Tiende plaag: die dood van die eersgeborenes.
1 VERDER het die Here vir Moses gesê: Nog een plaag sal Ek oor Farao en oor Egipte bring. Daarna sal hy julle hiervandaan laat trek. As hy julle geheel en al laat trek, sal hy julle selfs hiervandaan wegdrywe.
2 Sê tog voor die ore van die volk dat elke man van sy naaste en elke vrou van haar naaste silwergoed en goue goed moet eis.
3 En die Here het aan die volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars. Ook was die man Moses baie groot in Egipteland, in die oë van Farao se dienaars en in die oë van die volk.
4 Toe sê Moses: So het die Here gespreek: Omtrent middernag trek Ek uit dwarsdeur Egipte;
5 dan sal al die eersgeborenes in Egipteland sterwe, van Farao se eersgeborene af wat op sy troon sit, tot die eersgeborene van die slavin agter die handmeul en al die eersgeborenes van die vee.
6 En daar sal 'n groot gejammer in die hele Egipteland wees soos daar nie gewees het en soos daar nie weer sal wees nie.
7 Maar teen geeneen van die kinders van Israel sal 'n hond sy tong verroer nie, van die mense af tot die diere toe, dat julle kan weet dat die Here 'n onderskeid maak tussen die Egiptenaars en die Israeliete.
8 Dan sal al hierdie dienaars van u na my toe afkom en voor my neerbuig en sê: Trek uit, jy en die hele volk wat jou volg. En daarna sal ek uittrek. Toe het hy van Farao af weggegaan in gloeiende toorn.
9 En die Here het vir Moses gesê: Farao sal na julle nie luister nie, sodat my wonders in Egipteland baie kan word.
10 En Moses en Aäron het al hierdie wonders voor Farao gedoen. Maar die Here het Farao se hart verhard, sodat hy die kinders van Israel nie uit sy land laat trek het nie.
A última praga é anunciada
1 Disse Jeová a Moisés: Ainda uma só praga mais trarei sobre Faraó e sobre o Egito. Êx 12.31,33,39Depois, ele vos deixará ir daqui; quando vos deixar ir, sem dúvida há de vos expulsar totalmente. 2 Fala agora aos ouvidos do povo Êx 3.22;12.35-36que todo homem peça ao seu vizinho, e toda mulher à sua vizinha joias de prata e joias de ouro. 3 Êx 3.21;12.36Jeová deu ao povo graça aos olhos dos egípcios. Dt 34.10-12Além disso, o homem Moisés era mui grande na terra do Egito aos olhos dos servos de Faraó e aos olhos do povo.
4 Moisés disse: Assim diz Jeová: Êx 12.29Cerca da meia-noite, irei para o meio do Egito. 5 Sl 78.51;105.36;135.8;136.10Todos os primogênitos na terra do Egito morrerão, desde o primogênito de Faraó, que se assenta sobre o seu trono, até o primogênito da escrava que está detrás da mó; e todos os primogênitos dos gados. 6 Haverá Êx 12.30grande clamor em toda a terra do Egito, como nunca houve, nem haverá jamais. 7 Porém Êx 8.22contra nenhum dos filhos de Israel moverá um cão a sua língua, desde o homem até o animal, para que saibais que Jeová faz uma distinção entre os egípcios e Israel. 8 Êx 12.31-33Todos estes teus servos descerão a mim e se inclinarão perante mim, dizendo: Sai tu e todo o povo que te segue; e, depois disso, hei de sair. Da Hb 11.27presença de Faraó retirou-se Moisés, ardendo em ira.
9 Então, disse Jeová a Moisés: Êx 7.4Faraó não vos ouvirá para que se multipliquem as minhas maravilhas na terra do Egito. 10 Êx 4.21Moisés e Arão fizeram todas estas maravilhas perante Faraó, e Jeová endureceu o coração de Faraó, que não deixou ir da sua terra os filhos de Israel.