Opstand van Absalom. Vlug van Dawid.
1 EN daarna het Absalom vir hom 'n wa en perde aangeskaf en vyftig man om voor hom uit te loop.
2 Verder het Absalom gereeld vroeg opgestaan en langs die pad na die poort gaan staan; en Absalom het elkeen wat 'n saak gehad het om na die koning te kom vir regspraak, aangeroep en gesê: Uit watter stad is jy? As hy dan antwoord: U dienaar is uit een van die stamme van Israel —
3 dan sê Absalom vir hom: Kyk, jou saak is goed en reg, maar van die koning se kant sal niemand jou gehoor gee nie.
4 Verder het Absalom gesê: Mag hulle my as regter in die land aanstel, dat elkeen wat 'n geskil of regsaak het, na mý kan kom; dan sal ék aan hom reg laat geskied.
5 En elke keer as iemand nader kom om voor hom te buig, steek hy sy hand uit en gryp hom en soen hom.
6 Op dié manier het Absalom met al die Israeliete gehandel wat vir regspraak na die koning kom, sodat Absalom die hart van die manne van Israel gesteel het.
7 En ná verloop van vier jaar het Absalom aan die koning gesê: Laat my tog gaan en my gelofte wat ek aan die Here gedoen het, in Hebron betaal;
8 want u dienaar het 'n gelofte gedoen toe ek in Gesur in Aram gewoon het, en gesê: As die Here my werklik in Jerusalem terugbring, sal ek die Here dien.
9 Toe sê die koning vir hom: Gaan in vrede! En hy het hom klaargemaak en na Hebron gegaan.
10 Verder het Absalom spioene uitgestuur onder al die stamme van Israel om te sê: As julle die geluid van die ramshoring hoor, moet julle sê: Absalom is koning in Hebron!
11 En uit Jerusalem het tweehonderd man met Absalom saamgetrek wat genooi was en in hulle onskuld gegaan het sonder dat hulle van die hele saak iets geweet het.
12 Absalom het ook, terwyl hy die slagoffers bring, Agitófel, die Giloniet, 'n raadgewer van Dawid, uit sy stad, uit Gilo, laat roep. So het dan die sameswering sterk geword en die mense aldeur meer by Absalom aangesluit.
13 Toe daar dan 'n boodskapper by Dawid kom en sê: Die hart van die manne van Israel is agter Absalom aan —
14 het Dawid aan al sy dienaars wat by hom in Jerusalem was, gesê: Maak klaar en laat ons vlug, want daar sal vir ons geen ontkoming wees voor Absalom uit nie! Maak gou om weg te kom, sodat hy ons nie miskien gou inhaal en onheil oor ons bring en die stad met die skerpte van die swaard verslaan nie.
15 En die dienaars van die koning sê vir die koning: Net soos my heer die koning verkies — hier is u dienaars!
16 En die koning het uitgegaan met sy hele huis agter hom aan, maar die koning het tien byvroue agter laat bly om die huis op te pas.
17 En toe die koning met al die mense agter hom aan uitgetrek het, het hulle bly staan by die verste huis,
18 onderwyl al sy dienaars langs hom verbytrek, ook al die Kreti en al die Pleti. Ook al die Gittiete, seshonderd man wat uit Gat agter hom aan gekom het, het voor die koning verbygetrek.
19 En die koning sê vir Íttai, die Gittiet: Waarvoor sou jy ook met ons saamgaan? Draai om en bly by die koning, want jy is 'n uitlander en ook 'n balling uit jou woonplek.
20 Jy het gister gekom, en vandag sou ek jou laat rondswerwe om met ons saam te trek terwyl ek wie weet waarheen gaan! Draai om, en bring jou broers terug. Mag guns en trou met jou wees!
21 Maar Íttai het die koning geantwoord en gesê: So waar as die Here leef en my heer die koning leef, voorwaar, op die plek waar my heer die koning sal wees vir dood of vir lewe, daar sal u dienaar sekerlik ook wees!
22 Toe sê Dawid vir Íttai: Gaan, trek dan verby! En Íttai, die Gittiet, het verbygetrek met al sy manne en al die kinders wat by hom was.
23 En die hele land het hardop gehuil terwyl al die mense verbytrek; en die koning het deur die spruit Kidron getrek; en al die mense het deurgetrek op pad na die woestyn.
24 En kyk, Sadok was ook daar, en al die Leviete by hom wat die verbondsark van God dra, en hulle het die ark van God neergesit — Ábjatar het ook opgetrek — totdat al die mense uit die stad tot die laaste toe deurgetrek het.
25 Toe sê die koning vir Sadok: Bring die ark van God terug in die stad. As ek genade vind in die oë van die Here, sal Hy my terugbring, en Hy sal my dit en sy woning laat sien.
26 Maar as Hy so sê: Ek het in jou geen behae nie — hier is ek! Laat Hy met my doen soos goed is in sy oë.
27 Verder het die koning aan die priester Sadok gesê: U is tog siener? Gaan in vrede na die stad terug, en julle twee seuns, Ahímaäs, jou seun, en Jónatan, die seun van Ábjatar, met julle saam.
28 Kyk, ek vertoef by die woestyndriwwe totdat daar 'n woord van julle kom om my in te lig.
29 En Sadok en Ábjatar het die ark van God teruggebring na Jerusalem en daar gebly.
30 En Dawid het die hoogte van die olywe opgeklim, terwyl hy aldeur loop en ween; en sy hoof was bedek, en hy het kaalvoet geloop; en al die mense wat by hom was, hulle het elkeen sy hoof bedek en opgegaan en aldeur geween.
31 Nadat aan Dawid meegedeel is: Agitófel is onder die samesweerders met Absalom saam, het Dawid gesê: oHere, verydel tog die raad van Agitófel!
32 En toe Dawid tot bo-op die top kom, waar hulle God aanbid het, ontmoet Húsai, die Arkiet, hom daar, met geskeurde rok en grond op sy hoof.
33 En Dawid sê vir hom: As jy saam met my verder gaan, sal jy my tot 'n las wees.
34 Maar as jy teruggaan na die stad en vir Absalom sê: U dienaar, o koning, wil ek wees; tevore was ek wel u vader se dienaar, maar nou is ek u dienaar — dan kan jy vir my die raad van Agitófel verydel.
35 En is die priesters Sadok en Ábjatar nie daar saam met jou nie? Alles wat jy dan hoor uit die huis van die koning, moet jy aan Sadok en Ábjatar, die priesters, te kenne gee.
36 Kyk, hulle twee seuns is daar by hulle, Ahímaäs van Sadok en Jónatan van Ábjatar, en deur hulle moet julle alles wat julle verneem, aan my laat weet.
37 Daarop het Húsai, die vriend van Dawid, in die stad gekom, terwyl Absalom aankom na Jerusalem.
A rebelião de Absalão e a fuga de Davi
1 Depois disso, 1Rs 1.5Absalão adquiriu para si um carro, e cavalos, e cinquenta homens que corressem adiante dele. 2 Levantando-se Absalão cedo, 2Sm 19.8;Rt 4.1parava à entrada da porta; e a todo o homem que tinha uma demanda que devia ser submetida ao rei para julgamento, chamava-o a si e lhe dizia: De que cidade és tu? Ele respondia: De tal tribo de Israel é teu servo. 3 Então, Absalão lhe dizia: As tuas alegações são boas e retas, porém não há da parte do rei quem te ouça. 4 Acrescentava Absalão: Jz 9.1-5,29Quem me dera ser constituído juiz na terra, para que viesse ter comigo todo homem que tem uma demanda ou um caso, e eu lhe faria justiça! 5 Quando se chegava alguém para lhe fazer uma reverência, estendia ele a mão e, pegando nele, 2Sm 14.33;20.9o beijava. 6 Dessa maneira, fazia Absalão a todo o Israel que vinha ao rei para julgamento; assim, furtou Absalão o coração dos homens de Israel.
7 Ao fim de quarenta anos, disse Absalão ao rei: Permite que eu vá a 2Sm 3.2-3Hebrom cumprir o voto que fiz a Jeová. 8 Porque, morando em Gesur, na Síria, 2Sm 13.37-38fez o teu servo um voto, dizendo: Gn 28.20-21Se Jeová, na verdade, me fizer voltar para Jerusalém, servirei a Jeová. 9 Disse-lhe o rei: Vai-te em paz. Levantou-se e foi a Hebrom. 10 Enviou, porém, Absalão a todas as tribos de Israel emissários que dissessem: Logo que ouvirdes o som da trombeta, direis: 1Rs 1.34;2Rs 9.13Absalão reina em Hebrom. 11 De Jerusalém foram com Absalão duzentos homens, 1Sm 9.13que haviam sido convidados, mas 1Sm 22.15o fizeram inocentemente, pois nada sabiam. 12 Então, Absalão, enquanto fazia os sacrifícios, mandou chamar a 2Sm 15.31Aitofel, gilonita, conselheiro de Davi, de Js 15.51Giló, sua cidade. A conspiração tornava-se poderosa, Sl 3.1e o povo do partido de Absalão ia crescendo em número.
13 Veio um mensageiro a Davi, dizendo: 2Sm 15.6;Jz 9.3O coração dos homens de Israel vai após Absalão. 14 Davi disse a todos os seus servos que se achavam com ele em Jerusalém: 2Sm 12.11;Sl 3, títuloLevantai-vos, e fujamos, porque de outra forma nenhum de nós poderá escapar das mãos de Absalão. Apressai-vos a sair, não suceda que ele nos apanhe de súbito, lance sobre nós a ruína e fira a cidade ao fio da espada. 15 Responderam ao rei os seus servos: Eis aqui os teus servos para tudo o que determinar o rei, nosso senhor. 16 Saiu o rei, e todos os de sua casa o seguiram. 2Sm 16.21-22Deixou, porém, o rei dez concubinas para guardarem a casa. 17 Saiu o rei e todo o povo que o seguiu, e fizeram alto em Bete-Meraque. 18 Todos os seus servos iam ao lado dele; 2Sm 8.18todos os quereteus, e todos os peleteus, e todos os giteus, 1Sm 23.13;25.13;30.1,9seiscentos homens que o seguiram de Gate, passaram adiante do rei.
19 Disse o rei a 2Sm 18.2Itai, giteu: Por que vens tu também conosco? Volta e fica-te com o rei, porque és estrangeiro e exilado; torna ao teu lugar. 20 Ontem vieste, e te levarei eu hoje conosco a vaguear? 1Sm 23.13Pois eu vou para onde possa ir; volta e faze voltar a teus irmãos. 2Sm 2.6A misericórdia e a fidelidade sejam contigo. 21 Itai respondeu ao rei: Rt 1.16-17Pela vida de Jeová e pela vida do rei, meu senhor, no lugar em que estiver o rei, meu senhor, seja para a morte, seja para a vida, lá estará o teu servo! 22 Davi disse a Itai: Vai e passa adiante. Passou Itai, e todos os seus homens, e todos os pequeninos que estavam com ele. 23 Toda a terra chorava em alta voz, e todo o povo passava; também o rei passou a 1Rs 15.13;2Cr 29.16torrente de Cedrom, e todo o povo passou em direção 2Sm 15.28;16.2ao caminho do deserto.
Zadoque, Abiatar e Husai voltam para Jerusalém
24 Veio também 2Sm 8.17;20.25Zadoque, e com ele todos os levitas Nm 4.15;1Sm 4.4-5que levavam a arca da Aliança de Deus; e assentaram a arca de Deus 1Sm 22.20(E subiu Abiatar.), até que todo o povo acabou de passar da cidade. 25 Disse o rei a Zadoque: Leva a arca de Deus para a cidade. Se eu achar graça aos olhos de Jeová, Sl 43.3ele me fará voltar e me mostrará tanto a arca como Êx 15.13;Jr 25.30a sua habitação. 26 Se ele, porém, disser: 2Sm 22.20;Nm 14.8Não tenho prazer em ti, eis-me aqui, 1Sm 3.18faça a mim o que bem lhe parecer. 27 Acrescentou o rei ao sacerdote Zadoque: Não és tu 1Sm 9.6-9vidente? Volta para a cidade em paz, e convosco vossos 2Sm 17.17dois filhos, Aimaás, teu filho, e Jônatas, filho de Abiatar. 28 Olhai que eu me demorarei 2Sm 17.16;Js 5.10aos vaus do deserto, até que tenha informações da vossa parte. 29 Zadoque e Abiatar levaram a arca de Deus para Jerusalém e lá ficaram.
30 Davi, subindo pela encosta do monte das Oliveiras, ia chorando; tinha Et 6.12;Ez 24.17,23a cabeça coberta e caminhava Is 20.2-4descalço. Todo o povo que ia com ele, coberta a cabeça, subia chorando. 31 Foi dito a Davi: 2Sm 15.12Aitofel está entre os que entraram na conspiração de Absalão. Disse Davi: Peço-te, Jeová, 2Sm 16.23;17.14,23que tornes o conselho de Aitofel em loucura. 32 Quando Davi ia chegando ao cume do outeiro, onde se costuma adorar a Deus, veio-lhe ao encontro Husai, Js 16.2arquita, rasgados os vestidos e a cabeça coberta de terra. 33 Disse-lhe Davi: Se fores comigo, 2Sm 19.35ser-me-ás pesado; 34 porém, se voltares para a cidade e 2Sm 16.19disseres a Absalão: Eu serei, ó rei, teu servo; como tenho sido no passado servo de teu pai, assim, agora, serei teu servo, então, poderás frustrar para mim o conselho de Aitofel. 35 Tens ali contigo os sacerdotes Zadoque e Abiatar; portanto, 2Sm 17.15-16tudo o que ouvires da casa do rei lhes dirás. 36 Estão ali com eles 2Sm 15.27seus dois filhos, Aimaás, filho de Zadoque, e Jônatas, filho de Abiatar; 2Sm 17.17por eles me avisareis de tudo o que ouvirdes. 37 Veio Husai, 2Sm 16.16;1Cr 27.33amigo de Davi, à cidade, 2Sm 16.15e Absalão entrou em Jerusalém.