Die groot slag van Gíbeon. Son en maan staan stil. Verskeie stede in die Suide ingeneem.
1 EN toe Adóni-Sedek, die koning van Jerusalem, hoor dat Josua Ai ingeneem en dit met die banvloek getref het — soos hy met Jérigo en sy koning gedoen het, so het hy met Ai en sy koning gedoen — en dat die inwoners van Gíbeon vrede gesluit het met Israel en in hulle midde was,
2 het hulle baie bevrees geword, omdat Gíbeon 'n groot stad was, soos een van die koningstede, en omdat hy groter as Ai en al sy manne helde was.
3 Adóni-Sedek, die koning van Jerusalem, stuur toe na Hoham, die koning van Hebron, en na Píream, die koning van Jarmut, en na Jáfia, die koning van Lagis, en na Debir, die koning van Eglon, om te sê:
4 Trek na my toe op en help my, dat ons Gíbeon kan verslaan, omdat hy met Josua en met die kinders van Israel vrede gesluit het.
5 So het dan die vyf Amoritiese konings vergader en opgetrek: die koning van Jerusalem, die koning van Hebron, die koning van Jarmut, die koning van Lagis, die koning van Eglon, hulle en al hul leërmagte; en hulle het Gíbeon beleër en daarteen geveg.
6 Maar die manne van Gíbeon het na Josua gestuur, in die laer van Gilgal, om te sê: Trek u hande nie af van u dienaars nie, kom gou op na ons toe en verlos ons en help ons; want al die konings van die Amoriete wat die Gebergte bewoon, het hulle teen ons verenig.
7 Daarop het Josua opgetrek uit Gilgal, hy en al die weerbare manskappe en al die dapper helde met hom saam.
8 En die Here het aan Josua gesê: Wees nie bevrees vir hulle nie, want Ek gee hulle in jou hand; niemand van hulle sal voor jou standhou nie.
9 Toe Josua hulle skielik oorval — hy het die hele nag deur van Gilgal af opgetrek —
10 het die Here hulle in verwarring gebring voor Israel, en hy het 'n groot slag onder hulle geslaan by Gíbeon en hulle agtervolg op pad na die hoogte van Bet-Horon en hulle verslaan tot by Aséka en tot by Makkéda.
11 En toe hulle voor Israel uit vlug terwyl hulle op die afdraand van Bet-Horon was, het die Here groot haelstene uit die hemel op hulle gewerp tot by Aséka, sodat hulle gesterf het; daar het meer gesterf deur die haelstene as wat die kinders van Israel met die swaard doodgeslaan het.
12 Toe het Josua met die Here gespreek, op die dag dat die Here die Amoriete aan die kinders van Israel oorgegee het, en voor die oë van Israel gesê: Son, staan stil in Gíbeon, en maan, in die dal van Ájalon!
13 Toe staan die son stil en bly die maan staan totdat die volk hulle gewreek het op hul vyande. Staan dit nie geskrywe in die Boek van die Opregte nie? En die son het bly staan in die middel van die hemel en het hom nie gehaas om onder te gaan nie, omtrent 'n volle dag.
14 En daar was geen dag soos hierdie een, voor hom en ná hom, dat die Here na die stem van 'n man geluister het nie; want die Here het vir Israel gestry.
15 Daarop het Josua, en die hele Israel met hom saam, na die laer van Gilgal teruggekeer.
16 Maar daardie vyf konings het gevlug en weggekruip in die spelonk by Makkéda.
17 Toe aan Josua geboodskap en gesê is: Die vyf konings is gevind: hulle kruip weg in die spelonk by Makkéda —
18 het Josua gesê: Rol groot klippe teen die ingang van die spelonk en stel manne daarby aan om hulle te bewaak.
19 Maar julle, moenie bly staan nie; jaag julle vyande agterna en sny hulle agterhoede af; laat hulle nie toe om in hul stede in te kom nie, want die Here julle God gee hulle in julle hand.
20 En toe Josua en die kinders van Israel hulle heeltemal verslaan het met 'n baie groot slag totdat hulle vernietig was, en enkele uit hulle vrygeraak en in die versterkte stede ingegaan het,
21 het al die manskappe by die laer, by Josua behoue teruggekom in Makkéda; niemand het teen die kinders van Israel sy tong verroer nie.
22 Daarop sê Josua: Maak oop die ingang van die spelonk en bring hierdie vyf konings uit die spelonk uit na my toe.
23 Hulle het so gedoen en dié vyf konings uit die spelonk na hom gebring: die koning van Jerusalem, die koning van Hebron, die koning van Jarmut, die koning van Lagis, die koning van Eglon.
24 En toe hulle dié konings uitgebring het na Josua, roep Josua al die manne van Israel en sê aan die aanvoerders van die krygsmanne wat met hom saam getrek het: Kom nader, sit julle voete op die nekke van hierdie konings; en hulle het nader gekom en hul voete op hulle nekke gesit.
25 En Josua sê vir hulle: Wees nie bevrees of verskrik nie; wees sterk en vol moed, want so sal die Here met al julle vyande doen teen wie julle sal veg.
26 En daarna het Josua hulle neergeslaan en hulle gedood en hulle aan vyf pale opgehang; en hulle het aan die pale bly hang tot die aand toe.
27 En teen sonsondergang het Josua bevel gegee om hulle van die pale af te haal en in die spelonk te gooi waarin hulle weggekruip het; en hulle het groot klippe voor die ingang van die spelonk gepak, wat vandag nog daar is.
28 Daardie dag het Josua ook Makkéda ingeneem en dit met die skerpte van die swaard verslaan; en sy koning, die stad self en al die siele wat daarin was, het hy met die banvloek getref sonder iemand te laat oorbly wat vrygeraak het; en met die koning van Makkéda het hy gedoen net soos met die koning van Jérigo.
29 Toe trek Josua oor en die hele Israel met hom saam van Makkéda na Libna om met Libna oorlog te voer.
30 En die Here het dit ook met sy koning in die hand van Israel gegee, en hy het dit verslaan met die skerpte van die swaard en al die siele wat daarin was; hy het niemand daarin laat vryraak nie; en hy het met sy koning gedoen net soos met die koning van Jérigo.
31 Toe trek Josua oor en die hele Israel met hom saam van Libna na Lagis om dit te beleër en daarteen te veg.
32 En die Here het Lagis in die hand van Israel gegee, sodat hy dit ingeneem het op die tweede dag en dit met al die siele wat daarin was, met die skerpte van die swaard verslaan het net soos hy met Libna gedoen het.
33 Toe trek Horam, die koning van Geser, op om Lagis te help; maar Josua het hom en sy volk verslaan totdat daar niemand van hom was wat vrygeraak het nie.
34 Daarop trek Josua oor en die hele Israel met hom saam van Lagis na Eglon om dit te beleër en daarteen te veg.
35 En hulle het dit ingeneem op dieselfde dag en dit verslaan met die skerpte van die swaard; en al die siele wat daarin was, het hy op dieselfde dag met die banvloek getref net soos hy met Lagis gedoen het.
36 Toe trek Josua op en die hele Israel met hom saam van Eglon na Hebron om daarteen te veg.
37 En hulle het dit ingeneem en dit met sy koning en al sy stede en al die siele wat daarin was, met die skerpte van die swaard verslaan sonder om iemand te laat oorbly wat vrygeraak het, net soos hy met Eglon gedoen het: hy het dit met al die siele wat daarin was, met die banvloek getref.
38 Daarop draai Josua weg en die hele Israel met hom saam na Debir om daarteen te veg.
39 En hy het dit geneem met sy koning en al sy stede; en hulle het hulle met die skerpte van die swaard verslaan en al die siele wat daarin was, met die banvloek getref sonder om iemand te laat oorbly wat vrygeraak het; soos hy met Hebron gedoen het, so het hy met Debir en sy koning gedoen, en soos hy met Libna en sy koning gedoen het.
40 So het Josua dan die hele land verslaan, die Gebergte en die Suidland en die Laeveld en die Hange met al hulle konings sonder om iemand te laat oorbly wat vrygeraak het; en alles wat asemhaal, het hy met die banvloek getref, soos die Here, die God van Israel, beveel het.
41 En Josua het hulle verslaan van Kades-Barnéa af tot by Gasa, en die hele land Gosen tot by Gíbeon.
42 En al hierdie konings met hulle land het Josua in een slag geneem, omdat die Here, die God van Israel, vir Israel gestry het.
43 Daarna het Josua en die hele Israel met hom saam na die laer van Gilgal teruggegaan.
Gibeão é sitiada por cinco reis
1 Tendo Adoni-Zedeque, rei de Jerusalém, ouvido que Josué tomara a Ai e a destruíra totalmente (fazendo a Jericó e ao seu rei o que fizera a Ai e ao seu rei) e que os habitantes de Gibeão haviam feito paz com Israel, e estavam no meio deles, 2 teve muito medo, porque Gibeão era uma cidade grande, como uma das cidades reais e porque era maior do que Ai, e todos os seus homens eram valorosos. 3 Pelo que Adoni-Zedeque, rei de Jerusalém, enviou mensageiros a Horão, rei de Js 10.23Hebrom, a Pirão, rei de Jarmute, a Jafia, rei de Laquis, e a Debir, rei de Eglom, para lhes dizer: 4 Subi a mim e ajudai-me; firamos a Gibeão, porque fez paz com Josué e com os filhos de Israel. 5 Ajuntaram-se e subiram os cinco reis dos Nm 13.29amorreus, o rei de Jerusalém, o rei de Hebrom, o rei de Jarmute, o rei de Laquis e o rei de Eglom, eles e todas as suas hostes, e acamparam-se contra Gibeão, e pelejaram contra ela.
Josué socorre a Gibeão
6 Mandaram os homens de Gibeão dizer a Josué no acampamento em Gilgal: Não retires dos teus servos a mão. Sobe a nós depressa, e livra-nos, e ajuda-nos, porque se ajuntaram contra nós todos os reis dos amorreus que habitam na região montanhosa. 7 Então, Josué, com toda a gente de guerra e todos os ilustres em valor, subiu de Gilgal. 8 Jeová disse a Josué: Js 1.5,9Não os temas, porque nas tuas mãos os entreguei; nenhum deles te poderá resistir. 9 Josué deu de repente sobre eles; porque, durante a noite, subiu de Gilgal. 10 Dt 7.23Jeová pô-los em desordem diante de Israel, que os feriu com grande matança em Gibeão, e os foi perseguindo pelo caminho da subida de Bete-Horom, e deu neles até Azeca e até Maquedá. 11 Quando iam fugindo de diante de Israel e estavam na descida de Bete-Horom, fez Jeová cair do céu grandes pedras em cima deles até Azeca, e morreram. Foram mais os que morreram pela chuva de pedra do que os que os filhos de Israel mataram à espada.
O sol e a lua são detidos
12 Falou Josué a Jeová no dia em que Jeová entregou os amorreus nas mãos dos filhos de Israel; e disse na presença de Israel:
Sol, detém-te em Gibeão;
e tu, lua, no vale de Aijalom.
13 Hc 3.11Deteve-se o sol, e parou a lua,
até que o povo se vingou dos seus inimigos.
Não está isso escrito no livro de 2Sm 1.18Jasar? Is 38.8O sol se deteve no meio do céu e não se apressou a pôr-se quase um dia inteiro. 14 Nem antes, nem depois, houve dia semelhante a esse, atendendo Jeová à voz dum homem; Js 10.42;Êx 14.14;Dt 1.30porque, pelejava por Israel.
15 Voltou Josué, e todo o Israel com ele, ao acampamento em Gilgal.
Josué prende cinco reis e mata-os
16 Aqueles Js 10.5cinco reis, tendo fugido, esconderam-se na cova de Maquedá. 17 Foi anunciado a Josué nestas palavras: Os cinco reis já se acharam, estavam escondidos na cova de Maquedá. 18 Disse Josué: Arrastai grandes pedras para a boca da cova e junto a ela ponde homens que os guardem; 19 porém vós não vos detenhais. Persegui os vossos inimigos e matai os que vão ficando atrás; não os deixeis entrar nas suas cidades, porque Jeová, vosso Deus, vos entregou nas mãos. 20 Tendo Josué e os filhos de Israel acabado de os ferir com mui grande matança, Dt 20.16até serem eles exterminados, e tendo os restantes que deles ficaram entrado nas cidades fortificadas, 21 voltou todo o povo em paz ao arraial, a Josué, em Maquedá. Não havia quem movesse a sua língua contra algum dos filhos de Israel.
22 Disse Josué: Abri a boca da cova e trazei-me aqueles cinco reis para fora. 23 Assim fizeram e Dt 7.24trouxeram-lhe aqueles cinco reis: o rei de Jerusalém, o rei de Hebrom, o rei de Jarmute, o rei de Laquis e o rei de Eglom. 24 Sendo esses reis trazidos a Josué, chamou ele todos os homens de Israel e disse aos comandantes dos homens de guerra que iam com ele: Aproximai-vos e ponde os pés sobre o pescoço destes reis. Eles se aproximaram e puseram os pés sobre os pescoços deles. 25 Então, lhes disse Josué: Js 10.8Não temais, nem vos atemorizeis; sede corajosos e fortes, porque assim fará Jeová a todos os vossos inimigos, contra quem estais pelejando. 26 Depois, Josué os feriu, lhes tirou a vida e Js 8.29os enforcou em cinco madeiros; e ficaram pendurados até a tarde. 27 Ao pôr do sol, deu ordem Josué; Dt 21.22-23desceram-nos dos madeiros, lançaram-nos na cova em que se haviam escondido e puseram na boca da mesma grandes pedras, que ali se conservam até o dia de hoje.
Josué vence mais sete reis
28 Nesse dia, tomou Josué a Maquedá, ferindo-a à espada, bem como ao seu rei; Dt 20.16totalmente os destruiu juntamente com todos os que nela estavam, sem deixar ali nem sequer um. Fez ao rei de Maquedá Js 6.21como fizera ao rei de Jericó.
29 De Maquedá passou Josué, e todo o Israel com ele, a Libna e pelejou contra ela. 30 Jeová também a entregou e bem assim ao seu rei, nas mãos de Israel, que a passou ao fio da espada juntamente com todos os que nela estavam, sem deixar ali nem sequer um. Fez ao rei dela como fizera ao rei de Jericó.
31 Josué e com ele todo o Israel passaram de Libna a Laquis, acamparam-se contra ela e contra ela pelejaram. 32 Jeová entregou a Laquis nas mãos de Israel, que a tomou no segundo dia, e a feriu ao fio da espada juntamente com todos os que nela estavam, conforme tudo o que fizera a Libna.
33 Horão, rei de Gezer, subiu a ajudar a Laquis; Josué feriu a ele e a todo o seu povo, até não lhe deixar nem sequer um.
34 De Laquis passou Josué, e todo o Israel com ele, a Eglom. Acamparam-se contra ela e contra ela pelejaram. 35 Nesse dia, a tomaram e a feriram ao fio da espada; totalmente destruiu nesse dia todas as almas que nela estavam, conforme tudo o que fizera a Laquis.
36 De Eglom subiu Josué, e todo o Israel com ele, a Hebrom; e pelejaram contra ela. 37 Tomaram-na e, ao fio da espada, feriram-na a ela, e ao seu rei, e a todas as suas cidades, e a todas as almas que nela estavam. Não deixou nela nem sequer um, conforme tudo o que fizera a Eglom; mas totalmente a destruiu a ela e a todas as almas que nela estavam.
38 Voltou Josué, e todo o Israel com ele, a Debir, e pelejou contra ela. 39 Tomou-a a ela, e ao seu rei, e a todas as suas cidades; e feriu-os ao fio da espada e totalmente destruiu a todas as almas que nela estavam. Não deixou nem sequer um; como fizera a Hebrom, assim fez a Debir e ao seu rei, como também fizera a Libna e ao seu rei.
40 Josué feriu a toda a terra, Dt 1.7a região montanhosa, e o Neguebe, e a Sefelá, e Azedote, e a Dt 7.24todos os seus reis. Não deixou nem sequer um, mas Dt 20.16destruiu por completo tudo o que tinha fôlego, como Jeová, Deus de Israel, ordenou. 41 Josué feriu-os desde Cades-Barneia até Gaza, como também toda a terra de Js 11.16;15.51Gósen, até Gibeão. 42 Duma vez, tomou Josué todos esses reis e a sua terra, porque Jeová, Deus de Israel, Js 10.14pelejou por Israel. 43 Então, voltou Josué com todo o Israel ao acampamento em Gilgal.