Berou en straf van Dawid.
1 DAAROM het die Here Natan na Dawid gestuur. Toe hy by hom inkom, sê hy vir hom: Daar was twee manne in 'n sekere stad, die een was ryk en die ander arm.
2 Die ryke het 'n groot menigte kleinvee en beeste gehad,
3 maar die arme het glad niks gehad nie, behalwe een klein ooilammetjie wat hy gekoop en in die lewe gehou het, en wat by hom en saam met sy kinders groot geword het; dit het van sy stukkie brood geëet en uit sy beker gedrink en in sy skoot geslaap, en dit was vir hom soos 'n dogter.
4 En toe daar besoek kom by die ryk man, het hy ontsien om van sy kleinvee of beeste te neem om vir die reisiger wat by hom gekom het, iets te berei; daarom het hy die ooilam van die arm man geneem en dit berei vir die man wat by hom gekom het.
5 En Dawid het baie kwaad geword vir die man en aan Natan gesê: So waar as die Here leef, die man wat dit gedoen het, moet sterwe!
6 En die ooilam moet hy viervoudig teruggee, omdat hy hierdie ding gedoen het en geen ontferming geken het nie.
7 Toe sê Natan vir Dawid: U is die man! So sê die Here, die God van Israel: Ék het jou as koning gesalf oor Israel, en Ék het jou gered uit die hand van Saul;
8 en Ek het die huis van jou heer aan jou gegee, en die vroue van jou heer in jou skoot, en Ek het die huis van Israel en Juda aan jou gegee; en as dit te min was, sou Ek aan jou nog meer sulke dinge daarby wil voeg.
9 Waarom het jy die woord van die Here verag deur te doen wat verkeerd is in sy oë? Uría, die Hetiet, het jy met die swaard verslaan, en sy vrou het jy vir jou as vrou geneem, nadat jy hom deur die swaard van die kinders van Ammon vermoor het.
10 En nou sal die swaard vir ewig van jou huis nie wyk nie, omrede dat jy My verag het en die vrou van Uría, die Hetiet, geneem het om jou vrou te wees.
11 So sê die Here: Kyk, Ek sal uit jou huis onheil oor jou verwek, en jou vroue voor jou oë neem en aan jou naaste gee, sodat hy by jou vroue sal slaap voor die oog van hierdie son.
12 Want jy het dit in die geheim gedoen, maar Ek sal hierdie ding doen voor die hele Israel en in die volle sonlig.
13 En Dawid sê vir Natan: Ek het gesondig teen die Here! En Natan sê vir Dawid: So het die Here dan ook u sonde vergewe: u sal nie sterf nie.
14 Maar omdat u die vyande van die Here deur hierdie saak aanleiding gegee het om grootliks te laster, sal die kind wat vir u gebore is, ook sekerlik sterwe.
15 Toe gaan Natan na sy huis. En die Here het die kind wat die vrou van Uría vir Dawid gebaar het, getref, sodat dit ernstig siek geword het.
16 En Dawid het die aangesig van God gesoek vir die kind, en Dawid het 'n tyd lank gevas en na binne gegaan en die hele nag deur op die grond gelê.
17 Daarop kom die oudstes van sy huis na hom en wou hom van die grond laat opstaan, maar hy wou nie; ook het hy geen brood saam met hulle geëet nie.
18 En op die sewende dag het die kind gesterwe; en die dienaars van Dawid was bevrees om hom te vertel dat die kind dood was, want hulle het gesê: Kyk, toe die kind nog in die lewe was, het ons met hom gespreek, maar hy het nie na ons geluister nie. Hoe kan ons dan vir hom sê: Die kind is dood! — hy kan 'n verkeerde ding doen.
19 Maar toe Dawid sien dat sy dienaars onder mekaar fluister, het Dawid gemerk dat die kind dood was. En Dawid sê aan sy dienaars: Is die kind dood? En hulle antwoord: Hy is dood.
20 Toe het Dawid van die grond opgestaan en hom gewas en gesalf en ander klere aangetrek en in die huis van die Here gegaan en aanbid. Daarop het hy in sy huis gekom en gevra dat hulle brood aan hom moet voorsit; en hy het geëet.
21 Toe vra sy dienaars hom: Wat is dit vir 'n ding wat u gedoen het? Ter wille van die lewende kind het u gevas en geween, maar net toe die kind dood was, het u opgestaan en brood geëet.
22 En hy sê: Toe die kind nog in die lewe was, het ek gevas en geween, want ek het gedink: Wie weet — die Here kan my genadig wees, sodat die kind in die lewe bly.
23 Maar nou is hy dood — waarom sou ek dan vas? Sal ek hom nog kan terugbring? Ek gaan na hom, maar hy sal na my nie terugkeer nie.
24 Daarna het Dawid sy vrou Bátseba getroos en by haar ingegaan en by haar geslaap. En sy het 'n seun gebaar, en hy het hom Salomo genoem. En die Here het hom liefgehad,
25 en Hy het hom deur Natan, die profeet, Jedídja laat noem, ter wille van die Here.
26 En Joab het teen Rabba van die kinders van Ammon geveg en die koningstad ingeneem.
27 Daarop stuur Joab boodskappers na Dawid om te sê: Ek het teen Rabba geveg, ook het ek die waterstad ingeneem.
28 Maak u dan nou die orige manskappe bymekaar en beleër die stad en neem dit in, sodat ék nie die stad inneem en my naam daaroor uitgeroep word nie.
29 Toe maak Dawid al die manskappe bymekaar, en hy het weggetrek na Rabba, daarteen geveg en dit ingeneem.
30 En hy het die kroon van hulle koning van sy hoof afgeneem, waarvan die gewig 'n talent goud was, met 'n kosbare steen daarin, en dit het op die hoof van Dawid gekom; en 'n baie groot buit van die stad het hy uitgebring.
31 En die manskappe wat daarin was, het hy uitgebring en hy het hulle aan die werk gesit by die saag en by ysterpenne en ysterbyle, en hulle laat oorbring na die steenoonde; en so het hy met al die stede van die kinders van Ammon gedoen. Toe het Dawid met al die manskappe na Jerusalem teruggegaan.
Natã, o profeta, repreende a Davi
1 Jeová enviou 2Sm 7.2,4,17Natã a Davi. Sl 51, títuloNatã veio ter com Davi e 2Sm 14.4-7;1Rs 20.35-41disse-lhe: Havia dois homens numa cidade, um rico e outro pobre. 2 O rico tinha ovelhas e gados em grande número; 3 o pobre, porém, não tinha coisa alguma, senão 2Sm 11.3uma só cordeirinha, que comprara e criara e que tinha crescido juntamente com ele e com seus filhos; do seu bocado comia, e do seu copo bebia, e dormia no seu regaço, e ele a tinha como filha. 4 Chegou um viajante à casa do rico, e este não quis tomar das suas ovelhas e do seu gado, para preparar comida para o peregrino que lhe chegara à casa, mas tomou a cordeira do pobre e preparou-a para o hóspede que lhe havia chegado. 5 1Rs 20.39-40A ira de Davi se acendeu sobremaneira contra aquele homem; e disse a Natã: Pela vida de Jeová, o homem que fez isso é 1Sm 26.16digno de morte. 6 Há de pagar o Êx 22.1quadruplicado da cordeira, porque fez isso e porque não mostrou compaixão.
7 Disse Natã a Davi: 1Rs 20.42Tu és aquele homem. Assim diz Jeová, Deus de Israel: 1Sm 16.13Eu te ungi rei sobre Israel e eu te livrei da mão de Saul; 8 2Sm 9.7dei-te a casa do teu senhor, e as mulheres do teu senhor, no teu seio, e te dei a casa de Israel e de Judá. Se isso fosse pouco, te acrescentaria outro tanto. 9 Por que 1Sm 15.23,26desprezaste as palavras de Jeová, fazendo o mal diante dos seus olhos? 2Sm 11.14-17,27Feriste à espada Urias, heteu, 2Sm 11.27e tomaste sua mulher para ser tua mulher, e mataste-o com a espada dos filhos de Amom. 10 Agora, da tua casa não se apartará jamais 2Sm 13.28;18.14;1Rs 2.25a espada, porque me desprezaste e tomaste a mulher de Urias, heteu, para ser tua mulher. 11 Assim diz Jeová: Eis que suscitarei da tua própria casa o mal sobre ti; 2Sm 16.21-22tomarei tuas mulheres à tua vista, dá-las-ei ao teu próximo, e ele se deitará com elas aos olhos deste sol. 12 Porque 2Sm 11.4-15tu o fizeste às escondidas, 2Sm 16.22mas eu farei isso perante todo o Israel e perante o sol. 13 Respondeu Davi a Natã: 2Sm 24.10;1Sm 15.24,30;Lc 18.13Pequei contra Jeová. Tornou Natã a Davi: Também Jeová Pv 28.13;Lv 20.10;24.17;Mq 7.18fez passar o teu pecado; não morrerás. 14 Todavia, porquanto com esse feito deste Is 52.5;Rm 2.24lugar a que os inimigos de Jeová blasfemem, sem falta morrerá também o filho que te nasceu. 15 Retirou-se Natã para sua casa.
Morte do filho de Davi
Feriu 1Sm 25.28Jeová o menino que a mulher de Urias dera à luz a Davi; e adoeceu gravemente. 16 Davi recorreu a Deus pelo menino; Davi jejuava com rigoroso jejum e, entrando, 2Sm 13.31;Ne 1.4passava a noite toda prostrado sobre a terra. 17 Então, Gn 24.2os anciãos da sua casa se punham ao lado dele, para o levantarem do chão; mas ele não queria, nem comia com eles. 18 Ao sétimo dia, morreu o menino. Os servos de Davi temiam dizer-lhe que o menino era morto. Porque diziam: Quando o menino ainda vivia, nós lhe falávamos, e ele não dava ouvidos à nossa voz; qual não será a sua aflição, se lhe dissermos que o menino é morto? 19 Vendo Davi que os seus servos falavam uns aos outros em voz baixa, entendeu que o menino era morto e perguntou aos seus servos: É morto o menino? Eles responderam: É morto. 20 Davi levantou-se do chão, lavou-se, Mt 6.17ungiu-se e mudou de vestidos; e, tendo entrado na Casa de Jeová, adorou. Depois, foi para sua casa; às suas ordens, deram-lhe de comer, e comeu. 21 Então, lhe disseram os seus servos: Que é isso que fizeste? Jejuaste e choraste pelo menino, quando ele ainda vivia; porém agora que ele morreu, te levantaste e comeste. 22 Davi respondeu: Quando o menino ainda vivia, Is 38.1-3jejuei e chorei, pois dizia: Jn 3.9Quem sabe se Jeová não terá piedade de mim, e viverá o menino? 23 Porém, agora que ele morreu, por que hei de jejuar eu? Posso eu fazê-lo voltar? Gn 37.35Eu irei para ele, Jó 7.8-10mas ele não voltará para mim.
Nascimento de Salomão
24 Consolou Davi a Bate-Seba, sua mulher, e, entrando, dormiu com ela. Ela deu à luz um filho, 1Cr 22.9e Davi deu-lhe o nome de Salomão. Jeová o amou; 25 enviou por intermédio do profeta Natã, e deu ao menino o nome de Jedidias, por amor de Jeová.
26 1Cr 20.1-3Ora, Joabe pelejou contra Rabá, dos filhos de Amom, e tomou a cidade real. 27 Enviou Joabe mensageiros a Davi e disse: Tendo pelejado contra Rabá, já tomei a cidade das águas. 28 Agora, ajunta o resto do povo, acampa contra a cidade e toma-a, para não suceder que, tomando eu a cidade, seja aclamado o meu nome sobre ela. 29 Ajuntou Davi a todo o povo, e, indo a Rabá, pelejou contra ela, e tomou-a. 30 Tirou a coroa da cabeça do rei deles (O peso dela era de um talento de ouro, e nela havia pedras preciosas.); e foi posta na cabeça de Davi. Da cidade levou mui grande despojo. 31 Trazendo os seus moradores, Hb 11.37fê-los passar a serras, e a picaretas, e a machados, e em fornos de tijolos; assim o fez em todas as cidades dos filhos de Amom. Voltou Davi com todo o seu povo para Jerusalém.