Jakob seën sy seuns. Daarna sterwe hy.
1 DAARNA het Jakob sy seuns geroep en gesê: Kom bymekaar, dat ek julle kan verkondig wat julle aan die einde van die dae sal wedervaar.
2 Versamel en hoor, seuns van Jakob, en luister na Israel, julle vader!
3 Ruben, jy is my eersgeborene, my krag en die eersteling van my sterkte; die vernaamste in hoogheid en die vernaamste in mag!
4 Opbruising soos van waters — jy sal die vernaamste nie wees nie, want jy het die bed van jou vader beklim; toe het jy dit ontheilig. Hy het my bed beklim.
5 Símeon en Levi is broers. Hulle wapens is werktuie van geweld.
6 Laat my siel nie kom in hulle raad nie, laat my eer nie eens wees met hulle vergadering nie. Want in hul toorn het hulle manne doodgeslaan, en in hulle moedswilligheid het hulle beeste vermink.
7 Vervloek is hulle toorn, want dit is heftig; en hulle grimmigheid, want dit is hard. Ek sal hulle verdeel in Jakob en hulle verstrooi in Israel.
8 Juda, jy is dit! Jou sal jou broers loof. Jou hand sal op die nek van jou vyande wees; voor jou sal die seuns van jou vader hulle neerbuig.
9 Juda is 'n jong leeu; van die roof af het jy opgeklim, my seun. Hy buig hom, hy gaan lê soos 'n leeu en soos 'n leeuin; wie sal hom opjaag?
10 Die septer sal van Juda nie wyk nie, nòg die veldheerstaf tussen sy voete uit totdat Silo kom; en aan Hom sal die volke gehoorsaam wees.
11 Hy maak sy jong esel vas aan die wingerdstok en die vul van sy eselin aan die edelste wynstok; Hy was sy kleed in wyn en sy gewaad in druiwebloed.
12 Hy is donkerder van oë as wyn en witter van tande as melk.
13 Sébulon sal woon by die strand van die see; en hy sal by die strand van die skepe wees, met die sykant na Sidon toe.
14 Íssaskar is 'n sterkgebeende esel wat tussen die veekrale lê.
15 Toe hy sien dat die rus goed en die land lieflik is, het hy sy skouer gebuig om te dra, en hy moes dwangarbeid verrig.
16 Dan sal aan sý volk reg verskaf net soos enigeen van die stamme van Israel.
17 Laat Dan 'n slang wees op die weg, 'n horingslang op die pad, wat die perd aan die hakskene byt, sodat sy ruiter agteroorval.
18 Op u verlossing wag ek, Here!
19 Gad — 'n bende sal hom aanval, maar hý sal hulle aan die hakskeen gryp.
20 Aser, sy spys is vet, en hý lewer koninklike lekkernye.
21 Náftali is soos 'n wildsbok so vry, hy wat mooi woorde laat hoor.
22 Josef is 'n jong vrugteboom, 'n jong vrugteboom by 'n fontein; sy takke klim oor die muur.
23 Die boogskutters het hom wel geprikkel en hom beskiet en hom bestry,
24 maar sy boog het sterk gebly, en die arms van sy hande was buigsaam, deur die hande van die Magtige van Jakob — daarvandaan waar die Herder, die Steen van Israel, is,
25 van die God van jou vader, wat jou help, en met die hulp van die Almagtige wat jou seën met seëninge van die hemel daarbo, met seëninge van die watervloed wat daaronder lê, met seëninge van borste en moederskoot.
26 Die seëninge wat jou vader ontvang het, oortref die seëninge van die ewige berge, die kostelike gawes van die ewige heuwels. Dit sal wees op die hoof van Josef en op die hoofskedel van die uitverkorene onder sy broers.
27 Benjamin is 'n wolf wat verskeur; in die môre eet hy sy prooi, en in die aand deel hy buit uit.
28 Húlle almal is die twaalf stamme van Israel; en dit is wat hulle vader aan hulle gesê het, en hy het hulle geseën; hy het hulle geseën, elkeen volgens sy besondere seën.
29 Daarna het hy hulle bevel gegee en aan hulle gesê: Ek word versamel by my volk. Begrawe my by my vaders in die spelonk wat op die stuk grond van Efron, die Hetiet, is;
30 in die spelonk wat op die stuk grond van Magpéla is, wat oos van Mamre lê, in die land Kanaän; die stuk grond wat Abraham van Efron, die Hetiet, as eiendomsgraf gekoop het.
31 Daar het hulle Abraham begrawe en Sara, sy vrou; daar het hulle Isak begrawe en Rebekka, sy vrou; en daar het ek Lea begrawe —
32 die stuk grond en die spelonk wat daarin is, wat gekoop is van die seuns van Het.
33 Toe Jakob klaar sy bevele aan sy seuns gegee het, trek hy sy voete terug op die bed en blaas die asem uit; en hy is by sy volksgenote versamel.
A profecia de Jacó acerca de seus filhos
1 Tendo Jacó chamado a seus filhos, disse: Ajuntai-vos para que vos anuncie o que vos há de acontecer Nm 24.14nos dias vindouros.
2 Ajuntai-vos e ouvi, filhos de Jacó;
Ouvi a Israel, vosso pai.
3 Rúben, tu és meu primogênito, minha força e Dt 21.17;Sl 78.51;105.36as primícias do meu vigor,
preeminente em dignidade e preeminente em poder.
4 Fervente como a água, não tenhas a proeminência!
Gn 35.22;Dt 27.20Porque subiste ao leito de teu pai;
então, o contaminaste; subiu à minha cama!
5 Gn 34.25-30Simeão e Levi são irmãos;
as suas espadas são instrumentos de violência.
6 Sl 64.2Não entres, minha alma, no seu concílio;
não te ajuntes, minha glória, com a sua assembleia;
porque na sua ira mataram homens
e na sua teimosia jarretaram touros.
7 Maldito seja o seu furor, porque era forte;
e maldita seja a sua ira, porque era cruel.
Js 19.1,9;21.1-42Dividi-los-ei em Jacó
e espalhá-los-ei em Israel.
8 Judá, a ti te louvarão teus irmãos;
sobre a cerviz de teus inimigos será a tua mão;
Gn 27.29;1Cr 5.2diante de ti se prostrarão os filhos de teu pai.
9 Judá é Ez 19.5-7;Mq 5.8leãozinho:
da presa subiste, meu filho.
Encurva-se, deita-se como um leão
e como uma leoa; quem o despertará?
10 Não se apartará de Judá Nm 24.17;Sl 60.7;108.8o cetro,
nem a vara do comando, dentre seus pés,
até que venha aquele de quem ela é,
Sl 2.6-9;72.8-11e a esse obedecerão os povos.
11 Dt 8.7-8;2Rs 18.32Atando o seu jumentinho à vide
e o filho da sua jumenta à videira seleta,
Is 63.2tem lavado em vinho as suas roupas
e, em sangue de uva, os seus vestidos.
12 Os seus olhos são vermelhos de vinho,
e os seus dentes, brancos de leite.
13 Dt 33.18-19Zebulom habitará na praia do mar:
ele será porto de navios,
e o seu termo estender-se-á até Sidom.
14 Issacar é jumento ossudo,
Jz 5.16;Sl 68.13deitado entre os rebanhos de ovelhas:
15 viu que o descanso era bom
e que a terra era agradável;
sujeitou os seus ombros à carga
e entregou-se ao serviço forçado de um escravo.
16 Dt 33.22;Jz 18.26-27Dã julgará o seu povo,
como uma das tribos de Israel.
17 Dã será uma serpente no caminho,
uma cerasta na vereda,
que morde os calcanhares ao cavalo,
de maneira que caia para trás o seu cavaleiro.
18 Êx 15.2;Sl 25.5;40.1-3;119.166,174;Is 25.9;Mq 7.7A tua salvação tenho esperado, ó Jeová!
19 Dt 33.20Gade, uma guerrilha o acometerá;
mas ele a perseguirá.
20 Dt 33.24-25Aser, o seu pão será gordo,
e ele produzirá delícias reais.
21 Dt 33.23Naftali é gazela solta:
ele profere belas palavras.
22 Dt 33.13-17José é um ramo frutífero,
ramo frutífero junto à fonte;
seus raminhos se estendem sobre o muro.
23 Os flecheiros têm-no maltratado,
atirado contra ele, e têm-no perseguido;
24 o seu arco, porém, permaneceu firme,
e foram feitos ativos Sl 18.34;73.23;Is 41.10os braços de suas mãos
pelas mãos do Sl 132.2,5;Is 1.24;49.26Poderoso de Jacó
(Daí, o Sl 23.1;80.1Pastor, a Sl 118.22;Is 28.16;1Pe 2.6-8Pedra de Israel),
25 sim, pelo Gn 28.13;32.9Deus de teu pai — que ele te ajude,
e pelo Gn 28.3;48.3Poderoso — que ele te abençoe
Gn 27.28com as bênçãos do céu acima,
com as bênçãos do abismo que jaz abaixo,
com as bênçãos dos peitos e da madre.
26 As bênçãos de teu pai
ultrapassam as bênçãos dos montes eternos;
as coisas desejadas Dt 33.15-16dos eternos outeiros,
sejam elas sobre a cabeça de José
e sobre o alto da cabeça daquele que é o príncipe entre seus irmãos.
27 Benjamim é lobo que despedaça:
pela manhã, devora a presa
e à tarde reparte o despojo.
28 Todas estas são as doze tribos de Israel, e isso é o que lhes disse seu pai, quando os abençoou; a cada um, segundo a sua bênção, os abençoou. 29 Deu-lhes esta ordem, dizendo: Vou ser Gn 25.8reunido ao meu povo; sepultai-me com meus pais na cova que está no campo de Gn 23.16-20Efrom heteu, 30 na cova que está no campo de Macpela, em frente de Manre, na terra de Canaã, a qual juntamente com o campo comprou Abraão de Efrom heteu para posse de um lugar de sepultura. 31 Ali sepultaram a Gn 25.9Abraão e a Gn 23.19Sara, sua mulher; ali sepultaram a Gn 35.29Isaque e a Rebeca, sua mulher; e ali sepultei a Lia; 32 o campo e a cova que está nele, comprados aos filhos de Hete. 33 Tendo Jacó acabado de dar essas instruções a seus filhos, encolheu os pés na cama, Gn 25.8;At 7.15expirou e Gn 49.29foi reunido a seus pais.