Pular para o conteúdo
Publicidade

Lamentações 4

TB

Klagte oor die lot van die Joodse volk.

1 Alef. AG, hoe is die goud verdonker, die goeie goud verander, die heilige stene weggegooi op die hoek van al die strate!

2 Bet. Die kinders van Sion, die kosbares, wat teen fyn goud geskat was, ag, hoe is hulle gereken soos erdekruike, die werk van pottebakkershande.

3 Gimel. Selfs jakkalse gee die speen, laat hulle kleintjies drink, maar die dogter van my volk het wreed geword soos die volstruise in die woestyn.

4 Dalet. Die tong van die suigling kleef aan sy verhemelte van dors, kindertjies vra brood, niemand breek dit vir hulle nie.

5 He. Hulle wat lekkernye geëet het, het versmag op die strate; die wat op purper gedra is, het die ashope omarm.

6 Wau. Want die ongeregtigheid van die dogter van my volk was groter as die sonde van Sodom wat soos in 'n oomblik omgekeer is, sonder dat iemand die hand daaraan geslaan het.

7 Sajin. Haar vorste was helderder as sneeu, witter as melk, rooier van liggaam as korale, hulle gestalte 'n saffier.

8 Get.Maar hulle voorkoms het donkerder as swartsel geword, hulle is nie herken op die strate nie; hulle vel kleef aan hul gebeente, dit het droog geword soos hout.

9 Tet. Die wat deur die swaard verslaan is, is gelukkiger as die wat deur die honger verslaan is, wat, deurboor, vergaan het uit gebrek aan veldvrugte.

10 Jod. Die hande van teerhartige vroue het hulle eie kinders gekook; dit het hulle voedsel geword in die verbreking van die dogter van my volk.

11 Kaf. Die Here het sy grimmigheid laat uitwoed, sy toorngloed uitgegiet en in Sion 'n vuur aangesteek wat die fondamente daarvan verteer het.

12 Lamed. Hulle het dit nie geglo nie, die konings van die aarde en al die inwoners van die wêreld, dat 'n teëstander of 'n vyand in die poorte van Jerusalem sou kom nie.

13 Mem. Dit was oor die sondes van haar profete, die ongeregtighede van haar priesters wat daar binne-in die bloed van die regverdiges vergiet het.

14 Noen. Blind het hulle deur die strate gewaggel, met bloed bevlek, sodat 'n mens hulle klere nie kon aanraak nie.

15 Samek. Staan opsy, onrein! het die mense hulle toegeroep. Staan opsy, staan opsy, moenie aanraak nie! As hulle vlug, ja waggel, is onder die heidene gesê: Hulle mag hier nie langer vertoef nie.

16 Pe. Die aangesig van die Here het hulle verstrooi, Hy sal hulle verder nie meer met welgevalle aansien nie. Vir die persoon van die priesters het hulle geen agting gehad, aan die grysaards het hulle geen genade bewys nie.

17 Ajin. Nog altyddeur smag ons tevergeefs na hulp vir ons; op ons wagpos sien ons met verwagting uit na 'n nasie wat nie sal help nie.

18 Sade. Hulle het jag gemaak op ons voetstappe, sodat ons op ons pleine nie kon loop nie; ons einde het nader gekom, ons dae was vol, ja, ons einde het gekom.

19 Kof. Ons vervolgers was vinniger as die arende van die hemel, op die berge het hulle ons hewig agtervolg, in die woestyn het hulle ons voorgelê.

20 Resj. Die asem van ons neus, die gesalfde van die Here, is in hulle kuile gevang, hy onder wie se skaduwee ons gedink het om te lewe onder die nasies.

21 Sjin. Verbly en verheug jou, dogter van Edom, wat in die land Us woon; ook na jou sal die beker kom, jy sal dronk word en jouself ontbloot.

22 Tau. Jou straf het sy einde bereik, dogter van Sion, Hy sal jou nie weer in ballingskap laat wegvoer nie. Hy besoek jou ongeregtigheid, dogter van Edom, Hy openbaar jou sondes.

Descrição das calamidades do cerco

1 Como 2Rs 25.9-10;Ez 7.19-22se escureceu o ouro! Como se mudou o ouro puríssimo!

Jr 52.13-14;Mt 24.2As pedras do santuário estão espalhadas pelas esquinas de todas as ruas.

2 Os preciosos Is 51.18filhos de Sião, comparáveis com o ouro fino,

como são reputados como Is 30.14;Jr 19.1,11vasos de barro, obra das mãos de oleiro!

3 Até os Is 13.22;34.13chacais descobrem os peitos, dão de mamar aos seus cachorros;

A filha do meu povo tem-se tornado Is 49.15;Ez 5.10cruel como as Jó 39.14-17avestruzes no deserto.

4 A língua da criança que mama fica-lhe, Jr 14.3pela sede, pegada ao céu da boca.

Os pequeninos Lm 2.12pedem pão, e ninguém lho reparte.

5 Os que comiam Is 3.16-26;Jr 6.2;Am 6.3-7delicadamente desfalecem nas ruas.

Os que se criavam em escarlata abraçam 1Sm 2.8;Sl 113.7monturos.

6 Pois a iniquidade da filha do meu povo é maior que o pecado de Is 1.10;Ez 16.48Sodoma,

a qual foi Gn 19.25;Jr 20.16submetida como num momento, e nenhumas mãos foram postas sobre ela.

7 Os seus nobres eram Sl 51.7mais puros que a neve, mais alvos que o leite.

De corpo, eram mais ruivos que corais, e a sua forma era como de Êx 24.10;Jó 28.16safira.

8 O seu parecer é Lm 5.10,14;Jó 30.30mais escuro do que o negrume; eles não são conhecidos nas ruas.

A sua Lm 3.4;Jó 19.20;Sl 38.3;102.3-5,11pele pega-se-lhes aos ossos; secou-se e tornou-se como um pau.

9 Mais felizes são os mortos Jr 15.2;16.4à espada do que os que morrem de fome;

porque estes Lv 26.39;Ez 24.23se esgotam, traspassados por falta dos frutos do campo.

10 As mãos das mulheres compassivas Lm 2.20;2Rs 6.29;Jr 19.9cozeram seus filhos;

estes lhes serviram Dt 28.53-55de alimento na ruína da filha do meu povo.

11 Lm 4.22;Jr 2.17;Jr 7.20;Ez 22.31Deu Jeová cumprimento ao seu furor, derramou a ardor da sua ira;

em Sião, Dt 32.22;Jr 17.27acendeu um fogo, que devorou os fundamentos dela.

12 Dt 29.24-28;1Rs 9.8-9Não creram os reis da terra, nem todos os moradores do mundo

Jr 21.13que entrasse o adversário e o inimigo pelas portas de Jerusalém.

13 É por causa dos pecados dos seus Lm 2.14;Jr 5.31;6.13;Ez 22.26-28;Mq 3.11-12profetas e por causa das iniquidades dos seus sacerdotes

que se derramou no meio dela Jr 2.30;26.8-9o sangue dos justos.

14 Vagueiam Dt 28.28-29;Is 29.10;56.10;59.9-10como cegos pelas ruas, são contaminados Is 1.15;Jr 19.4de sangue,

de modo que não se lhes podem tocar Jr 2.34as suas roupas.

15 Retirai-vos! Lv 13.45-46Imundo! gritaram-lhes. 2Co 6.17Retirai-vos! Retirai-vos! Não toqueis!

Quando Jr 49.5fugiram e andaram vagueando, dizia-se entre as nações: Não habitarão nunca aqui.

16 Espalhou-se a ira de Jeová, e ele não tornará a olhar para eles.

Is 9.14-16;Jr 52.24-27Não respeitaram as pessoas dos sacerdotes, nem se compadeceram dos anciãos.

17 Os nossos olhos ainda desfalecem, esperando o nosso Lm 1.7;Jr 37.7vão socorro.

Vigiando, temos estado de vigia para Ez 29.6-7,16uma nação que não podia saber.

18 Jr 16.16Espreitam os nossos passos, de sorte que não podemos andar em nossas ruas.

Jr 5.31;Ez 7.2-12;Am 8.2Perto está o nosso fim, cumpridos estão os nossos dias, porque é chegado o nosso fim.

19 Os nossos perseguidores foram Is 5.26-28;30.16-17;Jr 4.13;Hc 1.8mais velozes do que as águias do céu;

perseguiram-nos sobre os montes, armaram-nos ciladas no 1Sm 13.6deserto.

20 Jr 39.5Foi apanhado nas covas deles 2Sm 1.14;19.21o ungido de Jeová, aquele que é 2Sm 18.3o ar das nossas narinas;

e do que dissemos: Debaixo da sua Dn 4.12sombra, viveremos entre as nações.

21 Regozija-te e alegra-te, filha de Sl 83.3-6;137.7;Jr 25.20-21,27Edom, que habitas na terra de Uz;

Is 34.7;63.1-6;Am 1.11-12;Ob 1,16o copo te passará a ti também; serás embriagada e te descobrirás.

22 Is 40.2;Jr 33.7-8se cumpriu o castigo da tua iniquidade, ó filha de Sião; Jeová não tornará a levar-te para o cativeiro;

Jr 49.10;Ml 1.3-4ele visitará a tua iniquidade, ó filha de Edom; descobrirá os teus pecados.

Veja também

Lamentações
Ver todos os capítulos de Lamentações