Pular para o conteúdo
Publicidade

Josué 6

TB

Verwoesting van Jérigo. Ragab gespaar.

1 MAAR Jérigo het sy poorte gesluit en was gesluit vanweë die kinders van Israel; niemand het uit- of ingegaan nie.

2 Toe het die Here vir Josua gesê: Kyk, Ek gee Jérigo met sy koning en dapper helde in jou hand.

3 Julle moet dan om die stad trek, al die krygsmanne; trek die stad een maal om; so moet jy doen ses dae lank.

4 En sewe priesters moet sewe ramshorings voor die ark dra; maar op die sewende dag moet julle die stad sewe maal omtrek; en die priesters moet op die horings blaas;

5 en as hulle lang geluide op die ramshoring blaas, as julle die geluid van die horing hoor, moet die hele volk 'n groot krygsgeskreeu aanhef: dan sal die stadsmuur op sy plek inval; en die volk moet inklim, elkeen reg voor hom uit.

6 Toe het Josua, die seun van Nun, die priesters geroep en aan hulle gesê: Neem die verbondsark op, en laat sewe priesters sewe ramshorings voor die ark van die Here dra.

7 En aan die volk het hy gesê: Trek op en gaan om die stad; maar die gewapendes moet voor die ark van die Here optrek.

8 En net toe Josua dit aan die volk gesê het, het die sewe priesters, die draers van die sewe ramshorings, opgetrek voor die aangesig van die Here en geblaas op die horings, terwyl die verbondsark van die Here agter hulle aan gaan.

9 Die gewapendes het ook voor die priesters getrek wat op die horings geblaas het, terwyl die agterhoede agter die ark aan gaan en daar gedurig op die horings geblaas word.

10 En Josua het aan die volk bevel gegee en gesê: Julle mag nie skreeu of julle stem laat hoor nie, en geen woord mag uit julle mond uitgaan nie tot op die dag dat ek vir julle : Skreeu! dan moet julle skreeu.

11 Toe het die ark van die Here om die stad getrek, een keer rondom; daarna het hulle in die laer gekom en in die laer die nag oorgebly.

12 En Josua het die môre vroeg klaargemaak, en die priesters het die ark van die Here gedra;

13 en die sewe priesters wat die sewe ramshorings gedra het, het voor die ark van die Here gedurig geloop en blaas op die horings, terwyl die gewapendes voor hulle loop; en die agterhoede het agter die ark van die Here aan gegaan, terwyl gedurig op die horings geblaas word.

14 So het hulle dan op die tweede dag die stad een keer omgetrek; daarna het hulle in die laer teruggekom. So het hulle ses dae lank gedoen.

15 Maar op die sewende dag het hulle vroeg klaargemaak toe die rooidag uitkom, en die stad op dieselfde manier sewe maal omgetrek; net maar dié dag het hulle die stad sewe maal omgetrek.

16 En toe die priesters die sewende keer op die horings blaas, Josua vir die volk: Skreeu! want die Here gee die stad aan julle oor.

17 Maar die stad met al wat daarin is, moet 'n banoffer aan die Here wees; net Ragab, die hoer, mag lewe, sy en almal wat by haar in die huis is, omdat sy die boodskappers wat deur ons gestuur was, weggesteek het.

18 Maar neem julle net in ag vir die ban, dat julle nie, terwyl julle met die banvloek tref, tog van die bangoed neem en die laer van Israel onder die ban bring en dit in die ongeluk stort nie.

19 Maar al die silwer en goud en die koper- en ystervoorwerpe is heilig aan die Here: dit moet by die skat van die Here kom.

20 Toe skreeu die volk, en hulle het op die horings geblaas; en toe die volk die geluid van die horing hoor, het die volk 'n groot krygsgeskreeu aangehef; en die muur het op sy plek ingeval, en die volk het in die stad geklim, elkeen reg voor hom uit, en hulle het die stad ingeneem.

21 En alles wat in die stad was, het hulle deur die skerpte van die swaard met die banvloek getref, man sowel as vrou, jonk sowel as oud, tot bees, skaap en esel toe.

22 En aan die twee manne wat die land verken het, het Josua gesê: Gaan in die huis van die hoer, en bring die vrou en almal wat aan haar behoort, daaruit, soos julle vir haar gesweer het.

23 Die jongmanne, die spioene, het toe ingegaan en Ragab met haar vader en haar moeder en haar broers en almal wat aan haar behoort het uitgebring al haar familiebetrekkinge het hulle uitgebring en hulle buitekant die laer van Israel laat bly.

24 En die stad met alles wat daarin was, het hulle met vuur verbrand; net die silwer en die goud en die koper en ystervoorwerpe het hulle by die skat van die huis van die Here gevoeg.

25 Maar Josua het Ragab, die hoer, laat lewe en haar familie en almal wat aan haar behoort het; sodat sy onder Israel gewoon het tot vandag toe, omdat sy die boodskappers weggesteek het wat Josua gestuur het om Jérigo te verken.

26 In dié tyd het Josua hulle laat sweer met die woorde: Vervloek is die man voor die aangesig van die Here wat sal opstaan om hierdie stad Jérigo op te bou: ten koste van sy eersgeborene sal hy sy fondamente , en ten koste van sy jongste sal hy sy poorte insit.

27 En die Here was met Josua, en die gerug van hom het deur die hele land gegaan.

Jericó é destruída

1 Ora, Jericó estava rigorosamente fechada, por causa dos filhos de Israel; ninguém saía, nem entrava. 2 Então, disse Jeová a Josué: Eis que entreguei na tua mão a Jericó, Dt 7.24ao seu rei e aos ilustres em valor. 3 Vós todos os homens de guerra rodeareis a cidade, contornando-a uma vez. Assim fareis por seis dias. 4 Sete sacerdotes levarão sete Lv 25.9trombetas de chifres de carneiros diante da arca; no sétimo dia, rodeareis a cidade sete vezes, e os sacerdotes tocarão as trombetas. 5 Quando fizerem um sonido prolongado com a trombeta e quando ouvirdes o som da mesma, todo o povo dará um grande grito. Cairá rente com o chão o muro da cidade, e o povo subirá, cada um para o lugar que lhe ficar defronte. 6 Chamou Josué, filho de Num, aos sacerdotes e disse-lhes: Levai a arca da Aliança, e levem sete sacerdotes sete trombetas de chifres de carneiros diante da arca de Jeová. 7 Eles disseram ao povo: Passai e rodeai a cidade, e passem os homens armados adiante da arca de Jeová.

8 Quando Josué havia falado ao povo, os sete sacerdotes que levavam as sete trombetas diante de Jeová passaram e tocaram-nas, e seguia-os a arca da Aliança de Jeová. 9 Os homens armados iam adiante dos sacerdotes que tocavam as trombetas, e a Js 5.13;Is 52.12retaguarda seguia a arca, tocando os sacerdotes as trombetas enquanto andavam. 10 Josué ordenou ao povo, dizendo: Não gritareis, nem se ouça a vossa voz, nem procederá palavra alguma da vossa boca, até o dia em que eu vos disser: Gritai! Então, gritareis. 11 Assim fez a arca de Jeová rodear a cidade, contornando-a uma vez. Entraram no arraial e ali pousaram.

12 Levantando-se Josué de madrugada, os sacerdotes tomaram a arca de Jeová. 13 Js 6.4Os sete sacerdotes que levavam as sete trombetas diante da arca de Jeová iam andando e tocavam-nas, enquanto os homens armados marchavam adiante deles, e a Js 6.9retaguarda seguia a arca de Jeová. 14 No segundo dia, rodearam a cidade uma vez e voltaram ao arraial. Assim fizeram por seis dias.

15 No sétimo dia, madrugando ao romper da alva, rodearam da mesma maneira a cidade sete vezes; naquele dia somente, rodearam a cidade sete vezes. 16 Quando os sacerdotes, pela sétima vez, tocavam as trombetas, disse Josué ao povo: Gritai, porque Jeová vos entregou a cidade. 17 A cidade Lv 27.28;Dt 20.17será anátema a Jeová, ela e tudo quanto houver nela; somente viverá Raabe, a prostituta, e todos os que estão com ela em casa, porque escondeu os mensageiros que enviamos. 18 Vós, todavia, guardai-vos do anátema, para que, depois de o terdes feito tal, não tomeis do que o é; pois Js 7.1assim fareis anátema o arraial de Israel e o perturbareis. 19 Nm 31.11-12,21-23Porém toda a prata, e o ouro, e os vasos de cobre e de ferro são consagrados a Jeová e virão para o seu tesouro. 20 Assim gritou o povo, e os sacerdotes tocaram as trombetas. Quando o povo ouviu o sonido da trombeta, levantou um grande grito, e caiu o Hb 11.30muro rente com o chão, de maneira que subiram, e entraram na cidade, cada um pelo lugar que lhe ficava defronte, e a tomaram. 21 Dt 20.16Totalmente destruíram ao fio da espada tudo quanto havia na cidade, homem e mulher, moço e velho, bois, ovelhas e jumentos.

Raabe é salva

22 Então, disse Josué aos dois homens que espiaram a terra: Js 2.12-19Entrai na casa da prostituta e tirai-a de com tudo o que lhe pertence, assim como lhe prometestes com juramento. 23 Entraram os mancebos espias, e Hb 11.31tiraram a Raabe, a seu pai, a sua mãe e a seus irmãos, com tudo o que lhe pertencia, e também a todos os parentes dela, e puseram-nos fora do arraial de Israel. 24 Dt 20.16-18Queimaram a fogo a cidade com tudo o que nela havia; tão somente a prata, e o ouro, e os vasos de cobre e de ferro, colocaram-nos no tesouro da Casa de Jeová. 25 Porém Hb 11.31Josué conservou em vida a Raabe, a prostituta, e à casa de seu pai, com tudo o que ela possuía. Ela ficou habitando no meio de Israel até o dia de hoje, porque Js 2.6escondeu os espias que Josué enviou para reconhecer a Jericó. 26 Nesse tempo, Josué os fez jurar: 1Rs 16.34Maldito seja diante de Jeová o homem que se levantar e reedificar esta cidade de Jericó! Com a perda do seu primogênito, porá os alicerces dela e, com a perda de seu filho mais moço, lhe colocará as portas. 27 Assim, era Jeová com Josué, e a sua fama estava em toda a terra.

Veja também