Siklag word geplunder en verbrand. Dawid neem wraak.
1 EN toe Dawid met sy manne die derde dag by Siklag aankom, het die Amalekiete 'n inval gedoen in die Suidland en in Siklag, en hulle het Siklag verslaan en dit met vuur verbrand.
2 En hulle het die vroue en almal wat daarin was, gevange weggevoer, van die kleinste af tot die grootste toe; hulle het niemand gedood nie, maar hulle weggevoer en verder gegaan.
3 Toe Dawid met sy manne die stad inkom, lê dit daar met vuur verbrand, en hulle vroue en hulle seuns en hulle dogters was as gevangenes weggevoer.
4 Daarop het Dawid en die manskappe wat by hom was, hulle stem verhef en geween totdat daar geen krag meer in hulle was om te ween nie.
5 Ook Dawid se twee vroue, Ahínoam uit Jísreël, en Abígail, die vrou van Nabal, die Karmeliet, was as gevangenes weggevoer.
6 En Dawid het dit baie benoud gehad, want die manskappe het gepraat om hom te stenig; want die siel van al die manskappe was verbitterd, elkeen oor sy seuns en sy dogters; maar Dawid het homself versterk in die Here sy God.
7 En Dawid sê vir Ábjatar, die priester, die seun van Ahiméleg: Bring tog die skouerkleed vir my hier. Daarop het Ábjatar die skouerkleed na Dawid gebring.
8 En Dawid het die Here geraadpleeg en gesê: Sal ek hierdie bende agternajaag? Sal ek dit inhaal? En Hy sê vir hom: Agtervolg, want jy sal sekerlik inhaal en sekerlik uitred.
9 Daarop het Dawid weggetrek, hy met die seshonderd man wat by hom was; en toe hulle by die spruit Besor kom, het die origes agtergebly.
10 Dawid het naamlik agtervolg, hy met vierhonderd man, terwyl tweehonderd man agtergebly het wat te moeg was om die spruit Besor deur te trek.
11 Toe vind hulle in die veld 'n Egiptenaar wat hulle na Dawid bring, en hulle gee hom brood om te eet en water om te drink.
12 Daarby gee hulle hom 'n stuk vyekoek en twee rosynekoeke. En toe hy geëet het, het hy weer bygekom; want hy het drie dae en drie nagte geen brood geëet of water gedrink nie.
13 En Dawid vra hom: Aan wie behoort jy? En waar kom jy vandaan? En hy sê: Ek is 'n Egiptiese seun, die slaaf van 'n Amalekitiese man, en my heer het my laat agterbly, omdat ek drie dae gelede siek geword het.
14 Ons het 'n inval gedoen in die Suidland van die Kretiërs en in dié van Juda en in die Suidland van Kaleb, en Siklag met vuur verbrand.
15 En Dawid vra hom: Sal jy my afbring na hierdie bende? En hy sê: Sweer vir my by God dat u my nie sal doodmaak en my nie sal uitlewer in die hand van my heer nie; dan sal ek u afbring na hierdie bende.
16 En toe hy hom afgebring het, lê hulle daar verstrooid oor die oppervlakte van die hele land, besig om te eet en te drink en fees te vier met die ganse groot buit wat hulle uit die land van die Filistyne en uit die land Juda saamgeneem het.
17 En Dawid het hulle verslaan van die aandskemering af tot die aand van die volgende dag, sodat niemand van hulle vrygeraak het nie, behalwe vierhonderd jongmanne wat op kamele gespring en gevlug het.
18 So het Dawid dan alles gered wat die Amalekiete saamgeneem het; ook sy twee vroue het Dawid bevry.
19 Niks van hulle is vermis nie — klein of groot, seuns of dogters, of iets van die buit, niks van alles wat hulle vir hul saamgeneem het nie; Dawid het alles teruggebring.
20 En Dawid het al die kleinvee en beeste afgeneem. Hulle het hul voor die ander vee gedrywe en gesê: Dit is Dawid se buit.
21 Toe Dawid by die tweehonderd man kom wat te moeg was om agter Dawid aan te gaan en wat hulle by die spruit Besor laat bly het, trek hulle uit, Dawid en die manskappe wat by hom was, tegemoet; en Dawid het met die manskappe nader gekom en hulle na die welstand gevra.
22 Daarop het al die slegte mense en die deugniete uit die manne wat met Dawid saamgegaan het, begin sê: Omdat hulle nie met ons saamgegaan het nie, sal ons hulle nie van die buit wat ons afgeneem het, gee nie; maar hulle kan elkeen sy vrou en sy kinders saamneem en weggaan.
23 Maar Dawid het gesê: Julle mag nie so maak nie, my broers, met wat die Here ons gegee het, en Hy het ons bewaar en die bende wat ons oorval het, in ons hand gegee.
24 En wie sou in hierdie saak na julle luister? Want soos die deel van die wat in die geveg aftrek, so is ook die deel van die wat by die pakgoed bly; gelykop moet hulle deel.
25 So is dit dan van dié dag af en verder gewees; ja, hy het dit as 'n insetting en 'n verordening vir Israel vasgestel tot vandag toe.
26 Toe Dawid dan in Siklag aankom, het hy van die buit aan die oudstes van Juda, sy stamgenote, gestuur en gesê: Hier is 'n geskenk vir julle uit die buit van die vyande van die Here:
27 aan dié in Bet-el en aan dié in Ramot in die Suidland en aan dié in Jattir
28 en aan dié in Ároër en aan dié in Sifmot en aan dié in Estemóa
29 en aan dié in Ragal en aan dié in die stede van die Jeragmeëliete en aan dié in die stede van die Keniete
30 en aan dié in Horma en aan dié in Bor-Asan en aan dié in Atag
31 en aan dié in Hebron en aan al die plekke waar Dawid, hy en sy manne, rondgetrek het.
Ziclague é saqueada pelos amalequitas
1 Quando, ao terceiro dia, chegou Davi com seus homens a 1Sm 29.4,11Ziclague, 1Sm 15.7;27.8-10os amalequitas tinham feito uma invasão no Neguebe e em 1Sm 27.6,8Ziclague, e tinham ferido Ziclague, e a tinham queimado a fogo; 2 tinham levado cativas as mulheres e todos os que ali se achavam, tanto pequenos como grandes; 1Sm 27.11não mataram a ninguém, porém os levaram consigo e foram seu caminho. 3 Quando Davi e seus homens chegaram à cidade, eis que estava queimada a fogo, e suas mulheres, e seus filhos, e filhas, levados cativos. 4 Davi e o povo que se achava com ele levantaram a sua voz e choraram, até não terem mais forças para chorar. 5 Foram também levadas cativas 1Sm 25.42-43as duas mulheres de Davi, Ainoã, a jezreelita, e Abigail, que fora mulher de Nabal, o carmelita. 6 Davi estava muito angustiado, pois Êx 17.4o povo, tendo a alma amargurada por causa de seus filhos e de suas filhas, falava em apedrejá-lo. Porém 1Sm 23.16;Sl 18.2;27.14ele se confortou em Jeová, seu Deus.
Davi persegue os amalequitas e livra os cativos
7 Disse 1Sm 23.9Davi ao sacerdote Abiatar, filho de Aimeleque: Traze-me cá o éfode. Abiatar trouxe o éfode a Davi. 8 1Sm 23.2,4Davi consultou a Jeová, dizendo: Êx 15.9Perseguirei eu a esta tropa? Alcançá-la-ei? Respondeu-lhe Jeová: Persegue-a, 1Sm 30.18pois, sem falta, a alcançarás e tudo libertarás. 9 Partiu Davi, 1Sm 27.2com os seiscentos homens que com ele se achavam, e foram à torrente de Besor, onde os retardatários ficaram. 10 Porém perseguiu Davi com quatrocentos homens, porque ficaram atrás 1Sm 30.9,21duzentos, que, de cansados, não puderam passar a torrente de Besor.
11 Achando no campo a um egípcio, trouxeram-no a Davi. Fizeram-lhe comer pão e beber água; 12 deram-lhe também um pedaço de pasta de figos secos e dois cachos de passas. Depois de os ter comido, Jz 15.19recobrou alento, pois havia três dias e três noites que não tinha comido pão, nem bebido água. 13 Então, lhe perguntou Davi: De quem és tu? donde vens? Respondeu ele: Eu sou um moço egípcio, servo dum amalequita; o meu senhor me abandonou, porque adoeci há três dias. 14 Nós fizemos uma correria para o 1Sm 30.1,16;2Sm 8.18;Ez 25.16Neguebe dos quereteus, para o de Judá e para o Js 14.13;21.11-12de Calebe e 1Sm 30.1pusemos fogo a Ziclague. 15 Disse-lhe Davi: Poderás descer e guiar-me a essa tropa? Ele respondeu: Jura-me tu por Deus que não me hás de matar e que me não hás de entregar nas mãos do meu senhor, e descerei e guiar-te-ei a essa tropa.
16 Desceu e o guiou. Eis que eles estavam espalhados sobre a face de toda a terra, comendo, bebendo e dançando, por causa de 1Sm 30.14todo o grande despojo que haviam tomado da terra dos filisteus e da terra de Judá. 17 Feriu-os Davi desde o 1Sm 11.11crepúsculo até a tarde do dia seguinte, e nenhum deles escapou, senão quatrocentos mancebos que, montados nos 1Sm 15.3;Jz 7.12camelos, fugiram. 18 Recobrou Davi tudo o que os amalequitas tinham tomado e livrou as suas duas mulheres. 19 Não lhes faltou coisa alguma, nem pequena, nem grande, nem filhos, nem filhas, nem despojo, nem qualquer coisa que eles tinham tomado para si. 1Sm 30.8Davi tornou a trazer tudo. 20 Davi tomou todos os rebanhos e manadas; aqueles que os fizeram caminhar diante do outro gado diziam: 1Sm 30.26-31Este é o despojo de Davi.
Davi estabelece a lei da divisão da presa
21 1Sm 30.10Chegou Davi aos duzentos homens que, de cansados, não puderam segui-lo, os quais também foram obrigados a ficar à torrente de Besor. Estes saíram ao encontro de Davi e dos que vinham com ele. Davi, aproximando-se deles, saudou-os. 22 Então, todos os malvados e filhos de Belial, dentre os que foram com Davi, disseram: Visto que não foram conosco, nada lhes daremos do despojo que recobramos, senão que a cada um daremos suas mulheres e seus filhos, para que os levem e se retirem. 23 Disse Davi: Não fareis assim, meus irmãos, com o que nos deu Jeová, que nos conservou e entregou em nossas mãos a tropa que vinha contra nós. 24 Quem vos ouvirá neste negócio? Pois Nm 31.27;Js 22.8qual é a porção do que desce para a batalha, tal será a porção do que fica com a bagagem; receberão partes iguais. 25 Daquele dia em diante até hoje, foi estabelecido por estatuto e preceito em Israel.
26 Chegando Davi a Ziclague, enviou dos despojos aos anciãos de Judá, seus amigos, dizendo: Eis 1Sm 25.27um presente para vós dos despojos dos 1Sm 18.17;25.28inimigos de Jeová. 27 Dos despojos enviou aos de Js 15.30;19.4Betel, aos de Js 19.8Ramote do Neguebe, aos de Js 15.48;21.14Jatir, 28 aos de 1Cr 11.44Aroer, aos de 1Cr 27.27Sifmote, aos de Js 15.50Estemoa, 29 aos de Racal aos das cidades dos 1Sm 27.10jerameelitas, aos das cidades dos 1Sm 15.6quenitas, 30 aos de Js 12.14;15.30;19.4Hormá, aos de Js 15.42;19.7Borasã, aos de Atace, 31 aos de Js 14.13-15;21.11-13;Nm 13.22Hebrom e a todos os lugares que Davi e seus homens costumavam 1Sm 23.22frequentar.