Abram verlos Lot. Melgisédek.
1 EN in die dae van Ámrafel, die koning van Sínear, Áriog, die koning van Ellásar, Kedor-Laómer, die koning van Elam, en Tídeal, die koning van die nasies,
2 het hulle oorlog gevoer teen Bera, die koning van Sodom, en teen Birsa, die koning van Gomorra, Síneab, die koning van Adma, en Seméber, die koning van Sebóim, en teen die koning van Bela, dit is Soar.
3 Hulle het almal hulle leërs verenig in die laagte Siddim, dit is die Soutsee.
4 Twaalf jaar lank het hulle Kedor-Laómer toe al gedien, maar in die dertiende jaar het hulle opstandig geword.
5 Toe kom Kedor-Laómer in die veertiende jaar, en die konings wat saam met hom was, en hulle verslaan die Refaïete in Ásterot-Karnaim en die Susiete in Ham en die Emiete in die vlakte van Kirjatáim
6 en die Horiete op hulle gebergte Seïr, tot by El- Paran wat aan die woestyn lê.
7 Daarop het hulle omgedraai en by En-Mispat, dit is Kades, gekom en die hele land van die Amalekiete verower en ook die Amoriete wat in Háseson-Tamar woon.
8 Toe trek die koning van Sodom uit en die koning van Gomorra en die koning van Adma en die koning van Sebóim en die koning van Bela, dit is Soar, en stel hulle in die laagte Siddim in slagorde teen hulle op,
9 teen Kedor-Laómer, die koning van Elam, en Tídeal, die koning van die nasies, en Ámrafel, die koning van Sínear, en Áriog, die koning van Ellásar: vier konings teen vyf.
10 Maar die laagte Siddim was vol gate in die lymgrond; en toe die konings van Sodom en Gomorra wegvlug, het hulle daarin geval, en die wat oorgebly het, het na die gebergte gevlug.
11 En hulle het al die goed van Sodom en Gomorra en al hulle voedsel geneem en weggetrek.
12 Hulle het ook Lot, Abram se broerskind, en al sy goed geneem en weggetrek — want hy was in Sodom woonagtig.
13 Toe kom daar een wat vrygeraak het, en vertel dit aan Abram, die Hebreër, wat woonagtig was by die terpentynbome van Mamre, die Amoriet, broer van Eskol en broer van Aner; en hulle was bondgenote van Abram.
14 Toe Abram hoor dat sy broer as gevangene weggevoer is, het hy sy geoefende manne wat in sy huis gebore is, laat uittrek, driehonderd-en-agtien, en hulle tot by Dan agtervolg —
15 hy het hulle in die nag van verskillende kante aangeval, hy en sy dienaars, en hulle verslaan en hulle agtervolg tot by Hoba wat noord van Damaskus lê.
16 En hy het al die goed teruggebring, en ook sy broer Lot en sy goed teruggebring; en ook die vroue en die manskappe.
17 Ná sy terugkoms van die oorwinning op Kedor-Laómer en die konings wat saam met hom was, het die koning van Sodom uitgetrek hom tegemoet na die laagte Sawe, dit is die Koningslaagte.
18 En Melgisédek, die koning van Salem, wat 'n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring
19 en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde.
20 En geseënd is God, die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe gee hy hom die tiende van alles.
21 En die koning van Sodom sê vir Abram: Gee my die mense, maar neem die goed vir uself.
22 Toe antwoord Abram die koning van Sodom: Ek hef my hand op tot die Here, God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde,
23 dat ek geen draad en geen skoenriem, ja, dat ek niks sal neem van alles wat uwe is nie, sodat u nie kan sê nie: Ek het Abram ryk gemaak.
24 Niks vir my nie! Net wat die dienaars geëet het en die deel van die manne wat saam met my getrek het, Aner, Eskol en Mamre, laat dié hulle deel neem.
Guerra de quatro reis contra cinco
1 Aconteceu nos dias de Anrafel, rei de Gn 10.10;11.2Sinear, Arioque, rei de Elasar, Quedorlaomer, rei de Dn 8.2Elão, e Tidal, rei de Goim, 2 que fizeram estes guerra contra Bera, rei de Sodoma, contra Birsa, rei de Gomorra, contra Sinabe, rei de Gn 10.19Admá, contra Semeber, rei de Dt 29.23Zeboim, e contra o rei de Belá (esta é Gn 13.10Zoar). 3 Todos estes se ajuntaram Gn 14.8,10no vale de Sidim (este é o Dt 3.17;Js 3.16mar Salgado). 4 Doze anos serviram a Quedorlaomer, mas no décimo terceiro se rebelaram. 5 Ao décimo quarto ano veio Quedorlaomer e os reis que estavam com ele e feriram aos Dt 3.11,13refains em Dt 1.4;Js 9.10Asterote-Carnaim, aos zuzins em Hã, aos emins em Nm 32.37Savé-Quiriataim 6 e aos Gn 36.20;Dt 2.12,22horeus no seu monte Seir, até El-Gn 21.21;Nm 10.12Parã, que está junto ao deserto. 7 Na volta, vieram a En-Mispate (que é Nm 13.26Cades) e feriram toda a terra dos amalequitas e também aos amorreus que habitavam em 2Cr 20.2Hazazom-Tamar. 8 Então, saíram os reis de Sodoma, de Gomorra, de Admá, de Zeboim e de Bela (esta é Zoar); e ordenaram batalha contra eles Gn 14.3no vale de Sidim, 9 contra Quedorlaomer, rei de Elão, contra Tidal, rei de Goim, contra Anrafel, rei de Sinear, e contra Arioque, rei de Elasar; quatro reis contra cinco. 10 Ora, o vale de Sidim estava cheio de poços de betume; Gn 14.17,21-22fugiram os reis de Sodoma e de Gomorra e caíram ali; e os restantes fugiram para o monte. 11 Eles tomaram todos os bens de Sodoma e Gomorra, com os seus víveres, e foram-se. 12 Levaram também a Ló, Gn 11.27filho do irmão de Abrão, Gn 13.12que morava em Sodoma, e os bens dele e partiram.
Abrão é avisado
13 Veio um que escapara e deu parte a Abrão, o Gn 40.15;Êx 3.18hebreu. Ora, ele habitava perto dos terebintos de Gn 13.18Manre, o amorreu, irmão de Escol e de Aner; estes eram Gn 21.27,32aliados de Abrão. 14 Tendo Abrão ouvido que Gn 14.12seu irmão estava preso, levou os seus homens mais bem disciplinados, Gn 12.5;Ec 2.7nascidos em sua casa, em número de trezentos e dezoito, e os perseguiu até 1Rs 15.20Dã. 15 Jz 7.16Dividiu-se contra eles de noite, ele e seus servos, e, ferindo-os, os perseguiu até Hobá, que fica à esquerda de Gn 15.2Damasco. 16 Tornou a trazer todos os bens, e tornou a trazer também a Ló, Gn 14.12,14seu irmão, e os seus bens, e também as mulheres e o povo.
Melquisedeque abençoa a Abrão
17 O Gn 14.10rei de Sodoma saiu-lhe ao encontro, depois que Hb 7voltou de ferir a Quedorlaomer e aos reis que estavam com ele, no vale de Savé (que é o 2Sm 18.18vale do Rei). 18 Hb 7.1Melquisedeque, rei de Salém, trouxe Sl 104.15pão e vinho: este era Sl 110.4;Hb 5.6,10sacerdote do Deus Altíssimo. 19 Abençoou a Abrão e disse: Bendito seja Abrão pelo Deus Altíssimo, Gn 14.22Criador do céu e da terra! 20 E bendito seja o Deus Altíssimo, que entregou os teus inimigos às tuas mãos! Abrão Hb 7.4deu-lhe o dízimo de tudo. 21 Então, o rei de Sodoma disse a Abrão: Dá-me a mim as pessoas e toma para ti os bens. 22 Respondeu-lhe Abrão: Levanto a minha mão para Jeová, Gn 14.19Deus Altíssimo, Criador do céu e da terra, 23 jurando que 2Rs 5.16não tomarei nada de tudo o que é teu, nem um fio nem uma correia dos sapatos, para que não digas: Eu enriqueci a Abrão; 24 salvo o que os mancebos comeram e a porção que toca aos homens Gn 14.13Aner, Escol e Manre, que foram comigo; que estes tomem a sua porção.