is in sy oë!
13 Daarop het Joab en die manskappe wat by hom was, nader gekom om teen die Arameërs te veg, en hulle het vir hom gevlug.
14 Toe die kinders van Ammon sien dat die Arameërs vlug, het hulle ook vir Abísai gevlug en die stad ingegaan. En Joab het van die kinders van Ammon af omgedraai en in Jerusalem aangekom.
15 Toe die Arameërs dan sien dat hulle voor Israel verslaan was, het hulle dig aaneengesluit.
16 Ja, Hadaréser het gestuur en die Arameërs van oorkant die Eufraat laat uittrek, en hulle het in Helam aangekom, met Sobag, die leërowerste van Hadaréser, op hulle voorpunt.
17 Intussen het Dawid daarvan berig gekry en die hele Israel versamel en deur die Jordaan getrek en in Helam aangekom; en die Arameërs het hulle teenoor Dawid opgestel en teen hom geveg.
18 Maar die Arameërs het vir Israel gevlug, en Dawid het van die Arameërs sewehonderd trekperde en veertigduisend ruiters gedood, en Sobag, die leërowerste, so gewond, dat hy daar gesterf het.
19 En toe al die onderhorige konings van Hadaréser sien dat hulle voor Israel verslaan was, het hulle met Israel vrede gesluit en hulle gedien; en die Arameërs was bevrees om die kinders van Ammon langer te help.
Davi derrota os amonitas e os siros
1 1Cr 19.1-19Depois disso, morreu o 1Sm 11.1rei dos filhos de Amom, e em seu lugar reinou seu filho Hanum. 2 Então, disse Davi: Usarei de beneficência para com Hanum, filho de 1Sm 11.1Naás, como seu pai usou de beneficência para comigo. Davi enviou os seus servos para o consolar acerca de seu pai. Os servos de Davi foram à terra dos filhos de Amom. 3 Mas disseram os príncipes dos filhos de Amom ao seu senhor Hanum: Cuidas tu que em honra de teu pai Davi te enviou consoladores? Gn 42.9,16Não te enviou ele os seus servos para reconhecerem a cidade, a espiarem e a derrubarem? 4 Tomou Hanum os servos de Davi, e Is 15.2;Jr 41.5mandou-lhes rapar a metade da barba, e, Is 20.4cortando-lhe a metade dos vestidos até o alto das coxas, despediu-os. 5 Quando isso foi dito a Davi, enviou a encontrá-los, porque estavam os homens sobremaneira envergonhados. Mandou o rei dizer-lhes: Deixai-vos estar em Jericó, até que vos cresça a barba, e então voltareis.
6 Vendo os filhos de Amom Gn 34.30;1Sm 27.12que se haviam feito abomináveis para com Davi, enviaram e 2Sm 8.3,5;2Rs 7.6alugaram, dos filhos dos siros de Gn 36.37;Jz 18.28Bete-Reobe, e dos 2Sm 8.3siros de Zobá, vinte mil homens de pé, e do rei de Dt 3.14Maaca, mil homens, e dos homens de Tobe, doze mil. 7 O que ouvindo Davi, enviou Joabe com toda a hoste dos valentes. 8 Saíram os filhos de Amom e ordenaram a batalha à 1Cr 19.9entrada da porta, e os siros de Zobá e de Reobe e os homens de Jz 11.3,5Tobe e Maaca estavam à parte, Js 13.9,16no campo.
9 Vendo Joabe que estava preparada a batalha contra ele, assim pela frente como pela retaguarda, escolheu dentre toda a flor de Israel um corpo, que formou em linha de batalha contra os siros; 10 e o resto do povo, entregou-o a seu irmão Abisai, que o formou em linha de batalha contra os filhos de Amom. 11 Ele disse: Se os siros prevalecerem contra mim, tu me virás em socorro; mas, se os filhos de Amom prevalecerem contra ti, eu irei ao teu socorro. 12 Dt 31.6;Js 1.6Tem bom ânimo, e 1Co 16.13sejamos corajosos pelo nosso povo e pelas cidades do nosso Deus; 1Sm 3.18e faça Jeová o que bem lhe parecer. 13 Travou Joabe e o povo que estava com ele a peleja contra os siros, 1Rs 20.13-21que fugiram de diante dele. 14 Vendo os filhos de Amom que os siros tinham fugido, fugiram também eles de diante de Abisai e entraram na cidade. 2Sm 11.1Então, Joabe voltou dos filhos de Amom e foi a Jerusalém.
15 Vendo os siros que tinham sido desbaratados diante de Israel, tornaram a refazer-se. 16 Enviou 2Sm 8.3-8Hadadezer e fez sair os siros que estavam da outra banda do rio; vieram a Helã, e diante deles marchava 1Cr 19.16Sobaque, general do exército de Hadadezer. 17 Davi, informado disso, ajuntou a todo o Israel, passou o Jordão e foi a Helã. Os siros dispuseram-se em linha de batalha contra Davi e pelejaram contra ele. 18 Mas os siros fugiram de diante de Israel; Davi matou deles 1Cr 19.18os homens de setecentos carros e quarenta mil homens de cavalo e feriu a Sobaque, general do exército, de sorte que morreu ali. 19 Vendo todos os reis, servos de Hadadezer, que estavam desbaratados diante de Israel, 2Sm 8.6fizeram pazes com Israel e os serviram. Temeram os siros de socorrer mais aos filhos de Amom.