Die verbond tussen Dawid en Jónatan.
1 TOE het Dawid gevlug uit Najot by Rama, en hy het by Jónatan gekom en gevra: Wat het ek gedoen? Wat is my misdaad, en wat is my sonde voor jou vader, dat hy my lewe soek?
2 Maar hy sê vir hom: Volstrek nie! Jy sal nie sterwe nie. Kyk, my vader doen geen ding, klein of groot, sonder om dit aan my te openbaar nie; waarom sou my vader dan hierdie saak vir my wegsteek? Dit is nie so nie.
3 Toe sweer Dawid verder en sê: Jou vader weet baie goed dat ek guns in jou oë gevind het; daarom het hy gedink: Laat Jónatan dit nie weet nie, anders word hy bedroef. Maar so waar as die Here leef en jou siel leef, daar is maar net een tree tussen my en die dood!
4 En Jónatan het Dawid geantwoord: Wat jy begeer, sal ek vir jou doen.
5 Toe sê Dawid vir Jónatan: Kyk, môre is dit nuwemaan, en ek moet sekerlik met die koning saam aansit om te eet; maar laat my gaan, dat ek my wegsteek in die veld tot oormôre-aand.
6 As jou vader my inderdaad mis, moet jy sê: Dawid het my dringend verlof gevra om gou na sy stad Betlehem te loop, want daar is die jaarlikse offer vir die hele geslag.
7 As hy so sê: Goed! dan is jou dienaar veilig; maar as hy baie kwaad word, weet dan dat die onheil van sy kant vas besluit is.
8 Bewys dan guns aan jou dienaar, want jy het jou dienaar met jou saam in 'n verbond van die Here gebring. Maar as daar by my 'n misdaad is, maak jy my dan self dood — waarom tog sou jy my na jou vader bring?
9 Toe sê Jónatan: Moenie so dink nie! Want as ek sekerlik bemerk dat die onheil van my vader se kant vas besluit is om oor jou te kom, sou ek jou dit dan nie te kenne gee nie?
10 En Dawid het Jónatan gevra: Wie sal my dit te kenne gee of jou vader jou miskien 'n harde antwoord gee?
11 En Jónatan sê vir Dawid: Kom, laat ons uitgaan die veld in. En hulle twee het die veld ingegaan.
12 Daarop sê Jónatan vir Dawid: Die Here, die God van Israel, is getuie dat ek my vader môre of oormôre op hierdie tyd sal uitvra; en as dit gunstig is vir Dawid, sal ek dan nie na jou stuur en jou dit openbaar nie?
13 Mag die Here so aan Jónatan doen en so daaraan toedoen: as my vader goedvind om onheil oor jou te bring, dan sal ek jou dit openbaar en jou laat gaan, dat jy veilig kan wegkom; en mag die Here met jou wees soos Hy met my vader gewees het.
14 En sal jy my nie, as ek dan nog lewe, die guns van die Here bewys nie, sodat ek nie sterwe nie?
15 Jy sal ook nimmer aan my huis jou guns onttrek nie; wanneer die Here die vyande van Dawid, een vir een, van die aarde af uitroei nie.
16 So het Jónatan dan 'n verbond gesluit met die huis van Dawid. En die Here het dit geëis van die hand van Dawid se vyande.
17 En Jónatan het Dawid weer laat sweer by sy liefde vir hom; want hy het hom liefgehad met die liefde van sy siel.
18 Verder het Jónatan vir hom gesê: Môre is dit nuwemaan, en jy sal gemis word, want jou sitplek sal leeg wees.
19 Maar oormôre moet jy sekerlik afkom en gaan na die plek waar jy jou op die werkdag weggesteek het, en jy moet langs die klip Esel gaan sit.
20 Dan sal ek drie pyle aan die kant daarvan skiet asof ek na 'n teiken skiet.
21 En kyk, ek sal die dienaar stuur en sê: Gaan soek die pyle! As ek uitdruklik aan die dienaar sê: Daar is die pyle, van jou af duskant toe, bring dit — dan kan jy maar kom; want jy is veilig en daar is niks nie, so waar as die Here leef!
22 Maar as ek só aan die jongman sê: Daar lê die pyle van jou af, verder — gaan dan weg, want die Here stuur jou weg.
23 En wat die saak aangaan wat ons bespreek het, ek en jy — kyk, die Here is tussen my en jou tot in ewigheid.
24 Daarop het Dawid hom in die veld weggesteek. En toe dit nuwemaan was, gaan die koning aan die maaltyd sit om te eet —
25 die koning het op sy sitplek gaan sit soos die vorige kere, op die sitplek teen die muur; en Jónatan het opgestaan, en Abner het langs Saul gesit, maar Dawid se plek was leeg.
26 En Saul het dié dag niks gepraat nie, want hy het gedink: Daar het iets met hom gebeur dat hy nie rein is nie; waarlik, hy is nie rein nie.
27 Maar toe op die volgende, die tweede dag na die nuwemaan, Dawid se plek leeg was, sê Saul vir sy seun Jónatan: Waarom kom die seun van Ísai gister sowel as vandag nie na die maaltyd nie?
28 En Jónatan het Saul geantwoord: Dawid het my dringend verlof gevra na Betlehem toe
29 en gesê: Laat my tog gaan, want ons het 'n familie-offer in die stad, en my broer self het my laat roep. As ek dan nou guns in jou oë gevind het, laat my tog heengaan om my broers te besoek. Daarom het hy nie aan die koning se tafel gekom nie.
30 Toe ontvlam die toorn van Saul teen Jónatan, en hy sê vir hom: Jou ontaarde, wederstrewige seun, weet ek nie dat jy die seun van Ísai verkies tot jou skande en tot skande van jou moeder se naaktheid nie?
31 Want al die dae dat die seun van Ísai op die aarde lewe, sal jy en jou koningskap nie bevestig word nie; stuur dan nou en bring hom na my, want hy moet sterwe.
32 En Jónatan het sy vader Saul geantwoord en vir hom gesê: Waarom moet hy gedood word, wat het hy gedoen?
33 Daarop gooi Saul die spies na hom om hom te tref. Toe Jónatan dan merk dat dit van sy vader se kant vas besluit was om Dawid dood te maak,
34 staan Jónatan op van die tafel in gloeiende toorn, en hy het geen brood geëet op die tweede dag van die nuwemaan nie, want hy was bedroef oor Dawid, omdat sy vader hom smadelik bejeën het.
35 Die volgende môre gaan Jónatan, volgens afspraak met Dawid, na die veld toe uit, en 'n jong dienaar met hom saam.
36 En hy sê aan die dienaar: Loop soek tog die pyle wat ek afskiet. En terwyl die dienaar loop, skiet hy 'n pyl dwarsoor hom heen.
37 Toe die dienaar dan by die plek kom waar Jónatan die pyl geskiet het, roep Jónatan die dienaar agterna en sê: Lê die pyl nie van jou af, verder nie?
38 En Jónatan roep die dienaar agterna: Maak gou, hardloop, moenie bly staan nie. En die dienaar van Jónatan het die pyl opgetel en by sy heer gekom.
39 Maar die dienaar het van niks geweet nie: net Jónatan en Dawid het van die saak geweet.
40 Toe gee Jónatan sy wapens aan die dienaar wat by hom was, en sê vir hom: Gaan, bring dit na die stad.
41 Terwyl die dienaar huis toe gaan, staan Dawid op van die suidekant en val met sy aangesig op die aarde en buig drie maal; daarna het hulle mekaar gesoen en saam geween, totdat Dawid hardop gesnik het.
42 En Jónatan sê vir Dawid: Gaan in vrede, omdat ons twee in die Naam van die Here gesweer en gesê het: Die Here sal tussen my en jou wees, en tussen my nageslag en jou nageslag vir altyd.
43 Daarna het hy opgestaan en weggegaan, maar Jónatan het die stad in geloop.
A entrevista de Davi com Jônatas
1 Fugiu Davi de Naiote, que é em Ramá, e veio, e 1Sm 24.9disse a Jônatas: Que fiz eu? Qual é a minha iniquidade e qual é o meu pecado diante de teu pai, que procura tirar-me a vida? 2 Ele lhe respondeu: Tal não suceda; não hás de morrer. Meu pai não faz coisa alguma, nem grande nem pequena, sem primeiro me dar parte; por que me ocultaria isso meu pai? Não é verdade. 3 Dt 6.13Tornou Davi a jurar e disse: Teu pai sabe muito bem que achei graça aos teus olhos e diz: Não saiba isso Jônatas, para que se não entristeça. Todavia, pela 1Sm 25.26;2Rs 2.6vida de Jeová e pela tua vida, há apenas um passo entre mim e a morte. 4 Jônatas respondeu a Davi: Que desejas tu que eu faça por ti? 5 Disse Davi a Jônatas: Amanhã é a Nm 10.10;28.11-15;Am 8.5lua nova, e eu me deveria 1Sm 20.24,27assentar com o rei para comer; mas me deixarás ir, e 1Sm 19.2me esconderei no campo até a tarde do terceiro dia. 6 Se teu pai perguntar por mim, responderás: Davi pediu-me licença, para que corresse a 1Sm 17.58Belém, sua cidade, porque se faz lá o Dt 12.5sacrifício anual para toda a parentela. 7 Se ele responder: Está bem, o teu servo terá paz; porém, se ele muito se indignar, sabe que ele está determinado a praticar o mal. 8 Usa de misericórdia para com o teu servo, porque 1Sm 18.3;23.18lhe fizeste entrar contigo em aliança de Jeová; 2Sm 14.32mas, se houver em mim culpa, tira-me tu mesmo a vida; por que me levarias a teu pai? 9 Respondeu Jônatas: Isso não te suceda! Pois, se eu, na verdade, soubesse que meu pai estava determinado a trazer o mal sobre ti, não to declararia eu? 10 Perguntou Davi a Jônatas: Quem me há de avisar, se, por acaso, teu pai te responder com aspereza? 11 Respondeu Jônatas a Davi: Vem, e saiamos fora ao campo. Saíram ambos ao campo.
Jônatas faz aliança com Davi
12 Disse Jônatas a Davi: Jeová, Deus de Israel, seja testemunha. Vou eu sondar a meu pai a estas horas amanhã ou depois de amanhã e, havendo alguma coisa favorável a Davi, eu te enviarei a ti e te avisarei. 13 1Sm 3.17;Rt 1.17Faça assim Jeová a Jônatas e mais ainda, se, querendo meu pai fazer-te mal, eu não te avisar e não te enviar embora, para que vás em paz. 1Sm 18.12Seja Jeová contigo, como o tem sido com meu pai. 14 Não somente usarás para comigo, enquanto viver, a misericórdia de Jeová, para que eu não morra; 15 mas 2Sm 9.1também não cortarás nunca da minha casa a tua misericórdia; nem ainda quando Jeová tiver exterminado da face da terra a cada um dos inimigos de Davi. 16 Fez Jônatas aliança com a casa de Davi, dizendo: Dt 23.21Jeová a requererá da mão dos inimigos de Davi.
17 Jônatas fez que Davi tomasse um novo juramento pelo amor que lhe tinha; porque 1Sm 18.1o amava como a si mesmo. 18 Jônatas disse-lhe: 1Sm 20.5,25Amanhã é a lua nova; perguntar-se-á por ti, porque o teu lugar estará desocupado. 19 Depois de ausente três dias, descerás apressadamente, e irás ao lugar em que te escondeste no dia do ajuste, e te assentarás junto à pedra Ezel. 20 Eu atirarei junto a ela três setas, como quem atira ao alvo. 21 Eis que enviarei o moço e lhe direi: Vai, busca as setas. Se eu disser ao moço: Olha que as setas estão para cá de ti, levanta-as e vem, porque, pela vida de Jeová, há paz para ti, e nada há que temer. 22 Porém, se disser ao moço: 1Sm 20.37Olha que as setas estão para lá de ti, vai-te, porque Jeová te despede. 23 1Sm 20.14-15Quanto ao negócio de que eu e tu falamos, Gn 31.49,53Jeová é testemunha dele para sempre entre mim e ti.
24 Escondeu-se Davi no campo; e, chegada que foi a lua nova, pôs-se o rei à mesa para comer. 25 O rei sentou-se, como de costume, na sua cadeira junto à parede; Jônatas ficou em pé, e Abner sentou-se ao lado de Saul; mas 1Sm 20.18o lugar de Davi estava desocupado. 26 Todavia, naquele dia, nada disse Saul, porque dizia consigo: Alguma coisa lhe aconteceu. 1Sm 16.5;Lv 7.20-21Ele não está limpo, certamente ele não está limpo. 27 Sucedeu que, no dia depois da lua nova, sendo o segundo dia, ainda estava desocupado o lugar de Davi, e perguntou Saul a Jônatas, seu filho: Por que não veio o filho de Jessé comer, nem ontem nem hoje? 28 Respondeu Jônatas a Saul: 1Sm 20.6Davi pediu-me licença, para que fosse a Belém. 29 Ele disse-me: Deixa-me ir, porque nossa parentela tem um sacrifício na cidade, e meu irmão me ordenou que fosse. Agora, se achei graça aos teus olhos, deixa-me ir e ver meus irmãos. Por isso, ele não tem vindo à mesa do rei.
Saul irado contra Jônatas
30 Acendeu-se a ira de Saul contra Jônatas, e disse-lhe: Filho de mulher perversa e rebelde, não sei eu, porventura, que escolheste o filho de Jessé para vergonha tua e para vergonha de tua mãe? 31 Porque, em todo o tempo em que o filho de Jessé viver sobre a terra, não estarás seguro nem tu nem o teu reino. Pelo que envia agora e traze-mo, pois 2Sm 12.5está condenado à morte. 32 Respondeu Jônatas a Saul, seu pai, e disse-lhe: 1Sm 19.5Por que se há de lhe tirar a vida? Que fez? 33 1Sm 18.11;19.10Saul atirou-lhe com a lança para o ferir, 1Sm 20.7pelo que Jônatas entendeu que seu pai tinha determinado fazer morrer a Davi. 34 Levantou-se da mesa Jônatas, todo encolerizado, e no segundo dia do mês não comeu; pois ficou mui sentido por causa de Davi, porque seu pai o ultrajara.
Separação de Davi e Jônatas
35 Ao outro dia pela manhã, saiu Jônatas para o campo, no tempo ajustado com Davi, e levou consigo um rapazinho. 36 Disse ao seu rapaz: 1Sm 20.20-21Corre, busca agora as setas que eu vou atirar. Ao correr o rapaz, atirou ele uma seta para lá dele. 37 Tendo o rapaz chegado ao lugar onde estava a seta que Jônatas tinha atirado, gritou Jônatas ao rapaz e disse: 1Sm 20.22Não está a seta mais para lá de ti? 38 Vai depressa, não te demores. O rapaz de Jônatas recolheu as setas e voltou ao seu amo. 39 O rapaz, porém, não entendia coisa alguma; somente Jônatas e Davi o sabiam. 40 Deu Jônatas as suas armas ao rapaz e disse-lhe: Vai, leva-as à cidade. 41 Logo que o rapaz foi, levantou-se Davi do lugar que olha para o Neguebe, caindo com o rosto em terra, Gn 42.6prostrou-se três vezes. Beijando-se um ao outro, choraram ambos, mas 1Sm 18.3Davi mais. 42 Disse Jônatas a Davi: 1Sm 20.22Vai-te em paz, porquanto nós juramos ambos em nome de Jeová, dizendo: 1Sm 20.15-16,23Jeová será para sempre entre mim e ti e entre a minha semente e a tua semente. Levantou-se Davi e retirou-se; e Jônatas entrou na cidade.