Opskrif en seëngroet.
1 PAULUS, 'n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, ooreenkomstig die belofte van die lewe wat in Christus Jesus is,
2 aan Timótheüs, my geliefde kind: Genade, barmhartigheid, vrede van God die Vader en Christus Jesus, onse Here!
Liefde van Paulus vir Timótheüs. Vermaning om standvastig te wees in die geloof en in die bediening.
3 EK dank God, wat ek van my voorouers af in 'n rein gewete dien, wanneer ek onophoudelik nag en dag aan jou in my gebede dink,
4 terwyl ek verlang om jou te sien as ek aan jou trane dink, sodat ek met blydskap vervul kan word,
5 en as ek my herinner die ongeveinsde geloof wat in jou is, wat eers gewoon het in jou grootmoeder Loïs en in jou moeder Eunice, en wat — daarvan is ek oortuig — ook in jou is.
6 Om hierdie rede herinner ek jou daaraan om die genadegawe van God aan te wakker wat in jou is deur die oplegging van my hande.
7 Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.
8 Skaam jou dan nie oor die getuienis van onse Here of oor my, sy gevangene nie, maar ly saam verdrukkinge vir die evangelie na die krag van God
9 wat ons gered en geroep het met 'n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens sy eie voorneme en genade wat ons van ewigheid af in Christus Jesus geskenk is,
10 maar wat nou geopenbaar is deur die verskyning van ons Verlosser, Jesus Christus, wat die dood tot niet gemaak het en die lewe en die onverderflikheid aan die lig gebring het deur die evangelie,
11 waarvoor ek aangestel is as prediker en apostel en leraar van die heidene.
12 Om hierdie rede ly ek ook hierdie dinge; maar ek skaam my nie, want ek weet in wie ek geglo het, en ek is oortuig dat Hy mag het om my pand te bewaar tot dié dag toe.
13 Hou as voorbeeld van gesonde woorde dié wat jy van my gehoor het, in die geloof en liefde wat in Christus Jesus is.
14 Bewaar jou goeie pand deur die Heilige Gees wat in ons woon.
15 Jy weet dit dat almal wat in Asië is, hulle van my afgekeer het, onder wie Figéllus en Hermógenes is.
16 Mag die Here aan die huis van Onesíforus barmhartigheid bewys, want hy het my dikwels verkwik en hom oor my kettings nie geskaam nie;
17 maar toe hy in Rome gekom het, het hy my baie ywerig gesoek en gevind.
18 Mag die Here hom skenk dat hy barmhartigheid mag verkry van die Here in dié dag! En jy weet baie goed hoeveel dienste hy in Éfese bewys het.
Prefácio e saudação
1 Paulo, 2Co 1.1apóstolo de 2Tm 1.2,9,13;2Tm 2.1,3,10;3.12,15; vd.1Tm 1.12;Gl 3.26Cristo Jesus, vd.1Co 1.1por vontade de Deus, segundo a promessa da cp.1Tm 6.19vida que é em Cristo Jesus, 2 ao muito amado 1Tm 1.2;2Tm 2.1;Tt 1.4filho vd.At 16.1; cp.1Tm 1.2Timóteo: vd.1Tm 1.2graça, misericórdia e paz da parte de Deus Pai e da de Jesus Cristo, nosso Senhor.
A exortação à firmeza e à constância no ministério
3 vd.Rm 1.8Dou graças a Deus, a quem, desde os meus antepassados At 24.14sirvo, com At 23.1;24.16; cp.1Tm 1.5consciência pura, vd.Rm 1.9de que sem cessar, faço menção de ti em minhas súplicas, de noite e de dia, 4 2Tm 4.9,21desejando ver-te, cp.At 20.37recordando-me das tuas lágrimas, para que o meu gozo seja completo; 5 lembrando-me daquela 1Tm 1.5fé não fingida que há em ti, a qual habitou primeiro em tua avó Loide e em At 16.1; cp.2Tm 3.15tua mãe Eunice, e estou persuadido de que também, em ti. 6 Por essa razão, te lembro que tornes a acender vd.1Tm 4.14o dom de Deus que há em ti pela imposição das minhas mãos. 7 Pois Deus não nos deu Rm 8.15; cp.Jo 14.27o espírito de timidez, mas de força, de amor e de prudência. 8 2Tm 1.12,16;Mc 8.38; cp.Rm 1.16Não te envergonhes do 1Co 1.6testemunho de nosso Senhor, nem de mim, que sou vd.Ef 3.1; cp.2Tm 1.16prisioneiro seu; antes, 2Tm 2.3,9;4.5sofre comigo pelo 2Tm 1.10;2Tm 2.8evangelho segundo o poder de Deus, 9 que vd.Rm 11.14nos salvou e vd.Rm 8.28s.nos chamou com uma santa vd.Rm 11.29vocação, vd.Ef 2.9não segundo as nossas obras, mas segundo o seu Rm 8.28s.propósito e segundo a graça que nos foi dada em vd.2Tm 1.1Cristo Jesus, antes dos Tt 1.2; vd.Rm 16.25; cp.Ef 1.4tempos eternos, 10 e que Rm 16.26agora se manifestou pela Tt 2.11; cp.2Ts 2.8;2Tm 4.1,8vinda de nosso Salvador Cristo Jesus, que vd.1Co 15.26; cp.Hb 2.14s.destruiu a morte e tirou à luz a vida e a imortalidade pelo evangelho, 11 vd.1Tm 2.7no qual eu fui constituído pregador, apóstolo e mestre. 12 Por essa razão, sofro também essas coisas; mas vd.2Tm 1.8; cp.2Tm 1.16não me envergonho, porque sei cp.Tt 3.8a quem tenho crido e estou persuadido de que ele pode 2Tm 1.14;1Tm 6.20guardar o meu depósito até 2Tm 1.18;2Tm 4.8; vd.1Co 1.8;3.13aquele dia. 13 cp.2Tm 3.14;Tt 1.9Conserva o cp.Rm 2.20;6.17modelo de cp.1Tm 1.10sãs palavras 2Tm 2.2que de mim ouviste vd.1Tm 1.14na fé e no amor que há em vd.2Tm 1.1Cristo Jesus. 14 vd.2Tm 1.12Guarda o bom depósito com o auxílio do Espírito Santo, que vd.Rm 8.9habita em nós.
Fígelo, Hermógenes e Onesíforo
15 Tu sabes isto: que cp.2Tm 4.10-11,16me abandonaram todos os que estão na vd.At 2.9Ásia, do número dos quais é Fígelo e Hermógenes. 16 O Senhor use de misericórdia para com 2Tm 4.19a família de Onesíforo, pois ele, muitas vezes, me consolou e vd.2Tm 1.8não teve vergonha das minhas vd.Ef 6.20cadeias; 17 antes, quando veio a Roma, me procurou diligentemente e me achou 18 (que o Senhor lhe conceda a graça de achar misericórdia diante do Senhor naquele dia); e quanto serviço prestou em vd.At 18.19; cp.1Tm 1.3Éfeso, melhor o sabes tu.