Saul en Ámalek. Sy sonde en straf.
1 TOE sê Samuel vir Saul: Die Here het my gestuur om jou as koning te salf oor sy volk, oor Israel; luister dan nou na die stem van die woorde van die Here.
2 So sê die Here van die leërskare: Ek het terdeë gelet op wat Ámalek Israel aangedoen het, dat hy hom in die weg gestaan het by sy optog uit Egipte.
3 Gaan nou en verslaan Ámalek, en julle moet met die banvloek tref alles wat hy het; en jy mag hom nie verskoon nie, maar jy moet om die lewe bring man sowel as vrou, kind en suigling, bees en kleinvee, kameel en esel.
4 Daarop het Saul die manskappe opgeroep en hulle gemonster in Teláim: tweehonderdduisend voetgangers en tienduisend man van Juda.
5 En toe Saul by die stad van Ámalek aankom en in die dal 'n hinderlaag opstel,
6 sê Saul vir die Keniete: Gaan weg, verwyder julle, trek af onder die Amalekiete uit, dat ek julle nie met hulle saam wegruim nie; want julle het guns bewys aan al die kinders van Israel by hulle optog uit Egipte. Toe het die Keniete hulle verwyder onder die Amalekiete uit.
7 En Saul het die Amalekiete verslaan van Háwila af in die rigting van Sur wat oos van Egipte lê.
8 En Agag, die koning van Ámalek, het hy lewendig gevang, maar die hele volk deur die skerpte van die swaard met die banvloek getref.
9 Maar Saul en die manskappe het Agag gespaar, en die beste van die kleinvee en beeste, en die naas-bestes en die lammers en alles wat van waarde was — dit wou hulle nie met die banvloek tref nie; maar al die goed wat veragtelik en vervalle was, dit het hulle met die banvloek getref.
10 En die woord van die Here het tot Samuel gekom en gesê:
11 Ek het berou gekry dat Ek Saul koning gemaak het, want hy het van My afvallig geword en my woorde nie uitgevoer nie. Toe het Samuel kwaad geword en die hele nag deur die Here aangeroep.
12 Maar die môre vroeg het Samuel hom klaargemaak om Saul te ontmoet. En aan Samuel is meegedeel en gesê: Saul het in Karmel aangekom, en kyk, hy het vir hom 'n gedenkteken opgerig; en hy het weggedraai en verbygegaan en afgetrek na Gilgal.
13 Toe Samuel by Saul kom, sê Saul vir hom: Mag u geseënd wees deur die Here: ek het die woord van die Here uitgevoer.
14 Daarop vra Samuel: Maar wat vir 'n geblêr van kleinvee is dit in my ore en 'n gebulk van beeste wat ek hoor?
15 En Saul sê: Van die Amalekiete het hulle dit gebring, want die manskappe het die beste kleinvee en beeste gespaar om aan die Here u God te offer; maar die ander het ons met die banvloek getref.
16 Toe sê Samuel vir Saul: Hou op, dat ek jou kan meedeel wat die Here vannag met my gespreek het. En hy antwoord hom: Spreek.
17 En Samuel sê: Is jy, hoewel jy klein was in jou eie oë, nie tog die hoof van die stamme van Israel nie? En die Here het jou as koning oor Israel gesalf.
18 En die Here het jou op die pad gestuur en gesê: Gaan heen en tref die sondaars, die Amalekiete, met die banvloek en veg teen hulle totdat hulle vernietig is.
19 Waarom het jy dan nie na die stem van die Here geluister nie en op die buit afgestorm en gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here?
20 Toe sê Saul vir Samuel: Ek het na die stem van die Here geluister en gegaan op die pad waar die Here my op gestuur het, en Agag, die koning van Ámalek, gebring; maar die Amalekiete het ek met die banvloek getref.
21 Maar die manskappe het van die buit kleinvee en beeste geneem, die beste van die bangoed, om aan die Here u God in Gilgal te offer.
22 Daarop sê Samuel: Het die Here behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die Here? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme.
23 Want wederstrewigheid is 'n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens. Omdat jy die woord van die Here verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.
24 Toe sê Saul vir Samuel: Ek het gesondig, omdat ek die bevel van die Here en u woorde oortree het, want ek was bevrees vir die manskappe en het na hulle geluister.
25 Vergeef dan nou tog my sonde en kom met my saam terug, dat ek die Here kan aanbid.
26 Maar Samuel sê vir Saul: Ek sal nie met jou saam teruggaan nie, omdat jy die woord van die Here verwerp het, en nou het die Here jou verwerp om koning oor Israel te wees.
27 Toe Samuel hom omdraai om weg te gaan, gryp hy die slip van sy mantel, maar dit het afgeskeur.
28 En Samuel sê vir hom: Vandag het die Here die koningskap oor Israel van jou afgeskeur en dit aan jou naaste gegee wat beter is as jy.
29 En ook lieg die Roem van Israel nie, en Hy ken geen berou nie; want Hy is geen mens, dat Hy berou sou hê nie.
30 En hy sê: Ek het gesondig; eer my tog nou voor die oudstes van my volk en voor Israel, en kom saam met my terug, dat ek die Here u God kan aanbid.
31 Samuel het toe teruggegaan agter Saul aan, en Saul het die Here aanbid.
32 Daarop sê Samuel: Bring Agag, die koning van Ámalek, na my toe. Terwyl Agag dan opgeruimd na hom gaan, sê Agag: Waarlik, die bitterheid van die dood het gewyk.
33 Maar Samuel het gesê: Soos jou swaard vroue kinderloos gemaak het, so sal jou moeder onder die vroue kinderloos wees. Daarop het Samuel Agag in stukke gekap voor die aangesig van die Here in Gilgal.
34 Daarna gaan Samuel na Rama, en Saul het opgegaan na sy huis, na Gíbea van Saul.
35 En Samuel het Saul tot die dag van sy dood nie meer gesien nie, want Samuel het getreur oor Saul; en die Here het berou gehad dat Hy Saul koning gemaak het oor Israel.
Samuel manda a Saul destruir os amalequitas
1 Disse Samuel a Saul: 1Sm 9.16Jeová enviou-me para te ungir rei sobre o seu povo, sobre Israel; agora, escuta as palavras de Jeová. 2 Assim diz Jeová dos Exércitos: Observei Êx 17.8-16;Nm 24.20;Dt 25.17-19o que fez Amaleque a Israel e de que modo se lhe opôs quando saía do Egito. 3 Vai, e fere a Amaleque, e Nm 24.20;Dt 20.16-18;Js 6.17-21destrói totalmente a ele e a tudo o que tiver; não lhe perdoes, mas 1Sm 22.19mata homem e mulher, o menino e crianças de mama, boi e ovelha, camelo e jumento.
4 Saul convocou o povo e enumerou-os em Js 15.24Telaim: duzentos mil homens de pé e dez mil homens de Judá. 5 Chegou Saul à cidade de Amaleque e dispôs emboscadas ao longo da torrente. 6 Disse Saul aos Jz 1.16;4.11queneus: Ide, retirai-vos, descei dentre os amalequitas; não suceda que eu vos destrua juntamente com eles, porque Êx 18.9-10,19;Nm 10.29-32vós usastes de misericórdia com todos os filhos de Israel, quando subiam do Egito. 7 1Sm 14.48Saul bateu os amalequitas Gn 16.7;25.17-18desde Havilá, no caminho de 1Sm 27.8;Êx 15.22Sur que está defronte do Egito. 8 Tomou vivo a Nm 24.7;Et 3.1Agague, rei dos amalequitas, e 1Sm 27.8;30.1;2Sm 8.12destruiu por completo a todo o povo ao fio da espada. 9 Mas Saul e o povo 1Sm 15.3,15,19perdoaram a Agague e ao melhor das ovelhas, e dos bois, e dos animais engordados, e dos cordeiros, e a todo o que era bom e não os quiseram destruir totalmente; porém a tudo o que houve de vil e desprezível, isso destruíram.
Deus manda Samuel repreender a Saul
10 Veio a palavra de Jeová a Samuel, dizendo: 11 Gn 6.6-7;Êx 32.14;2Sm 24.16Arrependo-me de ter constituído rei a Saul, porque 1Rs 9.6-7deixou de me seguir e não cumpriu as minhas ordens. Indignou-se Samuel e Êx 32.11-13;Lc 6.12clamou a Jeová toda a noite. 12 Levantou-se cedo Samuel para se encontrar com Saul pela manhã. Foi dito a Samuel que veio Saul ao 1Sm 25.2;Js 15.55Carmelo, e levantou para si um monumento, e, voltando, passou, e desceu a 1Sm 13.13-14Gilgal. 13 Chegando Samuel a Saul, disse-lhe Saul: Gn 14.19;2Sm 2.5Bendito sejas tu de Jeová! Já cumpri a ordem de Jeová. 14 Samuel perguntou: Êx 32.21-24Que quer dizer, pois, este balido de ovelhas que ressoa nos meus ouvidos e o mugido de bois que ouço? 15 Respondeu Saul: Trouxeram-nos de Amaleque, pois 1Sm 15.9,21;Gn 3.12-13;Êx 32.22-23o povo perdoou ao melhor das ovelhas e dos bois, para os sacrificar a Jeová, teu Deus; o resto, porém, destruímo-lo totalmente. 16 Disse Samuel a Saul: Espera e permite-me declarar-te o que Jeová me disse esta noite. Respondeu-lhe Saul: Fala.
17 Prosseguiu Samuel: 1Sm 9.21;10.22Embora pequeno aos teus próprios olhos, não foste feito, porventura, o cabeça das tribos de Israel? Jeová ungiu-te rei sobre Israel, 18 enviou-te a esta jornada e disse: 1Sm 15.3Vai, destrói totalmente a estes pecadores, os amalequitas, e peleja contra eles, até que sejam consumidos. 19 Por que não obedeceste à voz de Jeová, mas 1Sm 14.32te lançaste ao despojo e fizeste o mal à vista de Jeová? 20 Respondeu Saul a Samuel: Pelo contrário, 1Sm 15.13obedeci à voz de Jeová, e fui no caminho pelo qual Jeová me enviou, e trouxe a Agague, rei de Amaleque, e destruí totalmente os amalequitas. 21 Mas o 1Sm 15.15;Êx 32.22-23povo tomou do despojo ovelhas e bois, que são as primícias do anátema, para as sacrificar a Jeová, teu Deus, em Gilgal. 22 Disse Samuel: Sl 40.6-8;51.16-17;Is 1.11-15;Mq 6.6-8Tem, porventura, Jeová tanto prazer em holocaustos e sacrifícios, quanto tem em que se obedeça à sua voz? Eis que Jr 7.22-23;Os 6.6;Mc 12.33o obedecer é melhor do que o sacrifício, e o atender, do que a gordura de carneiros. 23 Porque a rebelião é como o pecado da Dt 18.10adivinhação, e a obstinação é como a idolatria e os Gn 31.19,34terafins. Porquanto rejeitaste a palavra de Jeová, 1Sm 13.14ele te rejeitou também a ti, para que não sejas rei.
24 Disse Saul a Samuel: Nm 22.34;2Sm 12.13;Sl 51.4Pequei, pois Pv 29.25;Is 51.12-13transgredi a ordem de Jeová e as tuas palavras. Tive medo do povo e obedeci à sua voz. 25 Agora, Êx 10.17perdoa-me o meu pecado e volta comigo para que eu adore a Jeová. 26 Mas Samuel disse a Saul: Não voltarei contigo, porque 1Sm 13.14;16.1rejeitaste a palavra de Jeová, e Jeová te rejeitou a ti, para que não sejas rei sobre Israel. 27 Ao voltar Samuel as costas para se ir, 1Rs 11.30-31Saul pegou-lhe pela orla da capa, a qual se rasgou. 28 Disse-lhe Samuel: 1Sm 28.17-18Hoje, rasgou de ti Jeová o reino de Israel e o entregou ao teu próximo, que é melhor do que tu. 29 Também o 1Cr 29.11;Sl 18.1-2Triunfador de Israel Nm 23.19;Ez 24.14não mentirá, nem se arrependerá, porque não é um homem, para que se arrependa. 30 Saul disse: Pequei. Contudo, Jo 12.43honra-me, agora, diante dos anciãos do meu povo e diante de Israel e volta comigo, Is 29.13para que eu adore a Jeová, teu Deus. 31 Voltando Samuel, seguiu a Saul, e Saul adorou a Jeová.
Samuel mata a Agague
32 Disse Samuel: Trazei-me aqui Agague, rei dos amalequitas. Agague veio a ele, tremendo, e disse: Na verdade, se passou a amargura da morte. 33 Disse, porém, Samuel: Gn 9.6;Jz 1.7;Mt 7.2Como a tua espada tem desfilhado a mulheres, assim será desfilhada tua mãe entre as mulheres. Samuel despedaçou a Agague diante de Jeová, em Gilgal.
34 Depois, voltou para 1Sm 7.17Ramá; e Saul foi para sua casa em 1Sm 11.4Gibeá de Saul. 35 1Sm 19.24Samuel não tornou mais a ver Saul até o dia da sua morte, pois 1Sm 16.1teve pena de Saul. Jeová arrependeu-se de ter constituído a Saul rei sobre Israel.