Pular para o conteúdo
Publicidade

1 Samuel 14

TB

Oorwinning van Jónatan. Saul verbied die leër om voor die aand iets te eet.

1 EN op 'n dag het Jónatan, die seun van Saul, aan die dienaar wat sy wapens dra, gesê: Kom, ons gaan oor na die wagpos van die Filistyne wat daar oorkant is. Maar aan sy vader het hy dit nie te kenne gegee nie.

2 En Saul het gesit op die grens van Gíbea onder die granaatboom wat by Migron staan; en die manskappe by hom was omtrent seshonderd man.

3 En Ahía, die seun van Ahítub, die broer van Íkabod, die seun van Pínehas, die seun van Eli, die priester van die Here in Silo, het die skouerkleed gedra. Maar die manskappe het nie geweet dat Jónatan weggegaan het nie.

4 Nou was daar tussen die passe waar Jónatan wou deurgaan na die wagpos van die Filistyne, 'n spits rots oorkant en 'n spits rots duskant, en die naam van die een was Boses en die naam van die ander Sene.

5 Die een spits staan soos 'n pilaar noord teenoor Migmas, en die ander een suid teenoor Geba.

6 Jónatan dan het aan die dienaar wat sy wapens dra, gesê: Kom, ons gaan oor na die wagpos van daardie onbesnedenes; miskien sal die Here vir ons optree, want by die Here is daar geen verhindering om deur baie of deur min te verlos nie.

7 Toe sy wapendraer vir hom: Doen alles wat in u hart is, maak soos u wil; hier is ek by u volgens die wens van u hart.

8 Daarop Jónatan: Kyk, ons sal na die manne toe oorgaan en ons aan hulle vertoon.

9 As hulle vir ons : Staan stil totdat ons by julle kom! dan moet ons op ons plek bly staan en nie na hulle opklim nie.

10 Maar as hulle : Kom op na ons toe! dan klim ons op, want dan het die Here hulle in ons hand gegee; en dit sal vir ons die teken wees.

11 Toe hulle twee hul aan die wagpos van die Filistyne vertoon, die Filistyne: Kyk, daar kom Hebreërs uit die gate uit waar hulle weggekruip het.

12 En die manne van die wagpos het Jónatan en sy wapendraer aangespreek en gesê: Klim op na ons toe, dan sal ons julle 'n les leer! Daarop Jónatan aan sy wapendraer: Klim op agter my aan, want die Here het hulle in die hand van Israel gegee.

13 En Jónatan het op sy hande en voete uitgeklim, en sy wapendraer agter hom aan; en hulle het voor Jónatan geval terwyl sy wapendraer agter hom aan van kant maak.

14 Hierdie eerste slag waarin Jónatan en sy wapendraer ongeveer twintig man verslaan het, het plaasgevind op omtrent die helfte van 'n aanvoorsel van 'n stuk land.

15 Toe kom daar 'n skrik in die laer, in die veld en onder al die manskappe; die wagpos en die roofkommando, hulle het ook geskrik, ja, die land het gebewe, sodat dit 'n skrik van God geword het.

16 En toe die spioene van Saul in Gíbea in Benjamin sien dat die menigte daar verward heen en weer golf,

17 Saul aan die manskappe wat by hom was: Hou tog 'n monstering en kyk wie van ons af weggegaan het. En by die monstering het geblyk dat Jónatan en sy wapendraer daar nie was nie.

18 Toe Saul vir Ahía: Bring die ark van God nader. Want die ark van God was in dié tyd by die kinders van Israel.

19 En terwyl Saul nog met die priester spreek en die rumoer wat in die laer van die Filistyne was, altyddeur groter word, Saul vir die priester: Trek jou hand terug!

20 Saul en al die manskappe wat by hom was, is toe saamgeroep, en hulle het by die geveg aangekom; en kyk, die swaard van die een was teen die ander 'n baie groot verwarring.

21 Selfs die Hebreërs wat die Filistyne soos gister en eergister bygestaan het, wat verspreid met hulle saam in die leër opgetrek het, hulle het ook aangesluit by die Israeliete wat saam met Saul en Jónatan was.

22 Toe al die manne van Israel wat op die gebergte van Efraim weggekruip het, hoor dat die Filistyne vlug, het dié hulle ook in die geveg agternagesit.

23 En die Here het Israel op dié dag verlos. Toe die geveg dan by Bet-Awen verbygaan,

24 en die manne van Israel dié dag aangedryf word, het Saul die manskappe besweer en gesê: Vervloek is die man wat iets eet tot vanaand, sodat ek my op my vyande kan wreek. Daarom het al die manskappe aan niks geproe nie.

25 En al die mense het in 'n bos gekom, en daar was heuning op die veld.

26 Toe die manskappe in die bos kom, was daar oorvloed van heuning; maar niemand het met sy hand aan sy mond geraak nie, omdat die manskappe bevrees was vir die eed.

27 Maar Jónatan het nie gehoor toe sy vader die manskappe besweer het nie en het die punt van die staf wat in sy hand was, uitgesteek en dit in 'n heuningkoek gedoop en sy hand aan sy mond gebring, en sy het helder geword.

28 Daarop spreek een van die manskappe hom aan en : Jou vader het die manskappe met hierdie dure eed besweer: Vervloek is die man wat vandag iets eet. Daarom is die volk afgemat.

29 En Jónatan : My vader stort die land in die ongeluk; kyk tog hoe helder my nou is, omdat ek hierdie bietjie heuning geproe het.

30 Hoeveel te meer as die manskappe vandag vry kon eet van die buit van hul vyande wat hulle gevind het! Maar nou is die slagting onder die Filistyne nie groot nie.

31 Maar dié dag het hulle die Filistyne verslaan van Migmas af na Ájalon toe, en die manskappe was baie afgemat.

32 En die manskappe het op die buit afgestorm, en kleinvee en beeste en kalwers geneem en dit op die grond geslag, en die manskappe het dit met bloed en al geëet.

33 Toe daar aan Saul geboodskap is: Kyk, die manskappe besondig hulle teen die Here deur met bloed en al te eet, het hy gesê: Julle handel troueloos; rol nou 'n groot klip na my toe.

34 Verder het Saul gesê: Versprei julle onder die manskappe en aan hulle: Bring na my elkeen sy bees en elkeen sy stuk kleinvee, en slag dit hier en eet; maar besondig julle nie teen die Here deur met bloed en al te eet nie. En al die manskappe het elkeen in die nag sy bees met sy hand gebring en dit daar geslag.

35 En Saul het vir die Here 'n altaar gebou; dit was die eerste altaar wat hy vir die Here gebou het.

36 Toe Saul: Laat ons in die nag aftrek agter die Filistyne aan, en laat ons onder hulle plunder totdat dit môre lig word; en ons moet nie een onder hulle laat oorbly nie. En hulle antwoord: Doen alles wat goed is in u . Maar die priester het gesê: Laat ons hier tot God nader.

37 Toe het Saul God geraadpleeg: Sal ek aftrek agter die Filistyne aan? Sal U hulle in Israel se hand gee? Maar Hy het hom dié dag nie geantwoord nie.

38 En Saul : Kom nader hierheen, al die hoofde van die volk, en ondersoek en kyk waarin hierdie sonde vandag begaan is.

39 Want so waar as die Here leef wat Israel verlos, al was dit ook in my seun Jónatan, dan moet hy sekerlik sterwe! Maar niemand uit al die manskappe het hom geantwoord nie.

40 Daarop hy aan die hele Israel: Julle moet eenkant staan, en ek en my seun Jónatan sal eenkant staan. En die manskappe antwoord Saul: Doen wat goed is in u .

41 Toe Saul aan die Here: God van Israel, gee tog die waarheid! En Jónatan en Saul is aangewys, maar die manskappe het vry uitgegaan.

42 En Saul : Werp die lot tussen my en my seun Jónatan. En Jónatan is aangewys.

43 Daarop vra Saul vir Jónatan: Gee my tog te kenne wat jy gedoen het. En Jónatan het hom te kenne gegee en gesê: Ek het net 'n bietjie heuning geproe met die punt van die staf wat in my hand was; hier is ek, ek sal sterwe.

44 Toe Saul: Mag God aan my so doen en so daaraan toedoen, jy moet sekerlik sterwe, Jónatan!

45 Maar die manskappe het aan Saul gesê: Moet Jónatan sterwe wat hierdie groot verlossing in Israel bewerk het? Volstrek nie! So waar as die Here leef, geen haar van sy hoof sal op die aarde val nie! Want met God het hy dit vandag gedoen. So het die volk dan Jónatan losgekoop, dat hy nie gesterf het nie.

46 Daarna het Saul agter die Filistyne teruggetrek, en die Filistyne het na hulle plek gegaan.

Oorloë van Saul. Sy geslag.

47 SO het Saul dan die koningskap oor Israel verkry en oorlog gevoer rondom teen al sy vyande: teen Moab en teen die kinders van Ammon en teen Edom en teen die konings van Soba en teen die Filistyne; en oral waarheen hy hom gewend het, het hy straf geoefen.

48 En hy het hom dapper gedra: hy het Ámalek verslaan en Israel gered uit die hand van sy berower.

49 En die seuns van Saul was Jónatan en Jiswi en Malkisúa, en die naam van sy twee dogters: die naam van die oudste was Merab, en die naam van die jongste Migal.

50 En die naam van Saul se vrou was Ahínoam, 'n dogter van Ahímaäs; en die naam van sy leërowerste was Abner, die seun van Ner, die oom van Saul.

51 En Kis was die vader van Saul, en Ner, die vader van Abner, was die seun van Abíël.

52 Die oorlog teen die Filistyne was hewig al die dae van Saul; en waar Saul ook 'n held of 'n dapper man sien, het hy hom by hom opgeneem.

A vitória de Jônatas sobre os filisteus

1 Sucedeu um dia que Jônatas, filho de Saul, disse ao seu escudeiro: Vem, e passemos à guarnição dos filisteus, que está do outro lado. A seu pai, porém, não disse nada. 2 Saul estava sentado na extremidade de 1Sm 13.15-16Gibeá, debaixo da romeira que está em Is 10.28Migrom, e o povo que estava com ele era 1Sm 13.15cerca de seiscentos homens. 3 1Sm 22.9-12,20Aías, filho de Aitube, irmão de 1Sm 4.21Icabode, filho de Fineias, filho de Eli, sacerdote de Jeová em 1Sm 1.3Siló, 1Sm 2.28trazia o éfode. O povo não sabia que Jônatas tinha ido. 4 1Sm 13.23Entre os desfiladeiros pelos quais Jônatas intentava passar à guarnição dos filisteus, havia um penhasco de uma e de outra banda: o nome de um era Bozez, e o nome do outro era Sené. 5 Um penhasco elevava-se ao norte, em frente de Micmás, e o outro, ao sul, em frente de Geba.

6 Disse Jônatas ao seu escudeiro: Vem, e passemos à guarnição 1Sm 17.26,36;Jr 9.25-26destes incircuncidados. Talvez Jeová opere por nós, porque 1Sm 17.46-47;Jz 7.4,7;Hb 11.34nada que proíba a Jeová de livrar ou com muitos ou com poucos. 7 Então, lhe respondeu o seu escudeiro: Faze tudo o que estiver no teu coração. Segue; eis que eu estou contigo para o que quiseres. 8 Disse Jônatas: Jz 7.9-14Eis que passaremos aos homens e nos descobriremos a eles. 9 Se nos falarem assim: Parai até que venhamos a vós, pararemos em nosso lugar e não subiremos a eles. 10 Porém, se disserem assim: Subi a nós; subiremos, pois Jeová nô-los entregou nas mãos. Gn 24.14;Jz 6.36Isso nos servirá de sinal. 11 Então, se descobriram ambos eles à guarnição dos filisteus, que disseram: Eis que 1Sm 13.6;14.22os hebreus estão saindo dos buracos em que se tinham escondido. 12 Os homens da guarnição disseram a Jônatas e ao seu escudeiro: Subi a nós, e 1Sm 17.43-44;Jz 8.16mostrar-vos-emos uma coisa. Disse Jônatas ao seu escudeiro: Sobe após de mim, pois 2Sm 5.24Jeová os entregou nas mãos de Israel. 13 Trepou Jônatas, engatinhando com as mãos e pés, e o seu escudeiro, após dele. Os filisteus caíram diante de Jônatas, e o seu escudeiro matava-os atrás dele. 14 Esta foi a primeira desfeita em que Jônatas e seu escudeiro mataram cerca de vinte homens, dentro duma como meia jeira de terra. 15 Houve tremor no arraial, no campo e entre todo o povo; tremeram a guarnição e os 1Sm 13.17-18saqueadores, e também 1Sm 7.10estremeceu a terra, de sorte que 2Rs 7.6houve grandíssimo pânico.

Batalha de Bete-Áven

16 Olharam as sentinelas de Saul que estavam em Gibeá de Benjamim, e eis que a multidão, derretendo-se, escorria para aqui e para ali. 17 Disse Saul ao povo que estava com ele: Indagai, agora, e vede quem é o que saiu dentre nós. Tendo-se indagado, eis que Jônatas e seu escudeiro não estavam ali. 18 Disse Saul a Aías: 1Sm 23.9;30.7Traze para a arca de Deus. Pois a arca de Deus estava naquele dia com os filhos de IsraelNm 27.21. 19 Enquanto Saul ainda falava ao sacerdote, o tumulto que havia no arraial dos filisteus ia-se crescendo; e Saul disse ao sacerdote: Retira a tua mão. 20 Saul e todo o povo que estava com ele reuniram-se e foram à batalha; e Jz 7.22;2Cr 20.23cada um voltava reciprocamente a espada contra outro em grande confusão. 21 Os hebreus que estavam dantes ao lado dos filisteus, tendo vindo dos arredores ao arraial deles, também 1Sm 29.4vieram a unir-se com os israelitas que estavam com Saul e Jônatas. 22 Da mesma maneira todos 1Sm 13.6os homens de Israel que se haviam escondido na região montanhosa de Efraim, depois de terem ouvido que os filisteus fugiam, também eles os perseguiram de perto na batalha. 23 Assim, Êx 14.30;2Cr 32.22livrou Jeová a Israel naquele dia, e a refrega passou além de 1Sm 13.5Bete-Áven.

O atrevido juramento de Saul

24 Os homens de Israel estavam angustiados naquele dia. Saul, porém, Js 6.26ajuramentou o povo, dizendo: Maldito o homem que comer pão até a tarde e até eu me vingar dos meus inimigos! Assim, todo o povo se absteve de comer. 25 Todo o povo veio a um bosque onde havia mel sobre a superfície do campo. 26 Entrando o povo no bosque, Mt 3.4corria o mel; mas ninguém chegou a mão à boca, pois o povo respeitava o juramento. 27 Jônatas, porém, não tinha ouvido quando seu pai ajuramentou o povo. 1Sm 14.43Estendendo a ponta da vara que tinha na mão, molhou-a no favo de mel e chegou a mão à boca; e 1Sm 30.12aclararam-se-lhe os olhos. 28 Então, disse um do povo: Teu pai ajuramentou solenemente o povo, dizendo: Maldito o homem que comer pão hoje! O povo estava cansado. 29 Disse Jônatas: Js 7.25;1Rs 18.18Meu pai trouxe desastre sobre a terra; vede como se me aclararam os olhos, porque provei um pouco deste mel. 30 Quanto mais se o povo, hoje, tivesse comido livremente do que encontrou do despojo dos seus inimigos? Pois, agora, não houve grande destroço entre os filisteus.

31 Feriram, naquele dia, os filisteus desde 1Sm 14.5Micmás até Js 10.12Aijalom. O povo estava muito cansado 32 e, lançando-se 1Sm 15.19ao despojo, tomou ovelhas, e bois, e bezerros, e, degolando-os no chão, comeu-os Gn 9.4;Lv 17.10-14;At 15.20com sangue. 33 Noticiaram a Saul, dizendo: Eis que o povo está a pecar contra Jeová, comendo com sangue. Respondeu ele: Procedestes traiçoeiramente; trazei-me aqui uma grande pedra. 34 Acrescentou Saul: Dispersai-vos por entre o povo e dizei-lhes: Trazei-me , cada um o seu boi e cada um a sua ovelha, e degolai-os aqui, e comei, e não pequeis contra Jeová, comendo com sangue. Todo o povo trouxe, naquela noite, pela mão, cada um o seu boi, e ali os degolou. 35 1Sm 7.12,17Edificou Saul um altar a Jeová; foi este o primeiro altar que lhe edificou.

Jônatas é condenado à morte

36 Disse Saul: Desçamos, durante a noite, aos filisteus, e despojemo-los até o raiar do dia, e não deixemos deles um homem. Responderam eles: Faze tudo o que bem te parecer. 1Sm 14.3,18-19Então, disse o sacerdote: Cheguemo-nos aqui a Deus. 37 1Sm 10.22Saul consultou a Jeová: Descerei aos filisteus? Entregá-los-ás nas mãos de Israel? 1Sm 28.6Porém Jeová não lhe respondeu naquele dia. 38 Disse Saul: 1Sm 10.19-20;Js 7.11-12Chegai-vos aqui, todos os principais do povo; informai-vos e vede em que se cometeu hoje este pecado. 39 Pois 1Sm 14.24,44pela vida de Jeová que salva a Israel, embora seja o culpado Jônatas, meu filho, certamente, se lhe tirará a vida. Porém nenhum de todo o povo lhe respondeu. 40 Então, disse a todo o Israel: Ficai vós de uma parte, e eu e meu filho Jônatas ficaremos da outra parte. Respondeu o povo a Saul: Faze o que bem te parecer. 41 Disse Saul a Jeová, Deus de Israel: At 1.24Mostra o que é justo. Foram implicados pela sorte Jônatas e Saul; o povo, porém, ficou livre. 42 Disse Saul: Deitai sortes entre mim e Jônatas, meu filho. Caiu a sorte sobre Jônatas.

Jônatas livrado pelo povo

43 Perguntou Saul a Jônatas: Js 7.19Declara-me o que fizeste. Jônatas lho declarou e disse: 1Sm 14.27Provei, na verdade, um pouco de mel com a ponta da vara que tinha na mão. Eis-me aqui; estou pronto a morrer. 44 Saul disse: 1Sm 25.22Assim me faça Deus e ainda mais, 1Sm 14.39se não morreres sem falta, Jônatas. 45 Disse o povo a Saul: Porventura, morrerá Jônatas, que efetuou este grande livramento em Israel? Tal não suceda; pela vida de Jeová, 2Sm 14.11;1Rs 1.52;At 27.34não lhe de cair no chão um cabelo da sua cabeça, pois, ajudado de Deus, fez isso hoje. Assim o povo livrou a Jônatas, para que não morresse. 46 Subiu Saul e deixou de perseguir aos filisteus, que foram para as suas terras.

47 Tendo Saul tomado o reino sobre Israel, pelejou contra todos os seus inimigos ao redor: contra Moabe, e 1Sm 11.1-13contra os filhos de Amom, e contra Edom, e 2Sm 8.3-10contra os reis de Zobá, e 1Sm 14.52contra os filisteus; e, para onde quer que se voltava, era vitorioso. 48 Houve-se valorosamente, 1Sm 15.3,7destroçou os amalequitas e livrou a Israel das mãos dos que o despojavam.

49 1Sm 31.2;1Cr 10.2Os filhos de Saul foram Jônatas, Isvi e Malquisua, e os nomes de suas duas filhas eram estes: o da primogênita, 1Sm 18.17-19Merabe, e o da mais moça, 1Sm 18.20,27;19.12;2Sm 6.20-23Mical. 50 A mulher de Saul chamava-se Ainoã, filha de Aimaás. O 2Sm 2.8nome do general do seu exército foi Abner, filho de Ner, tio de Saul. 51 1Sm 9.1-21Quis era pai de Saul, e Ner, pai de Abner, era filho de Abiel.

52 Por todos os dias de Saul houve uma forte guerra contra os filisteus; e, sempre que Saul via a qualquer homem poderoso ou valente, o 1Sm 8.11agregava a si.

Veja também