1 TOE het koning Daríus bevel gegee, en hulle het nagesoek in die argief waar hulle in Babel die skatte wegbêre.
2 En in Agméta, in die vesting wat in die provinsie Medië lê, is 'n skrifrol gevind, en só was daarin geskrywe: Oorkonde.
3 In die eerste jaar van koning Kores het koning Kores bevel gegee: Die Godshuis in Jerusalem — dié huis moet gebou word as 'n plek waar hulle offers bring, en sy fondamente moet gelê word; sy hoogte moet sestig el, sy breedte sestig el wees;
4 met drie lae groot klippe en een laag nuwe hout; en die onkoste sal deur die huis van die koning gedra word.
5 En ook die goue en silwervoorwerpe van die huis van God wat Nebukadnésar uit die tempel in Jerusalem weggevoer en na Babel gebring het, moet hulle teruggee, dat dit in die tempel in Jerusalem op hulle plek kan kom, en jy moet dit in die Godshuis sit.
6 Tattenai, goewerneur wes van die Eufraat, Setar-Bosenai met hulle partygenote, die Afarsegaïete wes van die Eufraat — julle moet daar nou ver van af bly.
7 Laat die werk aan daardie Godshuis toe; die goewerneur van die Jode en die oudstes van die Jode mag daardie huis van God op sy plek bou.
8 En deur my word bevel gegee hoe julle met hierdie oudstes van die Jode moet handel om daardie huis van God te bou, naamlik: Uit die inkomste van die koning, uit die belasting van die westelike gebied van die Eufraat moet die onkoste aan daardie manne sorgvuldig vergoed word sonder vertraging.
9 En wat nodig is, jong bulle sowel as ramme en lammers vir brandoffers aan die God van die hemel, koring, sout, wyn en olie moet aan hulle volgens opgawe van die priesters in Jerusalem sonder versuim dag vir dag gelewer word,
10 dat hulle welgevallige offers kan bring aan die God van die hemel en kan bid vir die lewe van die koning en van sy seuns.
11 En deur my word bevel gegee dat van elkeen wat hierdie bevel oortree, 'n balk uit sy huis geruk sal word, en dat hy daaraan opgehang en vasgeslaan sal word, en van sy huis hieroor 'n puinhoop gemaak sal word.
12 En mag God wat sy Naam daar laat woon het, elke koning en volk neerwerp wat sy hand uitsteek om dit te oortree, om naamlik hierdie Godshuis in Jerusalem te verwoes. Ek, Daríus, gee bevel; sorgvuldig moet dit uitgevoer word.
13 Toe het Tattenai, die goewerneur wes van die Eufraat, Setar-Bosenai en hulle partygenote sorgvuldig net so gehandel soos koning Daríus laat weet het.
14 En die oudstes van die Jode het gebou en goed gevorder deur die profetiese werksaamheid van die profeet Haggai en Sagaría, die seun van Iddo; en hulle het gebou en voltooi op bevel van die God van Israel en op bevel van Kores en Daríus en Artasásta, koning van Persië.
15 En hierdie huis was klaar op die derde dag van die maand Adar; dit was die sesde jaar van die regering van koning Daríus.
Tempelwyding en paasfees.
16 EN die kinders van Israel, die priesters en die Leviete en die ander, uit die ballingskap afkomstig, het die inwyding van hierdie huis van God met vreugde gevier.
17 En hulle het geoffer by die inwyding van hierdie huis van God: honderd bulle, tweehonderd ramme, vierhonderd lammers en twaalf bokke as sondoffer vir die hele Israel volgens die getal van die stamme van Israel.
18 En hulle het die priesters aangestel volgens hulle afdelings en die Leviete volgens hulle afdelings vir die diens van God in Jerusalem, volgens die voorskrif van die boek van Moses.
19 En die ballinge het die pasga gehou op die veertiende van die eerste maand.
20 Want die priesters en die Leviete het hulle soos een man gereinig — hulle almal was rein — en die paaslam geslag vir al die ballinge en vir hulle broers, die priesters, en vir hulleself.
21 En die kinders van Israel wat uit die ballingskap teruggekeer het, het dit geëet en elkeen wat hom van die onreinheid van die nasies van die land afgesonder het om saam met hulle die Here, die God van Israel, te soek.
22 Hulle het ook die fees van die ongesuurde brode met blydskap sewe dae lank gehou; want die Here het hulle verbly en die hart van die koning van Assirië na hulle omgewend, om hul hande te versterk in die werk aan die huis van God, die God van Israel.
O rei Dario confirma a ordem de edificar o templo
1 O rei Dario expediu um decreto, e um Ed 5.17exame foi feito no arquivo, onde em Babilônia foram guardados os tesouros. 2 Achou-se em Acmeta, no palácio que está 2Rs 17.6na província de Média, um rolo em que, como memorial, estava escrito como se segue: 3 Ed 1.1;5.13No primeiro ano do rei Ciro, o rei Ciro expediu um decreto concernente à Casa de Deus em Jerusalém: Seja edificada a casa, o lugar em que oferecem sacrifícios e sejam lançados mui firmes os seus fundamentos. Tenha ela sessenta cúbitos de alto e sessenta cúbitos de largo; 4 1Rs 6.36com três carreiras de grandes pedras e uma carreira de madeira nova. Que a despesa se faça da casa do rei, 5 e que se restituam Ed 1.7;5.14os vasos de ouro e de prata da Casa de Deus, que Nabucodonosor tirou do templo que está em Jerusalém e levou para Babilônia, e que se tornem a levar para o templo que está em Jerusalém cada vaso para o seu lugar, e tu os porás na Casa de Deus.
6 Agora, vós, Ed 6.13;5.3Tatenai, governador além do rio, Setar-Bozenai e vossos companheiros, os afarsaquitas, que estais além do rio, retirai-vos longe dali. 7 Não interrompais a obra dessa Casa de Deus; edifiquem o governador dos judeus e os seus anciãos esta Casa de Deus no seu lugar. 8 Além disso, Ed 6.4;7.14-22por mim se decreta o que haveis de fazer a esses anciãos dos judeus para a edificação dessa Casa de Deus, a saber, que, da fazenda do rei, isto é, do tributo dalém do rio, se dê com pontualidade a despesa a esses homens, para que não tenham interrupção. 9 Também se lhes dê, dia após dia, sem falta, aquilo de que tiverem mister: novilhos, carneiros e cordeiros, para holocaustos ao Deus do céu, trigo, sal, vinho e azeite segundo a palavra dos sacerdotes que assistem em Jerusalém, 10 para que ofereçam sacrifícios de cheiro suave ao Deus do céu, e Ed 7.23orem pela vida do rei e de seus filhos. 11 Também por mim se decreta Ed 7.26que todo o homem que alterar este decreto, se arranque uma viga da sua casa, e que ele seja levantado e pregado nela; e Dn 2.5;3.29que da sua casa se faça um monturo. 12 O Deus que Dt 12.5,11fez habitar ali o seu nome derribe todos os reis e povos que estenderem a mão para alterar o decreto, para destruir essa Casa de Deus que está em Jerusalém. Eu, Dario, expedi o decreto; que se cumpra com toda a pontualidade.
Acaba-se o templo e é consagrado
13 Ed 6.6Tatenai, governador além do rio, Setar-Bozenai e seus companheiros assim o executaram com toda a pontualidade por causa do que havia ordenado o rei Dario. 14 Os Ed 5.1-2anciãos dos judeus edificaram e foram bem sucedidos devido à profecia do profeta Ageu e Zacarias, filho de Ido. Edificaram e acabaram de edificar segundo o mandado do Deus de Israel, segundo o decreto de Ed 1.1Ciro, de Ed 6.12Dario e de Ed 7.1Artaxerxes, rei da Pérsia. 15 Acabou-se essa casa no terceiro dia Et 3.7do mês adar, no sexto ano do reinado do rei Dario.
16 Os filhos de Israel, os sacerdotes, os levitas e o restante dos filhos do cativeiro, 2Cr 7.5celebraram com regozijo a dedicação dessa Casa de Deus. 17 Na ocasião da dedicação dessa Casa de Deus, ofereceram cem novilhos, duzentos carneiros e quatrocentos cordeiros; e, como oferta pelo pecado por todo o Israel, Ed 8.35doze bodes, segundo o número das tribos de Israel. 18 Estabeleceram os sacerdotes 2Cr 35.5nas suas divisões, e os levitas, 1Cr 23.6nas suas turmas, para o serviço de Deus, que está em Jerusalém, Nm 3.6;8.9como está escrito no livro de Moisés.
Celebração da Páscoa
19 Ed 1.11Os filhos do cativeiro celebraram a Páscoa no Êx 12.6décimo quarto dia do primeiro mês. 20 Pois 2Cr 29.34;30.15os sacerdotes e os levitas se tinham purificado como se fossem um só homem; todos eles estavam limpos. 2Cr 35.11Mataram o cordeiro pascoal para todos os filhos do cativeiro, e para os sacerdotes, seus irmãos, e para si mesmos. 21 Os filhos de Israel que tinham voltado do cativeiro Ne 9.2;10.28e todos os que, unindo-se com eles, se haviam separado da Ed 9.11imundícia das nações da terra, para buscarem a Jeová, Deus de Israel, comeram 22 e Êx 12.15celebraram a Festa dos Pães Asmos por sete dias, com regozijo. Pois Jeová os tinha alegrado, Ed 7.27tocando o coração Ed 1.1;6.1do rei da Assíria a favor deles, a fim de lhes fortalecer as mãos na obra da Casa de Deus, Deus de Israel.