Dawid pleeg owerspel en moord.
1 EN ná verloop van die jaar, teen die tyd dat die konings uittrek, stuur Dawid Joab en sy dienaars saam met hom uit en die hele Israel. En hulle het die land van die kinders van Ammon verniel en Rabba beleër, terwyl Dawid in Jerusalem gebly het.
2 En teen die aand, toe Dawid van sy bed opgestaan het en op die dak van die paleis wandel, sien hy van die dak af 'n vrou wat besig was om 'n bad te neem; en die vrou was baie mooi van aansien.
3 En Dawid het ondersoek laat doen na die vrou, en hulle het gesê: Is dit nie Bátseba, die dogter van Elíam, die vrou van Uría die Hetiet nie?
4 Daarop stuur Dawid boodskappers en laat haar haal. En toe sy by hom inkom, het hy met haar gemeenskap gehad, terwyl sy haar juis van haar onreinheid gereinig het. Daarna het sy na haar huis teruggegaan.
5 En die vrou het swanger geword en gestuur om Dawid te laat weet: Ek is swanger.
6 En Dawid het Joab laat weet: Stuur Uría, die Hetiet, na my. En Joab het Uría na Dawid gestuur.
7 Toe Uría dan by hom kom, vra Dawid of dit goed gaan met Joab, en of dit goed gaan met die manskappe, en of dit goed gaan met die oorlog.
8 En Dawid sê vir Uría: Gaan af na jou huis en was jou voete. En toe Uría uit die paleis uitgaan, het 'n geskenk van die koning hom gevolg.
9 Maar Uría het gaan slaap by die ingang van die paleis, by al die dienaars van sy heer, en nie na sy huis afgegaan nie.
10 En daar is aan Dawid meegedeel en gesê: Uría het nie na sy huis afgegaan nie. Toe vra Dawid vir Uría: Kom jy nie van 'n reis af nie? Waarom gaan jy nie af na jou huis nie?
11 En Uría sê vir Dawid: Die ark en Israel en Juda bly in hutte, en my heer Joab en die dienaars van my heer is gelaer in die oop veld; sou ek dan in my huis ingaan om te eet en te drink en by my vrou te slaap? So waar as u leef en u siel leef, ek sal dit nie doen nie!
12 En Dawid sê vir Uría: Bly vandag ook hier; dan sal ek jou môre laat gaan. En Uría het dié dag in Jerusalem gebly.
13 Maar die volgende dag het Dawid hom genooi, en hy het voor sy aangesig geëet en gedrink, en hy het hom dronk gemaak. Toe gaan hy in die aand uit om op sy slaapplek by die dienaars van sy heer te gaan slaap; maar na sy huis het hy nie afgegaan nie.
14 En in die môre skrywe Dawid 'n brief aan Joab en stuur dit met Uría weg.
15 En hy het in die brief geskrywe en gesê: Sit Uría op die voorpunt van die hewigste geveg; trek julle dan agter hom terug, dat hy in die slag kan sneuwel.
16 So het Joab dan, terwyl hy die stad verken, Uría op 'n plek gesit waarvan hy geweet het dat daar dapper manne was.
17 En toe die manne van die stad uittrek en met Joab veg, het daar van die manskappe, van die dienaars van Dawid, geval, en Uría, die Hetiet, het ook gesterwe.
18 Daarop stuur Joab om Dawid die hele beloop van die geveg mee te deel.
19 En hy gee die boodskapper bevel en sê: Net soos jy die hele beloop van die geveg aan die koning klaar vertel het —
20 as dan die woede van die koning opkom en hy vir jou sê: Waarom het julle so naby die stad gekom om te veg? Het julle dan nie geweet dat hulle bo van die muur af sou skiet nie?
21 Wie het Abiméleg, die seun van Jerubbéset, verslaan? Het nie 'n vrou bo van die muur af 'n boonste meulsteen op hom gegooi, sodat hy in Tebes gesterf het nie? Waarom het julle so naby die muur gekom? — dan moet jy sê: U dienaar Uría, die Hetiet, is ook dood!
22 En die boodskapper het gegaan en aangekom en aan Dawid alles vertel wat Joab hom opgedra het.
23 Die boodskapper het naamlik aan Dawid gesê: Die manne was vir ons te sterk en het teen ons uitgetrek die veld in, maar ons het hulle teruggedruk tot by die ingang van die poort.
24 Toe het die boogskutters bo van die muur af op u dienaars geskiet, sodat daar van die koning se dienaars gesterf het, en u dienaar Uría, die Hetiet, is ook dood.
25 Daarop het Dawid aan die boodskapper gesê: So moet jy aan Joab sê: Laat hierdie saak nie so verkeerd wees in jou oë nie, want die swaard verteer die een sowel as die ander; veg net dapper teen die stad en verwoes dit. So moet jy hom moed inpraat.
26 Toe die vrou van Uría hoor dat haar man Uría dood was, het sy gerouklaag oor haar heer.
27 Nadat die routyd verby was, het Dawid gestuur en haar in sy huis opgeneem; en sy het sy vrou geword en vir hom 'n seun gebaar. Maar die ding wat Dawid gedoen het, was verkeerd in die oë van die Here.
O pecado de Davi contra Urias
1 1Cr 20.1Tendo decorrido um 2Sm 10.14;1Rs 20.22,26ano, ao tempo em que os reis saem para a guerra, enviou Davi a Joabe, juntamente com os seus servos e a todo o Israel; e destruíram aos amonitas e 2Sm 12.26-28;Jr 49.2-3;Am 1.14sitiaram a Rabá. Davi, porém, ficou em Jerusalém.
2 À tarde, 2Sm 4.5,7levantou-se Davi de dormir a sesta e pôs-se a passear Dt 22.8;1Sm 9.25;Mt 24.17;At 10.9no eirado do palácio real; e do eirado viu, tomando banho, uma mulher que era em extremo formosa. 3 Davi mandou saber quem era. Foi-lhe dito: É 1Cr 3.5Bate-Seba, filha de Eliã, mulher de 2Sm 23.39Urias, heteu. 4 Enviou Davi mensageiros e fez que lha trouxessem. Chegada que foi Bate-Seba, Sl 51, título;Tg 1.14-15ele se deitou com ela, Lv 12.2-5;15.19-28;18.19pois já estava purificada da sua imundícia. Depois, voltou ela para casa. 5 A mulher concebeu e mandou dizer a Davi: Lv 20.10;Dt 22.22Estou grávida.
6 Davi enviou a Joabe, dizendo: Remete a Urias, heteu. Joabe remeteu Urias a Davi. 7 Quando Urias se apresentou a Davi, Gn 37.14;1Sm 17.22este lhe perguntou como passava Joabe e o povo e como ia a guerra. 8 Disse Davi a Urias: Desce para tua casa e Gn 43.24;Lc 7.44lava os teus pés. Saiu Urias da casa real e foi mandado após ele Gn 43.34um presente do rei. 9 Mas Urias dormiu 1Rs 14.27-28à porta da casa real com todos os servos do seu senhor e não desceu para sua casa. 10 Avisaram disso a Davi, dizendo: Urias não desceu para sua casa. Perguntou Davi a Urias: Não és tu vindo duma jornada? Por que não desceste para tua casa? 11 Respondeu Urias a Davi: 2Sm 7.2,6A arca, e Israel, e Judá estão em tendas, e o meu senhor Joabe e 2Sm 20.6os servos do meu senhor acampam-se ao ar livre; hei de entrar eu na minha casa, para comer, e beber, e para dormir com minha mulher? 2Sm 4.9;14.19Pela tua vida e pela vida da tua alma, não farei tal coisa. 12 Disse Davi a Urias: Fica aqui hoje, e amanhã te despedirei. Urias, pois, ficou em Jerusalém aquele dia e o seguinte. 13 E Davi o convidou a comer e a beber na sua presença e o embebedou. À tarde, saiu Urias a deitar-se na sua cama 2Sm 11.9com os servos do seu senhor, porém não desceu para sua casa.
A morte de Urias
14 Pela manhã, 1Rs 21.8-10escreveu Davi uma carta a Joabe e lha enviou por mão de Urias. 15 Escreveu na carta, dizendo: Ponde a Urias na frente onde for mais renhido o combate e deixai-o sozinho, 2Sm 12.9para que seja ferido e morra. 16 Quando Joabe vigiava a cidade, pôs a Urias num lugar onde sabia que estavam homens valentes. 17 Tendo os homens da cidade feito uma sortida, pelejaram contra Joabe; do povo caíram alguns que eram servos de Davi, 2Sm 11.21e morreu também Urias heteu. 18 Enviou Joabe e referiu a Davi todas as coisas que se tinham passado na batalha; 19 deu ordem ao mensageiro, dizendo: Quando tiveres acabado de referir ao rei tudo o que se passou na batalha, 20 se o rei se encolerizar e te disser: Por que chegastes tão perto da cidade para pelejardes? Não sabíeis que haviam de atirar do alto do muro? 21 Jz 9.50-54Quem matou a Abimeleque, filho de Jerubesete? Não foi uma mulher que, do alto do muro, lançou em cima dele a pedra superior dum moinho, de sorte que morreu em Tebes? Por que chegastes tão perto do muro? Então, responderás: Também foi morto teu servo Urias, heteu.
Davi casa com Bate-Seba
22 Partiu o mensageiro, foi e referiu a Davi tudo o que Joabe lhe tinha mandado. 23 Disse o mensageiro a Davi: Na verdade, os homens prevaleceram contra nós e saíram a nós no campo, mas, dando sobre eles, os repelimos até a porta. 24 Do alto do muro atiraram os flecheiros contra os teus servos; morreram alguns dos servos do rei, e morreu também o teu servo Urias, heteu. 25 Disse Davi ao mensageiro: Assim dirás a Joabe: Não te desagrade isso, porque a espada destrói ora este, ora aquele. Faze mais rija a tua peleja contra a cidade e derruba-a. Quanto a ti, encoraja a Joabe.
26 Quando a mulher de Urias ouviu que seu marido era morto, Gn 50.10;Dt 34.8;1Sm 31.13o chorou. 27 Passado o tempo do nojo, mandou Davi buscá-la para sua casa. 2Sm 12.9Ela lhe foi por mulher e deu-lhe à luz um filho. Sl 51.4-5Mas o que Davi fizera desagradou a Jeová.