Pular para o conteúdo
Publicidade

Números 16

TB

Korag, Datan en Abíram maak oproer teen Moses en Aäron.

1 EN Korag, die seun van Jishar, die seun van Kehat, die seun van Levi, saam met Datan en Abíram, seuns van Elíab, en On, die seun van Pelet, seuns van Ruben, het manne geneem,

2 en hulle het opgestaan voor die van Moses saam met tweehonderd-en-vyftig man uit die kinders van Israel, owerstes van die vergadering, manne wat opgeroep was vir die volksvergadering, manne van naam.

3 En hulle het bymekaargekom teen Moses en Aäron en aan hulle gesê: Dit is nou genoeg; want die hele vergadering, hulle almal, is heilig; en die Here is in hulle midde! Waarom verhef julle jul dan oor die vergadering van die Here?

4 Toe Moses dit hoor, het hy op sy aangesig geval;

5 en hy het met Korag en sy hele bende gespreek en gesê: Môre vroeg, dan sal die Here bekend maak wie Hom toebehoort en wie die heilige is, en wie Hy na Hom laat nader kom: wie Hy uitkies, sal Hy na Hom laat nader kom.

6 Doen dit: Neem vir julle vuurpanne, Korag en sy hele bende,

7 en gooi daar môre vuur in en daar reukwerk op voor die aangesig van die Here; dan sal die man wat die Here uitkies, die heilige wees. Dit is nou genoeg, kinders van Levi!

8 Verder het Moses vir Korag gesê: Luister tog, kinders van Levi!

9 Is dit julle nie genoeg dat die God van Israel julle uit die vergadering van Israel afgeskei het om julle na Hom te laat nader kom, om die dienswerk van die Here se tabernakel te verrig en te staan voor die vergadering om hulle te dien nie,

10 en Hy jou laat nader kom het en al jou broers, die kinders van Levi, saam met jou dat julle nou ook die priesteramp begeer?

11 Daarom, jy en jou hele bende is mense wat teen die Here vergader; want Aäron, wat is hy, dat julle teen hom murmureer?

12 En Moses het gestuur om Datan en Abíram, die seuns van Elíab, te laat roep; maar hulle het gesê: Ons sal nie opkom nie.

13 Is dit nie genoeg dat jy ons uit 'n land wat oorloop van melk en heuning laat optrek het om ons in die woestyn om te bring, dat jy ook gedurig oor ons die baas wil speel nie?

14 Ook het jy ons nie gebring in 'n land wat oorloop van melk en heuning en aan ons geen lande en wingerde as erfdeel gegee nie. Wil jy die van hierdie manne uitgrawe? Ons sal nie opkom nie.

15 Toe het Moses baie kwaad geword, en hy het aan die Here gesê: Sien hulle offer nie aan nie. Ek het nie een esel van hulle geneem en nie een van hulle kwaad aangedoen nie.

16 Verder het Moses vir Korag gesê: Jy en jou hele bende, sorg dat julle môre voor die aangesig van die Here is, jy en hulle en Aäron.

17 En neem julle elkeen sy vuurpan en gooi daar reukwerk op, en bring voor die aangesig van die Here elkeen sy vuurpan, tweehonderd-en-vyftig vuurpanne, ook jy en Aäron elkeen sy vuurpan.

18 Toe het hulle elkeen sy vuurpan geneem en daar vuur op gegooi en reukwerk op gelê; en hulle het gaan staan by die ingang van die tent van samekoms, ook Moses en Aäron.

19 En Korag het die hele vergadering teen hulle bymekaar laat kom by die ingang van die tent van samekoms. Toe verskyn die heerlikheid van die Here aan die hele vergadering.

20 En die Here het met Moses en Aäron gespreek en gesê:

21 Skei julle af van hierdie vergadering, en Ek sal hulle in 'n oomblik verteer.

22 Maar hulle het op hul aangesig geval en gesê: o God, God van die geeste van alle vlees! Sal een man sondig en U op die hele vergadering toornig word?

23 En die Here het met Moses gespreek en gesê:

24 Spreek met die vergadering en : Maak dat julle wegkom rondom die woning van Korag, Datan en Abíram!

25 Toe het Moses opgestaan en na Datan en Abíram gegaan, en die oudstes van Israel het agter hom aan gegaan.

26 Daarop het hy die vergadering toegespreek en gesê: Verwyder julle tog van die tente van hierdie goddelose manne en raak nie aan iets wat aan hulle behoort nie, dat julle nie weens al hulle sondes omkom nie.

27 En hulle het gemaak dat hulle wegkom rondom die woning van Korag, Datan en Abíram; maar Datan en Abíram het uitgekom en gaan staan by die deur van hulle tente saam met hulle vroue en seuns en kindertjies.

28 Toe Moses: Hieraan sal julle weet dat die Here my gestuur het om al hierdie werke te doen, dat hulle nie uit my eie hart is nie:

29 as hierdie mense sterwe soos alle mense sterwe en met die besoeking van alle mense besoek word, dan het die Here my nie gestuur nie.

30 Maar as die Here iets nuuts skep en die grond sy mond oopmaak en hulle verslind met alles wat aan hulle behoort, en hulle lewendig na die doderyk afdaal, dan sal julle weet dat hierdie manne die Here verag het.

31 En toe hy al hierdie woorde klaar gespreek het, skeur die grond wat onder hulle was,

32 en die aarde het sy mond oopgemaak en hulle verslind saam met hul huisgesinne en al die mense wat aan Korag behoort het en al die goed.

33 So het hulle dan met alles wat hulle s’n was, lewendig na die doderyk afgedaal; en die aarde het hulle oordek, en hulle het omgekom uit die vergadering.

34 En die hele Israel wat rondom hulle was, het gevlug vir hulle geroep; want hulle het gesê: Dalk verslind die aarde ons!

35 Toe het 'n vuur van die Here uitgegaan en die tweehonderd-en-vyftig man verteer wat die reukwerk gebring het.

36 En die Here het met Moses gespreek en gesê:

37 aan Eleásar, die seun van die priester Aäron, dat hy die vuurpanne uit die brand moet wegneem en die vuur ver weg moet strooi; want hulle is heilig

38 naamlik die vuurpanne van die wat gesondig het ten koste van hulle lewe; en daarvan moet dun plate geslaan word as 'n oortreksel vir die altaar. Want hulle het dié voor die aangesig van die Here gebring daarom is hulle heilig; en hulle sal vir die kinders van Israel 'n teken wees.

39 Toe het die priester Eleásar die kopervuurpanne geneem wat die mense wat verbrand is, gebring het, en hulle het dit plat geslaan as 'n oortreksel vir die altaar

40 'n aandenking vir die kinders van Israel, sodat 'n onbevoegde wat nie uit die nageslag van Aäron is nie, nie sal nader kom om reukwerk voor die aangesig van die Here aan die brand te steek nie; sodat hy nie word soos Korag en sy bende nie, soos die Here aan hom deur die diens van Moses gesê het.

41 Maar die volgende dag het die hele vergadering van die kinders van Israel teen Moses en Aäron gemurmureer en gesê: Júlle het die volk van die Here gedood.

42 En terwyl die vergadering teen Moses en Aäron bymekaarkom, het hulle hul na die tent van samekoms gedraai, en meteens het die wolk dit oordek en die heerlikheid van die Here het verskyn.

43 En toe Moses en Aäron tot voor die tent van samekoms kom,

44 het die Here met Moses gespreek en gesê:

45 Trek julle terug uit hierdie vergadering, dat Ek hulle in 'n oomblik kan verteer. Toe val hulle op hul aangesig,

46 en Moses vir Aäron: Neem die vuurpan en gooi vuur van die altaar daarin en reukwerk daarop, en bring dit gou na die vergadering en doen versoening vir hulle; want die toorn het van die Here se aangesig uitgegaan, die plaag het begin!

47 Toe neem Aäron dit soos Moses gespreek het en hardloop onder die vergadering in, en kyk, die plaag het al onder die volk begin! En hy het die reukwerk daarop gelê en versoening gedoen vir die volk.

48 En terwyl hy tussen die dooies en die lewendes staan, het die plaag opgehou.

49 En die wat deur die plaag gesterf het, was veertienduisend-sewehonderd, buiten die wat gesterf het om Korag se ontwil.

50 Daarop gaan Aäron na Moses terug by die ingang van die tent van samekoms; en die plaag is gestuit.

A rebelião de Coré, Datã e Abirão

1 Ora, Êx 6.21;Jd 11Coré, filho de Jizar, filho de Coate, filho de Levi, juntamente com Nm 26.9;Dt 11.6Datã e Abirão, filhos de Eliabe, e Om, filho de Pelete, filhos de Rúben, tomaram gente; 2 levantaram-se perante Moisés com certos homens dos filhos de Israel, a saber, com duzentos e cinquenta príncipes da congregação, Nm 1.16;26.9chamados à assembleia, varões de renome; 3 ajuntaram-se Nm 12.2;Sl 106.16contra Moisés e contra Arão e disseram-lhes: Nm 16.7Basta-vos! Visto que toda a congregação é santa, todos o são, e Nm 5.3Jeová está no meio deles; por que razão, pois, vos elevais sobre a assembleia de Jeová?

4 Quando Moisés ouviu isso, Nm 14.5lançou-se com o rosto em terra; 5 e disse a Coré e a toda a sua companhia: Pela manhã, Jeová fará conhecer aquele que lhe pertence. Ele permitirá chegar a si o Lv 10.3;Sl 65.4que é santo, a saber, permitirá chegar a si Nm 17.5,8o que escolher. 6 Fazei isto: Coré e toda a sua companhia, tomai incensários, 7 e amanhã ponde fogo neles, e sobre eles deitai incenso diante de Jeová; e o homem a quem Jeová escolher, esse será santo; Nm 16.3basta-vos, filhos de Levi! 8 Disse Moisés a Coré: Ouvi, filhos de Levi: 9 é para vós, porventura, coisa de somenos importância que o Deus de Israel vos tenha separado da congregação de Israel, Nm 3.6,9para vos fazer chegar a si, a fim de cumprirdes o serviço do tabernáculo de Jeová e estardes perante a congregação para lhe ministrar? 10 Que te haja feito chegar a ti, e a todos os teus irmãos, filhos de Levi? Nm 3.10;18.1-7Procurais também o sacerdócio? 11 Portanto, tu e toda a tua companhia sois os que vos sublevastes Êx 16.7contra Jeová; e Arão, quem é ele, para que 1Co 10.10murmureis contra ele?

12 Mandou Moisés chamar a Datã e Abirão, filhos de Eliabe; mas eles responderam: Não subiremos; 13 acaso, não é bastante que nos tenhas tirado de uma Nm 11.4-6;Êx 16.3terra que mana leite e mel, para nos Nm 14.2-3fazeres morrer no deserto; mas queres ainda fazer-te príncipe sobre nós? 14 De mais a mais, não nos introduziste numa Nm 13.27;14.8terra que mana leite e mel, nem nos deste em herança Nm 20.5;Êx 22.5;23.11campos e vinhas; pensas que Jz 16.21;1Sm 11.2lançarás aos olhos destes homens? Pois não subiremos.

15 Moisés, irado grandemente, disse a Jeová: Gn 4.4-5Não atentes para a sua oferta; 1Sm 12.3nem um jumento tenho tirado deles, nem a nenhum deles tenho feito mal. 16 Disse mais Moisés a Coré: Estai tu e toda a tua congregação diante de Jeová; sim, tu, e eles, e Arão, amanhã. 17 Tomai, cada um o seu incensário, e sobre eles deitai incenso, e trazei diante de Jeová, cada um o seu incensário, duzentos e cinquenta incensários; também tu e Arão, cada um o seu incensário. 18 Tomaram, pois, cada um o seu incensário, e neles puseram fogo, e sobre eles deitaram incenso, e estiveram em à entrada da tenda da revelação, juntamente com Moisés e Arão. 19 Coré fez reunir toda a congregação contra eles à entrada da tenda da revelação, e a Nm 16.42;14.10;20.6glória de Jeová apareceu a toda a congregação.

Os rebeldes castigados

20 Disse Jeová a Moisés e a Arão: 21 Nm 16.45Separai-vos do meio desta congregação, para que Êx 32.10,12eu os consuma imediatamente. 22 Lançaram-se com o rosto em terra e disseram: Ó Deus, Nm 27.16Deus dos espíritos de toda a carne, acaso, Gn 18.23-32;Lv 4.3pecaria um homem, e indignar-te-ias contra toda a congregação? 23 Respondeu Jeová a Moisés: 24 Dize à congregação: Nm 16.45Subi do derredor do tabernáculo de Coré, Datã e Abirão.

25 Levantou-se Moisés e foi ter com Datã e Abirão; e os anciãos de Israel o seguiram. 26 Disse à congregação: Retirai-vos das tendas destes homens perversos e não toqueis coisa que lhes pertença, Gn 19.15,17para que não sejais arrebatados em todos os seus pecados. 27 Subiram, pois, do derredor do tabernáculo de Coré, Datã e Abirão; e saíram Datã e Abirão e estiveram em à entrada das suas tendas com suas mulheres, e Nm 26.11seus filhos, e seus pequeninos. 28 Então, disse Moisés: Nisto conhecereis que Êx 3.12-15;4.12,15Jeová me enviou a fazer todas estas obras; porque não as tenho feito de mim mesmo. 29 Se estes homens morrerem como todos morrem ou se forem visitados como são visitados todos os homens, não é Jeová quem me enviou. 30 Mas, se Jeová criar uma nova coisa, e a terra abrir a boca e os tragar com tudo o que lhes pertence, e vivos descerem ao Sheol, sabereis que estes homens desprezaram a Jeová.

31 Ao acabar ele de falar todas essas palavras, fendeu-se a terra que estava debaixo deles; 32 Nm 26.10;Dt 11.6;Sl 106.17a terra abriu a boca e tragou-os com as suas famílias, com Nm 26.11todos os homens que pertenciam a Coré e com toda a sua fazenda. 33 Eles e todos os que lhes pertenciam, vivos, desceram ao Sheol; a terra cobriu-os, e pereceram do meio da assembleia. 34 Todo o Israel, que estava ao redor deles, fugiu ao clamor dos que pereciam, porque diziam: Não suceda que a terra nos trague a nós. 35 De Jeová Nm 11.1-3;26.10saiu fogo e consumiu os Nm 16.2duzentos e cinquenta homens que ofereciam o incenso.

Os incensários dos rebeldes aproveitados

36 Disse Jeová a Moisés: 37 Fala a Eleazar, filho do sacerdote Arão, que tire do incêndio os incensários. Espalha tu o fogo , porque se tornaram santos 38 os incensários destes homens que pecaram contra as suas vidas. Deles se façam lâminas batidas para uma coberta do altar, pois se ofereceram diante de Jeová; portanto, se tornaram santos; e serão por sinal aos filhos de Israel. 39 Eleazar, o sacerdote, tomou os incensários de cobre, aos quais tinham oferecido os que foram queimados; e os converteram em lâminas para coberta do altar, 40 para servir de memorial aos filhos de Israel, a fim de que Nm 1.51nenhum estrangeiro que não seja da semente de Arão se chegue para Êx 30.7-10queimar incenso diante de Jeová; para que não seja como Coré e como a sua companhia, conforme Jeová lhe falou por intermédio de Moisés.

O povo murmura e é visitado com uma praga

41 Porém, no dia seguinte, toda a congregação dos filhos de Israel Nm 16.3murmurou contra Moisés e contra Arão, dizendo: Vós matastes o povo de Jeová. 42 Quando a congregação se havia reunido contra Moisés e contra Arão, viraram-se para a tenda da revelação; eis que a nuvem a cobriu, e apareceu a Nm 16.19glória de Jeová. 43 Vieram Moisés e Arão à frente da tenda da revelação. 44 Disse Jeová a Moisés: 45 Nm 16.21,24Subi do meio desta congregação, para que eu os consuma imediatamente. Então, se prostraram com o rosto em terra. 46 Disse Moisés a Arão: Toma o teu incensário, e põe nele fogo do altar, e sobre ele deita incenso, e leva-o depressa à congregação, e Nm 25.13faze expiação por eles; pois de Jeová Nm 18.5;Dt 9.22saiu a ira, e começou a praga. 47 Tomou-o Arão, como Moisés lhe falou, e correu ao meio da assembleia (eis que havia começado a praga entre o povo), e Nm 25.7-8,13deitou o incenso, e fez expiação pelo povo. 48 Pôs-se em entre os mortos e os vivos, e cessou a praga. 49 Nm 25.9Ora, os que morreram da praga foram quatorze mil e oitocentos, além dos que Nm 16.32,35morreram no caso de Coré. 50 Voltou Arão para Moisés, à entrada da tenda da revelação; e cessou a praga.

Veja também