1 DAARNA het die Here aan Noag gesê: Gaan in die ark, jy en jou hele huisgesin, want jou het Ek regverdig bevind voor my aangesig in hierdie geslag.
2 Van al die rein diere moet jy vir jou telkens sewe paar neem, die mannetjie met sy wyfie; maar van die diere wat nie rein is nie, twee, die mannetjie met sy wyfie.
3 Ook van die voëls van die hemel telkens sewe paar, die mannetjie met die wyfie, om die geslag in die lewe te hou op die hele aarde.
4 Want oor nog sewe dae sal Ek laat reën op die aarde, veertig dae en veertig nagte, en al die lewende wesens wat Ek gemaak het, van die aarde verdelg.
5 En Noag het gedoen net soos die Here hom beveel het.
6 En Noag was seshonderd jaar oud toe die watervloed oor die aarde gekom het.
7 En Noag en sy seuns en sy vrou en die vroue van sy seuns saam met hom het in die ark gegaan vanweë die waters van die vloed.
8 Van die rein diere en van die diere wat nie rein is nie, en van die voëls en van alles wat op die aarde kruip,
9 het daar twee-twee na Noag in die ark gegaan, 'n mannetjie en 'n wyfie, soos God Noag beveel het.
10 Ná die sewe dae kom toe die waters van die vloed op die aarde.
11 In die seshonderdste jaar van die lewe van Noag, in die tweede maand, op die sewentiende dag van die maand, op dieselfde dag, is al die fonteine van die groot watervloed oopgebreek, en die sluise van die hemel is geopen;
12 en die stortreën was op die aarde veertig dae en veertig nagte lank.
13 Op daardie selfde dag het Noag en Sem en Gam en Jafet, die seuns van Noag, sowel as die vrou van Noag en die drie vroue van sy seuns saam met hulle in die ark gegaan.
14 Hulle en al die wilde diere volgens hulle soorte en al die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die aarde kruip, volgens hulle soorte en al die voëls volgens hulle soorte, voëls van allerhande vere —
15 van al die vlees waar 'n lewensgees in was, het twee-twee na Noag in die ark gegaan.
16 En die wat ingaan, het gegaan as mannetjie en wyfie van alle vlees soos God hom beveel het. En die Here het agter hom toegesluit.
17 En die vloed was veertig dae lank op die aarde: die waters het vermeerder en die ark opgehef, sodat dit opgerys het bo die aarde.
18 En die waters het die oorhand gekry en grootliks vermeerder op die aarde, terwyl die ark op die waters drywe.
19 En die waters het heeltemal die oorhand gekry op die aarde, sodat al die hoë berge onder die ganse hemel bedek was.
20 Vyftien el bo hulle het die waters die oorhand gekry, sodat die berge bedek was.
21 En alle vlees wat op die aarde beweeg, het weggesterwe: die voëls en die vee en die wilde diere en al die gedierte wat op die aarde wemel, en al die mense.
22 Alles wat die asem van die lewensgees in sy neusgate gehad het, alles wat op die droë grond was, het doodgegaan.
23 So is dan al die lewende wesens verdelg wat op die aarde was, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; hulle is verdelg van die aarde af. En net Noag het oorgebly en wat by hom in die ark was.
24 En die waters het die oorhand behou oor die aarde honderd-en-vyftig dae lank.
Noé e sua família entram na arca
1 Disse Jeová a Noé: Entra na arca, tu e toda a tua casa, porque vi que eras Gn 6.9justo diante de mim nesta geração. 2 De todos os Lv 11.1-31;Dt 14.3-20animais limpos, levarás contigo de sete em sete, o macho e sua fêmea; e, dos animais que não são limpos, dois, o macho e sua fêmea; 3 também das aves do céu, de sete em sete, macho e fêmea, para se conservar em vida semente sobre a face da terra. 4 Porque, passados ainda Gn 7.10sete dias, eu farei chover sobre a terra Gn 7.12,17quarenta dias e quarenta noites e farei desaparecer da face da terra Gn 6.7,13todas as criaturas que fiz. 5 Gn 6.22Fez Noé segundo tudo o que Jeová lhe ordenara.
6 Noé tinha Gn 5.32seiscentos anos de idade, quando o dilúvio de águas veio sobre a terra. 7 Entrou Gn 7.13;Gn 6.18na arca Noé com seus filhos, sua mulher e as mulheres de seus filhos, por causa das águas do dilúvio. 8 Dos Gn 7.2-3;Gn 6.19-20animais limpos, e dos animais que não são limpos, e das aves, e de tudo o que se arrasta sobre a terra, 9 entraram de dois em dois na arca, macho e fêmea, como Deus ordenara a Noé. 10 Passados os Gn 7.4sete dias, vieram sobre a terra as águas do dilúvio. 11 No ano Gn 7.6seiscentos da vida de Noé, no mês segundo, no dia dezessete do mês, nesse dia, romperam-se Gn 8.2as fontes do grande abismo, e abriram-se as janelas do céu. 12 Caiu Gn 7.4,17copiosa chuva sobre a terra quarenta dias e quarenta noites.
13 Nesse mesmo dia, Gn 7.7;Gn 6.18entraram na arca Noé, seus filhos Sem, Cam e Jafé, sua mulher e as mulheres de seus filhos. 14 Entraram estes com todo o animal segundo as suas espécies, todo gado segundo as suas espécies, todo o réptil que se arrasta sobre a terra segundo as suas espécies, e toda a ave segundo as suas espécies, pássaro de toda a qualidade. 15 Entraram a Noé na arca a Gn 7.9;Gn 6.19dois e dois de toda carne em que havia espírito de vida. 16 Os que entraram, entraram macho e fêmea de toda a carne, como Deus lhe ordenara; e Jeová o fechou dentro. 17 Durou o dilúvio Gn 7.4,12quarenta dias sobre a terra; as águas cresceram e levantaram a arca, que se elevou por cima da terra. 18 Prevaleceram as águas e cresceram grandemente sobre a terra; mas a arca andava sobre as águas. 19 As águas prevaleceram excessivamente sobre a terra, e todos os altos montes que havia debaixo do céu foram cobertos. 20 Quinze cúbitos por cima deles prevaleceram as águas, Gn 8.4e os montes foram cobertos. 21 Pereceu Gn 6.7,13,17;7.4toda a carne que se movia sobre a terra, tanto aves como gado, animais, todo o réptil que se arrasta sobre a terra e todo o homem; 22 tudo o que tinha o fôlego do espírito de vida em seus narizes, tudo o que havia na terra seca morreu. 23 Foram destruídas todas as criaturas que havia sobre a face da terra, desde o homem até o gado, até o réptil e até as aves do céu; pereceram da terra: foi deixado somente Mt 24.38-39;Lc 17.26-27;1Pe 3.20;2Pe 2.5Noé e os que com ele estavam na arca. 24 Prevaleceram Gn 8.3as águas sobre a terra cento e cinquenta dias.