Israel word deur die Gibeoniete bedrieg en sluit 'n verdrag met hulle.
1 EN toe al die konings wat wes van die Jordaan woon op die Gebergte en in die Laeveld en aan die hele kus van die Groot See na die kant van die Líbanon toe: die Hetiete en Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, dit hoor,
2 het hulle bymekaargekom om soos een man teen Josua en Israel te veg.
3 Maar toe die inwoners van Gíbeon hoor wat Josua met Jérigo en met Ai gedoen het,
4 het hulle ook met lis gehandel: hulle het gegaan en hulle as boodskappers aangestel en verslyte sakke op hulle esels geneem en verslyte wynsakke wat geskeur en weer toegebind was;
5 ook verslyte en gelapte skoene aan hulle voete en verslyte klere aan hulle lyf; en al die brood van hulle padkos was droog en verkrummeld.
6 So het hulle dan na Josua gegaan in die laer van Gilgal en aan hom en die manne van Israel gesê: Ons kom van 'n ver land af; sluit dan nou 'n verbond met ons.
7 Maar die manne van Israel het aan die Hewiete gesê: Miskien woon julle onder ons; hoe kan ons dan 'n verbond met julle sluit?
8 Toe sê hulle vir Josua: Ons is u dienaars! Daarop het Josua hulle gevra: Wie is julle, en waar kom julle vandaan?
9 En hulle sê vir hom: U dienaars kom van 'n baie ver land af, vanweë die Naam van die Here u God; want ons het die gerug van Hom gehoor, en alles wat Hy in Egipte gedoen het;
10 en alles wat Hy aan die twee konings van die Amoriete oorkant die Jordaan gedoen het, aan Sihon, die koning van Hesbon, en Og, die koning van Basan, wat in Ástarot was.
11 Daarom het ons oudstes en al die inwoners van ons land met ons gespreek en gesê: Neem padkos met julle saam vir die reis en trek hulle tegemoet en sê aan hulle: Ons is julle dienaars, sluit dan nou 'n verbond met ons.
12 Ons brood hier — warm het ons dit as padkos uit ons huise geneem, die dag toe ons uitgetrek het om na julle te gaan — kyk maar, nou het dit droog en verkrummeld geword.
13 En die wynsakke hier wat ons as nuwes volgemaak het — kyk maar, hulle is geskeur; en ons klere hier en ons skoene — hulle is verslyt deur die baie lang reis.
14 Toe neem die manne van hulle padkos; maar die mond van die Here het hulle nie geraadpleeg nie.
15 En Josua het met hulle vrede gemaak en met hulle 'n verbond gesluit, dat hy hulle sou laat lewe; en die owerstes van die vergadering het hulle dit met 'n eed beloof.
16 Maar aan die einde van drie dae, nadat die verbond met hulle gesluit was, hoor die volk dat hulle in hul nabyheid en tussen hulle in woon.
17 Die kinders van Israel het naamlik weggetrek en op die derde dag by hulle stede gekom; en hulle stede was: Gíbeon en Kefíra en Béërot en Kirjat-Jeárim.
18 Maar die kinders van Israel het hulle nie verslaan nie, omdat die owerstes van die vergadering vir hulle gesweer het by die Here, die God van Israel; die hele vergadering het toe teen die owerstes gemurmureer.
19 Daarop sê al die owerstes aan die hele vergadering: Ons het self vir hulle gesweer by die Here, die God van Israel; en nou mag ons hulle nie aanraak nie.
20 Dit sal ons aan hulle doen en hulle laat lewe, sodat daar nie toorn oor ons kom ter wille van die eed wat ons vir hulle gesweer het nie.
21 Verder sê die owerstes vir hulle: Laat hulle lewe! En hulle het houtkappers en waterputters geword van die hele vergadering, soos die owerstes aan hulle gesê het.
22 Toe laat Josua hulle roep en spreek met hulle en sê: Waarom het julle ons bedrieg deur te sê: Ons woon baie ver van julle af — terwyl julle tussen ons in woon?
23 Nou dan, vervloek is julle! En nooit sal julle ophou om knegte, houtkappers sowel as waterputters, vir die huis van my God te wees nie.
24 Toe het hulle Josua geantwoord en gesê: Omdat aan u dienaars verseker meegedeel was dat die Here u God aan Moses, sy kneg, bevel gegee het om die hele land aan julle te gee en al die inwoners van die land voor julle uit te verdelg, daarom was ons vir julle baie bevrees ter wille van ons lewe en het ons hierdie ding gedoen.
25 Maar hier is ons nou in u hand: doen soos dit goed en reg is in u oë om met ons te handel.
26 Hy het toe so met hulle gedoen en hulle gered uit die hand van die kinders van Israel, dat dié hulle nie gedood het nie.
27 So het Josua dan op dié dag houtkappers en waterputters van hulle gemaak vir die vergadering en vir die altaar van die Here, tot vandag toe, op die plek wat Hy sou uitkies.
Os gibeonitas enganam Josué, que faz com eles uma aliança
1 Tendo ouvido isso Js 3.10;Nm 13.29todos os reis que estavam além do Jordão, na região montanhosa, na Sefelá e em toda a costa do grande mar defronte do Líbano (os heteus, os amorreus, os cananeus, os ferezeus, os heveus e os jebuseus), 2 de comum acordo, reuniram-se para pelejar contra Josué e contra Israel.
3 Porém os habitantes de Js 9.17,22;Js 10.2;21.17Gibeão, tendo ouvido o que fizera Josué a Jericó e a Ai, 4 usaram de astúcia: foram e se fingiram embaixadores, carregando sobre os seus jumentos sacos velhos e odres velhos, rotos e consertados, 5 tendo nos pés sapatos velhos e remendados e trajando roupas velhas. Todo o pão de que se proveram era seco e havia-se tornado bolorento. 6 Foram ter com Josué ao acampamento em Gilgal e disseram-lhe a ele e a todos os homens de Israel: Somos vindos de uma terra longínqua; fazei, agora, aliança conosco. 7 Responderam os homens de Israel aos Js 9.2;11.19heveus: Talvez habiteis entre nós; como, pois, Êx 23.32faremos aliança convosco? 8 Tornaram a Josué: Nós somos teus servos. Então, lhes perguntou Josué: Quem sois vós? donde vindes? 9 Responderam-lhe: Js 9.16-17Duma terra mui longínqua são vindos teus servos, por causa do nome de Jeová, teu Deus, porque Js 2.9;9.24temos ouvido a sua fama, e tudo o que fez no Egito, 10 e tudo quanto fez aos dois reis dos amorreus, que estavam além do Jordão, a Seom, rei de Hesbom, e a Ogue, rei de Basã, que estava em Astarote. 11 Os nossos anciãos e todos os habitantes da nossa terra nos disseram: Tomai nas mãos provisão para o caminho, e ide-lhes ao encontro, e dizei-lhes: Nós somos vossos servos; fazei, agora, aliança conosco. 12 Este nosso pão, tomamo-lo quente das nossas casas para a nossa provisão no dia em que saímos para ir ter convosco; mas eis que, agora, está seco e já se tornou bolorento; 13 estes odres que enchemos de vinho eram novos e eis que, agora, são rotos; estes nossos vestidos e os nossos sapatos já se envelheceram em razão do mui longo caminho. 14 Os homens tomaram da provisão deles e Nm 27.21não pediram conselhos à boca de Jeová. 15 Êx 23.32Josué também fez paz com eles e estabeleceu uma aliança para lhes poupar a vida; e os príncipes da congregação lhes juraram.
16 Ao fim de três dias depois de terem feito aliança com eles, ouviram que eram os seus vizinhos e que moravam no meio deles. 17 Tendo partido os filhos de Israel, chegaram, no terceiro dia, às cidades deles. Ora, as suas cidades eram Gibeão, Quefira, Beerote e Quiriate-Jearim. 18 Os filhos de Israel não os feriram, porque os príncipes da congregação lhes haviam jurado por Jeová, Deus de Israel. Então, toda a congregação murmurou contra os príncipes. 19 Mas todos os príncipes disseram a toda a congregação: Nós lhes juramos por Jeová, Deus de Israel; agora, não os podemos tocar. 20 Isso lhes faremos e os deixaremos viver, para que não venha grande ira sobre nós, por faltarmos ao juramento que lhes fizemos. 21 Disseram-lhes os príncipes: Vivam. Assim, se tornaram rachadores de lenha e tiradores de água para toda a congregação, como os príncipes lhes haviam dito.
22 Chamou-os Josué e disse-lhes: Por que nos enganastes, dizendo: Nós habitamos mui longe de vós; Js 9.17quando habitais entre nós? 23 Agora, sois malditos, e dentre vós nunca deixará de haver escravos, rachadores de lenha e tiradores de água, para a Casa do meu Deus. 24 Então, responderam a Josué: Foi Js 9.9anunciado aos teus servos, como Jeová, teu Deus, ordenou aos seu servo Moisés que vos desse toda a terra e que destruísse diante de vós todos os habitantes da mesma; por isso, temíamos de vós pelas nossas vidas, e fizemos isso. 25 Eis que, agora, estamos nas tuas mãos; faze-nos o que te parecer bom e justo que se nos faça. 26 Assim lhes fez e livrou-os das mãos dos filhos de Israel, de sorte que os não mataram. 27 Nesse dia, Josué fê-los rachadores de lenha e tiradores de água para a congregação e para o altar de Jeová, Dt 12.5no lugar que escolhesse, como se vê até o dia de hoje.