Pular para o conteúdo
Publicidade

1 Samuel 1

TB

Die gelofte van Hanna. Geboorte van Samuel.

1 DAAR was 'n sekere man uit Ramatáim, 'n Sufiet, uit die gebergte van Efraim, en sy naam was Élkana, die seun van Jeróham, die seun van Elíhu, die seun van Tohu, die seun van Suf, 'n Efratiet.

2 En hy het twee vroue gehad; die naam van die een was Hanna, en die naam van die tweede was Peninna; en Peninna het kinders gehad, maar Hanna het geen kinders gehad nie.

3 En dié man het van jaar tot jaar opgegaan uit sy stad om te aanbid en aan die Here van die leërskare te offer in Silo, waar die twee seuns van Eli, Hofni en Pínehas, priesters van die Here was.

4 En op 'n dag het Élkana geoffer en aan sy vrou Peninna en al haar seuns en haar dogters dele van die offervleis gegee;

5 maar aan Hanna het hy 'n dubbele deel gegee; want hy het Hanna liefgehad; maar die Here het haar moederskoot toegesluit.

6 En haar mededingster het haar ook bitterlik geterg om haar te vertoorn, omdat die Here haar moederskoot toegesluit het.

7 So het hy gedoen van jaar tot jaar, telkens as sy opgaan in die huis van die Here. het sy haar geterg, dat sy geween het en nie wou eet nie.

8 En haar man Élkana vir haar: Hanna, waarom ween jy? en waarom eet jy nie? en waarom is jou hart bedroef? Is ek vir jou nie beter as tien seuns nie?

9 Toe staan Hanna op nadat hulle geëet en nadat hulle gedrink het in Silo, terwyl die priester Eli op die stoel sit by die deurpos van die tempel van die Here.

10 En bitter bedroef het sy tot die Here gebid en bitterlik geween;

11 en sy het 'n gelofte gedoen en gesê: Here van die leërskare, as U waarlik die ellende van u diensmaagd aansien en aan my dink en u diensmaagd nie vergeet nie, maar u diensmaagd 'n manlike kind skenk, dan sal ek hom aan die Here gee al die dae van sy lewe; en geen skeermes sal op sy hoof kom nie.

12 En toe sy lank gebid het voor die aangesig van die Here en Eli op haar mond ag gee

13 want Hanna het in haar hart gespreek: net haar lippe het geroer, maar haar stem kon nie gehoor word nie het Eli gedink dat sy dronk was.

14 En Eli vir haar: Hoe lank wil jy jou soos 'n dronk mens gedra? Sit jou wyn van jou af weg.

15 Maar Hanna antwoord en : Nee, my heer, ek is 'n vrou beswaard in my gemoed: wyn of sterk drank het ek nie gedrink nie, maar ek het my siel voor die aangesig van die Here uitgestort.

16 Hou tog nie u dienares vir 'n deugniet nie, want vanweë my baie sorge en verdriet het ek tot nou toe gespreek.

17 En Eli antwoord en : Gaan in vrede, en mag die God van Israel jou bede gee wat jy van Hom gebid het.

18 Daarop sy: Mag u dienares guns in u vind. Die vrou het toe daar weggegaan, en sy het geëet en haar aangesig was anders.

19 Toe het hulle die môre vroeg klaargemaak en voor die aangesig van die Here aanbid en teruggegaan en by hulle huis in Rama gekom; en Élkana het sy vrou Hanna beken, en die Here het aan haar gedink.

20 En by die wisseling van die jaar het Hanna, wat swanger was, 'n seun gebaar en hom Samuel genoem; want, het sy gesê, ek het hom van die Here gebid.

21 Toe die man Élkana dan met sy hele huisgesin opgaan om aan die Here die jaarlikse offer en sy gelofte-offer te bring,

22 het Hanna nie opgegaan nie; maar sy het aan haar man gesê: Eers wanneer die seun gespeen is, sal ek hom bring, dat hy kan verskyn voor die aangesig van die Here en daar vir altyd bly.

23 En haar man Élkana het aan haar gesê: Doen wat goed is in jou , bly totdat jy hom gespeen het; mag die Here net sy woord bevestig. Die vrou het toe gebly en haar seun gesoog totdat sy hom gespeen het.

24 En sodra sy hom gespeen het, het sy hom met haar saam gebring, met drie bulle en 'n efa meel en 'n sak wyn, en sy het hom gebring in die huis van die Here in Silo. En die seun was nog jonk.

25 En hulle het die bul geslag en die seun by Eli gebring;

26 en sy het gesê: Ag, my heer, so waar as u siel leef, my heer, ek is die vrou wat hier by u gestaan het om tot die Here te bid.

27 Om hierdie seun het ek gebid, en die Here het my bede aan my gegee wat ek van Hom gebid het.

28 So staan ek hom dan ook af aan die Here al die dae wat hy leef; hy is aan die Here afgestaan. En hy het die Here daar aanbid.

Elcana e suas mulheres

1 Houve um homem de 1Sm 1.19Remataim-Zofim, da Js 17.17-18região montanhosa de Efraim, cujo nome era 1Cr 6.22-28,33-38Elcana, filho de Jeroão, filho de Eliú, filho de Toú, filho de Zufe, efraimita. 2 Ele tinha Dt 21.15-17duas mulheres: uma se chamava Lc 2.36Ana, e a outra, Penina. Penina tinha filhos, porém Ana não os tinha. 3 Este homem subia da sua cidade, 1Sm 1.21;Êx 34.23;Lc 2.41de ano em ano, Dt 12.5-7a adorar e oferecer sacrifícios, em Js 18.1Siló, a Jeová dos Exércitos. Assistiam ali os dois filhos de Eli, Hofni e Fineias, como sacerdotes de Jeová. 4 No dia em que Elcana oferecia o seu sacrifício, costumava Dt 12.17-18dar quinhões à sua mulher Penina e a todos os seus filhos e filhas, 5 porém a Ana dava um Gn 43.34quinhão; contudo ele a amava; mas Gn 16.1;30.1Jeová lhe havia cerrado a madre. 6 Para lhe fazer enfadar-se, muito a Jó 24.21atormentava a sua rival, porque Jeová lhe havia cerrado a madre. 7 Assim fazia ele de ano em ano. Certa ocasião em que Penina subiu à Casa de Jeová, irritou ela a Ana, que se pôs a chorar e não comeu. 8 Perguntou-lhe Elcana, seu marido: Ana, por que choras? Por que não comes? E por que está triste o teu coração? Rt 4.15Não te sou eu melhor do que dez filhos?

Ana roga a Deus que lhe um filho

9 Levantou-se Ana, depois que comeram e beberam em Siló. Ora, o sacerdote Eli estava sentado na sua cadeira, junto ao umbral da porta 1Sm 3.3do templo de Jeová. 10 Ela, profundamente amargurada, orou a Jeová e chorou muito; 11 Nm 30.6-11fez um voto e disse: Jeová dos Exércitos, se, na verdade, tu te dignares Gn 29.32olhar para a aflição da tua serva e se te lembrares de mim; se não te esqueceres da tua serva, mas se lhe deres um filho varão, eu o darei a Jeová por todos os dias da sua vida, e Nm 6.5;Jz 13.5;Lc 1.15não passará navalha pela sua cabeça.

12 Continuando ela a orar diante de Jeová, observou Eli o movimento dos seus lábios. 13 Ana, todavia, Gn 24.42-45falava no seu coração; tão somente se moviam os seus lábios, porém não se ouvia a sua voz. Por isso, julgou Eli que ela estava embriagada. 14 Disse-lhe Eli: At 2.4,13Até quando estarás embriagada? Deixa passar de ti o teu vinho. 15 Ana respondeu: Não é assim, meu senhor; eu sou uma mulher atribulada de espírito; não bebi nem vinho nem bebida que possa embriagar, porém Sl 62.8derramei a minha alma diante de Jeová. 16 Não tenhas a tua serva por filha de Belial, porque, Lc 6.45movida pela abundância da minha queixa e da minha provocação, falei até agora. 17 Então, lhe respondeu Eli: 1Sm 25.35;2Rs 5.19;Mc 5.34Vai-te em paz; o Deus de Israel te Sl 20.3-5conceda a petição que lhe fizeste. 18 Ela disse: Rt 2.13Ache a tua serva graça aos teus olhos. Assim, a mulher foi o seu caminho e comeu, Rm 15.13e não mais era triste o seu semblante.

Nasce Samuel e é consagrado a Deus

19 Tendo-se levantado de madrugada, adoraram perante Jeová, voltaram e chegaram à sua casa, em 1Sm 1.1;2.11Ramá. Elcana conheceu a sua mulher Ana; e Gn 21.1;30.22Jeová lembrou-se dela. 20 Concebeu Ana e, tendo passado o período, deu à luz um filho e pôs-lhe por nome Samuel, dizendo: Gn 41.51-52;Êx 2.10,22;Mt 1.21Porque de Jeová o pedi.

21 Subiu Elcana e toda a sua casa 1Sm 1.3;Dt 12.11a oferecer a Jeová o sacrifício anual e a cumprir o seu voto. 22 Mas Ana não subiu, pois disse a seu marido: Quando o menino for desmamado, Lc 2.22levá-lo-ei, a fim de que ele apareça diante de Jeová 1Sm 1.11,28e a fim de que fique para sempre. 23 Nm 30.10-11Respondeu-lhe Elcana, seu marido: Faze o que te parecer bem; fica até o desmamares, e 1Sm 1.17cumpra Jeová a sua palavra. Assim, ficou a mulher e deu leite a seu filho até que o desmamou. 24 Depois de o ter desmamado, Nm 15.9-10;Dt 12.5-6levando consigo a ele, e três novilhos, e um efa de farinha, e um odre de vinho, o trouxe 1Sm 4.3-4;Js 18.1à Casa de Jeová, em Siló. O menino era ainda muito criança. 25 Lv 1.5Depois de terem sacrificado o novilho, Lc 2.22trouxeram o menino a Eli. 26 Ana disse: Ah! Meu senhor! 2Rs 2.2,4,6Tão certamente como vive a tua alma, senhor, eu sou a mulher que estive aqui na tua presença, orando a Jeová. 27 1Sm 1.11-13A respeito deste menino orava eu, e Jeová me concedeu a petição que lhe fiz. 28 1Sm 1.11,22Portanto, eu de minha parte o entreguei a Jeová; por todos os dias que ele viver, está entregue a Jeová. Então, adorou ali a Jeová.

Veja também