Pular para o conteúdo
Publicidade

Esdras 4

TB

Die Samaritane verhinder die bou van die tempel.

1 EN toe die teëstanders van Juda en Benjamin hoor dat die ballinge 'n tempel bou vir die Here, die God van Israel,

2 het hulle aangekom na Serubbábel en na die familiehoofde en aan hulle gesê: Laat ons saam met julle bou, want net soos julle soek ons julle God, en aan Hom offer ons van die dae van Esar-Haddon af, die koning van Assirië, wat ons hierheen laat optrek het.

3 Maar Serubbábel en Jésua en die ander familiehoofde van Israel het aan hulle gesê: Dit sal nie gaan dat julle saam met ons 'n huis vir onse God bou nie, maar óns alleen sal vir die Here, die God van Israel, dit bou soos koning Kores, die koning van Persië, ons beveel het.

4 Toe het die volk van die land die hande van die volk van Juda laat verslap en hulle afgeskrik om nie te bou nie.

5 En hulle het raadgewers teen hulle gehuur om hulle plan te verydel al die dae van Kores, die koning van Persië, tot op die regering van Daríus, die koning van Persië.

6 En onder die regering van Ahasvéros, in die begin van sy regering, het hulle 'n aanklag geskrywe teen die inwoners van Juda en Jerusalem.

7 En in die dae van Artasásta het Bislam, Mítredat, Tábeël en sy ander partygenote aan Artasásta, die koning van Persië, geskrywe; en die skrif van die brief was Aramees geskrywe en in Aramees vertaal.

8 Rehum, die bevelhebber, en Simsai, die skrywer, het 'n brief geskrywe teen Jerusalem aan Artasásta, die koning, van die volgende inhoud:

9 Rehum, die bevelhebber, en Simsai, die skrywer, en hulle ander partygenote, die Dinaïete, die Afarsatgiete, die Tarpeliete, die Afarsiete, die Arkewiete, die Babiloniërs, die Susangiete, naamlik die Elamiete,

10 en die ander volke wat die groot en beroemde Asnappar weggevoer en in die stad Samaría en die orige gebied wes van die Eufraat laat woon het. En nou

11 dit is 'n afskrif van die brief wat hulle aan hom gestuur het: Aan koning Artasásta, u dienaars, die manne wes van die Eufraat. En nou

12 aan die koning word bekend gemaak dat die Jode wat van u af na ons opgetrek het, in Jerusalem aangekom het. Hulle is besig om die rebelse en slegte stad op te bou: die mure voltooi hulle en die fondamente herstel hulle.

13 Laat dit nou aan die koning bekend wees dat hulle, as dié stad opgebou en die mure voltooi is, geen belasting, opbrings of tol sal gee nie wat aan die inkomste van die konings skade sal doen.

14 Aangesien ons nou die sout van die paleis geëet het en dit ons nie pas om die smaad van die koning aan te sien nie, daarom stuur ons en laat die koning weet,

15 dat hulle kan nasoek in die kroniekboek van u vaders; dan sal u in die kroniekboek vind en daaruit verneem dat dié stad 'n rebelse stad was wat aan konings en provinsies skade gedoen het, en dat hulle van ouds af daarin oproer verwek het; daarom is dié stad verwoes.

16 Ons maak die koning bekend dat, as dié stad opgebou en die mure voltooi word, u daardeur geen deel sal wes van die Eufraat nie.

17 Die koning het as antwoord gestuur: Aan Rehum, die bevelhebber, en Simsai, die skrywer, en hulle ander partygenote wat in Samaría en in die orige gebied wes van die Eufraat woon: Heil! En nou

18 die brief wat julle aan ons gestuur het, is aan my in vertaling voorgelees.

19 En deur my is bevel gegee, en hulle het gesoek en gevind dat dié stad van ouds af hom teen konings versit, en dat rebellie en oproer daarin verwek is.

20 En magtige konings was daar oor Jerusalem wat geheers het oor die hele gebied wes van die Eufraat, en belasting, opbrings en tol is aan hulle gegee.

21 Gee nou bevel dat dié manne moet ophou en hierdie stad nie opgebou mag word totdat deur my bevel gegee sal word nie.

22 En wees gewaarsku om hierin geen nalatigheid te begaan nie, dat daar nie groter skade tot nadeel van die konings ontstaan nie.

23 Net toe die afskrif van die brief van Artasásta, die koning, aan Rehum en Simsai, die skrywer, en hulle partygenote voorgelees is, het hulle haastig na Jerusalem, na die Jode gegaan en hulle met geweld en mag laat ophou.

24 Toe het die werk aan die huis van God wat in Jerusalem is, opgehou; en dit is gestaak tot op die tweede jaar van die regering van Daríus, die koning van Persië.

Os samaritanos acusam os judeus ao rei Artaxerxes

1 Ouvindo os Ed 4.7-10adversários de Judá e de Benjamim que Ed 1.11os filhos do cativeiro edificavam um templo a Jeová, Deus de Israel, 2 chegaram-se a Zorobabel e aos cabeças das famílias e disseram-lhes: Deixai-nos edificar convosco, pois buscamos ao vosso Deus, assim como vós; e 2Rs 17.32nós lhe temos sacrificado desde os dias de 2Rs 19.37Esar-Hadom, rei da Assíria, que nos fez subir para aqui. 3 Responderam-lhes, porém, Zorobabel, e Jesua, e os outros cabeças das famílias de Israel: Ne 2.20Não nos convém edificar convosco uma casa ao nosso Deus; mas nós mesmos, sós, a edificaremos a Jeová, Deus de Israel, como nos ordenou Ed 1.1-2Ciro, rei da Pérsia. 4 Então, Ed 3.3o povo da terra enfraqueceu as mãos do povo de Judá, e os perturbou no trabalho de edificar, 5 e alugou contra eles conselheiros, para lhes frustrar o desígnio por todos os dias de Ciro, rei da Pérsia, até o reinado de Dario, rei da Pérsia. 6 No reinado de Et 1.1;Dn 9.1Assuero, no princípio do seu reinado, escreveram uma acusação contra os habitantes de Judá e de Jerusalém.

7 Nos dias de Artaxerxes, escreveram Bislão, Mitredate, Tabeel e o resto dos seus companheiros a Artaxerxes, rei da Pérsia; e a carta foi escrita com caracteres aramaicos 2Rs 18.26;Dn 2.4e vazada em aramaico. 8 Reum, o chanceler, e Sinsai, o escrivão, escreveram contra Jerusalém ao rei Artaxerxes uma carta do teor seguinte 9 (Então, escreveram Reum, o chanceler, e Sinsai, o escrivão, e o 2Rs 17.24resto dos seus companheiros, os dinaítas, os Ed 5.6;6.6afarsaquitas, os tarpelitas, os afarsitas, os arquevitas, os babilônios, os susanquitas, os deavitas, os elamitas 10 e as demais nações que o grande e glorioso Asnapar transportou e pôs na cidade de Samaria e no restante do país além do rio, Ed 4.11,17;7.12etc).

11 Eis a cópia da carta que enviaram ao rei Artaxerxes: Teus servos, os homens além do rio, et cetera. 12 Saiba o rei que os judeus que de ti subiram são vindos a nós em Jerusalém. Eles estão reedificando 2Cr 36.13a rebelde e péssima cidade, Ed 5.3,9tendo acabado os muros e reparado os fundamentos. 13 Agora, saiba o rei que se esta cidade for reedificada e se os seus muros forem completados, Ed 4.20não pagarão tributos, nem impostos, nem direitos de trânsito, e, por fim, isso trará dano aos reis. 14 Agora, porque comemos o sal do palácio, e não nos convém ver a desonra do rei, por isso mandamos dar aviso ao rei, 15 para que se faça um exame no Livro das Crônicas de teus pais. Assim, acharás no Livro das Crônicas e saberás que esta cidade é rebelde e danosa a reis e províncias e que de tempos antigos se têm nela excitado sedições, pelo que foi ela destruída. 16 Nós declaramos ao rei que, se esta cidade for reedificada e se os seus muros forem completados, sucederá que ele não terá porção além do rio.

A construção do templo é proibida

17 Então, enviou o rei resposta a Reum, o chanceler, e a Sinsai, o escrivão, e ao resto dos seus companheiros que habitavam em Samaria e no restante do país além do rio: Paz, etc. 18 A carta que nos enviastes foi Ne 8.8distintamente lida na minha presença. 19 Eu expedi um decreto, fez-se um exame e achou-se que de tempos antigos esta cidade se tem levantado contra os reis e que nela se tem excitado rebelião e sedição. 20 1Rs 4.21;1Cr 18.3Tem havido também sobre Jerusalém reis poderosos que dominavam todo o país além do rio; a eles se lhes pagaram Ed 4.13;7.24tributos, e impostos, e direitos de trânsito. 21 Expedi vós um decreto para que esses homens suspendam o trabalho e para que não seja edificada esta cidade sem a minha autorização. 22 Guardai-vos não sejais remissos nesse negócio; por que de crescer o dano em prejuízo dos reis?

23 Então, quando a cópia da carta do rei Artaxerxes foi lida perante Reum, e Sinsai, o escrivão, e seus companheiros, foram a toda a pressa a Jerusalém aos judeus e, de mão armada, fizeram-lhes cessar a obra. 24 A obra da Casa de Deus, que está em Jerusalém, foi interrompida até o segundo ano do reinado de Dario, rei da Pérsia.

Veja também