Pular para o conteúdo
Publicidade

2 Samuel 6

TB

Dawid bring die ark na Jerusalem oor.

1 DAARNA het Dawid weer al die uitgesoektes in Israel, dertigduisend, versamel;

2 en Dawid het hom klaargemaak en met al die mense opgetrek wat by hom was, van Báäle-Juda, om die ark van God, waaroor die Naam uitgeroep is, die Naam van die Here van die leërskare wat op die gérubs troon, daarvandaan te gaan haal.

3 En hulle het die ark van God op 'n nuwe wa vervoer en dit uit die huis van Abinádab, wat op die heuwel is, gebring. Terwyl Ussa en Agjo, die seuns van Abinádab, die wa drywe,

4 met die ark van God, het Agjo voor die ark geloop.

5 En Dawid en die hele huis van Israel het voor die aangesig van die Here gespeel met allerhande instrumente van sipreshout, naamlik met siters en harpe en tamboeryne, en bekkens en simbale.

6 En toe hulle by die dorsvloer van Nagon kom, het Ussa sy hand uitgesteek na die ark van God en dit vasgehou, want die osse het gestruikel.

7 Daarop het die toorn van die Here teen Ussa ontvlam, en God het hom daar getref oor dié vergryp, sodat hy daar by die ark van God gesterf het.

8 En Dawid het ontroerd geword, omdat die Here 'n skeur aan Ussa geskeur het; daarom het hy daardie plek genoem Peres-Ussa, tot vandag toe.

9 En Dawid het daardie dag vir die Here bevrees geword en gesê: Hoe kan die ark van die Here na my kom?

10 Daarom wou Dawid nie die ark van die Here by hom in die stad van Dawid laat inkom nie, maar Dawid het dit na die huis van Obed-Edom, die Gittiet, laat wegdraai.

11 En die ark van die Here het drie maande lank in die huis van Obed-Edom, die Gittiet, gebly, en die Here het Obed-Edom en sy hele huis geseën.

12 En toe aan koning Dawid meegedeel is: Die Here het die huis van Obed-Edom en alles wat aan hom behoort, geseën ter wille van die ark van God, het Dawid gegaan en die ark van God met vreugde uit die huis van Obed-Edom na die stad van Dawid gebring.

13 En toe die draers van die ark van die Here ses treë geloop het, het hy 'n bees en 'n vetgemaakte kalf geoffer.

14 Daarby het Dawid met alle mag gedans voor die aangesig van die Here; en Dawid was omgord met 'n linneskouerkleed.

15 So het Dawid en die hele huis van Israel dan die ark van die Here met gejuig en basuingeklank opgehaal.

16 Toe die ark van die Here die stad van Dawid inkom, kyk Migal, die dogter van Saul, juis deur die venster en sien koning Dawid huppel en dans voor die aangesig van die Here; en sy het hom in haar hart verag.

17 Nadat hulle dan die ark van die Here ingebring en dit op sy plek neergesit het binne-in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het, het Dawid brandoffers en dankoffers gebring voor die aangesig van die Here.

18 Toe Dawid gereed was met die brandoffer en dankoffers, het hy die volk in die Naam van die Here van die leërskare geseën

19 en aan die hele volk, die hele menigte van Israel, manne sowel as vroue, aan elkeen een broodkoek en een stuk vleis en een rosynekoek uitgedeel. Daarop het die hele volk elkeen na sy huis gegaan.

20 Toe Dawid terugkom om sy huisgesin te seën, het Migal, die dogter van Saul, Dawid tegemoetgegaan en gesê: Hoe het die koning van Israel homself vandag geëer, dat hy homself vandag voor die van die slavinne van sy dienaars ontbloot het soos een van die ligsinnige mense hom sommer ontbloot!

21 Maar Dawid vir Migal: Voor die aangesig van die Here wat my verkies het bo jou vader en bo sy hele huis, deur my as vors aan te stel oor die volk van die Here, oor Israel ja, voor die aangesig van die Here sal ek vrolik wees!

22 En ek sal my nog geringer ag as dit ek sal nederig wees in my eie en met die slavinne van wie jy gepraat het, met hulle sal ek myself eer.

23 En Migal, die dogter van Saul, het tot die dag van haar dood geen kind gehad nie.

Davi traz a arca para Peres-Uzá

1 1Cr 13.5-14Tornou Davi a ajuntar todos os escolhidos de Israel, em número de trinta mil. 2 Levantou-se e partiu com todo o povo que estava com ele de Js 15.9-10;1Sm 7.1Baalim de Judá, para fazerem subir de a arca de Deus, a qual é chamada Lv 24.16pelo nome de Jeová dos Exércitos, que Êx 25.22se assenta sobre os querubins. 3 Puseram a arca de Deus 1Sm 6.7sobre um carro novo e levaram-na da casa de Abinadabe, que estava sobre o outeiro; Uzá e Aiô, filhos de Abinadabe, guiavam o carro novo. 4 1Sm 7.1Levaram-no com a arca de Deus, da casa de Abinadabe, que estava sobre o outeiro; e Aiô ia adiante da arca. 5 Davi e toda a casa de Israel 1Sm 18.6-7dançavam diante de Jeová, 1Cr 13.8com todas as suas forças, com cânticos e ao som de harpas, e saltérios, e tambores, e pandeiros, e címbalos.

6 Quando chegaram à eira de 1Cr 13.9Nacom, Nm 4.15,19-20lançou Uzá a mão à arca de Deus e pegou nela, porque os bois tropeçaram. 7 A ira de Jeová se acendeu contra Uzá, e 1Sm 6.19Deus o feriu ali pela sua temeridade. Uzá ali morreu junto à arca de Deus. 8 Desgostou-se Davi, porque Jeová ferira a Uzá. Ficou-se chamando aquele lugar Peres-Uzá até o dia de hoje. 9 Davi teve medo de Jeová naquele dia e disse: Como virá a mim a arca de Jeová? 10 Não quis Davi remover a arca de Jeová para junto de si na Cidade de Davi, mas fê-la entrar na casa de 1Cr 26.4-8Obede-Edom, de Gate. 11 Ficou a arca de Jeová três meses na casa de Obede-Edom, de Gate, e Jeová o abençoou juntamente com toda a sua casa.

Davi traz a arca para Jerusalém

12 Foi dito ao rei Davi: Jeová tem abençoado a casa de 1Cr 15.25—16.3Obede-Edom e tudo o que lhe pertence, por causa da arca de Deus. Foi Davi e trouxe com alegria da casa de Obede-Edom a arca de Deus 1Rs 8.1para a Cidade de Davi. 13 Quando os que levavam a arca de Jeová tinham dado seis passos, sacrificava ele um boi e um animal cevado. 14 Êx 15.20-21;Jz 11.34Davi dançava diante de Jeová, com todas as suas forças, Êx 19.6;1Sm 2.18,28cingido dum éfode de linho. 15 Assim, Davi e toda a casa de Israel traziam a arca de Jeová, com júbilo e ao som de trombetas.

16 Ao entrar a arca de Jeová na Cidade de Davi, 2Sm 3.14Mical, filha de Saul, olhou duma janela e viu ao rei Davi saltando e dançando diante de Jeová; e, no seu coração, ela o desprezou. 17 Introduziram a arca de Jeová e puseram-na 1Cr 15.1;2Cr 1.4no seu lugar, no meio da tenda que Davi lhe armara; 1Rs 8.62-65e Davi ofereceu holocaustos e ofertas pacíficas diante de Jeová. 18 Tendo Davi acabado de oferecer o holocausto e as ofertas pacíficas, 1Rs 8.14-15abençoou o povo em nome de Jeová dos Exércitos. 19 A todo o povo, a toda a multidão de Israel, tanto a homens como a mulheres, distribuiu a cada um um bolo de pão, um pedaço de carne e um cacho de passas. Assim, se retirou todo o povo, cada um para sua casa.

20 Então, voltou Davi para abençoar a sua casa. Mical, filha de Saul, saiu a receber a Davi e disse: Que glória teve hoje o rei de Israel, 2Sm 5.14,16descobrindo-se aos olhos das servas dos seus vassalos, como se descobre um indivíduo qualquer! 21 Davi respondeu a Mical: 1Sm 13.14;15.28Diante de Jeová, eu estava dançando. Bendito seja Jeová que me escolheu, preferindo-me a teu pai, e a toda a sua casa, para príncipe sobre o povo de Jeová, sobre Israel! Por isso, dançarei diante de Jeová. 22 Ainda mais do que isso me envilecerei e me humilharei aos meus olhos; porém das servas, de que falaste, serei, na verdade, honrado. 23 Mical, filha de Saul, não teve filhos até o dia da sua morte.

Veja também