Pular para o conteúdo
Publicidade

1 Samuel 25

TB

Dood van Samuel. Dawid se handelwyse teenoor Nabal en Abígail.

1 EN Samuel het gesterwe, en die hele Israel het saamgekom en oor hom gerouklaag en hom begrawe in sy huis in Rama. En Dawid het hom klaargemaak en afgetrek na die woestyn Paran.

2 En daar was 'n man in Maon wat sy boerdery in Karmel gehad het, en die man was baie vermoënd: hy het drieduisend skape en duisend bokke gehad, en hy was besig om sy skape te skeer in Karmel.

3 En die naam van die man was Nabal, en die naam van sy vrou Abígail; en die vrou het 'n goeie verstand gehad en was mooi van aansien; maar die man was grof en boosaardig, en hy was 'n Kalebiet.

4 Toe Dawid in die woestyn hoor dat Nabal sy skape skeer,

5 stuur Dawid tien jongmanne, en Dawid aan die jongmanne: Trek op na Karmel en gaan by Nabal in en vra hom in my naam na die welstand;

6 en so moet julle aan die welvarende : Mag dit goed gaan met u sowel as met u huis, en goed gaan met alles wat u besit.

7 En nou, ek het gehoor dat u skeerders het; nou ja, u wagters was met ons saam; ons het hulle nie beledig nie, en hulle het ook niks vermis al die dae wat hulle in Karmel was nie.

8 Vra u dienaars, en hulle sal u dit te kenne gee; laat dus die jongmanne guns vind in u , want ons het op 'n vrolike dag gekom; gee tog wat u byderhand het aan u dienaars en aan u seun Dawid.

9 Toe het die jongmanne van Dawid gekom en met Nabal in naam van Dawid volgens al hierdie woorde gespreek en verder afgewag.

10 Maar Nabal het die dienaars van Dawid geantwoord en gesê: Wie is Dawid? En wie is die seun van Ísai? Daar is vandag baie dienaars wat hulle losskeur, elkeen van sy heer af.

11 Sou ek dan my brood en my water en my slaggoed wat ek vir my skeerders geslag het, neem en aan manne gee van wie ek nie weet waar hulle vandaan kom nie?

12 Daarop het die jongmanne van Dawid omgedraai op hulle pad, hulle het teruggekeer en aangekom en hom berig gebring volgens al hierdie woorde.

13 Toe Dawid aan sy manne: Gord julle elkeen sy swaard aan! Hulle gord toe elkeen sy swaard aan Dawid het ook sy swaard aangegord en hulle trek agter Dawid op, omtrent vierhonderd man, terwyl tweehonderd by die pakgoed bly.

14 Maar aan Abígail, die vrou van Nabal, het een van die jongmanne berig gebring en gesê: Kyk, Dawid het boodskappers uit die woestyn gestuur om ons heer te begroet, maar hy het teen hulle uitgevaar.

15 Tog was die manne vir ons baie goed; ook is ons nie beledig nie, en ons het niks vermis al die dae wat ons saam met hulle rondgetrek het toe ons in die veld was nie.

16 Hulle was 'n muur om ons, snags sowel as bedags, al die dae wat ons die skape by hulle opgepas het.

17 En nou moet u self ondersoek en kyk wat u moet doen; want die onheil is vas besluit oor ons heer en oor sy hele huis; maar hy self is so 'n deugniet dat jy nie met hom kan praat nie.

18 Toe het Abígail gou tweehonderd brode geneem en twee sakke wyn en vyf toebereide skape en vyf mate gebraaide koring en honderd rosynekoeke en tweehonderd vyekoeke en dit op esels gesit.

19 En sy het aan haar jongmanne gesê: Trek voor my uit; kyk, ek kom dadelik agter julle aan. Maar aan haar man Nabal het sy niks te kenne gegee nie.

20 En terwyl sy op die esel ry en in 'n kloof van die berg afdaal, kom Dawid en sy manne meteens af haar tegemoet, sodat sy hulle teëgekom het.

21 Dawid het al gedink: Net verniet het ek alles wat aan hierdie man behoort, in die woestyn beskerm, sodat daar nooit iets van sy goed vermis is nie; en hy vergeld my kwaad vir goed.

22 Mag God so aan die vyande van Dawid doen en so daaraan toedoen, as ek van almal wat aan hom behoort, tot môre een laat oorbly wat manlik is.

23 Toe Abígail Dawid sien, het sy gou van die esel afgeklim en voor Dawid op haar aangesig neergeval en na die aarde toe gebuig.

24 En sy het voor sy voete neergeval en gesê: Op , my heer, rus die skuld, maar laat u dienares tog voor u ore mag spreek, en luister na die woorde van u dienares.

25 My heer moet hom tog nie steur aan daardie deugniet van 'n man, aan Nabal nie; want soos sy naam is, so is hy; sy naam beteken dwaas, en dwaasheid is by hom. Maar wat my betref, u dienares het my heer se jongmanne wat u gestuur het, nie gesien nie.

26 En nou, my heer, so waar as die Here leef en u siel leef, dit is die Here wat u teruggehou het om in bloedskuld te geraak en u met eie hand te help; mag dan nou u vyande en die wat onheil soek teen my heer, soos Nabal word.

27 En laat nou hierdie geskenk wat u dienares vir my heer gebring het, aan die jongmanne gegee word wat op my heer se voetspore rondtrek.

28 Vergeef tog die oortreding van u dienares, want die Here sal sekerlik vir my heer 'n bestendige huis stig, omdat my heer die oorloë van die Here voer en in u hele lewe in u geen kwaad gevind is nie.

29 As 'n mens opstaan om u te agtervolg en u lewe te soek, mag die siel van my heer dan saamgebind wees in die bondeltjie van die lewendes by die Here u God; maar mag Hy die siel van u vyande uit die holte van die slinger wegslinger.

30 En as die Here aan my heer sal doen volgens al die goeie wat Hy aan u beloof het, en u aanstel as vors oor Israel,

31 dan sal daar vir u geen struikelblok en vir my heer geen gewetenswroeging wees dat u sonder oorsaak bloed vergiet het en my heer homself hulp verskaf het nie; en as die Here goed sal doen aan my heer, moet u aan u dienares dink.

32 Toe Dawid vir Abígail: Geseënd is die Here, die God van Israel, wat jou vandag my tegemoet gestuur het!

33 En geseënd jou verstandigheid en geseënd jy self wat my vandag teëgehou het om in bloedskuld te geraak en my met eie hand te help.

34 Maar so waar as die Here, die God van Israel, leef wat my verhinder het om aan jou kwaad te doen as jy my nie gou tegemoetgekom het nie, voorwaar, daar sou van Nabal niemand wat manlik is, tot die môrelig oorgebly het nie!

35 En Dawid het uit haar hand aangeneem wat sy vir hom gebring het, en vir haar gesê: Gaan op in vrede na jou huis! Kyk, ek het na jou geluister en jou in guns aangeneem.

36 Toe Abígail by Nabal kom, het hy juis 'n maaltyd in sy huis aangerig soos die maaltyd van 'n koning; en Nabal se hart was vrolik in hom, en hy was baie dronk; daarom het sy hom niks, klein of groot, meegedeel totdat dit die môre lig word nie.

37 Maar die môre vroeg toe die wyn Nabal verlaat het, deel sy vrou hom dié dinge mee. Daarop het sy hart in sy binneste gesterwe en was hy soos 'n klip.

38 En omtrent tien dae het die Here Nabal getref, sodat hy gesterf het.

39 Toe Dawid hoor dat Nabal dood was, hy: Geseënd is die Here wat die regsaak, in die smaad my aangedoen, teen Nabal verdedig het en sy kneg teruggehou het van die kwaad, terwyl die Here die kwaad van Nabal op sy eie hoof laat neerkom het. En Dawid het by Abígail aansoek laat doen om haar vir hom as vrou te neem.

40 Toe het die dienaars van Dawid by Abígail gekom in Karmel en met haar gespreek en gesê: Dawid stuur ons na u om u vir hom as vrou te neem.

41 En sy het opgestaan en met haar aangesig na die aarde gebuig en gesê: Hier is u dienares as slavin om die voete van my heer se dienaars te was.

42 Abígail maak toe gou klaar, en sy het op die esel gery met haar vyf diensmeisies wat op haar voetspoor volg, en agter die boodskappers van Dawid aangegaan. En sy het sy vrou geword.

43 Dawid het ook Ahínoam uit Jísreël geneem, sodat hulle altwee sy vroue geword het.

44 Maar Saul het sy dogter Migal, die vrou van Dawid, gegee aan Palti, die seun van Lais, wat uit Gallim was.

A morte de Samuel e a retirada de Davi para o deserto de Parã

1 1Sm 28.3Faleceu Samuel; todo o Israel se ajuntou, e Dt 34.8prantearam-no e 2Rs 21.18;2Cr 33.20enterraram-no na sua casa, em Ramá. Davi levantou-se e desceu Gn 21.21;Nm 10.12;13.3ao deserto de Parã.

2 Havia um homem em 1Sm 23.24Maom que tinha o seu negócio no Js 15.55Carmelo; era este homem 2Sm 19.32muito rico, e tinha três mil ovelhas e mil cabras, e estava ocupado em 2Sm 13.23tosquiar as suas ovelhas no Carmelo. 3 Chamava-se o homem Nabal, e sua mulher chamava-se Abigail; era esta mulher sensata e formosa, porém era o homem duro e grosseiro. Era ele 1Sm 30.14;Js 15.13da casa de Calebe. 4 Davi ouviu no deserto que Nabal tosquiava as suas ovelhas, 5 e enviou dez mancebos, e disse-lhes: Subi ao Carmelo, ide à casa de Nabal e saudai-o da minha parte. 6 Assim direis àquele próspero: 1Cr 12.18Paz seja a ti, paz seja à tua casa e paz seja a tudo o que tens! 7 Agora, ouvi que 2Sm 13.23-24tens tosquiadores. Os teus pastores acabam de estar conosco, e não mofamos deles, 1Sm 25.15,21nem perderam eles coisa alguma por todo o tempo que estiveram no Carmelo. 8 Pergunta aos teus mancebos, e eles to dirão. Portanto, que achem os moços graça aos teus olhos, porque viemos em Ne 8.10-12tão boa ocasião. aos teus servos e a Davi, teu filho, qualquer coisa que tiveres à mão.

Nabal recusa dar víveres aos servos de Davi

9 Tendo chegado os mancebos de Davi, falaram a Nabal todas essas palavras em nome de Davi e ficaram calados. 10 Nabal respondeu aos servos de Davi: Jz 9.28Quem é Davi? Quem é o filho de Jessé? Muitos são, hoje em dia, os servos que fogem ao seu senhor. 11 Hei de pegar no meu pão, no meu vinho e na carne das minhas reses que degolei para os que tosquiam as minhas ovelhas, e dá-los a uns homens que não sei donde vêm? 12 Puseram-se a caminho os mancebos de Davi, voltaram e, tendo chegado, contaram-lhe segundo todas estas palavras. 13 Então, disse Davi aos seus homens: Cinja cada um a espada. Cada um cingiu a espada, e Davi também cingiu a sua; subiram após Davi 1Sm 23.13cerca de quatrocentos homens, e ficaram duzentos 1Sm 30.24com a bagagem.

14 Um dos mancebos, porém, contou a Abigail, mulher de Nabal, dizendo: Davi enviou do deserto mensageiros a 1Sm 13.10;15.13saudar o nosso amo, e este disparatou com eles. 15 Mas os homens nos foram muito bons e 1Sm 25.7,21não mofaram de nós, nem perdemos coisa alguma, por todo o tempo em que tivemos relações com eles, quando estávamos nos campos. 16 Eles Êx 14.22nos serviam de muro assim de dia como de noite, por todo o tempo que andamos com eles apascentando as ovelhas. 17 Agora, considera e o que hás de fazer, porque o mal está determinado contra o nosso amo e contra toda a sua casa. Ele é tal filho de Belial, que ninguém lhe pode falar.

Abigail apazigua a Davi

18 Apressou-se Abigail, 2Sm 16.1;1Cr 12.40tomou duzentos pães, e dois odres de vinho, e cinco ovelhas assadas, e cinco medidas de trigo tostado, e cem cachos de passas, e duzentas pastas de figos e pô-los em cima de jumentos. 19 Disse aos seus mancebos: Gn 32.16,20Ide adiante de mim, que vos seguirei de perto. Porém ela nada disse a seu marido Nabal. 20 Enquanto montada num jumento, descia ela pelas fraldas do monte, descia-lhe também Davi e seus homens ao encontro; e ela se encontrou com eles. 21 Ora, Davi tinha dito: Na verdade, de nada me serviu ter eu conservado no deserto tudo o que era deste homem, de maneira que nada perdeu de tudo o que lhe pertencia; ele me tornou mal por bem. 22 1Sm 3.17;20.13Assim, faça Deus aos inimigos de Davi e mais ainda, 1Rs 14.10se eu deixar até ao amanhecer, de tudo o que lhe pertence, ainda um menino.

23 Abigail tanto que viu a Davi, apressou-se, desceu do jumento, 1Sm 20.41prostrou-se sobre o rosto diante de Davi e inclinou-se até a terra. 24 Lançou-se-lhe aos pés e disse: Sobre mim caia, meu senhor, a culpa, e deixa falar a tua serva aos teus ouvidos e ouve as palavras da tua serva. 25 Não se importe o meu senhor com este homem de Belial, a saber, com Nabal; porque tal é ele qual é o seu nome; Nabal é o seu nome, e a loucura está com ele. Mas eu, tua serva, não vi os mancebos que tu, meu senhor, enviaste. 26 Agora, meu senhor, pela vida de Jeová e pela tua vida, visto que Jeová te impediu de derramares sangue e de Hb 10.30te vingares pela tua própria mão, sejam agora como Nabal 2Sm 18.32os teus inimigos e os que buscam fazer o mal ao meu senhor. 27 Este é o 1Sm 30.26;Gn 33.11presente que trouxe a tua serva ao meu senhor, seja ele dado aos mancebos que seguem ao meu senhor. 28 Perdoa a 1Sm 25.24transgressão da tua serva, pois, sem dúvida, 1Sm 22.14;2Sm 7.16Jeová fará do meu senhor uma casa firme, porquanto o meu senhor 1Sm 18.17peleja as batalhas de Jeová; e não se achará em ti 1Sm 24.11;Sl 7.3o mal todos os teus dias. 29 Se alguém se levantar para te perseguir e buscar a tua vida, será a vida do meu senhor posta no feixe dos que vivem sob a proteção de Jeová, teu Deus; mas a vida dos teus inimigos, ele a Jr 10.18arrojará como de uma funda. 30 Quando Jeová houver feito ao meu senhor todo o bem que ele falou a teu respeito e 1Sm 13.14te tiver estabelecido por príncipe sobre Israel, 31 não te será por pesar nem de remorso, meu senhor, por teres derramado sangue sem motivo ou por se ter o meu senhor vingado a si mesmo. 1Sm 25.30;Gn 40.14Quando Jeová houver feito o bem ao meu senhor, lembrar-te-ás da tua serva.

Davi é apaziguado

32 Davi respondeu a Abigail: Êx 18.10Bendito seja Jeová, Deus de Israel, que te enviou hoje ao meu encontro! 33 Bendita seja a tua sabedoria, e bendita sejas tu, 1Sm 25.26que me tolheste de verter sangue e vingar-me, pela minha própria mão! 34 Pois, na verdade, juro pela vida de Jeová, Deus de Israel, 1Sm 25.26que me impediu de fazer o mal, que, se tu não te apresentasses e me não viesses ao encontro, não teria ficado a Nabal, até o amanhecer, ainda um menino. 35 Aceitou Davi da mão de Abigail tudo o que lhe trouxera e disse-lhe: 1Sm 20.42;2Rs 5.19Sobe em paz para a tua casa; que dei ouvidos à tua voz e Gn 19.21fiz a tua vontade.

36 Voltou Abigail para Nabal. Eis que ele fazia em casa 2Sm 13.23um banquete, como banquete de rei, e o seu coração se achava alegre, porque estava muito embriagado. Pelo que 1Sm 25.19não lhe referiu coisa alguma, nem pouco nem muito até pela manhã. 37 Pela manhã, quando Nabal estava livre do vinho, contou-lhe sua mulher essas coisas. Teve o seu coração um choque mortal, ficando ele como uma pedra. 38 Passados dez dias, 1Sm 26.10feriu Jeová a Nabal, que morreu.

Davi casa com Abigail

39 Tendo Davi ouvido que Nabal era morto, disse: Bendito seja Jeová, que 1Sm 24.15pleiteou a minha causa a respeito da afronta que recebi de Nabal e 1Sm 25.26,34preservou ao seu servo do mal! Pois 2Sm 3.28-29Jeová fez cair a malignidade de Nabal sobre a sua cabeça. Mandou Davi Ct 8.8falar a Abigail, para a receber por mulher. 40 Tendo vindo os servos de Davi a Abigail, ao Carmelo, disseram-lhe: Davi nos enviou a ti, para te tomarmos por sua mulher. 41 Ela se levantou, 1Sm 25.23se prostrou com o rosto em terra e disse: Eis que a tua serva é criada Mc 1.7para lavar os pés dos servos do meu senhor. 42 Gn 24.61-67Abigail apressou-se e, levantando-se, montou num jumento; foram com ela cinco moças que lhe assistiam, e ela seguiu os mensageiros de Davi, que a recebeu por mulher.

43 Davi também tomou a Ainoã de Js 15.56Jezreel, e ambas foram suas mulheres. 44 Saul tinha dado 1Sm 18.27;2Sm 3.14Mical, sua filha, mulher de Davi, a Palti, filho de Laís, que era de Is 10.30Galim.

Veja também