Pular para o conteúdo
Publicidade

1 Samuel 23

TB

Dawid verlos Kehíla. Saul sit hom agterna, en hy vernuwe sy verbond met Jónatan.

1 INTUSSEN is aan Dawid meegedeel en gesê: Kyk, die Filistyne veg teen Kehíla, en hulle plunder die dorsvloere.

2 Toe raadpleeg Dawid die Here en vra: Sal ek gaan en daardie Filistyne verslaan? En die Here vir Dawid: Gaan en verslaan die Filistyne en verlos Kehíla.

3 Maar die manne van Dawid vir hom: Kyk, hier in Juda is ons al bevrees, hoeveel te meer dan as ons na Kehíla trek teen die slagordes van die Filistyne?

4 Toe raadpleeg Dawid die Here nog weer, en die Here het hom geantwoord en gesê: Maak klaar, trek af na Kehíla, want Ek gee die Filistyne in jou hand.

5 Daarom het Dawid met sy manne na Kehíla getrek en teen die Filistyne geveg en hulle vee weggedrywe en 'n groot slag onder hulle geslaan. So het Dawid dan die inwoners van Kehíla verlos.

6 (By die vlug van Ábjatar, die seun van Ahiméleg, na Dawid, het hy na Kehíla afgekom met die skouerkleed by hom.)

7 Daarop kry Saul berig dat Dawid in Kehíla gekom het, en Saul : God het hom in my hand oorgelewer, want hy het homself opgesluit deurdat hy in 'n stad met poorte en grendels ingegaan het.

8 Daarom het Saul al die manskappe vir die geveg opgeroep om af te trek na Kehíla ten einde Dawid en sy manne in te sluit.

9 Toe Dawid gewaar dat Saul onheil teen hom beraam, hy aan die priester Ábjatar: Bring die skouerkleed nader.

10 En Dawid : Here, God van Israel, u kneg het verseker gehoor dat Saul na Kehíla wil trek om die stad om my ontwil te verwoes.

11 Sal die burgers van Kehíla my in sy hand uitlewer? Sal Saul afkom soos u kneg verneem het? Here, God van Israel, gee u kneg dit tog te kenne! Toe antwoord die Here: Hy sal afkom.

12 Daarop Dawid: Sal die burgers van Kehíla my en my manne in die hand van Saul uitlewer? En die Here antwoord: Hulle sal uitlewer.

13 En Dawid het klaargemaak met sy manne, omtrent seshonderd man hulle het uit Kehíla uitgetrek en rondgetrek waar hulle maar kon. Toe Saul berig ontvang dat Dawid uit Kehíla ontsnap het, het hy opgehou om uit te trek.

14 En Dawid het gebly in die woestyn, in die bergvestings, ook op die gebergte in die woestyn Sif; en Saul het hom aldae gesoek, maar God het hom nie in sy hand oorgegee nie.

15 Maar Dawid het bemerk dat Saul uittrek om sy lewe te soek. Dawid was naamlik in die woestyn Sif, in Hores.

16 Daarop het Jónatan, die seun van Saul, hom klaargemaak en na Dawid in Hores gegaan. En hy het hom bemoedig in God

17 en vir hom gesê: Vrees nie, want die hand van Saul, my vader, sal jou nie vind nie, maar jy sal koning word oor Israel, en ek sal die tweede onder jou wees; en my vader Saul weet dit ook goed.

18 Toe sluit hulle twee 'n verbond voor die aangesig van die Here; en Dawid het in Hores gebly, maar Jónatan het na sy huis gegaan.

19 Daarna het daar Sifiete opgegaan na Saul, na Gíbea, en gesê: Steek Dawid hom nie weg by ons in die bergvestings, in Hores, op die heuwel Hagíla wat suid van die wildernis nie?

20 En is dit nou na u hartelus om af te kom, o koning, kom dan af, en ons sal sorg om hom in die hand van die koning uit te lewer.

21 En Saul : Mag julle geseënd wees deur die Here, omdat julle medelyde met my gehad het.

22 Gaan tog heen, maak verder klaar en ondersoek en bekyk die plek waar sy spoor is, wie hom daar gesien het; want aan my is gesê dat hy baie listig is.

23 Daarom, bekyk en ondersoek al die skuilplekke waar hy hom wegsteek, en kom verseker na my terug, dan sal ek met julle saamgaan; en as hy in die land is, sal ek hom opspoor onder al die geslagte van Juda.

24 En hulle het klaargemaak en voor Saul uit na Sif gegaan, terwyl Dawid en sy manne in die woestyn Maon was, in die Vlakte suid van die wildernis.

25 Toe Saul met sy manne trek om hom te soek, is dit aan Dawid geboodskap; daarom het hy afgetrek na die rots en in die woestyn Maon gebly. Maar Saul het dit gehoor en Dawid agternagejaag, die woestyn Maon in.

26 En Saul het aan hierdie kant van die berg getrek, maar Dawid met sy manne was aan die ander kant van die berg. En toe Dawid in angs vlug om van Saul weg te kom, terwyl Saul en sy manne Dawid en sy manne omsingel om hulle te vang,

27 kom daar 'n boodskapper by Saul en : Maak gou en kom, want die Filistyne het 'n inval in die land gedoen.

28 Daarop het Saul omgedraai en Dawid nie meer agternagejaag nie, maar die Filistyne tegemoetgetrek. Daarom noem hulle daardie plek Rots van Skeiding.

Davi livra a Queila

1 Foi dito a Davi: Eis que os filisteus estão pelejando contra Js 15.44;Ne 3.17-18Queila e saqueando as eiras. 2 1Sm 23.4,6,9-12;2Sm 5.19,23Consultou Davi a Jeová, dizendo: Irei eu e ferirei estes filisteus? Respondeu Jeová a Davi: Vai, e ferirás aos filisteus, e salvarás a Queila. 3 Os homens de Davi disseram-lhe: Temos medo aqui em Judá, quanto mais se formos a Queila contra o exército dos filisteus? 4 Davi tornou a consultar a Jeová, que lhe respondeu: Levanta-te, desce a Queila, porque Js 8.7;Jz 7.7eu hei de entregar os filisteus nas tuas mãos. 5 Foram Davi e seus homens a Queila e pelejaram contra os filisteus; Davi levou-lhes os gados e fez uma grande matança entre eles. Assim, salvou os habitantes de Queila. 6 1Sm 22.20Ao fugir Abiatar, filho de Aimeleque, para Davi a Queila, desceu levando o éfode na mão.

7 Foi comunicado a Saul que Davi tinha ido a Queila. Disse Saul: Deus o entregou nas minhas mãos; está encerrado, porque entrou numa cidade que tem portas e ferrolhos. 8 Então, Saul mandou chamar todo o povo à peleja, para que descessem a Queila e sitiassem Davi e os seus homens. 9 Sabendo Davi que Saul lhe maquinava o mal, disse 1Sm 22.20ao sacerdote Abiatar: 1Sm 23.6;30.7Traze o éfode. 10 Davi disse: O teu servo acaba de ouvir, Jeová, Deus de Israel, que Saul se prepara para vir a Queila, a fim de destruir a cidade por minha causa. 11 Entregar-me-ão os cidadãos de Queila nas mãos dele? Descerá Saul como o teu servo ouviu? Rogo-te, Jeová, Deus de Israel, que o digas ao teu servo. Respondeu Jeová: Descerá. 12 Perguntou Davi: Acaso, os cidadãos de Queila me entregarão a mim e aos meus homens nas mãos de Saul? Respondeu Jeová: 1Sm 23.20;Jz 15.10-13Entregarão. 13 Davi e seus homens, que eram 1Sm 22.2;25.13cerca de seiscentos, levantaram-se, e partiram de Queila, e andaram 2Sm 15.20errantes para e para . Tendo sido dito a Saul que Davi escapara de Queila, deixou de sair. 14 Davi ficou no deserto, em lugares seguros, e permaneceu na região montanhosa, no deserto de Js 15.55;2Cr 11.8Zife. Saul buscava-o todos os dias, Sl 32.7mas Deus não o entregou nas suas mãos.

Davi e Jônatas fazem aliança

15 Vendo Davi que Saul saíra em busca da sua vida, permaneceu no deserto de Zife, em Horesa. 16 Levantou-se Jônatas, filho de Saul, e foi ter com Davi em Horesa, e 1Sm 30.6;Ne 2.18o confortou em Deus. 17 Disse-lhe: Não tenhas medo, pois não te achará a mão de Saul, meu pai. Tu reinarás sobre Israel, e eu serei o segundo depois de ti; 1Sm 20.31;24.20o que também Saul, meu pai, bem sabe. 18 1Sm 18.3;20.12-17;2Sm 9.1Ambos fizeram aliança diante de Jeová; ficou Davi em Horesa, e Jônatas voltou para sua casa.

19 Depois, 1Sm 26.1;Sl 54, títulosubiram os zifitas a ter com Saul, em Gibeá, e disseram: Não se esconde Davi entre nós nos lugares seguros, em Horesa, no 1Sm 26.3outeiro de Haquilá, que está ao sul do deserto? 20 Agora, desce, ó rei, conforme é todo o desejo do teu coração, e a nós, 1Sm 23.12toca-nos entregá-lo nas mãos do rei. 21 Disse Saul: Benditos sejais de Jeová, 1Sm 22.8porque vos compadecestes de mim! 22 Ide, informai-vos ainda melhor, sabei e notai o lugar que frequenta e quem o tenha visto ali; pois se me diz que ele é muito astuto. 23 Vede, e informai-vos acerca de todos os esconderijos em que ele se oculta, e tornai a vir ter comigo sem falta, e eu irei convosco. Se ele estiver na terra, eu o buscarei entre todos os milhares de Judá.

24 Eles se levantaram e foram para Zife adiante de Saul; Davi e seus homens, porém, estavam no deserto de 1Sm 25.2;Js 15.55Maom, na Arabá, ao sul de Jesimom. 25 Saul e seus homens foram em busca dele. Isso foi dito a Davi. Pelo que desceu para a penha e ficou no deserto de Maom. O que tendo Saul ouvido, entrou no deserto para perseguir a Davi. 26 Saul ia duma banda do monte, e Davi e seus homens, da outra banda do monte. Davi fugiu apressadamente para escapar de Saul, porque Saul e seus homens Sl 17.9cercavam a Davi e aos seus para os prender. 27 Porém chegou um mensageiro a Saul dizendo: Apressa-te e vem, porque os filisteus acabam de invadir a terra. 28 Tornou-se Saul, deixando de perseguir a Davi, e marchou contra os filisteus. Por isso, se chamou àquele lugar Sela-Hamalequote. 29 Davi subiu dali e habitou nos lugares seguros de Js 15.62;2Cr 20.2En-Gedi.

Veja também