Pular para o conteúdo
Publicidade

Josué 21

TB

Die Leviete verkry op hul versoek hulle stede.

1 TOE het die familiehoofde van die Leviete nader gekom na Eleásar, die priester, en na Josua, die seun van Nun, en na die familiehoofde van die stamme van die kinders van Israel,

2 en met hulle gespreek in Silo, in die land Kanaän, en gesê: Die Here het deur die diens van Moses bevel gegee dat aan ons stede afgestaan moet word om in te woon, met hulle weiveld vir ons vee.

3 Toe het die kinders van Israel aan die Leviete, volgens die bevel van die Here, uit hulle erfdeel die volgende stede met hulle weiveld afgestaan:

4 Die lot het uitgekom vir die geslagte van die Kehatiete; en die kinders van Aäron, die priester, uit die Leviete, het ontvang uit die stam van Juda en uit die stam van Símeon en uit die stam van Benjamin, deur die lot, dertien stede;

5 en die ander kinders van Kehat, uit die geslagte van die stam van Efraim en uit die stam van Dan en uit die halwe stam van Manasse, deur die lot, tien stede;

6 en die kinders van Gerson, uit die geslagte van die stam van Íssaskar en uit die stam van Aser en uit die stam van Náftali en uit die halwe stam van Manasse in Basan, deur die lot, dertien stede;

7 en die kinders van Merári, volgens hulle geslagte, uit die stam van Ruben en uit die stam van Gad en uit die stam van Sébulon, twaalf stede.

8 So het dan die kinders van Israel aan die Leviete hierdie stede met hulle weiveld deur die lot gegee, soos die Here deur die diens van Moses beveel het.

9 Verder het hulle, uit die stam van die kinders van Juda en uit die stam van die kinders van Símeon, hierdie stede gegee wat hulle met hul name genoem het:

10 die kinders van Aäron dan, uit die geslagte van die Kehatiete, uit die kinders van Levi, het ontvang want die eerste lot was vir hulle

11 en aan hulle is gegee: die stad van Arba, die vader van Anok, dit is Hebron, op die gebergte van Juda, met sy weiveld daaromheen;

12 maar die saaigrond van die stad, met sy dorpe, het hulle aan Kaleb, die seun van Jefúnne, as sy besitting gegee.

13 En aan die kinders van Aäron, die priester, het hulle gegee Hebron, die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het, met sy weiveld, en Libna met sy weiveld,

14 en Jattir met sy weiveld, en Estemóa met sy weiveld,

15 en Holon met sy weiveld, en Debir met sy weiveld,

16 en Ajin met sy weiveld, en Jutta met sy weiveld, en Bet-Semes met sy weiveld: nege stede uit hierdie twee stamme.

17 En uit die stam van Benjamin: Gíbeon met sy weiveld, en Geba met sy weiveld,

18 en Ánatot met sy weiveld, en Almon met sy weiveld: vier stede.

19 Al die stede van die kinders van Aäron, die priesters, was dertien stede met hulle weiveld.

20 En die geslagte van die kinders van Kehat, die Leviete, wat nog oor was van die kinders van Kehat, het hulle stede wat deur die lot aangewys was, ontvang uit die stam van Efraim;

21 en hulle het aan hulle gegee: die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het: Sigem met sy weiveld op die gebergte van Efraim, en Geser met sy weiveld,

22 en Kibsáim met sy weiveld, en Bet-Horon met sy weiveld: vier stede.

23 En uit die stam van Dan: Élteke met sy weiveld, Gíbbeton met sy weiveld,

24 Ájalon met sy weiveld, Gat-Rimmon met sy weiveld: vier stede.

25 En uit die helfte van die stam van Manasse: Táänag met sy weiveld, en Gat-Rimmon met sy weiveld: twee stede;

26 alles saam tien stede met hulle weiveld vir die geslagte van die kinders van Kehat wat nog oorgebly het.

27 En aan die kinders van Gerson uit die geslagte van die Leviete: uit die halwe stam van Manasse, die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het: Golan in Basan met sy weiveld, en Beëstéra met sy weiveld: twee stede.

28 En uit die stam van Íssaskar: Kisjon met sy weiveld, en Dáberat met sy weiveld,

29 Jarmut met sy weiveld, En-Gannim met sy weiveld: vier stede.

30 En uit die stam van Aser: Miseal met sy weiveld, Abdon met sy weiveld,

31 Helkat met sy weiveld, en Rehob met sy weiveld: vier stede.

32 En uit die stam van Náftali, die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het: Kedes in Galiléa met sy weiveld, en Hammot-Dor met sy weiveld, en Kartan met sy weiveld: drie stede;

33 al die stede van die Gersoniete, volgens hulle geslagte, was dertien stede met hulle weiveld.

34 En aan die geslagte van die kinders van Merári, die Leviete wat nog oor was uit die stam van Sébulon: Jókneam met sy weiveld, Karta met sy weiveld,

35 Dimna met sy weiveld, Náhalal met sy weiveld: vier stede.

36 En uit die stam van Ruben: Beser met sy weiveld, en Jahas met sy weiveld,

37 Kedémot met sy weiveld, en Mefáät met sy weiveld: vier stede.

38 En uit die stam van Gad, die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het: Ramot in Gílead met sy weiveld, en Mahanáim met sy weiveld,

39 Hesbon met sy weiveld, Jaéser met sy weiveld: alles saam vier stede.

40 Al die stede was vir die kinders van Merári, volgens hulle geslagte wat nog oor was uit die geslagte van die Leviete; en hulle lot was twaalf stede.

41 Al die stede van die Leviete, tussen die besitting van die kinders van Israel in, was agt-en-veertig stede met hulle weiveld.

42 Hierdie stede het stad vir stad rondom hulle weiveld gehad; so was dit met al hierdie stede.

43 So het die Here dan die hele land aan Israel gegee wat Hy hulle vaders met 'n eed beloof het om hulle te gee; en hulle het dit in besit geneem en daarin gaan woon.

44 En die Here het hulle aan alle kante rus gegee net soos Hy hulle vaders met 'n eed beloof het; en niemand van al hul vyande het voor hulle standgehou nie; al hulle vyande het die Here in hulle hand gegee.

45 Geen woord van al die goeie woorde wat die Here met die huis van Israel gespreek het, het onvervuld gebly nie; alles het uitgekom.

As cidades da tribo de Levi

1 Então, se chegaram os cabeças das casas paternas dos Nm 35.1-8levitas a Eleazar, o sacerdote, e a Josué, filho de Num, e aos cabeças das casas paternas das tribos dos filhos de Israel 2 e lhes falaram em Siló, na terra de Canaã, dizendo: Nm 35.2Por meio de Moisés ordenou Jeová que se nos dessem cidades em que habitássemos e os arrabaldes delas para o nosso gado. 3 Da sua herança deram os filhos de Israel aos levitas, segundo a ordem de Jeová, estas cidades com seus arrabaldes.

4 Saiu a sorte às famílias dos coatitas. Os filhos de Arão, o sacerdote, que eram dos levitas, receberam por sorte, da tribo de Judá, da tribo dos simeonitas e da tribo de Benjamim treze cidades.

5 Os mais filhos de Coate receberam por sorte das famílias da tribo de Efraim, da tribo de e da meia tribo de Manassés dez cidades.

6 Os filhos de Gérson receberam por sorte, das famílias da tribo de Issacar, da tribo de Naftali e da meia tribo de Manassés em Basã treze cidades.

7 Os filhos de Merari, segundo as suas famílias, receberam da tribo de Rúben, da tribo de Gade e da tribo de Zebulom doze cidades.

8 Os filhos de Israel deram por sorte aos levitas estas cidades com seus arrabaldes, como Jeová ordenou por meio de Moisés. 9 Deram da tribo dos filhos de Judá, e da tribo dos filhos de Simeão estas cidades cujos nomes vão aqui mencionados 10 e que pertenceram aos filhos de Arão, das famílias dos coatitas, que eram dos filhos de Levi, pois a eles caiu a primeira sorte. 11 Na região montanhosa de Judá, deram-lhes Quiriate-Arba, o qual Arba era pai de Anaque (esta é Hebrom), com seus arrabaldes ao redor. 12 Mas deram o campo da cidade e suas aldeias a Calebe, filho de Jefoné, para sua possessão.

13 Aos filhos de Arão, o sacerdote, deram Hebrom, cidade de refúgio para o homicida, com seus arrabaldes e Libna com seus arrabaldes; 14 e Jatir, com seus arrabaldes; e Estemoa, com seus arrabaldes; 15 e Holom com seus arrabaldes; e Debir, com seus arrabaldes; 16 e Aim com seus arrabaldes; Jutá, com seus arrabaldes; e Bete-Semes, com seus arrabaldes: nove cidades dessas duas tribos. 17 Da tribo de Benjamim, deram Gibeão, com seus arrabaldes; e Geba, com seus arrabaldes; 18 e Anatote, com seus arrabaldes; e Almom, com seus arrabaldes: quatro cidades. 19 Os sacerdotes, filhos de Arão, tiveram ao todo treze cidades com seus arrabaldes.

20 As famílias dos filhos de Coate, os levitas, isto é, os mais filhos de Coate, receberam da tribo de Efraim as cidades da sua sorte. 21 Na região montanhosa de Efraim, deram-lhes Siquém, cidade de refúgio para o homicida, com seus arrabaldes; e Gezer, com seus arrabaldes; 22 e Quibzaim, com seus arrabaldes; e Bete-Horom, com seus arrabaldes: quatro cidades. 23 Da tribo de , deram Elteque, com seus arrabaldes; e Gibetom, com seus arrabaldes, 24 e Aijalom, com seus arrabaldes; e Gate-Rimom, com seus arrabaldes: quatro cidades. 25 Da meia tribo de Manassés, deram Taanaque, com seus arrabaldes; e Gate-Rimom, com seus arrabaldes: duas cidades. 26 Os mais filhos de Coate tiveram, ao todo, dez cidades com seus arrabaldes.

27 Aos filhos de Gérson, das famílias dos levitas, deram, em Basã, da meia tribo de Manassés, Golã, cidade de refúgio para o homicida, com seus arrabaldes; e Beesterá, com seus arrabaldes: duas cidades. 28 E da tribo de Issacar, deram Quisião, com seus arrabaldes; e Daberate, com seus arrabaldes; 29 e Jarmute, com seus arrabaldes; e En-Ganim, com seus arrabaldes: quatro cidades. 30 Da tribo de Aser, deram Misal, com seus arrabaldes; e Abdom, com seus arrabaldes; 31 e Helcate, com seus arrabaldes; e Reole, com seus arrabaldes: quatro cidades. 32 Da tribo de Naftali, deram na Galileia, Quedes, cidade de refúgio para o homicida, com seus arrabaldes, Hamote-Dor, com seus arrabaldes; e Cartã, com seus arrabaldes: três cidades. 33 Os gersonitas, segundo as suas famílias, tiveram, ao todo, treze cidades com seus arrabaldes. 34 Às famílias dos filhos de Merari, aos mais levitas, deram da tribo de Zebulom, Jocneão, com seus arrabaldes; e Cartã, com seus arrabaldes; 35 e Dimna, com seus arrabaldes; e Naalal, com seus arrabaldes: quatro cidades. 36 Da tribo de Rúben, deram Bezer, com seus arrabaldes; e Jaza, com seus arrabaldes; 37 Quedemote, com seus arrabaldes; e Mefaate, com seus arrabaldes: quatro cidades. 38 Da tribo de Gade, deram, em Gileade, Ramote, cidade de refúgio para o homicida, com seus arrabaldes; e Maanaim, com seus arrabaldes; 39 e Hesbom, com seus arrabaldes; e Jazer, com seus arrabaldes; ao todo, quatro cidades. 40 Os filhos de Merari, as mais famílias dos levitas, tiveram por sorte, segundo as suas famílias, ao todo, essas doze cidades.

41 Nm 35.7Os levitas tiveram, no meio da possessão dos filhos de Israel, ao todo, quarenta e oito cidades com seus arrabaldes. 42 Cada uma dessas cidades tinha os seus arrabaldes ao redor; assim foi com todas elas.

43 Dt 34.4Assim, deu Jeová a Israel toda a terra que prometeu, com juramento, que daria a seus pais; Nm 33.53;Dt 11.31;17.14eles a possuíram e nela habitaram. 44 Jeová Js 1.13;23.1deu-lhes descanso, conforme tudo o que jurou a seus pais. Dt 7.24Nenhum de todos os seus inimigos ao redor lhes resistiu; Êx 23.31Jeová entregou-lhes nas mãos todos os seus inimigos. 45 Js 23.14;1Rs 8.56Não falhou nenhuma de todas as boas coisas que Jeová tinha prometido à casa de Israel; tudo se cumpriu.

Veja também