Jónatan kies Dawid se kant.
1 DAARNA het Saul met sy seun Jónatan en met al sy dienaars gespreek om Dawid dood te maak; maar Jónatan, die seun van Saul, het baie van Dawid gehou;
2 en Jónatan het dit aan Dawid meegedeel en gesê: My vader Saul soek geleentheid om jou dood te maak: pas dan nou môre vroeg op en hou jou verborge en steek jou weg.
3 Dan sal ek uitgaan en langs my vader gaan staan in die veld waar jy is, en ek sal met my vader oor jou spreek; en as ek iets sien, sal ek jou dit meedeel.
4 Jónatan het toe goed van Dawid gespreek by sy vader Saul en vir hom gesê: Laat die koning hom tog nie besondig aan sy dienaar Dawid nie, omdat hy nie teen u gesondig het nie, en omdat sy handelwyse u geheel ten goede kom:
5 hy het sy lewe gewaag en die Filistyn verslaan, en die Here het aan die hele Israel 'n groot oorwinning besorg. U het dit gesien en u was bly; waarom sal u dan aan onskuldige bloed u besondig deur Dawid sonder oorsaak dood te maak?
6 En Saul het na Jónatan geluister, en Saul het gesweer: So waar as die Here leef, hy sal nie gedood word nie!
7 Daarop het Jónatan Dawid geroep, en Jónatan het al hierdie woorde aan hom meegedeel. En Jónatan het Dawid na Saul gebring, en hy was voor hom soos gister en eergister.
8 En toe daar weer oorlog kom, het Dawid uitgetrek en teen die Filistyne geveg en 'n groot slag onder hulle geslaan, sodat hulle voor hom uit gevlug het.
Saul probeer om Dawid uit die weg te ruim, sodat hy na Samuel vlug. Saul onder die profete.
9 MAAR 'n bose gees van die Here het oor Saul gekom terwyl hy in sy huis sit met sy spies in sy hand en Dawid met die hand op die snare speel.
10 Toe probeer Saul om Dawid met die spies teen die muur vas te steek, maar hy het vir Saul gekoes, sodat hy die spies teen die muur vasgooi. En Dawid het gevlug en daardie nag vrygekom.
11 Maar Saul het boodskappers na Dawid se huis gestuur om hom te bewaak en hom die môre vroeg dood te maak. Maar sy vrou Migal het dit aan Dawid meegedeel en gesê: As jy nie vannag jou lewe red nie, word jy môre gedood.
12 Migal het Dawid toe deur die venster laat afsak; en hy het weggegaan en gevlug en vrygekom.
13 Daarop neem Migal die huisgod en lê dit op die bed neer, en sy sit die net van bokhaar aan sy koppenent en bedek dit met 'n kombers.
14 Toe Saul dan boodskappers stuur om Dawid te gaan haal, sê sy: Hy is siek.
15 Daarop stuur Saul die boodskappers om Dawid te besoek met die opdrag: Bring hom met bed en al na my toe, dat ek hom kan ombring.
16 Toe die boodskappers inkom, lê die huisgod daar op die bed en die net van bokhaar aan sy koppenent!
17 En Saul sê vir Migal: Waarom het jy my so bedrieg en my vyand laat gaan, sodat hy vrygekom het? Maar Migal het Saul geantwoord: Hy het vir my gesê: Laat my gaan, of ek maak jou dood.
18 Intussen het Dawid gevlug en vrygeraak en by Samuel in Rama gekom en hom meegedeel alles wat Saul hom aangedoen het. Toe het hy saam met Samuel weggegaan, en hulle het in Najot gebly.
19 En aan Saul is meegedeel en gesê: Kyk, Dawid is in Najot by Rama.
20 Daarop stuur Saul boodskappers om Dawid te gaan haal. Maar toe hulle die skare profete sien profeteer, met Samuel as leier aan hulle hoof, het die Gees van God oor die boodskappers van Saul gekom, sodat hulle ook geprofeteer het.
21 Toe hulle dit aan Saul meedeel, het hy ander boodskappers gestuur, maar hulle het ook geprofeteer; en Saul het die derde keer weer boodskappers gestuur, maar hulle het ook geprofeteer.
22 En hy het self ook na Rama gegaan en by die groot put gekom wat by Segu is, en gevra en gesê: Waar is Samuel en Dawid? En hulle antwoord: Daar in Najot by Rama.
23 Hierop gaan hy daarheen, na Najot by Rama; en die Gees van God het ook oor hom gekom, sodat hy aldeur geloop en profeteer het totdat hy in Najot by Rama aangekom het.
24 Hy het ook self sy klere uitgetrek en ook voor Samuel geprofeteer en ontbloot neergeval daardie hele dag en die hele nag. Daarom sê hulle: Is Saul ook onder die profete?
Jônatas intercede por Davi
1 Ordenou Saul a Jônatas, seu filho, e a todos os servos 1Sm 18.8-9que matassem a Davi. Porém 1Sm 18.1-3Jônatas, filho de Saul, estava muito afeiçoado a Davi. 2 Disse Jônatas a Davi: Saul, meu pai, procura tirar-te a vida. Agora, guarda-te amanhã pela manhã, fica num lugar oculto e esconde-te. 3 Eu sairei, e me porei ao lado de meu pai no campo em que estiveres, e lhe falarei acerca de ti; 1Sm 20.9,13avisar-te-ei de tudo o que souber. 4 Jônatas 1Sm 20.32falou em favor de Davi a seu pai Saul, e disse-lhe: Gn 42.22Não peque o rei contra o seu servo, contra Davi, porque ele não tem pecado contra ti e porque as suas ações para contigo têm sido muito boas; 5 1Sm 17.49-50ele arriscou a vida e matou ao filisteu, e 1Sm 11.13Jeová efetuou um grande livramento para todo o Israel. Tu o viste e te alegraste; Dt 19.10-13;Sl 94.21por que queres pecar contra o sangue inocente, matando sem causa a Davi? 6 Saul deu ouvidos à voz de Jônatas e jurou, dizendo: Pela vida de Jeová, não se lhe tirará a vida. 7 Chamou Jônatas a Davi e referiu-lhe todas estas coisas. Também Jônatas trouxe Davi a Saul, e Davi ficou na presença dele 1Sm 16.21;18.2,10,13como dantes.
Mical engana a seu pai e salva Davi
8 Renovou-se depois a guerra. Saindo Davi, pelejou contra os filisteus; fez neles uma grande matança, e fugiram de diante dele. 9 1Sm 16.14;18.10-11O espírito maligno enviado de Jeová veio sobre Saul, estando ele sentado em casa e 1Sm 18.10tendo na mão a sua lança; e 1Sm 16.16Davi tocava a harpa com a sua mão. 10 1Sm 18.11;20.33Saul procurou atravessar a Davi com a lança contra a parede, mas ele se desviou de diante de Saul, que fincou a lança na parede. Fugiu Davi e escapou naquela noite. 11 Sl 59, título;Jz 16.2Saul enviou mensageiros à casa de Davi, que a vigiassem e que o matassem pela manhã. Mical, mulher de Davi, disse-lhe: Se não te salvares esta noite, amanhã serás morto. 12 Js 2.15;2Co 11.33Mical desceu-o por uma janela, e ele foi, fugiu e escapou. 13 Mical tomou o Gn 31.19;Jz 18.14,17terafim, e deitou-o na cama, e, pondo-lhe à cabeceira uma pele de cabra, cobriu-o com a roupa. 14 Quando Saul enviou mensageiros que prendessem a Davi, ela disse: Js 2.5Ele está doente. 15 Saul enviou mensageiros que vissem a Davi, dizendo-lhes: Trazei-mo na cama, para que eu lhe tire a vida. 16 Tendo entrado os mensageiros, eis que o terafim estava na cama, tendo à cabeceira a pele de cabra. 17 Perguntou Saul a Mical: Por que me iludiste assim e deixaste ir o meu inimigo, de maneira que escapou? Respondeu Mical a Saul: Foi porque ele me disse: Deixa-me ir, se não eu te mato.
Saul e seus mensageiros profetizam
18 Davi, porém, fugiu e escapou; e, indo ter 1Sm 7.17com Samuel, em Ramá, contou-lhe tudo o que Saul lhe tinha feito. Retiraram-se ele e Samuel e ficaram em 2Rs 6.1-2Naiote. 19 Foi dito a Saul: Eis que Davi está em Naiote, em Ramá. 20 Enviou 1Sm 19.11,14Saul mensageiros para prenderem Davi. Quando viram a 1Sm 10.5-6,10companhia dos profetas profetizando e Samuel presidindo-lhes, veio o Espírito de Deus sobre eles, e Nm 11.25também profetizaram. 21 Avisado disso Saul, enviou outros mensageiros, que também profetizaram. De novo, enviou terceiros mensageiros, os quais também profetizaram. 22 Então, foi também ele a Ramá e, chegando ao poço grande que está em Secu, perguntou: Onde estão Samuel e Davi? Respondeu-se-lhe: Eis que estão em Naiote, em Ramá. 23 Partiu para Naiote, em Ramá. 1Sm 10.10Veio também sobre ele o Espírito de Deus e ia caminhando e profetizando, até que lá chegou. 24 Ele despiu os seus vestidos, também profetizou diante de Samuel e esteve Is 20.2nu por terra todo aquele dia e toda aquela noite. Pelo que se diz: 1Sm 10.10-12Está também Saul entre os profetas?