1 EN aan Joab is meegedeel: Kyk, die koning ween en bedryf rou oor Absalom.
2 En daardie dag het die oorwinning vir die hele volk 'n roubedryf geword, omdat die volk dié dag hoor sê het: Die koning is bedroef oor sy seun.
3 Daarom het die volk dié dag stilletjies die stad ingekom, net soos mense wat skaam is, wegsluip as hulle in die geveg gevlug het.
4 En die koning het sy gesig toegemaak, en die koning het hardop uitgeroep: My seun Absalom! Absalom, my seun, my seun!
5 Toe kom Joab by die koning in die huis en sê: U het vandag die aangesig van al u dienaars beskaamd gemaak, wat vandag u lewe en die lewe van u seuns en dogters en die lewe van u vroue en die lewe van u byvroue gered het,
6 deur lief te hê diegene wat u haat, en te haat diegene wat u liefhet; want u gee vandag te kenne dat owerstes en onderdane vir u niks is nie, want ek merk vandag dat, as Absalom lewendig en ons almal vandag dood was, dit dan in u oë reg sou gewees het.
7 Staan dan nou op, gaan uit en spreek na die hart van u dienaars, want ek sweer by die Here — as u nie uitgaan nie, sal sekerlik vannag geen man by u bly nie; en dit sal vir u 'n groter onheil wees as al die onheile wat u oorgekom het van u jeug af tot nou toe.
8 En die koning het opgestaan en in die poort gaan sit; en hulle het die hele volk laat weet en gesê: Kyk, die koning sit in die poort. Daarna het die hele volk voor die koning gekom. Maar Israel het gevlug elkeen na sy tente toe.
Koning Dawid gaan terug na Jerusalem.
9 EN die hele volk onder al die stamme van Israel het onder mekaar getwis en gesê: Die koning het ons verlos uit die hand van ons vyande, en hý het ons gered uit die hand van die Filistyne, en nou moes hy die land uit vlug vir Absalom;
10 en Absalom wat ons oor ons gesalf het, het in die geveg gesneuwel: waarom is julle dan nou nalatig om die koning terug te bring?
11 Toe het koning Dawid gestuur na Sadok en Ábjatar, die priesters, om te sê: Spreek met die oudstes van Juda en vra: Waarom sou julle die laastes wees om die koning terug te bring na sy huis? (Die gesegde van die hele Israel het naamlik die koning in sy huis bereik.)
12 Julle is my broers; my been en my vlees is julle: waarom sou julle dan die laastes wees om die koning terug te bring?
13 En vir Amása moet julle sê: Is jy nie my been en my vlees nie? Mag God so aan my doen en so daaraan toedoen as jy nie al die dae leërowerste voor my in die plek van Joab sal wees nie!
14 So het hy dan die hart van al die manne van Juda sonder uitsondering geneig, sodat hulle die koning laat weet het: Kom terug, u met al u dienaars.
15 Daarop het die koning teruggegaan en by die Jordaan aangekom; en Juda het na Gilgal gekom om die koning tegemoet te gaan, om die koning oor die Jordaan te bring.
16 En Símeï, die seun van Gera, die Benjaminiet, wat uit Bahúrim was, het hom gehaas en saam met die manne van Juda afgekom om koning Dawid te ontmoet,
17 en duisend man uit Benjamin was saam met hom; verder Siba, die dienaar van Saul se huis, met sy vyftien seuns en sy twintig slawe saam met hom; en hulle het voor die koning al die Jordaan bereik.
18 En die pont het heen en weer gevaar om die huis van die koning oor te bring en te doen wat goed was in sy oë. En Símeï, die seun van Gera, het voor die koning neergeval toe hy die Jordaan sou oortrek
19 en aan die koning gesê: My heer moet my die skuld nie toereken en daar nie aan dink hoe u dienaar verkeerd gehandel het op die dag dat my heer die koning uit Jerusalem uitgetrek het, deurdat die koning dit ter harte sou neem nie.
20 Want u dienaar weet dat ék gesondig het; maar soos u sien, vandag het ek die eerste van die hele huis van Josef afgekom om my heer die koning tegemoet te gaan.
21 Toe het Abísai, die seun van Serúja, geantwoord en gesê: Moet Símeï nie hieroor gedood word, dat hy die gesalfde van die Here gevloek het nie?
22 Maar Dawid sê: Wat het ek met julle te doen, seuns van Serúja, dat julle vandag my teëstanders word? Sou iemand vandag in Israel gedood word? Want weet ek dan nie dat ek vandag koning oor Israel is nie?
23 Daarop sê die koning aan Símeï: Jy sal nie sterf nie. En die koning het vir hom gesweer.
24 Mefibóset, die kleinseun van Saul, het ook afgekom die koning tegemoet, en hy het sy voete nie skoongemaak en sy baard nie geskeer en sy klere nie gewas van die dag af dat die koning weggegaan het tot op die dag dat hy behoue teruggekom het nie;
25 en toe hy in Jerusalem die koning tegemoetkom, sê die koning vir hom: Waarom het jy nie met my saamgetrek nie, Mefibóset?
26 En hy antwoord: My heer die koning, my dienaar het my bedrieg; want u dienaar het gedink: Ek wil vir my die esel laat opsaal, dat ek daarop kan ry en met die koning kan saamtrek, want u dienaar is lam.
27 Hy het ewenwel u dienaar by my heer die koning belaster, maar my heer die koning is soos 'n engel van God: doen dan wat goed is in u oë.
28 Want my hele familie was by my heer die koning niks anders as manne wat die dood verdien nie; tog het u u dienaar opgeneem onder die wat aan u tafel eet: watter regsaanspraak het ek dan nog meer om my verder op die koning te beroep?
29 Toe sê die koning vir hom: Waarom nog meer woorde? Ek sê: Jy en Siba moet die grond verdeel.
30 En Mefibóset het die koning geantwoord: Hy kan ook alles neem nadat my heer die koning behoue in sy huis gekom het.
31 Barsíllai, die Gileadiet, het ook afgekom van Rógelim en met die koning oor die Jordaan getrek om hom oor die Jordaan weg te bring.
32 En Barsíllai was baie oud, 'n man van tagtig jaar, en hy het die koning onderhou gedurende sy verblyf in Mahanáim, want hy was 'n baie vermoënde man.
33 Toe sê die koning vir Barsíllai: Trek jy saam met my oor, dan sal ek jou by my in Jerusalem onderhou.
34 Maar Barsíllai het die koning geantwoord: Hoeveel sal die dae van my lewensjare dan wees, dat ek saam met die koning moet opgaan na Jerusalem?
35 Ek is vandag tagtig jaar oud. Kan ek tussen goed en kwaad onderskei? of sal u dienaar kan proe wat ek eet en wat ek drink? of sal ek nog kan aanhoor die stem van die sangers en die sangeresse? Waarom sal u dienaar my heer die koning dan nog tot 'n las wees?
36 U dienaar kan net 'n entjie saam met die koning trek oor die Jordaan. Waarom tog sou die koning hierdie vergelding aan my doen?
37 Laat u dienaar tog maar omdraai, dat ek kan sterf in my stad by die graf van my vader en my moeder; maar hier is u dienaar Kimham. Laat hy saam met my heer die koning oortrek, en doen aan hom wat goed is in u oë.
38 En die koning sê: Kimham kan saam met my oortrek, dan sal ek aan hom doen wat goed is in jou oë, en alles wat jy verkies om aan my op te dra, sal ek vir jou doen.
39 Toe trek die hele volk die Jordaan oor. En nadat die koning ook oorgetrek het, soen die koning Barsíllai en groet hom; en hy het na sy woonplek teruggegaan.
40 Daarop het die koning verder getrek na Gilgal, en Kimham het saam met hom getrek, en die hele volk van Juda en ook die helfte van die volk van Israel het die koning verder gebring.
Twis tussen Juda en Israel.
41 METEENS kom toe al die manne van Israel by die koning aan en sê aan die koning: Waarom het ons broers, die manne van Juda, u gesteel en die koning en sy huis en al die manne van Dawid saam met hom oor die Jordaan gebring?
42 Daarop antwoord al die manne van Juda die manne van Israel: Omdat die koning aan my verwant is; maar waarom is jy tog kwaad oor hierdie saak? Het ons ooit iets van die koning geëet, of is iets as 'n porsie vir ons weggedra?
43 En die manne van Israel het die manne van Juda geantwoord en gesê: Ek het tien aandele aan die koning en ook meer reg op Dawid as jy. Waarom het jy my dan veragtelik behandel? Was my woord dan nie die eerste om my koning terug te bring nie? Maar die woord van die manne van Juda was heftiger as die woord van die manne van Israel.
Joabe reprova Davi
1 Foi dito a Joabe: Eis que 2Sm 18.5,14o rei chora e lamenta a Absalão. 2 E a vitória converteu-se em luto, naquele dia, para todo o povo, porque o povo ouviu dizer naquele dia: O rei faz lamentações por seu filho. 3 Entrou o povo, naquele dia, na cidade às furtadelas, como o faz quando foge envergonhado da batalha. 4 O rei, 2Sm 15.30tendo coberto o rosto, clamava em alta voz: 2Sm 18.33Meu filho Absalão! Absalão, filho meu, filho meu! 5 Joabe entrou ao rei, em casa, e disse: Cobriste hoje de confusão o rosto de todos os teus servos que hoje salvaram a tua vida, e a vida de teus filhos e filhas, e a de tuas mulheres e concubinas, 6 amando aos que te aborrecem e aborrecendo aos que te amam. Hoje, declaraste que não se te dá nem de príncipes nem de servos, pois conheço agora que, se Absalão vivesse, e todos nós fôssemos mortos, tu ficarias muito contente. 7 Levanta-te sem demora, sai e fala palavras de conforto aos teus servos. Juro por Jeová que, se não saíres, nem sequer um homem ficará contigo esta noite; e isso será pior do que todos os males que têm vindo sobre ti desde a tua mocidade até agora. 8 O rei levantou-se e 2Sm 15.2;18.24assentou-se à porta; e todo o povo veio apresentar-se perante o rei.
Ora, 2Sm 18.17Israel havia fugido, cada um para a sua tenda. 9 Todo o povo, em todas as tribos de Israel, queixava-se, dizendo: 2Sm 8.1-14O rei livrou-nos da mão dos nossos inimigos, 2Sm 5.20;8.1ele nos salvou das mãos dos filisteus e agora 2Sm 15.14saiu da terra fugindo de Absalão. 10 Absalão, a quem ungimos sobre nós, morreu na batalha. Agora, por que não tratais vós de fazer voltar o rei?
Davi volta para Jerusalém
11 O 2Sm 15.29rei Davi mandou dizer aos sacerdotes Zadoque e Abiatar: Falai aos anciãos de Judá: Por que sois vós os últimos em fazer voltar o rei para a sua casa? Pois já a palavra de todo o Israel é chegada ao rei, no sentido de o trazer para sua casa. 12 Vós sois meus irmãos, 2Sm 5.1sois meu osso e minha carne; por que, então, sois vós os últimos em fazer voltar o rei? 13 2Sm 17.25Dizei a Amasa: Não és tu meu osso e minha carne? 1Rs 19.2Assim me faça Deus e ainda mais, se não fores diante de mim para sempre 2Sm 8.16general do exército, 2Sm 3.27-39;19.5-7em lugar de Joabe. 14 Então, moveu ele o coração de todos os homens de Judá Jz 20.1como se fora um só homem, de modo que enviaram a dizer ao rei: Volta com todos os teus servos. 15 Voltou o rei e chegou ao Jordão. Judá foi a Js 5.9;1Sm 11.14-15Gilgal para receber o rei, a fim de fazê-lo passar o Jordão.
16 Apressou-se 2Sm 16.5-13;1Rs 2.8Simei, filho de Gera, benjamita, que era de Baurim, e desceu com os homens de Judá a encontrar-se com o rei Davi. 17 Com ele estavam mil homens de Benjamim e 2Sm 16.1-4;19.26-27Ziba, servo da casa de Saul, acompanhado de seus quinze filhos e dos seus vinte servos. Meteram-se pelo Jordão adiante do rei, 18 passando repetidas vezes o vau, para conduzirem os da casa real e para fazerem o que lhe era agradável. Simei prostrou-se perante o rei, quando havia passado o Jordão, 19 e disse-lhe: 2Sm 16.6-8;1Sm 22.15Não me tenhas por culpado, meu senhor, nem te lembres do que, perversamente, fez o teu servo no dia em que o rei, meu senhor, saiu de Jerusalém, para levá-lo em conta. 20 Pois eu, teu servo, conheço que pequei; por isso, sou vindo hoje 2Sm 16.5o primeiro de toda a casa de José para descer ao encontro do rei, meu senhor.
21 Abisai, porém, filho de Zeruia, respondeu e disse: 2Sm 16.7-8Não será morto Simei, Êx 22.28por ter amaldiçoado o ungido de Jeová? 22 Davi disse: 2Sm 3.39;16.9-10Que tenho eu convosco, filhos de Zeruia, para que hoje me sejais adversários? 1Sm 11.13Há de hoje tirar-se a vida a alguém em Israel? Pois não sei eu que hoje sou feito rei em Israel? 23 Então, disse o rei a Simei: 1Rs 2.8Não morrerás. O rei lho jurou.
Mefibosete encontra-se com Davi
24 Desceu também 2Sm 9.6-10Mefibosete, filho de Saul, a receber o rei; 2Sm 12.20ele não dera cuidado aos pés, nem tinha feito a barba, Êx 19.10nem lavado os vestidos desde o dia em que o rei saíra até o dia em que voltou em paz. 25 Tendo chegado a Jerusalém para se encontrar com o rei, perguntou-lhe este: 2Sm 16.17Por que não foste comigo, Mefibosete? 26 Respondeu ele: Ó rei, meu senhor, o meu criado me enganou. Pois o teu servo disse: Eu albardarei um jumento, para nele montar e ir com o rei; 2Sm 9.3porque o teu servo é coxo. 27 Mas 2Sm 16.3-4ele, falsamente, acusou o teu servo diante do rei, meu senhor; porém tu, ó rei, meu senhor, és 2Sm 14.17,20como um anjo de Deus. Faze, pois, o que bem te parecer. 28 Pois 2Sm 21.6-9toda a casa de meu pai não era senão digna de morte diante do rei, meu senhor; 2Sm 9.7,10,13contudo, puseste o teu servo entre os que comem à tua mesa. Que direito mais tenho eu de clamar ainda ao rei? 29 Respondeu-lhe o rei: Por que falas ainda dos teus negócios? Resolvo que com Ziba repartas as terras. 30 Disse Mefibosete ao rei: Fique ele muito embora com tudo, uma vez que o rei, meu senhor, já voltou em paz à sua casa.
Barzilai encontra-se com Davi
31 Também 2Sm 17.27-29;1Rs 2.7Barzilai, gileadita, desceu de Rogelim, e passou na companhia do rei para o acompanhar até a outra banda do Jordão. 32 Era Barzilai muito velho, da idade de oitenta anos. Ele tinha provido o rei de víveres, quando estava em Maanaim, porque era um homem muito rico. 33 Disse o rei a Barzilai: Passa tu comigo, e te sustentarei em Jerusalém. 34 Respondeu Barzilai ao rei: Gn 47.8Quantos são os dias dos anos da minha vida, para que eu suba com o rei a Jerusalém? 35 Sl 90.10Oitenta anos tenho hoje; poderei eu discernir entre o bom e o mau? Poderá o teu servo perceber o sabor no que come ou no que bebe? Poderei mais ouvir a Ec 2.8;Is 5.11-12voz dos cantores ou das cantoras? 2Sm 15.33Por que há de ser o teu servo ainda pesado ao rei, meu senhor? 36 O teu servo só quer passar o Jordão com o rei; por que há de me pagar o rei com tal recompensa? 37 Deixa voltar o teu servo para que eu morra na minha cidade e seja enterrado junto à sepultura de meu pai e de minha mãe. Mas eis aqui o teu servo 2Sm 19.40;1Rs 2.7;Jr 41.17Quimã. Passe ele com o rei, meu senhor; e faze-lhe o que for do teu agrado. 38 Respondeu o rei: Quimã passará comigo e far-lhe-ei o que bem te parecer. Tudo o que de mim exigires, isso te farei. 39 Todo o povo passou o Jordão; também o rei passou. O rei 2Sm 14.33;Gn 31.55;Rt 1.14beijou a Barzilai e o abençoou; e este voltou para o seu lugar.
Ciúmes entre Israel e Judá
40 Passou o rei para Gilgal, e Quimã passou em sua companhia. Todo o povo de Judá conduziu o rei, e bem assim a 2Sm 19.9-10metade do povo de Israel. 41 Eis que todos os homens de Israel vieram ter com o rei e lhe disseram: Jz 8.1;12.1Por que te roubaram nossos irmãos, 2Sm 19.11-12os homens de Judá, e fizeram ao rei, e a toda a sua casa, e a todos os homens de Davi passar o Jordão? 42 Todos os homens de Judá responderam aos homens de Israel: Porque 2Sm 19.12o rei é nosso parente chegado. Por que é que vos irais por isso? Acaso, temos comido à custa do rei? Ou tem-se-nos dado algum presente? 43 Os homens de Israel responderam aos homens de Judá: 2Sm 5.1;1Rs 11.30-31Dez partes temos no rei, e mais nos toca também Davi a nós do que a vós; por que não fizestes caso de nós, quando fomos nós que primeiro falamos em fazer voltar o nosso rei? Porém as palavras dos homens de Judá eram mais desabridas do que as palavras dos homens de Israel.