Dawid onderwerp die Filistyne en Moab, Soba en Aram. Sy staatsamptenare.
1 EN daarna het Dawid die Filistyne verslaan en hulle onderwerp; en Dawid het die gesag oor die moederstad uit die hand van die Filistyne geneem.
2 Hy het die Moabiete ook verslaan en hulle gemeet met 'n lyn deur hulle op die grond te laat lê: en hy het twee mate gemeet om dood te maak en een volle maat om te laat lewe; en die Moabiete het Dawid se belastingpligtige knegte geword.
3 Verder het Dawid Hadadéser, die seun van Rehob, die koning van Soba, verslaan, toe dié getrek het om sy mag aan die Eufraatrivier te herstel.
4 En Dawid het van hom duisend-sewehonderd perderuiters afgeneem en twintigduisend man voetgangers, en Dawid het al die trekperde se hakskeensenings afgesny, maar honderd trekperde daarvan laat oorbly.
5 En die Arameërs van Damaskus het gekom om Hadadéser, die koning van Soba, te help; maar Dawid het onder die Arameërs twee-en-twintigduisend man verslaan.
6 En Dawid het wagposte in Aram- Damaskus uitgesit, sodat die Arameërs Dawid se belastingpligtige knegte was; en die Here het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.
7 En Dawid het die goue skilde geneem wat die dienaars van Hadadéser gedra het, en dit na Jerusalem gebring.
8 En uit Bétag en uit Berotái, stede van Hadadéser, het koning Dawid ontsaglik veel koper weggeneem.
9 Toe Toï, die koning van Hamat, hoor dat Dawid die hele leërmag van Hadadéser verslaan het,
10 stuur Toï sy seun Joram na koning Dawid om hom na die welstand te vra en hom geluk te wens, omdat hy teen Hadadéser geveg en hom verslaan het — want Hadadéser het gedurig oorlog gevoer met Toï — en in sy hand was silwer- en goue en kopervoorwerpe.
11 Dit het koning Dawid ook aan die Here geheilig, saam met die silwer en die goud wat hy geheilig het van al die nasies wat hy onderwerp het:
12 van die Arameërs en die Moabiete en van die kinders van Ammon en van die Filistyne en van die Amalekiete en van die buit van Hadadéser, die seun van Rehob, die koning van Soba.
13 En Dawid het naam gemaak toe hy, by sy terugkoms van die neerlaag van die Arameërs, in die Soutdal agttienduisend Edomiete verslaan het.
14 En Dawid het wagposte in Edom uitgesit, in die hele Edom het hy wagposte uitgesit, en al die Edomiete het Dawid se knegte geword; en die Here het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.
15 En Dawid het oor die hele Israel geregeer, en Dawid het aan sy hele volk reg en geregtigheid gedoen.
16 En Joab, die seun van Serúja, was oor die leër; en Jósafat, die seun van Ahílud, was kanselier.
17 En Sadok, die seun van Ahítub, en Ahiméleg, die seun van Ábjatar, was priesters, en Serája was skrywer.
18 En Benája, die seun van Jójada, was oor die Kreti en die Pleti, en die seuns van Dawid was priesters.
As vitórias de Davi sobre várias nações
1 1Cr 18Depois disso, Davi bateu os filisteus, e os subjugou, e tirou das suas mãos as rédeas da metrópole.
2 Nm 24.17Bateu também a 1Sm 22.3-4Moabe e mediu-os com cordel, fazendo-os deitar por terra; deles mediu dois cordéis para os matar e um cordel inteiro para os conservar em vida. 2Sm 8.6;1Rs 4.21;2Rs 3.4Os moabitas tornaram-se servos de Davi e 2Rs 17.3pagavam-lhe tributos.
3 Bateu também Davi 2Sm 10.16,19;1Sm 14.47a Hadadezer, filho de Reobe, rei de Zobá, 2Sm 10.15-19quando foi estabelecer o seu domínio sobre o rio. 4 Davi tomou-lhe mil e setecentos cavaleiros e vinte mil homens de pé; Js 11.6,9jarretou a todos os cavalos dos carros, mas deles reservou para cem carros. 5 Quando os 1Rs 11.23-25;15.18siros de Damasco vieram socorrer a Hadadezer, rei de Zobá, Davi matou dos siros vinte e dois mil homens. 6 Davi pôs guarnições em Síria de Damasco; 2Sm 8.2os siros tornaram-se servos de Davi e pagavam-lhe tributos. 2Sm 3.18Jeová guardava a Davi por onde quer que ele ia. 7 Tomou Davi os escudos de ouro, de que usavam os servos de Hadadezer, e levou-os para Jerusalém. 8 De Betá e de Ez 47.16Berotai, cidades de Hadadezer, tomou o rei Davi bronze em grande quantidade.
9 Quando Toí, rei de 1Rs 8.65;2Cr 8.4Hamate, ouviu que Davi ferira toda a hoste de Hadadezer, 10 enviou-lhe seu filho Jorão para o saudar e para o abençoar, porque tinha pelejado contra Hadadezer e porque o tinha batido. Pois Hadadezer, de contínuo, fazia guerra a Toí. Jorão trouxe na sua mão vasos de prata, vasos de ouro e vasos de bronze, 11 1Rs 7.51que o rei Davi consagrou a Jeová, juntamente com a prata e ouro que tinha consagrado de todas as nações que subjugara: 12 da Síria, 2Sm 8.2e de Moabe, 2Sm 10.14e dos filhos de Amom, 2Sm 5.17-25e dos filisteus, e 1Sm 27.8;30.17-20de Amaleque, e dos despojos de Hadadezer, filho de Reobe, rei de Zobá.
13 2Sm 7.9Davi adquiriu para si grande nome, quando voltou de ferir os siros, 2Rs 14.7no vale do Sal, uns dezoito mil homens. 14 Pôs guarnições em Edom; em todo o Edom pôs guarnições, Gn 27.37-40;Nm 24.17-18e todos os edomitas tornaram-se servos de Davi. 2Sm 8.6Jeová guardava a Davi por onde quer que ele ia.
15 Reinou Davi sobre todo o Israel e administrava o juízo e a justiça a todo o seu povo. 16 Joabe, filho de Zeruia, era sobre o exército; 1Rs 4.3Josafá, filho de Ailude, era 2Rs 18.18,37cronista; 17 1Cr 6.4-8Zadoque, filho de Aitube, e Aimeleque, filho de Abiatar, eram 1Cr 16.39-40sacerdotes; Seraías era 2Rs 18.18secretário; 18 1Rs 4.4Benaia, filho de Joiada, era sobre os 2Sm 15.18;20.7,23;1Sm 30.14;1Rs 1.38,44quereteus e peleteus; e os filhos de Davi eram 1Cr 18.17ministros de Estado.