Die Israeliete bedryf hoerery en afgodery by Sittim.
1 TOE Israel in Sittim gebly het, het die volk begin hoereer met die dogters van die Moabiete —
2 dié het die volk na die offers van hulle gode uitgenooi; en die volk het geëet en hulle neergebuig voor hulle gode.
3 So het Israel hom dan gekoppel aan Baäl-Peor, en die toorn van die Here het teen Israel ontvlam.
4 Toe sê die Here vir Moses: Neem al die hoofde van die volk en hang die oortreders op in die volle son vir die Here, sodat die toorngloed van die Here van Israel afgewend kan word.
5 Daarop het Moses aan die rigters in Israel gesê: Slaan elkeen sy manne dood wat hulle aan Baäl-Peor gekoppel het.
6 En daar het 'n man gekom, een uit die kinders van Israel, en 'n Midianitiese vrou na sy volksgenote gebring, voor die oë van Moses en voor die oë van die hele vergadering van die kinders van Israel, terwyl hulle ween by die ingang van die tent van samekoms.
7 Toe Pínehas, die seun van Eleásar, die seun van die priester Aäron, dit sien, het hy uit die vergadering uit opgestaan en 'n spies in sy hand geneem
8 en agter die Israelitiese man aan gegaan in die tent en hulle twee deurboor, die Israelitiese man en die vrou, in haar onderlyf. Daarna het die plaag onder die kinders van Israel opgehou.
9 En die wat deur die plaag gesterf het, was vier-en-twintigduisend.
10 Toe het die Here met Moses gespreek en gesê:
11 Pínehas, die seun van Eleásar, die seun van die priester Aäron, het my grimmigheid van die kinders van Israel afgewend deurdat hy my ywer onder hulle geywer het, sodat Ek die kinders van Israel in my ywer nie verteer het nie.
12 Daarom spreek: Kyk, Ek sluit met hom my vredeverbond,
13 en dit sal vir hom en sy nageslag ná hom die verbond van ewige priesterskap wees, omdat hy vir sy God geywer en versoening vir die kinders van Israel gedoen het.
14 En die naam van die Israelitiese man wat verslaan is, wat saam met die Midianitiese vrou verslaan is, was Simri, die seun van Salu, owerste van 'n familie van die Simeoniete.
15 En die naam van die Midianitiese vrou wat verslaan is, was Kosbi, die dogter van Sur. Hy was stamhoof van 'n familie in Mídian.
16 Verder het die Here met Moses gespreek en gesê:
17 Behandel die Midianiete as vyand en verslaan hulle,
18 want hulle het julle as vyand behandel deur hulle liste wat hulle teen julle bedink het in die saak van Peor en in die saak van Kosbi, die dogter van die vors van Mídian, hulle landgenoot, wat op die dag van die plaag weens Peor verslaan is.
O pecado de Peor e o zelo de Fineias
1 Habitando Israel em Nm 33.49;Js 2.1Sitim, o povo começou a Nm 31.16;1Co 10.8;Ap 2.14fornicar com as filhas de Moabe; 2 elas Êx 34.15;Dt 32.38convidaram o povo aos sacrifícios dos seus deuses, e o povo comeu e adorou os deuses delas. 3 Sl 106.28-29;Os 9.10Juntando-se Israel a Baal de Peor, acendeu-se a ira de Jeová contra Israel. 4 Disse Jeová a Moisés: Toma todos os cabeças do povo e executa-os na presença de Jeová, diante do sol, para que o furor de Jeová se aparte de Israel. 5 Então, disse Moisés aos juízes de Israel: Mate cada um os seus homens que se ajuntaram a Baal de Peor.
6 Eis que um dos filhos de Israel veio e trouxe aos seus irmãos uma Nm 22.4mulher midianita à vista de Moisés e à vista de toda a congregação dos filhos de Israel, enquanto choravam à entrada da tenda da revelação. 7 Nm 16.46-48;Sl 106.30Vendo isso Fineias, filho de Eleazar, filho do sacerdote Arão, levantou-se do meio da congregação e tomou uma lança na mão; 8 e, tendo entrado após o israelita na tenda, atravessou-os a ambos, ao israelita e à mulher, pelo ventre. Assim, cessou a praga de sobre os filhos de Israel. 9 Nm 14.37;16.48-50;31.16Os que morreram da praga foram vinte e quatro mil.
10 Então, disse Jeová a Moisés: 11 Fineias, filho de Eleazar, filho do sacerdote Arão, apartou a minha ira dos filhos de Israel, porque estava animado com o meu zelo entre eles, de sorte que, no meu zelo, eu não consumisse os filhos de Israel. 12 Portanto, dize: Sl 106.31Eis que eu lhe dou a minha Is 54.10;Ez 34.25;37.26aliança da paz; 13 ele, e a sua semente depois dele, terá a aliança dum Êx 29.9sacerdócio perpétuo; porque foi zeloso pelo seu Deus e Nm 16.46fez expiação pelos filhos de Israel.
14 O nome do israelita morto que foi morto com a mulher midianita era Zinri, filho de Salu, príncipe da casa de seu pai entre os simeonitas. 15 O nome da mulher midianita que foi morta era Nm 25.18Cosbi, filha de Nm 31.8Zur. Ele era cabeça do povo duma casa paterna em Midiã.
16 Disse mais Jeová a Moisés: 17 Nm 25.1;31.1-3Afligi os midianitas e feri-os, 18 porque vos afligiram com as suas ciladas, que enganosamente planejaram contra vós no tocante a Peor e no tocante a Cosbi, sua irmã, filha do príncipe de Midiã, a qual foi morta no dia da praga no caso de Peor.