Saul verslaan die Ammoniete en bevry die stad Jabes in Gílead.
1 EN Nahas, die Ammoniet, het opgetrek en Jabes in Gílead beleër; en al die manne van Jabes het aan Nahas gesê: Sluit met ons 'n verbond, dan sal ons u dien.
2 Maar Nahas, die Ammoniet, het vir hulle gesê: Op hierdie voorwaarde sal ek die verbond met julle sluit, dat ek julle almal die regteroog uitsteek en dit as 'n skande op die hele Israel kan lê.
3 Toe sê die oudstes van Jabes vir hom: Laat ons sewe dae lank met rus, dat ons boodskappers in die hele gebied van Israel kan stuur; as daar dan niemand is wat ons verlos nie, sal ons na u toe uittrek.
4 En die boodskappers het in Gíbea van Saul gekom en die woorde voor die ore van die volk gespreek. Daarop verhef die hele volk hulle stem en ween.
5 Toe kom Saul juis aan agter die beeste van die veld af, en Saul sê: Wat is dit met die volk, dat hulle ween? En hulle vertel hom die woorde van die manne van Jabes.
6 En die Gees van God het oor Saul vaardig geword terwyl hy dié woorde hoor, en hy het baie kwaad geword.
7 En hy het 'n paar beeste geneem en hulle stukkend gesny en met boodskappers deur die hele gebied van Israel gestuur om te sê: Wie nie agter Saul en agter Samuel aan uittrek nie — so sal met sy beeste gedoen word. Toe val die skrik van die Here op die volk en hulle trek soos een man uit.
8 En hy het hulle gemonster in Besek: die kinders van Israel was driehonderdduisend en die manne van Juda dertigduisend.
9 En hulle het aan die boodskappers wat gekom het, gesê: So moet julle aan die manne van Jabes in Gílead sê: Môre as die son op sy warmste is, sal julle hulp kry. Toe die boodskappers ingaan en dit aan die manne van Jabes meedeel, was hulle bly.
10 En die manne van Jabes sê: Môre sal ons na julle uittrek, en julle kan met ons doen net soos dit goed is in julle oë.
11 Maar die volgende môre het Saul die manskappe in drie afdelings opgestel, en hulle het met die môrewag in die laer ingekom en die Ammoniete verslaan tot op die warmste van die dag; en die ander het so verstrooid geraak dat nie twee onder hulle bymekaar gebly het nie.
12 Daarna sê die manskappe vir Samuel: Wie is dit wat gevra het: Sou Saul oor ons regeer? Lewer die manne uit, dat ons hulle kan doodmaak.
13 Maar Saul antwoord: Op hierdie dag mag geen man gedood word nie, want vandag het die Here 'n verlossing in Israel bewerk.
14 Toe sê Samuel aan die volk: Kom, laat ons na Gilgal gaan en daar die koningskap vernuwe.
15 En die hele volk het na Gilgal getrek en daar Saul voor die aangesig van die Here in Gilgal koning gemaak; en hulle het daar dankoffers voor die aangesig van die Here geslag, en Saul met al die manne van Israel was daar uitermate vrolik.
Naás ameaça a Jabes-Gileade
1 Então, subiu 1Sm 12.12Naás, amonita, e se acampou contra Jz 21.8;1Sm 31.11Jabes-Gileade. Disseram todos os homens de Jabes a Naás: Faze 1Rs 20.34;Ez 17.13aliança conosco, e te serviremos. 2 Respondeu-lhes Naás, amonita: Farei aliança convosco com a condição Nm 16.14de vos serem tirados os olhos direitos; assim, trarei 1Sm 17.26;Sl 44.13opróbrio sobre todo o Israel. 3 Disseram-lhe os 1Sm 8.4anciãos de Jabes: Concede-nos sete dias, para que enviemos mensageiros por todo o território de Israel; e, não havendo ninguém que nos livre, sairemos a ter contigo. 4 Vieram os mensageiros a 1Sm 10.26;15.34Gibeá de Saul e falaram estas palavras aos ouvidos do povo; todo o povo 1Sm 30.4;Gn 27.38;Jz 2.4levantou a voz e chorou. 5 Eis que Saul vinha do campo, 1Rs 19.19atrás dos bois, e perguntou: Que tem o povo para chorar? Referiram-lhe as palavras dos homens de Jabes.
Vitória de Saul sobre os amonitas
6 1Sm 10.10;16.13;Jz 3.10;6.34;13.25;14.6O Espírito de Deus apoderou-se de Saul, quando ouviu estas palavras e acendeu-se grandemente a sua ira. 7 Tomou uma junta de bois, Jz 19.29cortou-os em pedaços e enviou a todos os termos de Israel por mão de mensageiros que dissessem: Jz 21.5,8,10Todo aquele que não sair para seguir a Saul e a Samuel, assim se fará aos seus bois. Então, caiu o temor do Senhor sobre o povo, e saíram Jz 20.1como um só homem. 8 Contou-o em Jz 1.5Bezeque; e acharam-se Jz 20.2trezentos mil homens de Israel e trinta mil de Judá. 9 Disseram aos mensageiros que tinham vindo: Assim direis aos homens de Jabes-Gileade: Amanhã, quando o sol aquentar, sereis socorridos. Vieram os mensageiros e deram a notícia aos homens de Jabes, que se alegraram 10 e disseram: 1Sm 11.3Amanhã, sairemos a ter convosco, e nos fareis tudo o que bem vos parecer. 11 Ao outro dia, dividiu Saul o povo Jz 7.16em três companhias. Na vigília da manhã, entraram no meio do arraial e feriram aos amonitas até que se fez sentir o calor do dia. Os que escaparam foram desmantelados, de sorte que não ficaram deles dois juntos.
12 Disse o povo a Saul: 1Sm 10.27Quem são os que diziam: Reinará, porventura, Saul sobre nós? Lc 19.27Trazei cá os homens, para que os matemos. 13 Porém Saul disse: Hoje, não se há de matar ninguém, porque, no dia de hoje, Jeová salvou a Israel1Sm 10.27;2Sm 19.22,1Sm 19.5;Êx 14.13.
14 Então, disse Samuel ao povo: Vinde, e vamos a 1Sm 7.16;10.8Gilgal e 1Sm 10.25renovemos ali o reino. 15 Partiu todo o povo para Gilgal; ali em Gilgal, constituíram a Saul por seu rei 1Sm 10.17diante de Jeová e ali 1Sm 10.8imolaram sacrifícios de ofertas pacíficas diante de Jeová, e ali muito se alegrou Saul, e todos os homens de Israel.