Pular para o conteúdo
Publicidade

Números 20

TB

Die waters van Mériba.

1 EN toe die kinders van Israel, die hele vergadering, in die woestyn Sin kom, in die eerste maand, het die volk in Kades gebly. En Mirjam het daar gesterwe en is daar begrawe.

2 En daar was geen water vir die vergadering nie. Toe het hulle teen Moses en Aäron saamgekom.

3 En die volk het met Moses getwis, en hulle het gespreek en gesê: Ag, het ons tog maar gesterwe toe ons broers voor die aangesig van die Here gesterf het!

4 En waarom het julle die vergadering van die Here in hierdie woestyn gebring, dat ons en ons vee daar sou sterwe?

5 En waarom het julle ons uit Egipte laat optrek om ons in hierdie slegte plek te bring? Dit is geen plek van graan of van vye of van wingerdstokke of van granate nie; ook is daar geen water om te drink nie.

6 Daarop gaan Moses en Aäron van die vergadering af weg na die ingang van die tent van samekoms, en hulle het op hul aangesig geval; toe verskyn die heerlikheid van die Here aan hulle.

7 En die Here het met Moses gespreek en gesê:

8 Neem die staf en laat die vergadering byeenkom, jy en jou broer Aäron, en spreek julle die rots aan voor hulle ; dan sal hy sy water gee. So moet jy dan vir hulle water uit die rots laat vloei en die vergadering en hulle vee laat drink.

9 Toe neem Moses die staf voor die aangesig van die Here weg soos Hy hom beveel het.

10 En Moses en Aäron het die vergadering voor die rots laat byeenkom, en hy het vir hulle gesê: Hoor tog, julle wederstrewiges, moet ons vir julle water uit hierdie rots laat vloei?

11 Daarop tel Moses sy hand op en hy slaan die rots twee maal met sy staf; en daar het baie water uitgekom, sodat die vergadering gedrink het en hulle vee.

12 Toe die Here vir Moses en Aäron: Omdat julle in My nie geglo het om My voor die van die kinders van Israel te heilig nie, daarom sal julle hierdie vergadering nie in die land inbring wat Ek aan hulle gegee het nie.

13 Dit is die waters van Mériba waar die kinders van Israel met die Here getwis het en Hy Hom onder hulle as die Heilige laat ken het.

14 Daarna het Moses uit Kades boodskappers na die koning van Edom gestuur: So jou broer Israel: Jy weet self al die moeilikheid wat ons oorgekom het.

15 Ons vaders het na Egipte afgetrek, en ons het baie dae in Egipte gewoon, en die Egiptenaars het ons en ons vaders sleg behandel.

16 Toe het ons die Here aangeroep, en Hy het ons stem gehoor: Hy het 'n Engel gestuur en ons uit Egipte uitgelei. Hier is ons nou in Kades, 'n stad op die grens van jou grondgebied.

17 Laat ons tog deur jou land trek: ons sal nie deur lande of wingerde trek nie en die water uit die putte nie drink nie; ons sal die koningsweg hou; ons sal nie regs of links uitdraai nie, totdat ons deur jou grondgebied getrek het.

18 Maar Edom antwoord hom: Jy sal deur my nie trek nie, anders sal ek jou met die swaard tegemoettrek.

19 Toe die kinders van Israel vir hom: Ons sal met die grootpad trek, en as ons van jou water drink, ek en my vee, gee ek die prys daarvoor. Laat my net te voet deurtrek verder niks nie.

20 Maar hy antwoord: Jy sal nie deurtrek nie. En Edom het uitgetrek hom tegemoet met baie manskappe en met 'n sterk hand.

21 So het Edom dan geweier om Israel toe te laat om deur sy grondgebied te trek. Daarop het Israel van hom af weggedraai.

Die dood van Aäron.

22 EN die kinders van Israel, die hele vergadering, het van Kades af weggetrek en by die berg Hor gekom.

23 En die Here het met Moses en Aäron by die berg Hor, op die grens van die land Edom, gespreek en gesê:

24 Aäron sal by sy volksgenote versamel word, want hy mag nie kom in die land wat Ek aan die kinders van Israel gegee het nie, omdat julle teen my bevel wederstrewig was by die waters van Mériba.

25 Neem Aäron en sy seun Eleásar, en laat hulle op die berg Hor opklim;

26 en trek Aäron se klere uit en trek dit sy seun Eleásar aan; en Aäron sal daar by sy volksgenote versamel word en sterwe.

27 Toe het Moses gedoen soos die Here beveel het: hulle het op die berg Hor geklim voor die van die hele vergadering.

28 En Moses het Aäron se klere uitgetrek en dit sy seun Eleásar aangetrek. En Aäron het daar gesterwe op die top van die berg, maar Moses en Eleásar het van die berg afgeklim.

29 En toe die hele vergadering sien dat Aäron gesterf het, het die hele huis van Israel Aäron beween dertig dae lank.

A morte de Miriã

1 Os filhos de Israel, a congregação toda, vieram ao Nm 13.21;27.14;33.36deserto de Zim, no primeiro mês. Ficou o povo em Cades; ali, morreu Miriã e ali foi sepultada.

Moisés fere a rocha em Meribá, e as águas saem

2 Êx 17.1Não havia água para a congregação; e ajuntaram-se contra Moisés e contra Arão. 3 O Êx 17.2povo contendeu com Moisés, dizendo: Nm 14.2-3Oxalá que tivéssemos perecido, Nm 16.31-35quando pereceram os nossos irmãos diante de Jeová! 4 Por que introduzistes a assembleia de Jeová neste deserto, para morrermos, assim nós como os nossos animais? 5 Por que nos fizestes subir do Egito, para nos introduzir neste mau lugar? Nm 16.14Não é lugar de semente, nem de figos, nem de vides, nem de romãs; nem tampouco água para beber. 6 Retirando-se Moisés e Arão da presença da assembleia para a entrada da tenda da revelação, prostraram-se com o rosto em terra; e a glória de Jeová lhes apareceu. 7 Disse Jeová a Moisés: 8 Toma a Êx 4.17,20;17.5-6vara e ajunta a congregação, tu, e Arão, teu irmão, e falai à rocha diante deles que as suas águas. Far-lhes-ás sair água da rocha; assim, darás de beber à congregação e aos seus animais. 9 Então, tomou Moisés a vara de diante de Jeová, como lhe ordenou.

10 Moisés e Arão reuniram a assembleia diante da rocha, e Moisés disse-lhes: Ouvi, pois, rebeldes; havemos de fazer sair água desta rocha para vós? 11 Moisés levantou a mão e feriu a rocha duas vezes com a sua vara; saíram Sl 78.16;Is 48.21;1Co 10.4águas copiosamente, e bebeu a congregação, e os seus animais. 12 Disse Jeová a Moisés e a Arão: Nm 20.24;27.14;Dt 1.37;3.26-27Porque que não crestes em mim, para me santificardes aos olhos dos filhos de Israel, portanto, não introduzireis esta assembleia na terra que lhes dei. 13 Estas são as águas de Êx 17.7Meribá, porque os filhos de Israel contenderam com Jeová, e neles foi santificado.

Moisés solicita passagem por Edom

14 Moisés enviou de Cades embaixadores ao Gn 36.31-39;Dt 2.4rei de Edom a dizer-lhe: Assim diz teu irmão Israel: Js 2.9-10;9.9-10,24Tu bem sabes todo o trabalho que nos tem sobrevindo; 15 como nossos pais desceram ao Egito, e habitamos ali muito tempo. Os egípcios nos maltrataram a nós e a nossos pais. 16 E, quando clamamos a Jeová, ele nos ouviu, enviou um Êx 14.19anjo que nos tirou do Egito; eis que estamos em Cades, cidade na extremidade do teu território. 17 Deixa-nos passar pela tua terra; não passaremos pelos campos, nem pelas vinhas, nem beberemos a água dos poços; iremos pela estrada real, não nos desviaremos para a direita nem para a esquerda, até que tenhamos passado além do teu território. 18 Respondeu-lhe Nm 24.18Edom: Não passarás por mim; não suceda sair eu ao teu encontro com a espada. 19 Replicaram-lhe os filhos de Israel: Subiremos pela estrada real; se bebermos as tuas águas, eu e Êx 12.38os meus animais, darei o preço delas; não desejo outra coisa senão passar a . 20 Respondeu ele: Não passarás. Saiu-lhe Edom ao encontro com muita gente e com mão forte. 21 Jz 11.17Assim, recusou Edom deixar passar Israel pelo seu território; Dt 2.8pelo que Israel se desviou dele.

A morte de Arão

22 Então, partiram de Nm 20.1,14Cades; e os filhos de Israel, a congregação toda, foram ao monte Hor. 23 Disse Jeová a Moisés e a Arão no Nm 33.37monte Hor, nos confins da terra de Edom: 24 Arão será Gn 25.8recolhido ao seu povo, pois não entrará na terra que dei aos filhos de Israel, porque Nm 20.5,10fostes rebeldes contra a minha ordem às águas de Meribá. 25 Toma a Arão e a Nm 3.4Eleazar, seu filho, e faze-os subir o monte Hor; 26 depois de despir dos seus vestidos a Arão, veste-as a Eleazar, seu filho; Arão será Nm 20.24recolhido ao seu povo e morrerá ali. 27 Fez Moisés como Jeová ordenou; e subiram ao monte Hor, à vista da congregação toda. 28 Moisés despiu a Arão dos vestidos e vestiu com eles a Eleazar, o filho; Nm 33.38;Dt 10.6;32.50Arão morreu ali no cume do monte, e Moisés e Eleazar desceram do monte. 29 Vendo toda a congregação que Arão era morto, chorou toda a casa de Israel a Arão, por trinta dias.

Veja também