Water uit die rots.
1 DAAROP het die hele vergadering van die kinders van Israel, volgens die bevel van die Here, van plek tot plek uit die woestyn Sin getrek en laer opgeslaan in Ráfidim. En daar was geen water vir die volk om te drink nie.
2 Toe twis die volk met Moses en sê: Gee julle vir ons water om te drink. Maar Moses antwoord hulle: Wat twis julle met my? Waarom versoek julle die Here?
3 Maar die volk het daar gesmag na water, en die volk het teen Moses gemurmureer en gesê: Waarom het u ons dan uit Egipte laat optrek om my en my kinders en my vee van dors te laat omkom?
4 Toe het Moses die Here aangeroep en gesê: Wat moet ek met hierdie volk doen? Dit skeel maar min of hulle stenig my.
5 En die Here het Moses geantwoord: Trek voor die volk uit, en neem van die oudstes van Israel met jou saam; en neem jou staf waarmee jy die Nyl geslaan het, in jou hand en gaan weg.
6 Kyk, Ek sal daar voor jou by die rots op Horeb staan; dan moet jy die rots slaan, en daar sal water uit kom, dat die volk kan drink. En Moses het so gedoen voor die oë van die oudstes van Israel
7 en die plek Massa en Mériba genoem vanweë die twis van die kinders van Israel en omdat hulle die Here versoek het deur te sê: Is die Here in ons midde of nie?
Oorwinning oor Ámalek.
8 DAAROP het Ámalek gekom om teen Israel by Ráfidim te veg.
9 En Moses het aan Josua gesê: Kies vir ons manne en trek uit, veg teen Ámalek. Môre sal ek op die top van die heuwel staan met die staf van God in my hand.
10 En Josua het gedoen soos Moses aan hom gesê het, om te veg teen Ámalek. Maar Moses, Aäron en Hur het op die top van die heuwel geklim.
11 En telkens as Moses sy hand ophou, was Israel die sterkste; maar as hy sy hand laat sak, was Ámalek die sterkste.
12 Maar die hande van Moses het swaar geword; daarom het hulle 'n klip geneem en dit onder hom neergelê, dat hy daarop kon sit. En Aäron en Hur het sy hande ondersteun, die een duskant en die ander anderkant. So het sy hande dan vas gebly tot sononder.
13 En Josua het Ámalek en sy volk met die skerpte van die swaard 'n neerlaag toegebring.
14 Toe sê die Here vir Moses: Skrywe dit as 'n aandenking in 'n boek en prent dit Josua in, dat Ek die gedagtenis van Ámalek onder die hemel heeltemal sal uitdelg.
15 En Moses het 'n altaar gebou en dit genoem: Die Here is my banier.
16 En hy het gesê: Waarlik, die hand op die troon van die Here! Oorlog het die Here teen Ámalek van geslag tot geslag.
Água da rocha em Refidim
1 Tendo partido toda a congregação dos filhos de Israel do deserto de Êx 16.1Sim, pelas suas jornadas, segundo o mandamento de Jeová, acamparam em Êx 19.2;Nm 33.14-15Refidim; não havia ali água para o povo beber. 2 Êx 14.11;Nm 20.2-3,13Contendeu, pois, o povo com Moisés e disse: Dá-nos água para bebermos. Respondeu-lhes Moisés: Por que contendeis comigo? Êx 16.8Por que tentais a Jeová? 3 Ali, o povo teve sede de água e murmurou o povo contra Moisés, dizendo: Êx 16.3Por que nos fizeste sair do Egito, para nos matares de sede, a nós, a nossos filhos e Êx 12.38ao nosso gado? 4 Clamou Moisés a Jeová: Que farei a este povo? Nm 14.10;1Sm 30.6Por pouco me não apedreja. 5 Respondeu Jeová a Moisés: Vai-te adiante do povo e leva contigo alguns dos Êx 3.16,18anciãos de Israel; toma na mão a tua vara com que Êx 7.20feriste o rio e vai-te. 6 Eis que estarei ali diante de ti sobre a rocha em Êx 3.1Horebe; Dt 8.15;Ne 9.15;Sl 78.15;105.41;1Co 10.4ferirás a rocha, e dela sairá água, para que beba o povo. Assim fez Moisés à vista dos anciãos de Israel. 7 Chamou ao lugar Dt 6.16;9.22;Sl 95.8Massá e Nm 20.13,24;27.14;Sl 81.7Meribá, por causa da contenda dos filhos de Israel e porque Nm 14.22;Dt 33.8tentaram a Jeová, dizendo: Está Jeová no meio de nós ou não?
Amaleque peleja contra os israelitas
8 Então, veio Nm 24.20;Dt 25.17-19Amaleque e pelejou contra Israel em Êx 17.1Refidim. 9 Disse Moisés a Êx 24.13Josué: Escolhe-nos homens, e sai, peleja contra Amaleque; amanhã, estarei eu no cume do outeiro, tendo na mão a Êx 4.20vara de Deus. 10 Assim fez Josué como Moisés lhe dissera e pelejou contra Amaleque; e Moisés, Arão e Êx 24.14;31.2Hur subiram ao cume do outeiro. 11 Quando Moisés levantava a mão, prevalecia Israel; mas, quando ele abaixava a mão, prevalecia Amaleque. 12 Porém as mãos de Moisés eram pesadas; tomando, pois, uma pedra, puseram-na por baixo dele, e nela se assentou. Arão e Hur Is 35.3sustentavam-lhe as mãos, estando um de um lado, e o outro do outro; assim ficaram firmes as mãos até o pôr do sol. 13 Josué desbaratou a Amaleque e a seu povo ao fio da espada. 14 Então, disse Jeová a Moisés: Êx 24.4;34.27;Nm 33.2Escreve isso para memorial num livro e faze-o ouvir a Josué; porque Dt 25.19eu hei de extinguir totalmente a memória de Amaleque de debaixo do céu. 15 Moisés edificou um Êx 24.4altar e pôs-lhe este nome: Gn 22.14Jeová-Nissi; 16 e disse: Gn 22.16Jeová jurou isso; Jeová fará guerra contra Amaleque de geração em geração.